Jump to content

Verlore Erfenis


DBN1972

Recommended Posts

Haai almal,

Ek het sopas die emigrasieproses begin en wag tans op die uitslag van my skills assessment. Indien die hele proses suksesvol is, en ek eendag in Australië is, dan beoog ek om my broer, sy vrou en hulle twee baie jong kinders (3 jaar en 3 maande onderskedelik) te sponsor. Ons het reeds die hele saak as familie bespreek en daar is (was?) 100% konsensus dat emigrasie die enigste uitweg is.

My broer begin nou egter twyfel, primêr omdat hy nie wil hê sy kinders moet hul Afrikaanse identiteit/efernis verloor deur in 'n vreemde land groot te word nie.

Ek self kan onmoontlik nie weet hoe hy (en sy vrou) in hulle binneste moet voel nie, want ek het nie kinders nie, en so iets is iets wat net ouers kan voel en verstaan.

Is daar dalk deelnemers op hierdie forum wat bietjie kan uithelp met hierdie saak?

Baie dankie

Willem

Durban

Link to comment
Share on other sites

Hi Willem,

Ons wag ook vir ons skills assesering by ACS, doen aansoek vir PR 126 en het self kinders, 5 en 7jr. Aanvanklik het ons ook oor die "erfenis" kwessie gewonder, maar as jy mooi daaroor dink, gaan daar in elk geval nie veel oor bly van ons erfenis vir ons kinders nie. Die regering verander alles bv straatname, dorp name, Bela Bela, Modimolle. Oor 5 jaar as jy na die Noordelike provinsie gaan, sal jy nie vir die Warmbad of Ellisras bordjie kan kyk nie, dis net nie meer daar nie! :D

Ons as ouers dink oor die verlede met heimweë, net soos wat ons oumas en oupas doen, en ek is seker ons oupas en oumas gaan ok vir jou sê, als het verander, dinge word nie meer dieselfde gedoen as in hulle tyd nie ens.

Ek het dus besluit om soort van 'n "dagboek" te maak, neem als af wat vir my bekend en lief is, skryf daaroor en pen dit neer, eendag vir my kinders. Ons gaan ons SA kunstenaar CD's saamvat en met die nuwe tegnologie, hoef jy nie "agter" te raak nie. Ons het besluit om nogsteeds Afrikaans met ons kinders in OZ te praat.

Ek dink as 'n mens se kinders so klein is, gaan die Ozzies se kultuur hulle s'n word en vir hulle lief en dierbaar wees, want dit is wat hulle gaan ken, ons kinders gaan hulle kleintyd "memories" in 'n veilige Oz kan opbou. Hulle gaan ook soos ons vertel hoe lekker hulle byvoorbeeld in die parke gaan speel het en met hulle fietse rond gery het.

Hier in SA sal ek beslis nie my kinders in parke gaan laat speel soos wat ek gedoen het toe ek klein was nie, ons sal nie in parke gaan piekniek hou of sommer net op fietse rondry nie, want dan speel jy beslis op "Avbob se stoepe". :unsure:

Ons immigreer juis te meer vir ons kinders, omdat ons voel dat hulle ten minste daar 'n toekoms het en beslis veiliger gaan wees. Skoolvakansies het vir ons 'n nagmerrie in SA geword, bedags beweeg hulle net tussen hierdie 7voet mure in ons erf rond, hekke gesluit, hulle (kinders) sal nooit in SA kan ervaar wat ware vryheid is nie!!

Nou die dag het ek en my man gaan duik by Sodwana, ons besluit toe 'n ander pad om te ry, Amsterdam oor, dit is sooo mooi wêreld, maar orals staan daar "Beware of hijacking", dit is in die PLATTELAND en jy word gewaarsku om nie af te trek nie, want dan kan jy beroof word. Nou vra ek weer, wat se erfenis gaan hier oorbly??

Sterkte daar en ek dink jou broer hulle is BAIE bevoorreg om die kans te kan kry om moontlik ge-"sponsor" te kan word! My raad - VAT HOM FLAFFIE!! :ilikeit:

Groete

Tania

Link to comment
Share on other sites

Hi Willem, :ilikeit:

Wat Tania sê is baie waar. Ek wil ook graag my 2c byvoeg.

Soos sy sê, gaan daar heel moontlik nie meer 'n erfenis wees nie. Watse erfenis is geweld, korrupsie en diskriminasie? En dan ook, met geweld soos wat dit op die oomblik is, wat is die kanse dat ons en/of ons kinders lank genoeg gaan leef om 'n erfenis op te bou en te geniet? Skies ek klink nou baie negatief, maar ek is reeds in Australië, en as jy eers agterkom hoe dit voel om vry te wees, dan sien jy Suid Afrika in al sy glorie, sonder die rooskleurige lense (wat mens nodig het as jy daar bly).

Ek persoonlik ondervind ook dat die kultuur hier nie so verskriklik ver verwyder is van ons as Afrikaner se kultuur nie. Die Aussies is ook baie geduldig met ander se kulture, aangesien hier so baie verskillende nasies woon. Die leefwyse hier herrinner my baie aan my jonger dae, toe ons nog in Johannesburg se strate kon rondloop, en speel, en flieks toe gaan, alleen. Mense is lief vir die buitelewe, sport en "barbeque" net soos ons SAners.

Wat dit kinders aanbetref, hulle pas gou aan by die nuwe omgewing, maar daar is tog nog steeds die ouers se invloed wat die grootste verskil gaan maak op die ou einde. Ek voel dat mens jou kinders grootmaak soos jy goeddink, of dit nou in SA, of in Oz is. Hier is dit net baie minder stresvol, want jy het nie nodig om so verskriklik oor hulle veiligheid en toekoms bekommerd te wees nie. Daar is meer tyd om kwaliteit aandag aan jou kinders te gee, en sodoende 'n groter invloed in hulle lewens te hê. In SA moet beide ouers gewoonlik werk om die pot aan die kook te hou, en almal is kort van draad, moeg, en gespanne. As mens moet kies watter erfenis jou kinders moet hê, wil ek nie hê my kinders moet my onthou as die tannie wat hulle in die aande oor die etenstafel vlugtig sien nie.

Ek is baie lief vir SA as land, dit is een van die mooiste plekke in die wêreld, maar ek wil nie my kinders daar grootmaak nie. As ek nie kinders gehad het nie, was dit dalk anders, en het ek miskien gebly. Ek is baie gelukkig in Aus, al verlang ek soms, my kinders praat Afrikaans, en ons stel hulle bloot aan SA kultuur, maar hulle pas goed in by hulle maats. Kinders is geweldig "buigsaam", as ek dit so kan stel. My sussie is nou al 5 jaar in Aus, en sy praat nog steeds met haar kinders Afrikaans. Hulle is nog steeds mal oor Steve Hofmeyr!

Groetnis,

Dreamy

Link to comment
Share on other sites

Aan Tania & Dreamy,

Baie dankie vir julle replies.

Ek gaan dit sommer nou print en aan my broer-hulle oorhandig. :ilikeit:

Groete

Willem

Link to comment
Share on other sites

Ons was vir 2 weke in NZ en het o.a die voorreg gehad om 'n Maori "village" te besoek en meer van hulle kultuur te leer. Mens sou dink dat in 'n land wat so "westers" is, die Maori hulle taal en kultuur mettertyd sal verloor, maar die teendeel is waar. Die Maori is 'n baie kultuur-trots nasie en ek het lanklaas so iets beleef. (Interessant is die HAKA 'n Maori tradisie en nie sommer net iets wat uitgedink is vir die rugby nie - daarom dat dit so belangrik is vir hulle dat mens die haka respekteer - maar dit is 'n ander gesprek......)

Die groot "geheim" van die Maori om hulle taal en kultuur te behou is dat hulle met hulle kinders NET Maori praat tot hulle skoolpligtig is (5 jaar oud in NZ) en hulle taal en kultuur dan al so vasgewortel is dat hulle dit nooit verloor nie. Dit was vir my ongelooflik om te dink dat mens na soveel generasies nog steeds so kultuurvas kan wees en dat hier in Aus alreeds Suid Afrikaners is wie se kinders nie meer 'n woord Afrikaans kan (of wil/of toeglaat word om te) praat nie. En dit gaan nie net oor die taal nie - dit gaan oor die "roots" - die stories wat deur geslagte oorvertel is - jou geskiedenis, jou kultuur, kookkuns, gebruike....

Dit is seker mens se eie reg en keuse om dit af te sweer, maar ek kan nie die waarde daarvan sien om jou kinders en jou nageslag te ontneem van iets wat uniek is aan hulle nie. Mens se kultuur en taal kan nie "verlore gaan" as jy dit nie "let go" nie...... (maak nie saak WAAR jy is nie). Daar is kinders in Suid Afrika wat nie meer wil Afrikaans praat of enigsins belangstel in hulle agtergrond nie - jy hoef nie 11000km ver te kom om jou kultuur te "ontgroei" nie. As jy jou kultuur WIL behou, dan sal jy. (En daar is genoeg maniere & geleentheid hier in Aus om dit te kan doen).

Link to comment
Share on other sites

Ons dogtertjie (4 en 'n half) is omtrent 70% engels. Alhoewel sy Afrikaans vlot verstaan.... en ons(veral ek) wou dit nie so gehad het nie. Maar ons het op 'n baie kritieke stadium van haar taalontwikkeling na Aus gekom . Sy was 2 jr en 2 mnde en ons het ongelukkig van die begin af op die platteland gewoon en werk.

Ons was die enigste SAffers in die dorpie.Sy is 'n baie sosiale mensie en was ongelooflik gefrustreerd omdat die maaitjies haar nie verstaan het nie en hulle nie vir haar nie. Toe het ek begin om basies elke sin/woord eers in Afrikaans en dan in engels te sê. Nou het sy na 2 jaar van engelse maaitjies & hul ouers , engelse TV en 'n engelse pre-skool, basies haar Afrikaans verloor.

Link to comment
Share on other sites

'n Rooinek reply......

Ek was jare terug in Zambia. Daar was klomp Afrikaaners daar, hul oupagrootjie was deel van die groot trek, hy het net nie opgehou nie. Nou praat hulle nog steeds Afrikaans, (en Engels).

Ek was verlede jaar in 'n kerk in Western Australia, toe hoor ek Afrikaans, dit is a keuse vak op skool daar. ??? PS: Have any of you heard that the SA government wants to stop SA school kids from learning both English and Afrikaans at school? ie: English and Zulu or SePedi and Afrikaans is ok but not English and Afrikaans?

Ek was onlangs by a hairdresser in Texas, toe se die meisie daar: "Are you from South Africa?" in 'n ware Texan accent. "I used to speak like you, we moved from PE 20 years ago." Daarna het ons lekker gechat in Afrikaans, sy praat dit nog steeds by die huis.

My punt is dat jy hoef nie in Suid Afrika te wees om Afrikaans te wees.

My ander punt is forgive my poor Afrikaans but I'm a rooinek expat currently living in Lancashire, with 1 hollander at work and that doesn't really count.

Link to comment
Share on other sites

Hi Willem

Afrikaans word erken as community language in Australië.

Het gehoor dat daar hospitale is in Perth waar die afkondigings gedoen word in Afrikaans omdat soveel van die mediese personeel Afrikaans is! :ilikeit: Daar is soos iemand genoem het selfs skole in Oz wat Afrikaans aanbied as vak.

Daar is ook 'n Suid-Afrikaanse klub in Oz (hoofkantoor ek dink is in Brisbane) en al die stede het kerke wat gereeld dienste aanbied in Afrikaans. Daar's nog talle voorbeelde; hier is maar net 'n paar. As mens search op Net vir iets soos "Afrikaans in Australia" of "South Africans in Australia" kom mens af op talle organisasies en instansies wat Afrikaans en Afrikaanse kultuur in Oz bevorder.

Aan die einde is Afrikaans-wees iets wat gesetel is in jou siel en nie iets wat bepaal word deur 'n land nie.

My raad aan jou broer-hulle is om aan te hou Afrikaans praat in hulle huis wanneer hulle in Oz is (sodat die kids steeds hulle moedertaal oefen), terwyl hulle terselfdertyd hulleself deel maak van die Australiese gemeenskap.

Dis eintlik nogal ironies dat Afrikaans so verwelkom word in Australië, maar dat dit in Suid-Afrika al hoe meer afgeskiet/bedreig word...

PS: Om in SA te bly is 'n 'local immigration' op sy eie want een van die dae ken ons glad nie meer ons eie land nie...Tshwane (Pretoria), Modimolle, Lephalale, Polokwane, Mokopane, Bele-Bela...etc....arme Potchefstoom en Lydenburg is lyk my volgende op die lys. Wat 'n joke!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...