Jump to content

Nuut en op pad na Sydney

Rietjie

Recommended Posts

Hallo Almal

Ek wil my graag bekendstel. Ek is Rietjie en ek en my seun trek binne die volgende maand Sydney toe. Ek is 61 en is 'n afgetrede musiekonderwyseres en orrelis. Ek is oorspronklik van die Vrystaat, maar het sedert 1984 op Oudtshoorn gewoon.

Ek hoop daar sal geleentheid wees om nou en dan met ander dames in Sydney te gaan koffie drink en te kuier.

Groete

Rietjie

Link to comment
Share on other sites

Welkom Rietjie

Sjoe, nog net een maand vir jou! Baie welkom, hoop die trek en nuwe lewe bring jou baie geluk.

Geniet die Forum

Groetnis

Stranded

Link to comment
Share on other sites

Welkom Rietjie

Sjoe, nog net een maand vir jou! Baie welkom, hoop die trek en nuwe lewe bring jou baie geluk.

Geniet die Forum

Groetnis

Stranded

Baie dankie! Ons is juis vandag besig om deur die kamers in die huis te werk en alle gemors of goed wat ons nie gebruik nie, eenkant te sit. Wat 'n affere!

Sien jou in Sydney.

Groetnis

Rietjie

Link to comment
Share on other sites

Welkom by die forum Rietjie!

P & L

Dankie, julle! Sterkte met die hele proses en sien julle Doer Onder - of eerder: Doer Oos.

Groetnis

Rietjie

Link to comment
Share on other sites

Hallo Almal

Ek wil my graag bekendstel. Ek is Rietjie en ek en my seun trek binne die volgende maand Sydney toe. Ek is 61 en is 'n afgetrede musiekonderwyseres en orrelis. Ek is oorspronklik van die Vrystaat, maar het sedert 1984 op Oudtshoorn gewoon.

Ek hoop daar sal geleentheid wees om nou en dan met ander dames in Sydney te gaan koffie drink en te kuier.

Groete

Rietjie

Welkom. Ek is ook volgende maand op pad na Perth toe. Hoop jy geniet jou tydjie daar.

Link to comment
Share on other sites

Welkom. Ek is ook volgende maand op pad na Perth toe. Hoop jy geniet jou tydjie daar.

Alle sterkte aan julle in Perth! Vasbyt in hierdie laaste tydjie.

Link to comment
Share on other sites

Hi Rietjie

Baie welkom, jy is al seker baie opgewonde en ook dalk n' bietjie bang vir wat op jou wag hier in Sydney. Ek woon al 10 jaar hier en was gelukkig dat my skoonouers so 6 maande terug hierheen getrek het van Johanneburg af. Die ou mensies sukkel nog bietjie om alles gewoond te raak maar is baie bly hulle is veilig. Ek is seker hulle sal ook graag wil kontak maak met ander mense van hul ouderdom. Sodra jy hier is kan jy ons gerus e-mail en ek is seker my skoonouers sal graag wil gaan koffie drink . Waar in Sydeny gaan julle woon?

Ja jong, die bang en die opwinding en die uitsien loop maar so saam met mekaar. Ek is nou net haastig dat alle reelings aan hierdie kant moet klaarkom. Ons het eergister ons paspoorte met die PR visums gaan haal, nou reel ons die trek en bespreek vlugkaartjies, en vanoggend het ons my seun se tax clearance certificate gaan kry. So baie om te doen... Ek hoop nie ons vergeet enigiets nie!

Ons is nog nie seker waar in Sydney ons sal woon nie, maar my seun gaan werk by Macquarie University, so seker daar rond. Ons het ook gekyk na moontlikhede ver noord by Mt. Kuring-gai, maar ons het eintlik net nie 'n clue nie, en sal maar huis soek wanneer ons daar is. Gelukkig gaan ons vir so twee maande deur my seun se werk gehuisves word (totdat die meubels opdaag uit SA uit).

Ek sal baie graag wil kontak maak met jou skoonouers. Hoe meer hoe beter!

Groetnis

Rietjie

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...