Jump to content

Adelaide.


Blossom

Recommended Posts

Goeiemore almal,

Ons het na 'Blood, Sweat & Tears' uiteindelik ons PR gekry!!! Daai pienk papiertjie is Vrydag oggend die 24ste Oktober 2008 in ons paspoort in geplak!!! :ilikeit:

Nou kan ons die stof van huurhuise van ons voete afskud en vergeet van inspeksies, skilderye wat nog nie uitgepak is nie want hulle kan nie teen die mure opgehang word nie. Gordyne wat tussen motbolle le, kan uitgehaal word en ons kan aangaan met ons nuwe lewe. Dit voel vir my of ek elke sin met 'n uitroep teken kan eindig!!!! :blink:

Ek is al heel naweek op Realestate om huise te kyk maar die woonbuurte worry my, hoe weet ek watter een is die beste met die minste 'probleme'?

Is daar iemand wat dalk kan help met voorstelle waar om te kyk en watter om te vermy...groot 'seblief?

Dankie,

B.

Edited by Blossom
Link to comment
Share on other sites

Hehehehehe Blossompie..... trek Melbourne toe!!!! <is ek nou selfsugtig????>

Catz......hugzzzz!,

B,

Link to comment
Share on other sites

Dag se, Geluk met die PR. :blush: Huis kyk en hoekon nie, maar moet net nie skrik vir die prysse nie. Jy kan altyd 'n huisie koop daar iewers tussen Melb en Adelaide op 'n klien droppie vir net onder $50.000. Google realestate.com.au Yanac het een vir $35.000 good vir aftree. Ek koop sommer een vir myself om uit te verhuur. :rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

Well done on getting your PR through.

You must be relieved to be able to plan your lives now with some degree of confidence.

The Adelaide Hills is pretty much trouble free and I can't really think of any areas of concern up here.

I live with my doors unlocked at night and stuff on my verandah that has been there a week or more without anything disappearing. The house is often alone, since I might pop into town for an hour or two, or go to Adelaide for the whole day.

It's tempting to "get a place of your own" straight away, but prices may come down over the next few months, if you're willing to hang out that long.

Anyhow . . . . drop me a PM if you like and I'll see if I can't show you guys around the Hills to let you see what sort of lifestyle there is to be had here.

Link to comment
Share on other sites

Hallo Bob,

Did you read my Afrikaans post? Good on you! Another guy we know couldn't understand this "Good on you" thing. He said to everybody "Good Onion"!

I'm still laughing when I think about it. So funny!

Thank you for replying and the good wishes and the offer. I'll pm you.

Nice day to you.

B.

Link to comment
Share on other sites

Ja. Ek het jou post gelees.

In elk geval, ek het geprobeer.

Jy is welkom.

Goed aan jou!

Link to comment
Share on other sites

Ja. Ek het jou post gelees.

In elk geval, ek het geprobeer.

Jy is welkom.

Goed aan jou!

Hi Bob, baie goeie Afrikaans, hou so aan!!

Blossom - I'll remember the "Good Onion", I had a good chuckle! Congrats on PR and enjoy the house hunt!

Link to comment
Share on other sites

Ja. Ek het jou post gelees.

In elk geval, ek het geprobeer.

Jy is welkom.

Goed aan jou!

Bob,

I always wonder how you know how to speak the language???? B)

Link to comment
Share on other sites

Ek kan nie Afrikaans praat nie . . . . . . net Afrikaans 'n bietjie lees.

Link to comment
Share on other sites

Ek kan nie Afrikaans praat nie . . . . . . net Afrikaans 'n bietjie lees.

Bob, you are funny. I can’t speak French myself and because I can’t speak it I can’t read it either.

Link to comment
Share on other sites

Good onion KD!!!!!!!!!! Yay!!! B)

What a good feeling!!! Congrats again....

Take care, and enjoy some bubbly!

red

PS. When Bob replies back to Afrikaans posts, it reminds me how lazy I can be... I live in SA and Bob can probably understand better than I can.... :blush:

PPS. red will no longer be lazy mates... she will make every effort to read and reply to Afrikaans posts... :blink:

Edited by Red
Link to comment
Share on other sites

Bob, I remember one day you posted about some suburbs in the south where the people should be cautious to buy due to the soil. I cannot find that post of yours again. In the back of my mind I have parts of Flagstaff Hill, but could be totally wrong.

Link to comment
Share on other sites

Yup . . . . the soil's still there!!!

"Bay of Biscay" soil type.

Swells in the wet winter months and shrinks in the long hot summer months because of its high clay content.

Does amazing things to people's foundations. Big cracks in walls, etc.

Bay of Biscay soil is right thro a number of suburbs in the southern part of Adelaide.

You've really got to check out the house for foundation and footing's shifting when buying in those suburbs.

Also check all the walls, especially external walls for cracks or tell-tale signs of cracks having been plastered over.

Once you buy, you inherit all the nightmares.

Not good.

Adelaide Hills much safer.

Link to comment
Share on other sites

Hi,

I'm so glad to read your replies, Bob. Thank you for the warning about the soil, I must admit I never thought about that!! Stupid me...

Jy is baie helpvol,

Thanks again,

B.

Link to comment
Share on other sites

Hi,

I'm so glad to read your replies, Bob. Thank you for the warning about the soil, I must admit I never thought about that!! Stupid me...

Jy is baie helpvol,

Thanks again,

B.

(takes a bow)

Link to comment
Share on other sites

Hallo Antjie.

Geluk mettie PR. Nou kan julle ok skep vannie vleispotte van Egipte. Ek het. Daai dag, na die laaste SAner byeenkoms in Mount Lofty, het ek ok 'n huis gekoop. Ek het so lekker gekuier my vrou moes die stokke Noordwaarts vat. Ek het my GPS mettie adres van die skouhuis geprogrameer en vir hom gesê. F noord boetie na ons nuwe huis. Toe ek wakker geword het, toe stop ons daar. Die agent kon nie sy ore glo toe ek vir hom sê dat hy ontslae moet raak van alle ander mense nie. My skoonseun, 'n Ozzie, was ok daar. Hulle praat dieselfde taal. Gou gou het die agent vir almal lat verstaan hy het 'n warm offer. Daai aand teken ons toe. Teen my prys natuurlik want ek was nog warm en baie slim. Moral of the story, ons trek oor twee weke of wat in. Ek was 'n bietjie bang vir die ekonmie wat besig is om sy dinges te sien totdat ek raad van 'n perd met baie pitte gekry het. Hy het gesê. "Turn your radio on music and your TV on the blue movies. If the economy goes down, buy another house" So gesê, so gedaan. Jy MOET daai FHG skep en gebruik. Ek het 'n ou huis gekoop teen 'n bargain. My voortuin is 5 ha groot. Hehe. En, wat meer is, die Stadsraad van Salisbury onderhou hom. Hehe. GOOGLE hom. Hy kyk uit op SALISBURY DOWNS se Oval en is in GALWAY Cres. Voorspoed mettie huis soekery.

Kyk na Golden Grove, Mawson Lakes en Greenwith. Baie onderskat omdat almal glo dat die HOONs daar bly, wat Bull is. Van Bull gepraat. Ek's nog steeds 'n Bloue.

O by the way. Ons kerk hou bazaar op Saterdag. 55 Hill St, Campbelltown. Almal welkom.

Link to comment
Share on other sites

Hi Jan,

Lees vandag eers hier, mos te besig noudat die Pr innie boek is. Eers het die euforiese geluk van die ding my verswelg en ek het op die vlerke van die wolke gewieg.

Hoog gevlieg en gedink nou is ek net die een, niks kan my raak nie want ek 'behoort' mos nou.

Maar hoe misgis ek my nie!

Na al die maande, jare se baklei, spoeg en sis om hier uit te kom, is daar ewe skielik 'n leemte. Niks om oor te worry nie, niemand om vandag te bel en aan te jaag nie, niemand om te swets nie. Dit wat 'n lewenswyse geword het, want mens raak gewoond aan alles, sien, is nou ewe skielik moer toe. En dit net met die spoeg en plak van een enkele pienk papiertjie! Kan jy glo dat daai papier jou lewe kan verander?

Toe tree die depressie in. 4 dae lank sit en sulk ek, Ek WIL baklei en ek WIL spartel en en en en , want ek is mos gewoond daar aan. Waar in die lewe het jy gesien dat ek wat Blossom is, nou ewe skielik nie meer my naels hoef te vreet nie? Ek kyk rond om my en alles lyk nog dieselfde, proe dieselfde, ek is nog 'n dikgat....niks het verander nie. Maar ALLES het verander!!! En ek sukkel om dit te verwerk.

Man, dit was nou vir jou 'n moeilike 4 dae! Maar erens het die besef tot my deurgedring dat ons nou klaar die Drakensberg geklim het en dat ek uiteindelik my rusplek aan die voet van die berg gekry het. Lekker in die skaduwee.

Ek gaan nog een keer trek in my lewe en dan sal ek kan se.."Nooit weer trek ek nie en nooit weer vlieg ek nie." Klaar met daai dinge. Al het ek my hoe braaf gehou was ek skytbang vir daai gevliegery. Ek het gemaak of dit niks is nie maar innerlik het ek geween, gesweet en gebid. NOOIT weer nie. Ek ry met die kar waar ek wil wees...basta!!

Eendag Jan, bring jy jou maergaai-self en jou beste helfte en ek bring my 2de beste helfte en ons hou 'n meneer van 'n braai en dan praat ons sommer heelnag deur sodat die biesies bewe.

Veels geluk met jou huis, jy moet sommer lekker bly in hom. Ek hoop jy het 'n plekkie waar jy lekker kan sit en skryf en vir ons kan stories vertel.

Bye...cheers.

Link to comment
Share on other sites

Hallo Betsie

Ek sien vir Antjie opstaan uit die asse. Die skryf lus is besig om terug te keer.

Iets wat ons nooit sal vergeet nie is hoe vinnig en maklik daai papiertjie in onse paspoorte geplak was. Jy spook vir jare om hom te kry en dan tree die Eerste Wêreld in en binne 'n half uur stap jy daar uit. Signed, sealed, gespoeg en geplak. Nou net 'n paar jaar wag virrie Burgerskap. Ek weetnie of ek dit al vertel het nie, maar hiers hy weer. Ek blameer maar vir Oom Altsheimer.

Toe ons nou die dag 'n aanbod teken virrie agent, bel my broer uit Hartswater. My vrou vertel hom dat ons besig is om te koop. Hy smeek haar om my te kry om nie teken voor hy met my gepraat het nie. Sy kom sê my hy wil met my praat. Ek stuur haar terug om vir hom te sê, ek teken en basta. Sy kom terug en sê ek moet hom dringend bel. Ek sweet bloed. Wat's nou weer verkeerd? Later toe die papierwerk afgehandel is en die selfvoldane agent die pad gevat het, bel ek hom. Sy eerste woorde aan my toe ek deurkom is. "Ek hoop jy het na my geluister en nie geteken nie" Nou vir wat sal ek dit nie doen nie wil ek toe weet. "Die ANC is besig om te skeur en alles gaan nog regkom, jy moet terugkom en hier saam met my kom boer" Wat ek toe alles vir hom gesê het kan ek nie hier herhaal nie. Wat ek wel weet is dat hy wil net glo dat alles sal regkom. Hy kan nie anders as om te glo nie want hy het niks anders nie. Hy stel nie belang om ook daai pienk papiertjie in sy paspoort te kry nie. Hy het vergeet wat rus en vrede is en aanvaar maar alles gelate. Hy leef nou in 'n ander wêreld wat ek nie meer wil ken nie. Ek hoop om hulle volgende jaar se Desember te gaan besoek, as hulle nog daar is. Intussen word my gaai daagliks kleiner en SAL se sitplekkies sal hopelik weer vir my pas by volgende jaar.

Wat die braai aan betref. Dit is 'n deal. Ek het juis nou kort 'n kas Rooies opgetel wat van 'n trok afgeval het. Glo uitstekend virrie gout en hart saam.

Groetnis.

Link to comment
Share on other sites

Blossom baie geluk met die PR !!! en lekker house shopping doen. Jan and good onion on you mate met die koop van die huis. Ek hoop daar is 'n lekker plekkie ingerig vir al die skryf. Jy sal verbaas wees nou met die skeur van die ANC hoeveel hoop het mense in RSA. Ek hoop dit gebeur en dat die ekonomie en als sommer so sterk word dat hulle nie weet wat om met al die skatte te doen nie. (Jammer ek moet ook moed he, het huis om daar nog te verkoop....)

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...