Jump to content

Berge val op my - heuwels bedek my


Biltongboer

Recommended Posts

Vandag ry ek deur daar na Whitford Mall toe. Die Commonwealth Bank se tak daar is op Saterdae oop, dis die dat ek soontoe gaan. Dis belangrike besigheid die.

Ek sukkel mos met die geld wat daar in die Donker Kontinent lê. Om geld oor te plaas, is erger as om aansoek te doen vir ‘n paspoort. Duisende vorm en “ehh†goete en wie weet wat nog. Duidelik nie ‘n goeie teken (vir dies wat agterbly) as jy agterkom hoe hard probeer die SADC regerings om te keer dat jy jou eie hardverdiende geld landuit vat nie. Hier in aus kan ek sommer op my internet banking ingaan en geld internasionaal oorplaas. Probeer dit doen in Suid Afrika, en kyk hoe ver kom jy.

Ek kom toe later agter ek kan met my debietkaart ‘n maksimum van $1000 per dag onttrek uit my FNB tjekrekening. En my vrou se debietkaart is ook gekoppel aan dieselfde rekening. Nou gaan trek ek elke aand $2000, en bêre dit op ‘n ongenoemde geheime plekkie.

Vanoggend het ek $4000, en by die Mall gaan trek ek toe sommer vandag se $2000 ook. Nou loop ek daar in die Mall, met $6000 in my carry bag. Ek beloer almal asof hulle AIDS het, mense sien sommer hulle moet wye draaie loop om hierdie Wildehond van die Namib.

Ek kom by die bank, en gaan staan in die ry by die tellers. Toe ek voor kom, vra die antie wat ek wil he. Ek verduidelik ek wil $6000 deposit. Sy begin kyk my snaaks aan. Hierdie ou het ‘n vreemde aksent en hy bring sulke bedrae cash hier in - moet ‘n kroek wees?

In elke geval, sy vat my R42000 (teen die huidige wisselkoers - verstaan jy nou hoekom ek bietjie “jittery†is?) en sy verdwyn agtertoe. Ek raak benoud, sê nou maar sy hol weg met my geld, of sy kom daar aan met die hele Taakmag met RPG7’s en tanks en hulle kom arresteer my?

Mens hoef nie deposit slippies hier in te vul nie - jy gee net jou ATM kaart, en hulle doen die res.

In elk geval, volgende oomblik toe klap ‘n skoot hier langs my. Ek slaan hard dekking, en ek is al amper bo-op die booswig met die handwapen, toe ek besef dis die perd se dogtertjie se ballon wat gebars het. Amper het ek hom kaalhande vrekgemaak.

Almal in die bank het geskrik, maar daai mense verstaan nie hoe skrik jy in Afrika as ‘n skoot afgaan in die bank nie. Ek sê vir die ou “sorry mate, I’m from Souf Effrieka, if you hear a shot in the bank, you attack or you run!†Hy lag net.

Ek kan nou nog nie glo ek loop rond met R42000 in my gatsak nie. Daar is geen manier wat ek dit sou doen in Windhoek nie.

Link to comment
Share on other sites

Hi Biltongboer

Daar is net nie einde aan jou nie is daar? Ek geniet al jou staaltjies vreeslik! Kan net indink wat die mense rondom jou moes dink...

Dankie vir jou moeite met al jou posts!

Stranded

Link to comment
Share on other sites

Lol, ek het nou so lekker gelag. Toe ons hier aanland (3 maande terug) en by Commonwealth 'n draai maak, toe gee hulle vir my dogtertjie 'n ballon. Dink jy die bladdie ding wil bars? Waar bêre jy 'n ballon? Dit gaan so teen die grein in om hom te bars. Hy waai nog steeds so styf soos die dag wat ons hom gekry het hier rond. Nou hoe het die een in die bank gebars? Gee so 'n tip die kant toe :(

Link to comment
Share on other sites

Lol, ek het nou so lekker gelag. Toe ons hier aanland (3 maande terug) en by Commonwealth 'n draai maak, toe gee hulle vir my dogtertjie 'n ballon. Dink jy die bladdie ding wil bars? Waar bêre jy 'n ballon? Dit gaan so teen die grein in om hom te bars. Hy waai nog steeds so styf soos die dag wat ons hom gekry het hier rond. Nou hoe het die een in die bank gebars? Gee so 'n tip die kant toe :lol:

Hulle het seker nie daai ballon by die bank gekry nie? Seker ingesmokkel van 'n ander plek af.

Link to comment
Share on other sites

Biltongboer,

ek lag elke keer as ek jou posts lees!! Julle Suidwesters kan darem maar 'n storie vertel!!

jou humor is fantasties :lol:

Morrie

Link to comment
Share on other sites

HI Biltongboer!

Ook wil ons net dankie se vir al jou great posts! Dit help baie vir ons wat nog oppad is. Deesdae kry ek 'n beklemming om my hart as ek net sien hoe my to do list nog langer word ipv korter en ons beplan om einde Jan te gaan maar ons trek word al die 2e week in Des gepak sodat ons v oulaas saam met die oumas en oupas kan gaan vakansie hou in Des/ Jan! En dan werk manlief ook nog op my senuwees as hy elke tweede dag besluit nee nou wil hy eerder weer bly en moet ek hom net weer herinner hoekom ons nou eintlik gaan... (Nie dat hy nou sy mind kan change nie, want hy het reeds die kontrak geteken - ons gaan oor op 'n 457 Perth toe)

Elk geval wil ook net by jou sekermaak se jy met ander woorde dat mens nie sommer so maklik met internet banking kan geld oorplaas nie? Ek was onder die indruk dis die maklikste manier?

Sterkte daar anderkant!

Yo!

Link to comment
Share on other sites

Ek is bly om te hoor ons is nie al mense wat sukkel nie. Ons het nou maar 'n rekenmeester gekry wat als organiseer in SA. Die geldtrek storie werk nou maar net baie duur uit.

Link to comment
Share on other sites

Biltong boer ek geniet jou stories van Perth. Ons bank ook daar so ek kan my die prentie mooi skat.

Het jy al meer as $1000 per dag probeer? Ons kon meer as n $1000 ttrek maar net n $1000 op een trek. Ons het sommer vyf in n ry gedoen.

Wendy

Link to comment
Share on other sites

Biltong boer ek geniet jou stories van Perth. Ons bank ook daar so ek kan my die prentie mooi skat.

Het jy al meer as $1000 per dag probeer? Ons kon meer as n $1000 ttrek maar net n $1000 op een trek. Ons het sommer vyf in n ry gedoen.

Wendy

Ek het dit probeer, maar dan vertel hy my "no funds available" - en FNB slaan my met 'n R8.50 boete

Edited by Biltongboer
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...