Jump to content

Net nog 'n herinnering


niemeerhier

Recommended Posts

Noudat ons die visa het en die hele storie meer van 'n werklikheid word besef 'n mens eers wat jy alles gaan prysgee en lê daar so 'n klein saadjie van twyfel in 'n mens se hart. Maar gister gebeur daar toe weer 'n ding wat my net weer herinner waarom ons die pad vat. My jongste 14 jarige dogter het saam met 'n maatjie van die skool af huis toe gestap (die kinders luister eenvoudig nie, ek het al telkemale vir hulle gesê om dit nie te doen nie dis gevaarlik). Op pad loop hulle toe 'n groot groep jong leeglêers raak wat hulle pad toe versper. My dogter se maat het toe gelukkig 'n tazer by haar en kon hulle toe voldoende afskrik om verby te kom en die hasepad te kies. Dit herinner my toe ook weer aan die keer toe my oudste dogter aangeval is en van haar selfoon beroof is toe sy so 'n bietjie in die plaaslike winkelsentrum afgedwaal het in 'n stiller stegie in (so ingedagte met die "window shopping" dat sy vergeet het waar sy is). Gelukkig het hulle net haar selfoon gesteel, maar sy het baie geskrik want hulle het haar baie hardhandig behandel. Die polisie se reaksie oor die voorval was belaglik om die minste sê, die man het ons selfs gevra "What must I do now?".

Nou is ek weer die ene vuur en vlam om my voorbereidings op hierdie avontuurtjie van ons so vinnig moontlik af te handel sodat ons kan begin werk aan 'n nuwe toekoms. Vandag moet ek my CV so bietjie "polish" en dan gaan ek begin navrae doen. Ek het ook 'n miljoen en een dinge om hier afgehandel te kry, aangesien ek beplan om so vroeg moontlik in Desember te vlieg.

Link to comment
Share on other sites

Ek hou al my vingers en tone gekruis dat alles spoedig en goed afloop. Die land is nie volmaak nie, maar glo my, jou lewe is BAIE meer werd hier.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...