Jump to content

My land?


Biltongboer

Recommended Posts

Ek het onlangs bietjie deur die Republikein se webblaaie gegaan, net om te sien wat nou daar aangaan in my geboorteland, die sogenaamde “ Land of the Braveâ€.

Jy moet wraggies braaf wees as jy nog in die plek bly. Dis ongelooflik - mense vertel my watter vredevolle, vriendelike land Namibië is. Hulle sien iets wat ek nie sien nie, of andersom.

Ek sit nou hier in Australië - vir 6 weke sit ek al hier. En al wat ek kan sê is “wowâ€. Noem my maar ‘n landsverraaier, ‘n vlugteling, ‘n ongelowige - net wat jy wil. Ek is nie spyt ek het geskuif nie. Inteendeel, ek wonder hoekom ek vir soveel jare vir myself gelieg het, en probeer het om ‘n patriotiese Namburger te wees. Hoe meer jy beleef wat regte demokrasie, vryheid en gelykheid beteken, hoe meer sien jy hoe blind lewe ons Boernasie daar op die gatkant van Afrika.

Hier is ‘n paar artikels uit onlangse koerante in ons vredevolle landjie:

“Die ongevalle afdeling by die hospitaal word snags “gesluit†â€

“Opposisieparty-leiers en hul gesinne het die teiken van ‘n intimidasieveldtog geword kort nadat drie politieke partye aangekondig het dat hulle weens beweerde ongerymdhede deur die Verkiesingskommissie (ECN) en politieke geweldpleging aan die tussenverkiesing onttrek.â€

“Toe ek ‘n bietjie krag kry en my verstand herwin, het ek dadelik my man geskakel wat op sy beurt die polisie geskakel het wat binne sowat 25 minute by die huis opgedaag het.â€

“mnr. Erasmus “Kaptein†Hendjala, wat die RDP- kandidaat in die tussenverkiesing sou wees, is gisteraand na die hospitaal geneem nadat die huis vermoedelik met ‘n onbekende chemiese sproei bestook was.â€

“DIE polisie was gister vir ‘n tweede dag ontbied om toe te sien dat reg en orde gehandhaaf word met die registrasieproses van Plan-kinders. Registrasie is tydelik opgeskort. Die Windhoek-groep van sowat 200 het voor dooiemansdeur by die Khomas-streekraad opgedaag en was in kennis gestel dat registrasie voorlopig afgelas isâ€

“’n Ontstoke inwoner van die dorp [Maltahöhe] het vir hom ’n nuwe voertuig in Windhoek aangeskaf en met tydelike registrasiemerke na sy tuisdorp gereis.

Die tyd het nou aangebreek om die papierregistrasiemerke met die ware Jakob te vervang, maar die man wat in beheer van NaTIS se rekenaar staan, staan blykbaar eerder in die drankwinkel oorkant die straat rond.

... Die sekretaris van die dorpsraad, mnr. Tjatjitirani Kanbukira, wat daarop aandring dat na hom as hoof uitvoerende beampte verwys word, het bevestig dat die spesifieke persoon Woensdag vir sowat twee ure lank by die werk wasâ€

“DIE Regering sien nie kans om meer geld in die NBC te pomp omdat die korporasie volgens die Minister van Inligting en Kommunikasietegnologie, mnr. Joel Kaapanda, nie oor strukture en stelsels beskik sodat finansiële beheer uitgeoefen kan word nie.â€

[Ons praat nou van ‘n instansie wat al ongeveer 18 jaar oud is, en wat ‘n volledige werkende “struktuur en stelsel†in plek gehad het wat oorge-erf is van die destydse SWAUK]

“DIE verspreiding van noodvoedsel aan ongeveer 500 000 Namibiërs wat die afgelope maande slagoffers van vloede en droogtes is, het gister begin met die eerste mieliemeel wat in die Oshikoto-streek afgelewer word, terwyl Omusati, Oshana, Ohangwena, Erongo, Hardap...â€

[Vader, mense - dis amper ‘n kwart van die bevolking? Die ander 75% moet betaal hiervoor - en ons almal weet dis nie so groot persentasie van ons vredevolle reenboognasietjie wat bydra nie]

En dan loer ons bietjie oor die grens, na ons buurlande toe, net om bietjie moed te skep:

“A regional summit failed to break a deadlock threatening a power-sharing accord in Zimbabwe on Monday, dashing hopes a deal could ease an economic crisis, officials said.â€

[Dis nou na Mbeki al hoeveel maande terug gepraat het van ‘n “victory†rakende die onderhandelinge?]

“Union Popcru upped the temperature on Thursday afternoon when it suggested that Lekota, a former defence minister, and his deputy Mluleki George might be planning an armed struggle.

Union spokesperson Benzi Ka-Soko demanded they be "coerced" into disclosing the whereabouts of weapons that allegedly went missing during their tenure.

"Are these weapons hidden somewhere waiting to be used on instructions?" he asked.

Speaking at the funeral of party stalwart Billy Nair, Zuma labelled the dissidents less dramatically as "adventurists". “

Al hierdie berigte kom uit een dag se koerante uit - nie 10 jaar se insidente nie.

Die hele prentjie wat in Namibia en Suid Afrika nou afspeel, met die “comrade/struggleâ€-regerende partye wat begin uitmekaarval, behoort enige regdenkende mens se hare te laat rys. Get with the program - demokrasie werk nie in Afrika nie! Al wat “werk†in Afrika is totale dominering of ‘n eenpartystaat. (Ek verwys baie gevaarlik na die woord “werkâ€, want kom ons wees eerlik - het jy al iets gesien wat “werk†in Afrika?)

Die liedjie word reeds gesing in beide RSA en Namiebiejah - die liedjie wat verklaar dat geen oposisie geduld sal word nie. Het julle vergeet dat in die dae van sogenaamde “white ruleâ€, SWAPO homself by die VVO as die “sole representative of the people of Namibia†aangestel het? Hulle beskou hulleself vandag nog net so. En die ANC is presies dieselfde.

Dink jy regtig SWAPO of die ANC gaan enigsins anders optree indien die oposisie so sterk raak soos die MDC in Zimbabwe? Dink julle die ou kamerade wat sy-aan-sy met Uncle Bob Mubabwe ge-â€struggle†het, gaan skielik leierskap oorhanding aan mense soos Tsivangirai? En selfs al sou hulle, wat is eerlikwaar jou verwagting van iemand soos ons vrind Morgan?

Word wakker en ruik die tonne verrottende noodvoedsel, mense. (Toevallig ook iets wat relatief onlangs in Namibiese nuusblaaie geraporteer is - hope noodvoedsel wat staan en vrot in ‘n stoor, want daar is geen bevoegdheid of besorgdheid onder die amptenare wat dit moes versprei nie)

Al hierdie goed gebeur in een dag, en word gelate aanvaar deur my familie en vriende wat in sonnige Namiebiejah en Azania bly.

Hier in Australië word sulke nonsens nie gesien nie, en nie geduld nie. Man, dis ‘n lekker plek die.

Link to comment
Share on other sites

Hey Biltongboer, I always enjoy your posts, so when I saw "My Land" I thought Yay, another English installment!! :whome:

Blow me down its all in die taal I can't follow! :holy:

Bit of false advertising methinks! :holy:

Link to comment
Share on other sites

Hey Biltongboer, I always enjoy your posts, so when I saw "My Land" I thought Yay, another English installment!! :whome:

Blow me down its all in die taal I can't follow! :holy:

Bit of false advertising methinks! :holy:

sorry mate.

Link to comment
Share on other sites

Thanks for your post Biltong Boer,,I will copy and paste it to my family in Namibia and SA,,,they informed me the other day: "We do not read the news,,because it is only bad news" .... what shall one say to that???

Link to comment
Share on other sites

Thanks for your post Biltong Boer,,I will copy and paste it to my family in Namibia and SA,,,they informed me the other day: "We do not read the news,,because it is only bad news" .... what shall one say to that???

Well, if that doesn't sum it all up, what will? People in Namibia and RSA are familiar with the animal known as "the ostrich". They all know what it looks like when the ostrich sticks its head into the sand, right?

Link to comment
Share on other sites

Hey Biltongboer, I always enjoy your posts, so when I saw "My Land" I thought Yay, another English installment!! :ilikeit:

Blow me down its all in die taal I can't follow! :holy:

Bit of false advertising methinks! :ilikeit:

False advertising? :holy:

Link to comment
Share on other sites

False advertising? :ilikeit:

Of the language....

Don't worry, I'm pulling his leg.

But would really enjoy them in English or at the very least would understand them...

Us Durbanites can't "praat die taal" too well!

Link to comment
Share on other sites

Hey Biltongboer, I always enjoy your posts, so when I saw "My Land" I thought Yay, another English installment!! :ilikeit:

Blow me down its all in die taal I can't follow! :ilikeit:

"My land" sounds Afrikaans enough to me!! He he :holy:

Link to comment
Share on other sites

Hi BB - weet jy ons was nie blind nie ek dink dis meer 'n geval van ons het hoop gehad. Ek en my man is glad nie spyt ons het oorgekom nie. Ons wonder net hoekom het ons dit nie 10 of 20 jaar terug gedoen nie !! Ek is bly jy geniet jou nuwe land. Elke dag is 'n ontdekkings reis, elke dag is daar iets nuuts. Well done mate!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...