Jump to content

Nog dinge wat anders is


Biltongboer

Recommended Posts

Ek het nou bietjie gedink oor nog goeters wat anders is, my vorige storie was bietjie onvolledig.

Een van die dinge is die verkeersligte. As daar 'n pyltjie na links of regs is, moet jy mooi kyk - dit werk anders as by ons. Die lig kan groen wees vir almal wat reguit vorentoe ry, maar vir die ou wat linksdraai, of die ou wat regsdraai, kan daar 'n rooi pyltjie wees. Dan mag jy nie ry nie. Jy ry net as daar 'n groen pyltjie is, of as die rooi pyltjie weg gaan.

Die winkeltrollies se agterwiele het 'n wil van hulle eie. Hulle loer nie reguit vorentoe soos ons Afrika trollies nie. Dit maak dit baie maklik om in 'n smal gangetjie om te draai met die ding, maar dit maak ook dat jy heeltyd soos 'n krap met die ding sukkel. Hy neuk in allerhande snaakse rigtings in.

Die huise het nie kaste nie, die kaste is so oop gat wat net 'n hangplek het. Jy moet self sorg dat jy rakke daar inkry op een of ander manier.

As jy 'n huis wil huur, werk dit heel anders as by ons. Die eienaar adverteer die plek, dan kom kyk die belangstellendes, en dies wat die plek wil he vul 'n aansoekvorm in. kan jy dit glo? Op daai vorm moet jy alles insit wat 'n goeie katoliek teenoor sy priester sou moes bieg - jou ouderdom, jou AIDS test results, jou salaris, jou vorige huurplek, jou kriminele rekord, jou sekslewe, alles.

Dan besluit die eienaar of hy dink jy is waardig genoeg om in sy huis te kom kampeer. Sien, hier is mense wat nie 'n veer voel vir 'n ander ou se huis nie. Hulle trek daai huis deur hulle se dingese. Jy betaal sommer 6 weke se huur vooruit, nog voor jy kan intrek. In my geval was dit 'n hele $2250 - meer as R14000.00 - eina.

Goeters word hier weekliks, tweeweekliks, of maandeliks betaal. My salaris word "fortnightly" betaal - dit beteken twee-weekliks, vir die wat daai term nie ken nie. Ek kry dus elke twee weke salaris. My huur moet ek weekliks betaal. Ek betaal dit maar vooruit vir twee weke, dan hou ek die eienaar happy, en dit val saam met payday. Krag, water en gas word elke drie maande betaal - die logika van al hierdie goed gaan my verstand te bowe.

Terwyl ek van gas praat - dis een van daai dinge hier. Ons warmwater geyser (ook 'n woord wat nie hier bestaan nie - hulle praat van 'n "hot water container", of so iets) werk ook met gas, en ons stoof. Daar is gaslyne na elke huis toe.

Gaslyne loop oral onder die grond net soos waterlyne. Ek weet nie of ek hou van daai idee nie. Maar daar is ook 'n nommer wat jy moet bel, voordat jy enige plek begin grou. "Before you dig, dial 1111" of so iets. Jy bel daai perde, en hulle weet waar elke kraglyn, pyplyn en gaslyn loop. As hulle sê jy kan maar laat waai, dan grou jy lekker met jou bobcat. Hier is nie boys wat die pyplyne met pikke stukkend slaan nie - om die waarheid te sê, ek het nog nie 'n pik gesien in die plek nie. Die grond is seker nie te hard hier rond nie.

As mens op die freeway ry, daar in die regterkantse baan, dan kry jy partykeer daai gevoel dat die bosse in die middelmannetjie te hoog is - jy gaan nie kan sien as 'n permanently disadvantaged persoon tussen daai bosse uitkom en oor die pad neuk nie. Dan skielik onthou jy - hier loop niemand oor 'n freeway met 'n kind op die rug nie. Mense dink voor hulle doen, en hulle kinders word soos goud opgepas.

Coke hierso smaak net soos Coke in iAfrika.

Die kragproppe is heel anders - wat jou uitvang is goeters soos die charge van die selfoon, jy kan nie vir hom 'n ander plug opsit nie. Mens kry converters, en die beste wat ek gesien het was in Currambine shopping mall - daars so klein winkeltjie wat SA plug adaptors verkoop. Jou groot SABS (only usable in Namibia and SA) driebeenprop druk lekka daarin, en dan druk jy hom in hierdie sissierige muurprop in.

Die straatbordjies is iets om te aanskou. Die mense het 'n ander manier van rigting aan dui. In die begin was ons heel deurmekaar. As jy in 'n pad afry, dan sien jy 'n bordjie hier langs die pad, met 'n straatnaam op. Dan dink jy dis die naam van die straat waarin jy ry. Wat dit eintlik is, is die naam van die volgende straat wat hierdie een gaan kruis. By die kruising self sal die bordjie 'n pyltjie ook byhê wat wys die pad is soontoe. Maar daai eerste bordjie het ons in die begin heel in sirkels laat ry. As jy dit verstaan, dan werk dit eintlik baie goed, want jy weet watter pad kom volgende.

Op die Freeway is die bordjies net so sinneloos. Persoonlik dink ek dis een ding wat definitief beter gedoen word in Suid Afrika. As jy op die N1 ry, weet jy watter afdraai is watter baan, en jy weet altyd waar die afdraai is. Hier is die goed baie verwarrend. Baiekeer se die bordjie net "Freeway South". Nou moet jy eers wonder of jy Noord of Suid wil gaan. Plaas dat hulle maak soos in die Kaap - "N1 Paarl", of "N1 Kaap" maak dit baie makliker vir mens om te weet watter kant toe neuk jy.

Die lifts in baie plekke praat met jou. Om een of ander rede is dit belangrik dat 'n stem vir jou sê: "You are now at car park level". Nugter weet hoekom dit nodig is

Link to comment
Share on other sites

Hi BB

As usual - I had a good laugh.... :rolleyes:

Must say the shopping trollies are the worst, never know which way it is going to go.

Regards

Ausraven

Link to comment
Share on other sites

Hulle praat van "come and have tea with us" Dit beteken nie kom drink tee nie, dit beteken kom na ons toe vir aandete. Mense het ons vir "tea" genooi en ons het gedink dis bietjie snaaks om iemand te nooi vir tee 7uur die aand!

Daar is die snaakste name vir winkels en besighede :

Squid lips: seekos wegneemetes

Dirt design: tuindienste

Steptoe and Mum: tweedehandse winkel

Big Pig : pizza takeaway

Freckles by design: meubels

Link to comment
Share on other sites

Hiehiehie, BB,

Hier in die Kaap word die name op die straatblokke deesdae verkeerd gespel - regtig (Braken str i.pv. Bracken - duh) ! En die jongste winkelsentrum in die omgewing het ook pratende hysbakke - wat elke nou en dan vir 'n paar dae lank stukkend is - eish. En as die naambordjies lank genoeg nie omgery word in iemand se nagtelike omswerwinge nie, is hulle nogal heel hulpvaardig, ja. Deesdae is dit nogal 'n uitdaging om aandag te bly gee aan die naambordjies, want jy moet mooi kyk of die pad waarop jy ry heel is !

Link to comment
Share on other sites

Dit vang my nogsteeds dat dinge verkeerde kant toe sluit. Mense dink seker ek is onnosel dat ek die kar die heeltyd probeer sluit as ek probeer inklim.

Link to comment
Share on other sites

Dit vang my nogsteeds dat dinge verkeerde kant toe sluit. Mense dink seker ek is onnosel dat ek die kar die heeltyd probeer sluit as ek probeer inklim.

Verkeerde kant toe? Dit het ek nog nie agtergekom nie.

Link to comment
Share on other sites

Thanks vir al die info BB

Dis die tipe van goed waarin ek belang stel en wat ek ook wil weet. Toe my skoonsuster destyds van Amerika af teruggekom het SA toe, toe is die eerste ding wat ek wou weet hoe die sypaadjies lyk. Is dit hoer of laer as ons s'n. Ek wou weet hoe proe die water en die koeldranke ens.

Ek het destyds aan 'n sendinggroep (Diensjaar 1993) behoort. Ek was sopas klaar met matriek en het toe nog niks van SA gesien nie. In elke provinsie waar ons was het ek 'n klip opgetel en saamgevat - lekker stupid! Ek moes ook eers elke dorp se water proe. Jy sal dit nie glo nie maar elke provinsie se petrol ruik ook anders. Daai goed wat hulle in die Transvaal ingooi ruik of dit Bostik gom in het. Genuine - dit ruik heel anders as die petrol in die Kaap.

Dankie vir al die posts. Dit hou die lagspiere lekker besig.

Jimmy

Link to comment
Share on other sites

Hier word jy A$200 beboet as jy 58 in 'n 50km/h zone ry. Nou poep jy as die naald 'n naalddikte oor 50 gaan.

Hier is nie LM gras nie en jy mag net tuin natmaak tussen 8pm en 8 am en net met 'n handspreier.

Dit voel nog soos winter hier.

Die paddas klink soos iemand wat 'n mikrofoon "in-tune".

Hier is nie "speed-humps" nie. (In Suid-Afrika het die ou wat die vinnigste oor die speed-hump kon ry eerste by die sirkel gekom en kon hy eerste ry.)

Dit gaan jou omtrent R7000 kos om jou en jou vrou se bestuurslisensie oor te skakel (leerlingtoets, "competency" toets en 'n 10jaar lisensie kos alles geld).

Die huise het septic tanks.

Die polisie karre hier is vol arials en ligte en chevron strepe en hulle agtervolg jou sommer as jy enigsins verdag lyk.

Jy mag dagga in jou tuin groei vir persoonlike gebruik in Suid-Australie.

Die geyser is buite die huis.

Hier is nie gouda kaas nie.

Hulle hou van kantgordyne. Daai soort wat lyk soos 'n 60jarige russiese bruid se sluier. En dan moet dit onder die gordyn uithang soos 'n onderrok.

Kinders hier kort almal 'n pak slae, maar jy kan aangekla word van kindermishandeling. Dalk is dit omdat hulle nooit pak gekry het nie dat almal so vriendelik is. Ek weet nie. Sal maar moet wag en sien wat die uiteinde van die sosial eksperiment gaan wees waar ouers eerder vir hulle kinders asseblief se as om die plathand in te le as die kind se ore nie werk nie.

Dit gaan jou $8 kos om jou kar by 'n karwas te was en dan moet jy dit nog self was ook.

MASH wys nog op die TV.

Almal is baie vriendelik en "laid-back". Hier moet jy nie haastig wees vir iets nie.

In die restaurant is die meisietjie agter die till sommmer jou waitress ook en help sy met die kosmaak ook. Wees bereid om te wag vir jou kos.

Dit is lekker as jy die eerste keer iemand in die winkel sentrum raakloop wat jy ken.

Jy het 'n ander pin nommer, huislyn en selnommer en in my geval moet ek onthou om diesel en nie petrol in die kar te gooi.

Daar is so baie dinge wat anders is, dat mens party dae voel asof jy op 'n ander planeet is, maar, soos BB se, coke proe dieselfde hier. My kind is tot oorlopens toe voel gelukkig in sy kindy. Op 4 kon hy reeds vir my se hy hou meer van sy kindy as wat hy van sy speelgroep in RSA gehou het. En sy huistaal is Afrikaans. Gister vertel hy vir ons sy juffrou het hom geleer om te se "stop that, I don't like that" as 'n ander kind hom iets aandoen. Dit is bietjie anders as die advies wat ek hom uit pure moedeloosheid moes gee in RSA, waar dit beskou was as normale sosialisering as jou kind op 4 reeds elke dag met boelies moes klaarkom. Die kinders drink net water by die kindy en as iemand verjaar word daar wortel en rosyntjie muffins gebak. Ek is gelukkig hier. Gelukkig en koud. So elke nou en dan kry jy iets in die winkels wat jy in Suid-Afrika ook kry of jy probeer iets nuuts en dit is lekker.

Ek wonder of die kwekery die daggaplantjies verkoop.

Link to comment
Share on other sites

Lyk my elkeen se ervaring is anders.

Niks by my sluit anderkant toe om nie of ek is te stupid om dit agter te kom.

Ek het koek gevat dagsorg toe vir my dogtertjie. Hulle sou tot vir haar koek gebak het as ek die resep gegee het.

Ek weet niks van daai bosse op die freeway nie, nog nie sulkes hier gesien nie.

Weet ook niks van daai pyltjies by die robot nie. Gewoonlik is die pyltjies eerste groen vir die wat wil draai en word hulle rooi en jy moet wag as jy wil draai en die wat reguit aan wil ry kan so maak.

Jy kry Gouda kaas hier, soek net mooi (Coles het definitief).

Ons kan nie in Melbourne tuin natmaak nie, wel nie vir 12 ure nie!

Ons praat Afr by die huis, sussie het so pas 2 geword en gaan 3 dae per week dagsorg toe en daar leer sy Engels en sy is vreeslik gelukkig by die skool.

Ek wou al party Aussie kinders @#$%, veral as hulle seuntjies en groter is en die hele speelarea oorneem en my arme piepklein blondekop dogtertjie wil ook 'n beurt op die glyplank hê en hulle laat haar nie toe nie. Waar is die kinders se ma's?

Mens hoef niks alles die hele tyd te sluit nie, geen diefwering nie, geen heinings nie.

Hier hang nie mense doelloos in die strate en parke rond nie.

My honde is troeteldiere hier, nie vir veiligheids doeleindes nie.

Jy hoef nie na MASH te kyk nie, al wys dit nog. Daar is baie ander goed om van te kies.

Ek grou gelukkig nêrens gate om voor toestemming te kry nie.

Party mense in SA se geysers sit ook buitekant.

Niemand probeer iets by 'n robot aan my verkoop nie.

Niemand storm op my af om kamtig my kar op te pas nie.

Daai winkeltrollies!!!! En hoekom het hulle nie van daai oulike trollies waar jy 2 mandjies kan inlaai nie? Ek mis dit, wil nie altyd 'n groot trollie vir goed vat nie.

Enige vorm van diens is baie duur. Die mobiele doggie parlour kom môre my 2 honde groom, en een moet net gebad word, want sy het kort hare en dit gaan my in dollars amper dieselfde kos as wat ek in SA vir 3 honde betaal het in Rande en dan was 2 geskeer. Ouch!!

Die winter is LANK. Dis so elke week 2 dae somer en dan dra ons weer dik truie. Dog ek gaan die hele somer as ons daylight savings het in die aande draf, maar as die wind so deur my waai sien ek nie kans nie.

Werk is in my geval relatief volop, want my skills is in aanvraag. Ek vra sommer vir 'n 6 maande kontrak as hulle net 3 maande aanbied. Ek vertel vir hulle watter dae ek gaan werk, nie anders om nie. Dis heerlik om die opsies vir deeltyds en van die huis af werk te hê en nog goed betaal te word. Dis nie wat ek in SA ervaar het nie.

Daar is parkeerplekke naby die sentrums se deure vir mense met prams en die parkeerplekke is lekker wyd. Ek dink dis cool.

Hoe langer jy hier is hoe kleiner raak die verskille, maar ek is dol gelukkig al mis ek my ouers baie. Moet nou net een of ander tyd die proses vir PR begin aanpak. Lê soos 'n berg voor my.

Edited by Alibaba
Link to comment
Share on other sites

Wat 'n wonderlike 'thread' ! Elke dag se dinge. Lekker om my te kan 'indink' in die realiteit 'down under'. Hou asseblief aan, almal wat daar is !

Link to comment
Share on other sites

Hi daar

Baie lekker om te lees oor die alledaagse dinge. Dit is vir my die dinge wat interessant en anders is! Die weer in Melbourne klink maar soos die weer in die Kaap. Ons het nog nie somer nie, is ook maar een dag warm en twee dae koud!!!! Ons trek na Wangaratta wat so 230 km van Melbourne is, wonder hoe die weer daar gaan wees?

Skryf nog....

Bienkie

Link to comment
Share on other sites

BB, ja jong dinge werk anders hier, elke Provinsie het sy eie reels, dis asof ons almal hier in verskillende lande bly.

Net om nog by te voeg :

Verniet TV hier is great, daar is baie goeie programme, Locally en van oorsee wat mens kan kyk. Ek persoonlik dink Foxtel is geld mors, wou

dit nie glo nie, het dit gekry en nou sien ek dis nie so great nie.

Sport in skole werk heeltemal anders. In die skool waar my seun is laerskool het hulle Vrydae Sports day van 11 -1. Die kinders word na verskillende

sports gronde, dit is ook parke baie mooi, gery met busse en dan speel hulle teen anders skole.

My seun het rugby league gespeel en hulle speel eerste helfte 20 min en dan is dit rus tyd, in die rus tyd begin die volgende span se game, so hulle speel 20 min, rus 20 min en speel dan die tweede helfte 20 min. Dis was nogal snaaks die eerste keer, het dinge so bekyk en gewonder nou speel hulle net een helfte, maar die kinders moet rus.

Krieket werk ook anders. 'n Wedstyd word gespeel oor 2 weke. Een week word daar gebat en die volgende week geboal, hulle speel 25 - 30 overs.

Wat nou laas week gebeur het, ons skool het die ander skool uit gekry in 3 overs, hulle het net 14 runs gekry, toe gaan ons seuns maar in en maak die game klaar. So hierdie week gaan speel hulle maar weer 'n game.

Die kinders beoefen nie sport naskool nie, dit word in skooltyd gedoen. Klubs oefen wel in die week.

Skool sport is glad nie so kompeterend soos in SA nie, maar Klub sport hier is groot. Hulle speel ook AFL rugby hier op Sondae.

Die kinders mag nie kaalvoet skool toe gaan nie, :thumbdown: en No Hat No Play reel vir speeltyd.

Die kinders hier weet alles en het nie altyd respek vir ouer mense nie en ook nie vir mekaar nie. Hulle vloek ook vreeslik. Hulle mag lang hare

he, en oorbelle dra skool toe, dis nou die seuns. In Hoerskool vmag die meisies se hare los wees en hulle mag make up dra skooltoe. Dis ook dinge

wat ons nie ken nie.

Wel dis net 'n paar dinge wat anders is, maar glo my daar is baie dinge anders.

Cheers vir eers

Sheila2oz

Link to comment
Share on other sites

Hi Antionette,

Vertel bietjie meer van die mobile doggy parlour asb. Doen hulle alles van skeer, toonnaels en was ook en hoeveel kos dit in $$$?

Lamsboud hier is lekkerder as Karoobossie skaap.

Varkvleis hier is duurder.

Die supermarkte hier is nie so mooi, oop en helder soos Woolies of Pick'n Pay daar nie.

Jy kry nie Melon and Ginger jam hier nie en die stroop kry jy in die koekbak afdeling, nie by die spreads nie.

Ek sien nerens dooie honde of katte langs die paaie le nie, die honde hier word geleer om nie te blaf nie en die katte mag nie rondloop nie.

Die Magpies speel met jou chicken op die pad, hy gee pad nie eers vir 'n kar nie, jy moet vir hom uitswaai.

Hier loop jy sommer oor die treinspore om anderkant te kom.

Jy los nie sommer jou trollie langs die kar nie, jy gaan bere hom weer netjies op sy plek.

Jy vergeet om jou kar te sluit daar op die sypaadjie en more is hy nog daar, met jou baadjie nog binne in.

Die lug hier is net so blou as daar anderkant, die see net so mooi en 'n Malva is 'n Malva.....daar is net een verskil... hier kan jy stop en die blomme ruik sonder om oor jou skouer te loer en jou kamera twee keer om jou gewrig te draai.

Hier is ek gelukkig en veilig.............

Link to comment
Share on other sites

As jy 'n Kapenaar (of omgewing) was/is, is Adelaide die naaste weersomstandighede wat jy kan kry.

In Des 2007 toe ons Adelaide vriende hulle hittige somersdae meet, kon ons elke keer 2 weke later dieselfde grade in Kaapstad te wagte wees.

Selfs nou met die koeler dae en somersdae deurmekaar, is dit dieselfde wat moeder uit Struisbaai rapporteer.

Adelaide huise is tipiese Panorama/Durbanville omgewing huise.

(ek het nog nie daai septic tanks teegekom in ons huissoeke nie)

Miskien moet ons ook net vertel, daai buite geysers is die oulikste uitgedinkte kontrepsie wat met gas werk. Ek verkies hom buite fo hoe Antoinette?

Die nuwe huise het almal die allerpragtigste afwerkings en mooi teëls, blink krane.

Groooot erwe word in 2 gesplit en 2 lang huise word langs mekaar gebou.

Vir my is sommige style van die ou huise maar lelik, maar niks wat 'n mens nie na eie sin kan verander nie.

Tuine is onbelangrik en daarom baie klein. Dis dus ook minder werk, want daar is oorgenoeg vrye speelplek in die parke.

Ek het nog geen produk gesoek hier wat ek nie kon kry nie, die ekwivalente is soos die ware jakob.

Motors is ver goedkoper as in RSA en mens kan met net 1 oor die weg kom, want bus, trem en trein bied als wat mens nodig het.

.... en beste van als. As mens die inkopiepakkies, boude in die lug, doer-dieper-in-as-wat-nodig-is in die kattebak pak en jy kom so regop en jy draai om .... is daar NIEMAND in wie se skrikmaak gesig jy vaskyk nie. Niemand wat dreigend naby jou staan en intimiderend lyfkontak hou, totdat jy gou genoeg kon inklim en wegry nie.

.... en wat ek ervaar het is, jy kan shop tot dit PIKGITSWART donker is en as jy uitkom en daar is net 2/3 motors op die parkeerterrein oor, dan groet 'n vriendelike ou-oom gesiggie jou, ook op pad na sy motor.

Ons word in die arms opgeraap ORAL waar ons kom. Almal is vriendelik en maak oogkontak. Maak nie saak watter oorspronklike nasionaliteit nie, almal bied hulp aan.

Ons het nou al vele kere ervaar dat Australiërs hulp kom aanbied as hul ons Suid-Afrikaanse aksent hoor. 2 keer mense wat ons van agter af inloop in 'n winkelsentrum en vra of ons kuier of immigreer het, waarmee kan hulle help. In 'n restourant, besoekers in 'n winkel, kom hulle na ons en vra wat hulle vir ons kan doen.

Adelaide is 'n fees!!!

naskrif (off the topic):

moet net nooit vergeet sodra julle hier aankom dat, soos pryse opgaan in Australië, so gaan pryse ook in Suid-Afrika op.

Na 6 maande hier vergelyk ons nog maar steeds pryse, dan sal my Ma altyd sê, maar by ons het dit soveel en soveel verhoog, so die verhoudings bly baie keer dieselfde.

Mens kan ook nie REGTIG 'n produk se waarde van $1 met bv R7 vergelyk nie. 'n Slimkop het op 'n stadium uitgewerk om die "waarde" te bepaal moet ons die wisselkoers ignoreer en 1 teen 4 werk, weet nie of dit nog so is nie. (behalwe as mens nog fisies Rand gebruik om hier te koop, natuurlik)

Link to comment
Share on other sites

Dis interessant om te sien hoe verskil dinge van staat tot staat. Letterlik asof jy in 'n ander land is. ek het iewesr gelees dat WA op 'n stadium wou onafhanklik raak en wegbreek van die res af, maar die Koningin het haar voet neergesit en die Wes Australiers moes dit maar aanvaar. (Dis nou donkiejare terug waarvan ek praat.)

Hier in Pthwerthth is die winter lankal verby, die weer is baie aangenaam, en herhinder my nogal aan 'n kombinasie tussen Windhoek en Kaapstad - as so iets moontlik is.

Ek kyk bitter min TV, so ek is nie gepla oor MASH of die advertensies nie. Ons spandeer baie tyd buite, veral in die parkies. Ons het twee massiewe parke binne stap-afstand van ons huis af. Dit voel regtig asof ons in 'n lanie-woonbuurt bly, hoewel dit maar net 'n doodgewone gemiddelde woonbuurt is. Jy kry definitief jou minder gegoede dele ook, nader aan die stad. Dis interessant om te sien wie daar bly. Raai maar self- nie alle immigrante is blanke Suid Afrikaners nie.

Ek sien nou die dag 'n swart veiligheidswag buite die apteek se deur - kan jy glo? Ek dog ek is terug in Biltongland. Nou wonder ek: is die eienaar 'n Boer, of wat? En waar kry hy 'n swart security guard vaandaan? :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hi Julle

Wou net laat weet, die Hysbakke praat, sodat die Blinde mense weet wanneer om af te klim :unsure:

Dankie weereens vir die lekker lees, geniet die Post vreeslik!

Link to comment
Share on other sites

En sommige roltrappe, dis nie trappe nie.

Dis so 'n skuins ding in ysterafwerking, sodat mens nie gly nie, want mens kan met jou trollie op dit gaan.

Dis die snaakste gevoel, en as jy hoë hakke aan het, voel dit weird as mens afdraend gaan.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...