Jump to content

Nommer Een - beslis


Biltongboer

Recommended Posts

Wel, ek is deesdae so aan die gang, ek sukkel om stories te skryf. En my Optus Prepaid Mobile Broadband connection het my in die steek gelaat vir twee dae lank. Soos my vrind Mauritz sê, die plek is nie net ‘n paradys nie, so hier en daar gebeur daar ook sulke goed wat jou laat dink aan iAfrika en al sy gesukkel, en dan moet jy maar jou Boere-Duitser humeurtjie in jou sak druk en ‘n “no-worries mate†houding aanknoop. Dit help nie om kwaad te word nie, die mense verstaan dit glad nie. Ek het gedurende hierdie drie weke op kantoor nog nie een ou gehoor wat op ‘n ander ou skreeu, sy stem lig, of stry nie. Alles word baie kalm en rustig gehanteer.

Ons sal more nou al ‘n maand lank in Australia wees. Kan jy glo?

Terloops, van iAfrika gepraat, ek sien die leier van die Afrika-Unie was baie vinnig op die bandwagon toe hy hoor George Bush gaan sy eie land se banke bietjie uithelp met groot blink biljoene dollas. Hy het dadelik die Westerse moonthede daaraan herhinner dat hulle nie nou moet vergeet van vredevolle Afrika nie, iemand moet al die korrupte regerings in Afrika sponsor. Is dit nou nie so tipies nie, ne?

Ek het die ouens by die werk begin educate oor die wonderlike land van Nammie-bieja. Ek het hulle op Google earth gewys waar sit die Namib woestyn, en waar sit Walvisbaai, en Lüderitz, en Wamboland, en Etosha panne. Von Bach dam, Swakoppoort dam, al die plekke gewys. Toe wys ek hulle my ou huis daar in Pionierspark, en toe vat ek daai cursor bietjie Noord daar in Katutura se rigting, net om hulle te wys hoe lewe die ander helfte.

Hulle toon geen belangstelling in daai arm massas wat kripeer nie, hulle probeer nie eens lyk asof hulle die armige siele jammer kry of iets wil uitvind oor hulle armsalige shacks en ellende nie. Mens kan hulle seker nie kwalik neem nie, ne? Dis maklik om armoede te ignoreer as jy in hierdie land bly - mense word glad nie daarmee gekonfronteer nie.

Gepraat daarvan, Australia is sopas aangewys as die nommer een land op die wêreld se Prosperity ranglys. Kyk hier vir die volledige ranglys. Daar is ‘n klomp goed waaraan dit gemeet word - nie net hoeveel geld almal het nie.

“

The Prosperity Index shows that in addition to economic success, a society's prosperity is based on strong families and communities, political and religious liberty, education and opportunity, and a healthy environment.

"The Australian Government earns high scores on corruption control and overall effectiveness, supporting the country's quality of life in many areas.â€

Dit klink mos soos ‘n land waarin ‘n mens wil bly, of hoe?

Veels geluk aan Suid Afrika met sy 38ste plek, en Nammiebieja met sy 55ste posisie, uit meer as 105 lande. (Laat mens wonder hoekom jy enigsins gedink het daaraan om Doer Onner toe te trek.) Wat baie interressant is - daar is groen blokkies wat positiewe goed is, en rooies wat negatief is. Vir beide Nam en RSA is een van die sterkste groenes die een onder die titel “Fosters freedom and Opportunity via equality of opportunityâ€. Besluit vir jouself of daai telling realisties is. Dit beteken beide hierdie lande moes eintlik nog verder af in die ranglys ge-eindig het.

Die goeie nuus vir die mense in Biltongfontein is egter dat as jy in Afrika bly, is die RSA steeds die mees voorvarende plek om te wees. Moeilik om te glo - Botswana en Nammiebieja lyk vir my altwee na beter plekke as die states. Verder kom nie eens Egipte naby hierdie drie lande nie. Die ander “ekonomiese reus†in Afrika, Nigeria, is by nommer 94. Viva!

Ek het dus in een maand se tyd bietjie opgegaan in die lewe - van nommer 55 na nommer 1 op die prosperity ranglys. Talk about Affirmative Action!

Ons het intussen ‘n Nintendo Wii sports edition gekoop, en my arms pyn. Nog ‘n rede hoekom ek wegbly van die rekenaar af. Ek gaan ook gereeld parkie toe saam met Michael. As ek in die aande betyds by die huis kom, en hy het nog nie gebad nie, dan gryp ons die bal en dan draf ons na een van ons parkies toe. Dan skop ons die bal rond tot ons moeg is, en stap terug huis toe. Oral sien jy iemand wat draf, stap met honde, of loop met ‘n pram. Nerens sien jy iemand wat rondslenter nie, niemand lyk verdag of gevaarlik nie.

Hier rond is ek sommer lus om uit te gaan en parkie toe te gaan. Sommer net omdat ek wil. Die omgewing is so mooi, die hele buurt is aangenaam, en dis ‘n plesier om net hier af te stap en na alles te kyk.

Iemand het my gevra om te skryf oor die goed wat ek nie mis nie, en oor dit wat hier heeltemal anders is.

Ek mis nie die taxis nie. Hier is taxis, maar hulle is in ‘n ander klas. Die ou wat hier oorkant my bly is ‘n taxi drywer. Bly in dieselle buurt as ek - niks kommin of snaaks daaromtrent nie. Ons ken ‘n ou by die kerk wat ook ‘n taxi-drywer is.

Ek mis nie die alewige sirenes heeldag deur nie. Ek mis nie alarms wat in die middel van die nag afgaan in die buurt nie. Ek mis nie die skote in die rivier agter my huis nie. Ek mis nie my diefwering, my elektriese heining en my alarm nie. Ek mis nie die gesprekke om die braaisvleisvuur wat altyd in die rigting gaan van onbevoegdheid of korrupsie of misdaad nie.

Ek mis nie die karwagte en die armed response nie.

Ek mis nie die armoedige siele wat in nood verkeer en alewig gehelp moet word nie. Hier is nie sulke spungers nie - nie in public view in elk geval nie.

Wat is anders?

Die premier van die land kan volledige sinne praat sonder om “ehh†en “aah’ tussen-in te gooi. Hy kan uit die vuis praat oor finansiële sake, goed soos die banke se global credit crunch, die aandelemark, en dies meer kan hy sinvol bespreek sonder om eers te loer na ‘n raadgewer met dik brille wat hom moet voorsê. Hy lees nie eens van ‘n papier af as hy praat nie - kan jy glo?

Die mense is regtig vriendelik. Namibia se mense roem op hulle vriendelikheid - ek dink hierdie mense kan julle leer wat vriendelik beteken. Hier is vriendelikheid nie gebaseer op jou ras of jou taal nie.

Jy gooi jou eie petrol in die kar in. En maak jou eie huis skoon. (Mis ek vir Jonas en Maria? - Nee.)

Niemand sê “oom†nie. Almal is net “mateâ€, en jy noem almal op hulle voorname. By die werk is daar geen “mister-so-and-so†nie - almal is John of Henry of watookal. Jy weet nie eers wat die ouens se vanne is nie, behalwe as daar drie Johnne is. Die CEO word op sy voornaam aangespreek.

Die vullis word in twee gedeel. Jy gooi “recycle†vuilgoed in een drom, en die res in ‘n ander. Dit word oral toegepas. Selfs in die kantoor is daar verskillende asdromme vir verskillende goed.

Alles werk. As dit nie werk nie, word dit baie vinnig aan die werk gekry, of van ontslae geraak. Mense sit hulle ou goed op die sypaadjies vir ander om te vat. Mense word vertrou om die regte dinge te doen, en nie te steel en roof nie.

Verder is dinge eintlik baie dieselfde. Ek voel tuis hier, dis nie so anders dat mens voel asof jy heel in die vreemde is nie. Inteendeel, dit voel klaar soos my plek die. Al praat jy met ‘n dik boere-eksent, verdra almal jou en hanteer jou doodnormaal. Ons het al tonne Ozzie vrinne, en hulle is regtig oulike mense.

Ek sal later vertel van al my avonture met verge collection en freeways en dies meer.

Edited by Biltongboer
Link to comment
Share on other sites

Hey BB

Always great to hear your take on life Down Under. Thanks for the stories. Keep em coming.....

MC

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...