Jump to content

Waar om te begin...


JacoE

Recommended Posts

Hi,

Ek en my vrou het besluit om te trek...ver weg... oos van hier (SA).

En toe begin ek lees op die net en vind uit dat daar natuurlik te veel op die net is (ek wil nie oor 47 jaar as ek klaar gelees het iets doen nie). Nou wil ek net so opinie of 2 invorder by mense dit reeds self na Australie gekom het. Ek wil nie nou praat oor die waaroms en hoekoms nie.

My basiese eerste vraag is 'Sal julle aanbeveel dat mens deur 'n emmigasie prokureur werk of is dit klomp geld vir niks?'.

Dan is daar die tipe gidse wat verkoop word op bv. www.arriveandthrive.com', is hierdie die moeite werd of wil iemand maar net geld maak vir algemene kennis of gesonde verstand (common sense)?

En derdens, ek werk in die IT bedryf, meer spesifiek met rekenkundige stelses (ek programmeer sedert 1992 en is gekwalifiseer in rekenkunde en ouditkunde). My vrou werk baie hard maar nie betaal daarvoor nie :-) Ek is nie baie vol fiemies oor waar om te gaan bly nie maar ek was so paar jaar gelede vir 'n paar weke in Perth en Fremantle en het baie van die area gehou en Victoria lyk ook na 'n oulike plek.

My vraag is, is daar enige spesifieke areas waar dit makliker vir my sal wees om werk te kry ( en moenie my antwoord deur te se elke persoon en elke mpy en pos is uniek en daarom is dit te moeilik om te kan se nie ;-0), bv. in SA is die meeste IT poste in Gauteng en Kaapstad en in Newcastle gaan jy maar moet 'n 'PC Shop' opsit as jy daar met rekenaars wil werk.

Wel, dis dit vir nou...

Ek sien julle is 'n geselserige klomp so ek varwag baise terugvoer :-)

Link to comment
Share on other sites

Hi daar,

As jou situasie ongekompliseerd is en jy kwalifiseer volgens die punte - doen dit self! Hier is baie mense (meeste) op die forum wat dit self gedoen het, en jy het toegang tot al daai mense se eie ondervinding as jy vrae het. Moet ook nie eers bodder met die boeke nie - ek het self 2 gekoop en dit het my niks meer gehelp as wat die mense op die forum kan help nie - om die waarheid te sê is ek seker die mense wat hierdie boeke skryf het self nog nooit emigreer nie, want ek was niks wyser oor emigrasie nie - baie keer is die inligting in boeke ook nie meer op datum nie. Die emigrasie wette verander jaarliks en selfs meer as een keer per jaar. As jy jou boek Januarie koop, is hy teen Maart dalk "outdated"......... Buitendien, wat kan 'n boek jou vertel wat jy nie op die internet en emigrasie forums kan uitvind nie? Al waneer ek sou aanbeveel dat jy wel 'n agent gebruik is as jy buitengewone omstandighede het of nie volgens die punte kwalifiseer nie en na ander opsies kyk - dan steeds sou ek eers kyk hoe ver ek regkom op die emigrasieforums voor ek iemand betaal...... Stertke vir die pad voentoe! :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Ek dink die vraag "om te agent of nie" is so oud soos die eerste emigrant ;-) en ek is nie eers seker daar was al ooit 'n korrekte antwoord nie. Ek dink dis 'n persoonlike ding: is jy die tipe persoon wat self dinge doen en mee sukkel en uitsort, of gee jy gou moed op en sal eerder dat iemand dit vir jou doen?

Ek dink altwee het maar hul pro's en cons...ons het dit self gedoen, en dit was op die ou einde nie so 'n gemors soos wat van die agente ons laat verstaan het dit is nie...

Ek stem saam met Riekie.

Los die boeke. Die boeke is net vir mense wat nog nie die saait ontdek het nie :ilikeit:

:ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Jaco,

Volg Riekie se advies en probeer eers om self jou aansoeke te bring, die meeste van die aansoeke verduikdelik stap vir stap wat jy moet doen en watter stawende dokumente benodig word en soos jy al gesien het is die klomp op die forum baie gewillig om hulle kennis en ervarings met ander te deel as daar dan iets is waaroor jy nie seker is nie.

Vandag is die verkeerde dag om te vrae oor agentskappe want die agentskap waarvan ons gebruik maak het dit weereens reg gekry om te verseker dat ons op nog 'n latere datum as waarop ons gehoop het in Australia gaan aankom. Ons het die agentskap betaal voor ek van die forum gehoor het en tot op hede het hulle ons nie eintlik enige hulp gegee nie, behalwe om my man se trade assesment Australia toe te pos en dit kon ons ook maar self gedoen het, aangesien ons self al die inligting bymekaar moes maak en die vorms voltooi het. Hulle het dit letterlik net gepos en die $300 oorbetaal.

Ek glo daar is agentskappe wat 'n baie beter diens lewer as die een wat ons aansoeke doen en ek skeer dalk alle agenskappe oor dieselfde kam as gevolg van die swak diens wat ons kry en ek wil nou nie op iemand se tone trap nie, dit is maar net soos ek gesê het die verkeerde dag vir my om oor agentskappe te praat.

Sulona

Link to comment
Share on other sites

Hello Jaco,

Ek het ons papiere self gedoen sonder te veel moeite. As jy goeie internet toegang het help dit baie. Jy moet op die Deparment of Immigration and Multicultural Affairs (DIMIA) se website - www.immi.gov.au - gaan kyk watter inligting jy moet aflaai en daar deur werk.

Dit beskryf die verskillende opsies deeglik.

Indien jy 'n gekompliseerde situasie het bv. egskeiding, siek afhanklikes, kriminele rekord ens. het mens seker meer hulp nodig en 'n goeie agent.

Hierdie forum sal jou baie help sowel as www.britishexpats.com Jy sal baie inligting daar kan optel.

Dit klink vir my asof die beter IT werk in Melbourne en Sydney is. Het 'n IT persoon die ander dag hier in Perth ontmoet en dit het hom 11 maande geneem om werk te kry. Maar ek werk nie in daardie bedryf nie.

Sterkte

Link to comment
Share on other sites

My persoonlike opinie - as jy 'n agent wil gebruik, dan geld 'n reël wat op meeste dinge van toepassing is:

GOEDKOOP IS DUURKOOP.

So betaal maar liewer bietjie meer en gebruik 'n agent met 'n gevestigde naam en wat by MARA geaffilieer is.

Bv. Hitchcock & Associates doen al vir 20 jaar lank besigheid en hul agente besoek Suid-Afrika gereeld. Verder is sommige van hulle direkteure oorspronklik van Suid-Afrika en het self deur die emigrasie proses gegaan.

Soos reeds gesê is daar pro's en con's van selfdoen of agente gebruik, maar vir my was die enigste "con" van 'n agent gebruik, die koste. Maar persoonlik sien ek dit as 'n belegging, so vir my was daar dus eintlik geen nadele nie.

Maar soos BeeTee gesê het, dis 'n persoonlike ding. As jy nie daarvan hou om te sukkel nie en die fooie kan bekostig, gebruik 'n agent. Daar is baie, maar ek kan :ilikeit: Hitchcock & Associates ;) sterk aanbeveel.

Link to comment
Share on other sites

Jaco,

Ek glo daar is agentskappe wat 'n baie beter diens lewer as die een wat ons aansoeke doen en ek skeer dalk alle agenskappe oor dieselfde kam as gevolg van die swak diens wat ons kry en ek wil nou nie op iemand se tone trap nie, dit is maar net soos ek gesê het die verkeerde dag vir my om oor agentskappe te praat.

Sulona

Bly om jou die kans te gegee het om jou se te se en jou kla te kla.

Iemand vir nr 3 op my oorspronklike pos ?...

Link to comment
Share on other sites

Hi

We have heard IT jobs are in demand in Sydney and Perth. My husband is in the IT business and has not been out of work in Perth. He got a couple of job offers within 2 weeks of starting to look.

We arived with no job and took a 2 month holiday over the Christmas period before looking.

Link to comment
Share on other sites

Hallo JacoE

Eerstens gaan lees Booklet 6. Dit klink asof julle sal kwalifiseer vir skilled independent. As jou applikasie eenvoudig is, doen dit self. As dit ingewikkeld is, betaal die geld vir ‘n goeie agent. George Lombard of GoMatilda.

Nee wat, los die gidse wat te koop is. Die internet is vol verniet informasie. Lees eerder hierdie praktiese raad: http://ptlabs.topcities.com/faq0.html

Toe ek laas gekyk het, het Sydney en Melbourne baie IT poste gehad.

Sterkte

Link to comment
Share on other sites

Hi Jaco

Kyk na www.seek.com.au. Jy sal beter weet met jou kwalifikasies wat om onder te kyk.

My man het 2 offers gehad 10 dae na ons geland het.

Beste wense

xs

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...