Jump to content

Seerowers - wat nog?


Biltongboer

Recommended Posts

Ek het nou bietjie nuus geluister en geloer op die internet. Ek dog eers dis 'n April Fools' joke, toe besef ek April is eers weer volgende jaar.

Hierdie wille perde daar langs Somalia bespring al wat 'n skip is, en hou die boot en mense gyselaar. Nou het hulle sommer 'n hele olietenker met 2 miljoen vate olie gestaan en konfiskeer. Kan jy dit glo?

The brand new Sirius Star - three times the size of an aircraft carrier and carrying its full complement of two million barrels of crude oil worth at least $US100million ($154million) - was hijacked in the early hours of Sunday, 450 nautical miles southeast of Mombasa, Kenya, according to the US Fifth Fleet.

En dis blykbaar nie die eerste keer wat dit gebeur nie. Nou vra ek jou, as dit jou boot was , met 2 miljoen vate olie, teen die huidige (uiters lae) prys van $50 per vat, sal jy nie jou elektriese heining opsit, jou remote aan die gang kry, en jou local Armed response manne aanstel om die deng op te pas nie? Hoe stupid wil jy nou wees? Hoe moeilik is dit vir 'n groot olietenker om 'n paar fris masjiengewere en missiel lanseerders te installeer? Wat van torpedoes? Waar was hierdie mense tydens die tweede wereld oorlog? Kill them before they try to board, mate.

Blykbaar het die Indiese vloot sommer 'n paar manne gesink wat moeilikheid gesoek het. Dis mos hoe dit moet werk, man.

The pirates opened fire, threatening to blow up the warship, but the INS Tabar retaliated, sparking explosions and a fire that destroyed the pirate vessel.

Wys jou hoe stupid hierdie seerowers ook is, ne? Watse soort idoot skiet met RPG's na 'n warship? Seker selfmoord skippers gewees.

Nou kan ek nie verstaan wat kan so moeilik wees daaraan om 'n groot olietenkskip met 'n satteliet op te spoor, 'n vliegtuigie oor te stuur met paar chloroform bommetjies, en 'n paar parabats te laat neerdaal op die dom seerowers, en alles af te handel nie?

Soos 'n slim geskiedenis professor eendag gese het (net voor Nambambia se verkiesings, nogal):

Die geskiedenis herhaal homself.

Niemand het gedink seerowers gaan die wereld weer oorvat nie, ne?

Nou wonder ek of dit die rede is hoekom ek na drie maande nog niks hoor van my halfgevulde 40-voet container nie. Iewers het een of ander blerrie Keniaan die deng gehijack.

Edited by Biltongboer
Link to comment
Share on other sites

Nou vra ek jou, as dit jou boot was , met 2 miljoen vate olie, teen die huidige (uiters lae) prys van $50 per vat, sal jy nie jou elektriese heining opsit, jou remote aan die gang kry, en jou local Armed response manne aanstel om die deng op te pas nie? Hoe stupid wil jy nou wees?

Die mense dink duidelik nie soos ons nie.

Link to comment
Share on other sites

ek aan die ander kant is glad nie verras nie. daar is niks meer awesome as 'n pirate of ninja nie. al wanneer jy ooit 'n ninja kan sien is net voor hy jou doodmaak.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...