Jump to content

Aambeie - is soos 'n Holden


Bloubul

Recommended Posts

Ek kan nie saam gesels oor geboortepyne nie, maar oor aambeie kan ek met gesag ‘n mening uitspreek. Ek het by wyse van spreke, eerstehandse ervaring sedert konsepsie van die probleem (of is dit dalk onbenydenswaardige toestand?). As jy enigsins ’n pynontduiker of ‘n bloedvermyer is, is dit dalk nou die tyd om eerder die briewekolom in laasweek se koerant te gaan lees. Verder wonder ek ook of dit nie dalk ’n hoogs aansteeklike siekte is nie, want hier in Ozzland is dit soos ’n Holden motorkar, elke tweede pøεpøl het een.

Kyk, die ding begin so. Eers is daar ‘n opmerklike jeukerigheid wat jou begin opval. Dis nou nie die jeukerigheid van ’n tienerseun of ’n vrou wat haar 40’s bereik het of ’n getroude paar na 7 jaar se huwelik nie (Daarvan kan ek ook met ontsag praat) En dan kom jy boonop agter dat dit jeuk op ’n plek waar jy nie sonder skaamte openlik in die publiek kan krap nie. Nee, jy moet dan maar die krap dissiplineer. Maar al kry jy ’n plek waar jy onbevange kan krap, dan help daardie krap jou net mooi niks nie. Inteendeel, dit maak dinge net erger.

In my geval sit daardie gejeuk op ’n plek waar jy met mening sit, dag in en dag uit. Dit voel kompleet asof elke senupunt in jou totale liggaam dáár in die grootte van ’n ertjiekorrel saamkoek. Ek wonder of die akkupunkturiste dit weet. En daardie senupunte is nakend kaal, onbeskermd, sensitief in die ergste graad. Dit maak nie saak hoè jy sit nie, daardie gekonsentreerde senupunte maak kontak met die oppervlak waarop jy sit, en dis SEER! Dis seer al sit jy nie eers daarop nie. Dis selfs seer al probeer jy nie daaraan dink nie. Dis seer as jy poep, en dis nogal gereeld. Nie eers die sagste kussing spaar jou van daardie ongemaklike skreeuende pyn nie. Jy mag dalk bietjie langer uithou as ’n ander mens in verdrukking (nou kry hierdie woord betekenis), maak asof dinge nie so erg is nie, maar dan vang hy jou. En as hy jou vang, dan vat hy behoorlik. Dis ’n pyn wat jou hele sisteem deurtrek. Selfs jou ooglede pyn. Dan is dit te laat vir allerhande preperate en selfs boererate. Vra my. Ek het alles probeer. Van ysblokkies tot Deep Heat, net nie Tolla (bless his soul) se vuurhoutjie-raad nie, die een waar jy die boksie skud en hulle dan met ’n vuurhoutjie brand. Later, het hy gesê, skud jy net die boksie dan verdwyn hulle sommer vanself. Ek moet darem bysê, vriend Francois se wonderolie, gemaak van ge-osoneerde avokado-olie, het die gejuk nogal uitstekend verdryf, net jammer ek het dit so laat in my gevorderde toestand gevind. Dit het ook nuwe betekenis aan die “gat in die osoonlaag†gegee.

Op ‘n dag vat ek my dogter Jessica dokter toe. Nogal 3 Afrikaanse dokters wat ’n spreekkamer het in die noorde van Perthtoria, en langs hulle 3 fisioterapeute, ook uit my geboorteland, met ’n ontvangsantie wat my naam en van kon skryf sonder dat ek dit moes spel. Ek sit heel skeef op die darem sagte besoekerstoel, want ek doen my bes om kontak met die sitoppervlak te vermy. Selfs op ’n afstand sal jy wèèt ek sit ongemaklik. Vra die arts vir my of ek ’n probleem het!? Weet ek die mense wat rerig wèèt sê hierdie tipe operasie het nie sy gelyke as dit by manlike pyndrumpels kom nie. Daarom antwoord ek maar so half neutraal. “Ja, dinge is nie wat dit moet wees nie, maar verder gaan dit heel goed, dankieâ€. Kyk daardie Afrikaner dokter na my met ’n gesigsuitdrukking wat boekdele spreek. In my geval sê hy ewe nonchalant dat daar eintlik twee tipes van my soort probleem is, en dat hy seker is hy kan my help, afhangende of dit ’n interne of eksterne aangeleentheid is. Om die waarheid te sê, hy gaan so vêr as om te waarborg dat ek onmiddelike verligting sal ervaar. Ek moet net saamstap – die ondersoekkamer is net om die hoek. Snaaks hoe mens nie vir ’n arts kan “Nee†sê nadat hy sy kitsdiagnose gemaak het nie. Soos ’n lam ter slagting....

By die ondersoekkamer aangekom (gelukkig het Jess, wat eintlik die dokter kom sien het, in die ontvangs agtergebly) is daar bitter min sprake van finesse. Gelukkig het ek gestort voor ek dokter toe is. Broek af en jy moet bo-op die ondersoektafel handeviervoet ’n houding gaan staan inneem wat alles behalwe manswaardig is. In my gedagtes sien ek die Discovery program wat gisteraand op Fox was, die een van die groot bobejane wat luiperds vang en hul vleis vreet. Artse het mos ’n manier om jou te beloer sonder om jou in die oë te kyk. Hulle konsentreer daar waar hulle dink die wortel van die kwaad is. En as daardie arts agter jou is, sien jy niks van sy fokus nie. Dan sê hy ewe selfvoldaan dat hy hierdie ou sakie sommer vinnig sal regsien. ’n Vinnige doodspuit en dan dreineer hy sommer die spulletjie en voordat jy weet wat aangaan, sal jy oombliklike (en hy lê klem daarop) verligting ervaar. Die probleem met hierdie doodspuit is dat dit buite jou gesigsveld plaasvind. En dan moet jy weet, daardie doodspuit is nie in die algemene omgewing nie – nee, dis dààr waar die wortel van die kwaad lê. Praat van ’n brandpyn! Maar dan raak dinge beheerbaar en voordat jy weet wat aangaan, is alles verby en daardie verligting is onmiddelik! Die boontjies wat ek die vorige aand gehad het, soos elke aand voor dit, was dalk nie ’n baie goeie idee gewees nie, maar nou ja, die arts word daarvoor betaal.

Deur hierdie proses was ek ‘n slag of wat. Selfs in Geraldton by ’n plaaslike arts terwyl ek met vakansie was. En elke keer was die proses ’n sukses. Om die waarheid te sê, ek het so verslaaf aan daardie onmiddelike verligting geraak dat ek nie kon wag vir die volgende aambei nie.

Maar toe kom die grootvader van aambeie wat hom nie deur ’n doodspuitjie en ’n ou dreineringtjie laat wegwens nie. Alles behalwe. Daardie monster neem ’n gevegsposisie in wat, ongeag al my eerstehandse ervaring, beduidenisse en aanwysings vir die snydoktertjie in Ongevalle, weier om toe te gee aan my kennis van prosesse om “onmiddelike verligting†te veroorsaak. Moet sê, dis nie maklik vir ’n boerseun om hierdie kennis aan ’n Ozzie dokter in inglish oor te dra nie. Kort kort raak die dokter weg en dan praat hy telefonies met ’n Groter Artsgees. Hy loer vir die plafon, dan na my, rol sy oë en loer dan weer plafon se kant toe. En ek weet – ek is in vir die Groot Hemeroidektomie.

Ons is gelukkig net 3 pasiente in die sesmansaal – ek, ’n ander arts met kakebene wat sjirurgiese verstelling nodig het en ’n pensionaris wie se tande getrek moet word omdat hy as gevolg van beroerte, nie meer self kan borsel nie. Tussen die 3 van ons was my teatervoorbereiding die mees ingrypendste. Ek moes ’n maagspoel kry en ’n manlike verpleër met sulke sagte handjies het die ou takie verrig en my daarna gedaag om ten minste 7 minute te wag voordat ek ’n draai loop. Ek kon nie behoorlik 3 haal nie......

Niemand sou daarna meer vir my kon sê ek is vol stront nie!

My eerste gewaarwording na die teater was een van ‘n pynlose ruimtereis. Ek het so gesweef, by wyse van spreke. Eers later uitgevind dis die groot volumes Voltaren waarmee my sisteem tot oorlopens toe gevul was. My tweede gewaarwording was een van groot hongerte. Gelukkig word aandetes in hospitale laatmiddag bedien en toe dit duidelik word dat nie een van my saalgenote in staat was om vaste kos in te neem nie (die een se kake was met binddraad vasgeklem en die ander had ’n tekort aan tande) het ek maar sommer uit pure naasteliefde al 3 borde kos verorber. Toe ek TV-Nuustyd in staat was om op te staan, ontdek ek ’n vlekvrye staal skinkbord vol bruinbrood-en-ham toebroodjies en ’n kan koffie in die besoekerskamer. Toe vul ek die oorblywende spasies in my spysverteringsisteem met bruinbrood toebies en swart koffie. Met ontbyt die volgende oggend was dit dieselfde. My saalgenote se onvermoë om te eet was steeds van toepassing en met smaak het ek die 3 skamele hospitaalontbyte weggepak. Maar toe begin die onheil. Die saalsuster verneem ewe of ek “al ’n draai geloop hetâ€. Een van dààrdie draaie, as jy verstaan wat ek bedoel. En toe slaan die Groot Besef my – gister se 3 aandetes, die skinkbord vol bruinbrood toebies, die kan koffie en die oggend se 3 nou-nie-te-skamele ontbyte lê iewers en wag om as’t ware “op reis te gaanâ€. En daardie reis moet deur wyle Jan Spies se “Poort na die Koue†gepasseer word. (Snaaks hoe die ouens wat kennis dra van die dinge nie meer daar is nie) Dan begin jy so effens verstaan van pyn wat op pad is. En net sodat jy presies weet waar jy staan, dreig daardie saalsuster met “liquid paraffin†as dinge nie voor 9vm vanself gebeur nie. Dis dan dat jy by voorbaat die junior verpleegstertjie nader roep en smeek vir ’n oordosis Voltaren. Genadiglik spring jy die “liquid paraffin†vry, maar dis waar genade ophou. Die dril na daardie eerste passasie is een van intense pyn wat ’n vrees vir die huis se kleinste vertrekkie tot gevolg het. En nadat die passasies met behulp van alles tot die mediese wetenskap se beskikking om die reis minder “grondpadagtig†of “sinkplaterig†te maak, bewerkstellig was, wag daar ten minste twintig minute in ’n vlak bad water wat met Dettol versterk is. Daar sit jy in jou geboortepak ongeag die tyd van dag of nag en wag dat die Dettol sy werk doen. En net vir die rekord...... jou natuurlike reëlmaat en daardie aangekweekte vrees vir wat moèt kom, maak dat daar geen reëlmatige roetine is nie. Die tap van badwater tussen 2 en 3 voormiddag word geen onreëlmatige gebeurtenis nie. In daardie tyd van die voordag, met hoendervleis op jou bolyf, veral as jou ontmoeting met die skalpel in die winter was, soos myne, bedink jy sondes en die daaropvolgende pyn in diepte.

Eers na hierdie ervaring, kan jy met nuwe oë kyk na ’n vrou wat natuurlik geboorte gee.

Daaraan wil ek nie eers dink nie.......

Link to comment
Share on other sites

Bloubul,

Ek het hierdie met die dame wat saam met my werk gedeel en ons rol nou nog rond van die lag. Alle sterkte met jou pynlike situasie hoop dit kom nie weer terug nie!!!! :D:D:ilikeit::ilikeit::ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Dit was nou lekker om te lees....hoop alles gaan nou sommer stukke beter!!

Link to comment
Share on other sites

Eish, ou bulletjie! Ek wou se jy het nou die dag so bietjie ongemaklik gelyk toe ons gaan sit het :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hoop dinge gaan beter en dat dit nie meer ....hol...derstebolder met jou is nie....

Dankie vir al die simpatie, dinge werk nou weer 100%.

Hoop net nie die Bulle veroorsaak more 'n nuwe pyn inni g@t nie, maar ek is hoopvol!!

Go Bulls

Link to comment
Share on other sites

Hallo daar!!

Jy het my innigste simpatie - is deur min of meer dieselfde ervaring (sonder die operasie...) maar het nie die moed gehad vir die ope forum nie, en dit maar net gedeel met die dames in die Ladies Lounge.

Mens het darem jou trots ook.... :lol:

Baie slaai Biltong, met baie water.... :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...