Jump to content

Vir alle manne met slim planne


bienkie

Recommended Posts

LEES TOT DIE EINDE DIS DIE MOEITEWERD!!!!!

Kotie se skokstok

Deur ANONIEM

Beste Koos

Koos, ou maat, het ek op groot skaal aangejaag die keer! Ek besluit

toe mos om vir Kotie op ons huweliksherdenking 'n skokstok te koop om

haarself mee te

verdedig.

Ek kom een Saterdag af op 'n model wat glo 100000 volt uitstuur, maar

met geen langtermyn effek op die persoon wie jy skok nie. Hy werk

met twee trippel A batterye wat hulle sommer in die boksie saamgee. Dit

sal mos vir vroulief wat niks van 'n rewolwer te doen he nie, darem 'n

kans gee om weg te kom indien sy aangeval word. Blink idee, ne?

Lang storie kort, ek kom by die huis en laai die twee batterytjies.

Druk die knoppie . . . niks. Hel, was ek nou teleurgesteld! Haal toe

maar die aanwysings uit en daar staan toe dat mens dit kan toets deur

dit teen metaal oppervlakte te druk en as jy DAN die knoppie druk, sal

daar blou vonkie tussen die twee vurke van die proter dans. So sal

mens

dan weet of hy werk of nie.

Ek maak toe so. INDRUKWEKKEND! (Ek sal nog aan Kotie moet

verduidelik waar daai twee swart merke op die yskas vandaan kom). In elk geval,

ek en die kat is alleen by die huis en ek sit in my lazyboy die ding en

ondersoek terwyl Toodles rustig toekyk. Ek besluit toe om die ding

op myself of die kat te toets. Watter skade kan twee ou trippel A

batterytjies nou juis aanrig? Foei, ek het Toodles darem net vlugtig

oorweeg. Ek kon my indink hoe sy sou spring as ek haar met die ding

sou bykom! Tog, as ek wou seker wees Kotie is veilig met die ding,

sou ek hom op lewende wese moes toets.

Of is ek verkeerd?

So sit ek daar in my PT broekie en T-hempie, my leesbril delikaat op

die brug van my neus gebalanseer en met die proter in die een hand en die

aanwysings in die ander. Dit staan daar dat een sekonde lange skok

net genoeg sal wees om die aanvaller effe deurmekaar te maak. Twee

sekonde sarsie sal spierspasma en verlies van beheer oor die liggaam

veroorsaak. Drie sekonde een sal mens glo soos vis op droe grond laat rondflap.

Enigiets langer is glo net mors van die batterye.

Daar sit ek toe met Toodles wat my so aankyk asof sy wil se: "Moenie

dit doen nie." Watwo, reken ek, een sekondetjie se skok kan mos nie

so erg wees nie.

Met die sit ek woord by daad en druk ek die ding teen my binneboud vas

en druk die knoppie.

MOEDER MARIA! WAPENS VAN MASSAVERNIETIGING! @!@$$!%!@*!!!

Ek is redelik seker Jan Wilkens of Os Du Randt (of albei) het

ingestorm en my uit die lazyboy gepluk en teen die vloer neer gemoer. Oor en

oor en oor! Ek onthou vaagweg ek het wakker geword, inmekaar gekrul op

die vloer soos 'n ongebore baba. Al twee my tepels was aan die brand.

My lyf was papnat gesweet en my klokke was skoonveld. My linkerarm was

onder my lyf vasgepen en my bene het soos riete gebewe.

Wees verseker, as 'n mens mal genoeg is om jouself te wil skok: daar

is nie 'n ding soos 'n een sekonde skok nie. Jy sal daardie proter nie

laat los alvorens hy uit jou hand geruk word deur jou lyf wat heen en

weer op die grond rond ruk en rol nie.

Na so 'n minuut of wat (tyd was baie relatief op daardie tydstip) het

ek stadig orent gekom en die skade rondom my betrag. My gebuigde

leesbril het op die TV gele (hoe het dit daar gekom??) My triseps, regterdy

en my tepels het steeds onbeheersd gespring. My gesig was verdoof soos

by die tandarts en my onderste lip het gevoel of hy 30 kg weeg.

Toodles, die kat, en my eiers is steeds weg.

Jou vriend Roelf,

Link to comment
Share on other sites

Hulle het by ons skool omtrent 10 van die goed verkoop. Dit help my nou veel, want nadat my man dieselfde oorgekom het (met die aanmoediging van 'n oloffie....) het hy die ding summier weggegee. Kamstig 'n gevaar vir ons kiddies.....

Kan 'n man nou so simpel wees....

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...