Jump to content

Nuut op die Forum - oppad na Melbourne


Philipp & Lana

Recommended Posts

Hallo aan almal in Melbourne en die oppad na Melbourne...

Ons is nuut hier op die forum en kan net dankie sê vir almal wat hulle info hier deel. Ons het alreeds so baie gekry! Dis absoluut wonderlik en weereens dankie!

Ek en my man is ook besig met ons 457 visa. Ons wag nou net vir die 'final approval'.

Dit klink darem asof ons ook vroeg in die nuwe jaar in Melbourne sal wees.

So - Lindie, Tanja en Cecile, kyk uit vir ons...

Groete

Philipp & Lana

Link to comment
Share on other sites

Hi julle!!

Ons is ook nuut op die forum en stem saam met julle dat ons baie info daardeur kry!!

Sit nog in Suid-Afrika en hoop om eendag by jul aan te sluit.

In die tussentyd, baie sterkte en geniet dit!!!

Groete Die Fourie's

Link to comment
Share on other sites

Hi Phillipp & Lana

Welkom hier by ons, en 'n groot welkom vir julle na Melbourne. As daar iets is waarmee ons kan help, skree net!

Link to comment
Share on other sites

Philipp en Lana,

Welkom op die forum en een van die dae in Melbourne.

Fourie's. laat weet maar as julle ook iets wil weet indien julle op pad is Melbourne toe. Ons gaan DV Desember en Januarie in die Baai wees as julle vinnig iets wil vra of meer wil weet.

Groete.

Ol :) ie.

Link to comment
Share on other sites

Hi Philipp en Lana,

Sien julle een van die dae. Laat weet asseblief as ons met enige inligting of optel of so iets kan help.

Ek is in die Ooste in Wheelers Hill so as julle enige navrae oor die area het sal ek vir julle kan help.

Geniet die laaste weke in Sa.

Groete en sien julle gou

Tanja

Edited by Ungerers (Tanja U)
Link to comment
Share on other sites

Hi Philipp & Lana,

Welkom by die forum. Sterkte met julle aansoek en die groot trek. Ons ontmoet mekaar een van die dae in Melbourne.

Groete

Lindie

Link to comment
Share on other sites

Hi

welkom en good luck met die laaste reelings.

Ons is ook in Melbourne en dit is waarlik 'n stunning plek.

Laat weet as ons kan help. Ons is ook in die ooste Mount Waverley (naby Tanja in Wheelers Hill).

Trudie

Link to comment
Share on other sites

Hi Julle

Welkom hier. Dis 'n lekker plek on te kuier. laat weet as ons vir julle iets kan doen

Brenda & Nick

Link to comment
Share on other sites

Aan almal wat reply het.. baie dankie vir die 'warm welcome'. Dit voel al klaar soos een groot familie!

Ons is veral dankbaar vir die van julle in Melbourne. Dit troos darem 'n bietjie om te weet ons gaan nie heeltemal alleen en vreemd wees met julle daar nie..

Philipp het alreeds werk gekry in Clayton, South. So enige idees van waar ons kan bly (natuurlik 'n goeie area) sal baie welkom wees. Ons het al 'n bietjie op die net rondgekyk en het die areas rondom Clayton gesien, maar weet nou nie wat's die beste nie...

Sterkte ook aan julle almal..

Groete en weereens dankie!

P & L

Link to comment
Share on other sites

Mara,

Baie dankie, ons sal beslis vra soos dit nodig word. Ons het alreeds so baie van jou Melbourne info gelees. Dit help ongelooflik baie!

Veral die kerk! Jy't vir iemand die link gestuur en ons het bietjie daarna gaan kyk en is mal oor wat ons sien!

Link to comment
Share on other sites

Tanja,

Dit sal wonderlik wees! Ons sal in kontak bly en vra soos dit nodig word. Baie dankie!

Hoe is dit sover?

Sterkte daar!

P & L

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...