Jump to content

'n Moeder se verantwoordelikheid


legrange

Recommended Posts

Ek is 'n jong ma. Ek het my kinders vroeg gekry om 'n klomp voordele te geniet. Ek wou nog altyd 'n goeie ma wees. Maar wat is 'n goeie ma?

Ek het my werk gelos en 'n huisvrou geword, vir my kinders. Ek is nie die beste huisvrou nie, dit weet ek. Maar ek het 'n tuiste geskep en nie 'n netjiese dak oor my gesin se kop nie. Wat ek bedoel is, ons mag maar leef in die huis. My man mag maar sy klere op die grond gooi. Die kinders mag maar die vloer nat mors as hulle bad. Hulle moet net nie verwag dat ek dit gaan skoon maak nie. Wel nie dadelik nie.

Ons het Aus toe getrek om vir ons Kinders 'n beter toekoms te gee. Sodat hulle in minder gevaar is. Sodat hulle nog kind kan wees.

My kinders is nog klein. Seun 5 en Dogter 4. Ek wil my kinders so groot maak dat hulle eendag op hul eie voete kan staan. Met ander woorde ek skep volwassenes, en my taak gaan oor 14 jaar klaar wees. Dan is ek daar vir bystand en hulp ens.

Nou is my seun in sy ondersoek jare. Hy kyk wat hy sonder hulp kan doen. Dit is baie goed maar 'n ma is altyd benoud. Nou moet ek daai benoude gevoel onderdruk sodat hy self kan leer. Maar waar is die grens? Wanneer moet 'n ma sê dis nou ver genoeg? 'n Ongelik gebeur so vinnig!

Ons het die naweek so amper my seun verloor. In dié tyd het sekondes minute geword. Ek het so magteloos gevoel maar in die gevaar gespring om te help. Vir geen oomlik het ek gedink dat ek my eie lewe in gevaar stel nie. Ek het die toneel nou al 'n miljoen keer in my kop gesien. Elke keer kry ek die gevoel van my kind is dood. Ek sê elke 5 min dankie vir die krag en genade van Bo! Ek het my seun se lewe gered, maar ek het hom in die gevaar laat beland. Is ek die held of is ek boef? Ek sal hierdie dag nooit vergeet nie. As ek net vir daai klein stemmetjie geluister het . . . . . . . As ek net nie so onverantwoordelik was nie. . . . . . Hoekom is ek so slegte ma?

Ek wil nie 24 uur 'n dag my kinders se hande vashou nie. Maar is dit wat 'n ma moet doen? Ek het nooit gedink ek is onverantwoordelik nie. Ek weet wat my kinders doen en waar my kinders is. Ek leer hulle wat om te doen en soms is daar ding war hulle self moet leer. Nou waar is die streep?

Ek kan nie altyd vir daai stemmetjie luister nie want dan sal ek letterlik hulle hande moet vashou, 24 uur 'n dag. Ek glo, nee glo is so twyfel woord. Ek weet daar is beskerm engele wat my kinders beskerm maar ons Vader het ons ook 'n plig teenoor die kinders gegee.

Dankie Vader vir elke oomlik wat U my kinders vir my spaar. Seën my hande sodat ek, hulle die regte opvoeding kan gee. Ek is jammer dat ek nie altyd die regte ding doen nie. Amen

Edited by leboerseun
Link to comment
Share on other sites

Hallo

Jy's nie 'n slegte ma nie ... ons as ma's is maar ook net mens en elke mens het sy tekortkominge. Ma's is nie volmaak nie en ja jys' reg, ons almal as ma's probeer maar net ons beste gee en doen vir ons kinders. Jy en ons kan nie ALTYD daar wees vir ons kinders nie. Ongelukkig is dit nou maar eenmaal so ....

Ons kan maar net altyd bid vir beskerming oor hulle en soos jy tereg se, vir die Engele van Bo om 'n hand oor hulle te hou

Ons kan maar net, soos jy nou gedoen het, bid vir die krag en genade van Bo.

En moenie jouself te hard oordeel nie ... Jy's ma, jy's mens.

Sterkte, en ek's bly vir jou dat jou kind o.k is!

Groete

Naomi

Link to comment
Share on other sites

Jy is nie 'n slegte ma nie!

Dinge gebeur soms waaroor ons geen beheer het nie. Wat tel is dat jy die uitkoms van die situasie kon verander en dat julle nog as 'n gesin saam is. Julle het 'n tweede kans gekry!

Moenie so hard op jouself wees nie. Ons ma's is ook maar net mense. Geniet jy kinders en moenie verder bekommer nie. Al wat jy kan doen is om hulle in die Here se hande te plaas, ek weet dit is soms moeilik as mens dink aan alles wat kan gebeur..., maar glo dat Hy sy hand oor hulle en julle sal hou.

Groete B)

Link to comment
Share on other sites

Gaan skryf die ondervinding neer om eendag vir jou seun te kan gee om te lees. Dit is 'n wonderlike leer-ondervinding vir hom, om hom te leer dat 'n mens se lewe enige oomblik kan stop, so dit is belangrik om elke oomblik te laat tel ! Die neerskryf sal ook sommer vir jou help om die ondervinding te verwerk. Skryf dit so grafies en soveel detail as moontlik neer en bewaar dit waar jy dit later weer kan kry.

Mag die HERE julle seën !!

Link to comment
Share on other sites

Wat gebeur het is nou niks met my te doen maar ek was in die selfde situasie die einde van Augustus en ek het gedink watter pa doen dit aan sy kind. Maar na die tyd het ek besef dit maak my nie n slegte pa nie en jy is ook nie n slegte ma nie. Daar is n tyd in jou lewe waar jy moet besluit, gee ek die tou, en kyk wat gebeur ..... gaan my kind onthou wat ek hom geleer het en gaan hy dit toepas op die regte manier en die regte oomblik........as hy dit reg doen dan is dit goed as dit nie reg loop nie dan spring jy in en help, dit is maar so.......en glo my jy gaan dit nog n paar keer vir jou seun doen.

Geniet jou dag en hou op stress

Cheers johnny

Link to comment
Share on other sites

When i was pregnant with my first son someone gave me a card that said: "Being a mother is always having your heart outside of your body!". Now that my sons are 2 and 5 i realise the truth in that. We love our children so much, try to protect them at all costs but still need to let them go. Finding the balance is so difficult. My boys are my pride and joy and my biggest headaches sometimes. They are real little boys and full of energy! We have already done a trip for both to the emergency ward for stitches! I spend my life trying to let them be and allow them to experience the world around them. At the same time i would love them just to sit still and be safe! But they need to engage with the world to learn. So therein lies the balance!

You are not a bad mother! My first son was ill for the first year of his life - typical creche syndrome. After yet another visit and tears in the Dr's office, my old paed, Dr. Roelefse, said to me: "You are a new mom but you are the best mom for your son. No-on could be a better mom for HIM and he would rather have you, over anyone else, even if they are far more experienced then you!". Our children love us even when we make mistakes. You protected your son and today he is fit and well (Sorry, not sure if it was my poor afrikaans but i struggled to understand exactly what happended to your son.)

I am just trying to be a "good enough" mom, not the best mom in the world. My sons will know all of me, mistakes, errors and at the end of it all, i hope they say: "Mom always did the best that she could and she loved us madly". I cant be perfect and if i aim for that what am i telling them - that i expect them to be perfect? that only perfection gets loved? This is why i force myself to say sorry to my sons when i mess up. I acknowledge my falliability and i hope that this helps them to realise that they only have to be the best they can be, not perfect.

Sorry for my speech but us women are so hard on ourselves and each other. We are all in the same boat- all sat at night beating ourselves up about shouting at our kids, or losing our tempers or not being able to buy a new toy or item for our kids or not seeing danger.

You are a good mom and your children love you more then anyone else in the world.

Have a good day

Al

Link to comment
Share on other sites

Nee wat jy klink na n lekker mamma! Ek was n eksie perfeksie mamma met my eerste dogterjie. Die huis moes altyd skoon en sy altyd op haar plek wees. Gelukkig het die Liewe Heer my tot my sinne geroep....om net my kind te geniet. Nou het ek 3 dogtertjies en ek geniet hul vreeslik. Die huis is my laaste prioriteit. Hul is net eenmaal klein. En ja slegte dinge gebeur al is jou intensies hoe goed. Ons leef immers in n sondige wereld. As so iets gebeur probeer ek die positiewe kry...soos dat die Here jou dalk gewaarsku het om voortaan meer op jou hoede te wees (ek se nie dis nou in jou geval so nie.) Ek het ook amper so ondervinding gehad.

Daar is ongelukkig nie n goue reel wat se wanneer kan jy jou kinders los nie. Dit hang van omstandighede af en ook die kind se persoonlikheid. In alles vertrou ek op die Here om my leiding te gee. As so iets gebeur maak dit jou sommer jare ouer..... Sterkte

Anmarie

PS: goeie opvoedkundige Christelike boeke wat my baie meer moed gegee het om die kiddies reg en met geloof groot te maak is Dr James Dobson se boeke

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...