Jump to content

Sonbrandroom en dooie Roo's


Biltongboer

Recommended Posts

Gister het ek my sogenaamde safety gear gaan haal. Jy gaan na die supplier toe daar in Malaga, kies al jou goete, dan bel hulle net die maatskappy en druk alles deur op ‘n kredietkaart, en daar gaat jy met al jou goed ‘n halfuur later.

Jy moet die klomp goed sien. ‘n Geel-blink baadjie (wat lyk soos ‘n spietkop sin), safety brille, ‘n hard-hat, oormowwe, handskoene, veiligheidskoene, ‘n wit kriekethoed en faktor 30 sonroompies. Die Ozzies is so bang die son gaan jou skroei, hulle plak jou hele lyf toe. Jy kry selfs sulke flappe wat jy op die rand van jou hard-hat kan sit om jou armsalige wit nekkie te beskerm teen die son. Een van die maatskappy-reëls is dat as jy enigsins buite werk, moet jy ‘n langmou hemp en ‘n hoed aanhê, en kortbroeke is ook taboe. En as dit lyk asof iets jou gaan seermaak, sit dadelik die brille, hard-hat, en handskoene aan.

As jy durf dink daaraan om op enige hoë goeters te klim, moet jy eers sewentig vorms invul en ‘n kursus doen voordat jy teen ‘n stellasie mag opklim.

Jy moet eers opleiding kry voordat jy in ‘n mangat mag inklim. Dink jou dit in? Hoe enige werk gedoen word, weet ek nie. Dis egter nou baie maklik om regte werk te vermy, want jy sê net jy het nog nie training gekry hoe om in ‘n mangat in te klim of teen ‘n reservoir se trappe uit te klim nie...

Sien, ek was gewoond om teen al wat ‘n ding is uit te klim. Dis al hoe jy uitvind wat aangaan. Klim op en gaan kyk. Of klim binne-in daai mangat, vee die spinnekopnessie uit die pad, en loer wat gaat aan daarso. O wee, nee, hier mag jy nie sulke dinge doen as jy nie training gekry het en die sewentig vorms ingevul het voor die tyd nie.

In elk geval, ek kom hier by die huis aan met my sak vol equipment, en die kinners wil dadelik sien hoe lyk Pappa met al sy gear aan. Ek lyk soos ‘n gay mars-mannetjie op steroids. Anica het dadelik my bril uitprobeer.

Vanoggend het ek op my eerste field-trip gegaan saam met ‘n kollega, ou Henry. Die ou is lekka, man - so regte plat-oppie-grond Ozzie wat vere voel vir die “tree-huggers†en die “do-goodersâ€. Na twee minute se gesels met hom het ek sommer geweet die ou is oraait.

Ons ry hier uit na ‘n plek met die naam van south Dandelup dam. Daar is ‘n North-Dandelup dam ook. Dandelup is soos Mariental, net met groen bome en wit mense. Regte plattelandse dorpie, met een winkel, polisiestasie en ‘n poskantoor. En sommer twee damme in plaas van een. Die mense is vrinnelik. Ons koop kos by die local deli, en gaan sit op ‘n bankie in die straat. ‘n Seuntjie kom daar verby met ‘n kruiwa vol ou kartonbokse. Hy kyk ons mooi in die oë, en groet ons net soos wat ‘n regte boerseun dit sou gedoen het.

Die wêreld is mooi hier. Bome die hele plek vol, groen velde oral. Ons stop op ‘n stadium in die middel van die woud, waar die pyplyn loop. Langsaan is so groot stuk groen veld. Toe ek weer kyk, sien ek iets wat lyk asof dit uit Jurassic Park uit kom. Kangaroos hop oor daai groen veld in sulke stringe. Dit is regtig weird om te aanskou. Dit lyk soos dinosaurs wat hier rondhop. Op ‘n stadium sê die Ranger vir ons “just watch out for snakes mateâ€. Ons staan in sulke dik gras hier om die telemetrie-stasie in die middel van nerens. Ek besef hier kan groot slange hier rondhang. Yikes.

Duidelik is hier genoeg goeters om jou andrenalien te laat pomp. Glad nie so sissierige plek soos wat mens dink nie. Henry vertel my dat 80% van die slange in Wes Australia giftig is. As jy dus ‘n slang kry, is die kans baie goed dat hy nie ‘n mol-slangetjie is nie. Nice to know.

Ons ry al die ompaaie deur die “Hills†terug Perth toe. Henry hou van rond ry, en ek wil die plekke sien. Ons ry op sulke rooierige grondpaaie. Henry is al ‘n ouerige perd. Hy ry resiekarre - van hierdie 1960’s tipe resieskarre, dis nou sy groot hobby. Hy race amper elke tweede naweek. Maar wragtag, die ou kan nie grondpad ry nie. Hy spin die kar om elke draai, ek wil later net die stuur gryp en vir die man wys hoe ry jy grondpad in Duitswes.

Ons ry verby Serpentine dam, en oppad weg van daar af kry ons ‘n dooie roo in die pad. Ons het al ‘n paar langs die pad gesien, maar die outjie is lekker groot en die pad is stil, so dis net die plek om te stop vir fotos.

Ek het so paar kiekies geneem, toe gee Henry my ‘n stok en sê ek moet “pose†met die stok langs die kangaroo sodat dit lyk asof ek die roo met die stok doodgeslaan het. Die fotos is op sy kamera, sal more by hom kry.

Op pad terug stop ons by Armadale. Henry soek Afgas vir sy resieskar. Hy het drie jerry cans saamgebring, en die moet nou volgemaak word. Armadale is so entjie suid van Perth. Hier sien jy groot huise met fancy gardens reg langs ‘n krot wat in 1675 deur Jan van Riebeeck gebou is toe hy sy tronk-duty hier uitgevoer het. Party erwe lyk soos woude, ander is netjies en mooi getrim.

Gepraat van tronke, ons kry langs die pad ‘n “Prison-Farmâ€. Die gevangenes werk hier op die plaas. Daar is nie eens fancy waghonde of drade nie. As jy probeer weghol sit hulle jou seker in Tasmania of iets. Die prisoniers werk lekka daar op die plaas. Ek wonder hoe sal dit afgaan daar in my homeland.

Henry verduidelik vir my: as jy vrugte in mandjies langs die pad sien, dan werk dit so. Jy vat jou vrugte wat jy wil he, en los jou geld daar by die vrugte bakkie. Almal vertrou almal hierso. Niemand sal mos vrugte vat sonder om te betaal nie? Ek sê vir hom ek dink nie dit sal werk daar in iAfrika nie - weet nie hoekom ek so dink nie, dis maar net ‘n voorgevoel wat ek het...

Hier langs die pad is partykeer groot geel borde op wat iets sê van “Black Spot Projectâ€. Ek het dit al ‘n paar keer gesien, toe vra ek vir Henry wat is die dan nou? Hy lag - hy sê dis ‘n sign wat waarsku dat dit gevaarlik is hierso, want hier bly swart mense. Nee, ernstig nou, dis maar net ‘n aanduiding dat dit ‘n area is waar baie ongelukke plaasvind, amper soos daai - “Danger - High Accident area†- bordjies in Suid Afrika.

Nou ja, dis my storie vir vandag. Lewendige en dooie roo’s gesien, uitgevind wat black spots is, mooi damme gesien, en ‘n lekker dag in die natuur beleef. Nes ek daarvan hou. Die damme hier se water is die blouste blou, glad nie die donker murky water wat ek aan gewoond is in Namibia nie.

Ons is more al drie weke in die land. Dit voel soos drie maande. Drie goeie maande.

Sover kan ek net vir almal wat daar in iAfrika agtergebly het sê: “Kry jou papiere in orde en trek, bru. Die plek is te goed vir woorde. Ek is glad nie spyt ek het ‘n kans gewaag en hiernatoe getrek nie.â€

Link to comment
Share on other sites

Hi BB

dis altyd so lekker om jou stories te lees, ek leef myself partykeer so in dat dit amper voel of ek dit saam met jou beleef. hoop jy gaan die naweek piekniek toe by trigg beach, sal daarvan hou om jou en die gesin te ontmoet.

groete

Petro

Link to comment
Share on other sites

Hi BB

dis altyd so lekker om jou stories te lees, ek leef myself partykeer so in dat dit amper voel of ek dit saam met jou beleef. hoop jy gaan die naweek piekniek toe by trigg beach, sal daarvan hou om jou en die gesin te ontmoet.

groete

Petro

Piekniek by Trigg beach? Wanneer?

Link to comment
Share on other sites

Hallo BB

Ons is tans 'n supplier hier in iAfrika van die gear wat jou soos 'n gay mars-mannetjie laat lyk. Jy kan my nie dalk 'n paar tips gee op die suppliers daar nie.

Ons wil dalk weer so 'n tipe PPE besigheid daar oop maak, maar probeer eers die mark bekyk!

Jislaaik, en fanks vir jou stories - dis great!!!

Groete

LIGGIE

Link to comment
Share on other sites

Hier is Enrica se post:

"After much debating and deliberating Trigg Beach has been decided upon.

Time from 11AM

Trigg Beach Picnic Ground

Its at the end of Karrinyup Road

Please PM names so that I can have name tags ready.

I though if we could all bring a pudding or cake to share, this would be more sociable

Bring your picnic chairs/ picnic basket /bathers/ towels/ balls etc . There is a play ground for the littlies and the beach for the teens and adults

Trigg Island cafe is next to the picnic ground if you might want coffee or snacks etc

Please see the link below for the map.

http://www.whereis.com/wa/karrinyup/karrin...=3039BBA461F2DF

Hope to see you all there

Lets hope the weather will be good "

En hier is die link: http://www.saaustralia.org/index.php?showt...mp;#entry155230

Seeya

Sue

Link to comment
Share on other sites

Hi BB

Ja dis lekker hier in Aussie land, met al hulle vreemde manier van dinge doen. My man is in die aircon bedryf en hy het al so baie

kursusse gedoen, en hy het so baie kaarte, daar is nie meer plek in sy wallet nie. Hulle is regtig safety bef&k.

Wel geniet dit ons wag vir jou volgende storie.

Cheers vir eers

S2O

Link to comment
Share on other sites

BB

Don't stop giving us these stories!!! I recon even once I get there in a few weeks, I will continue to read them cos they are just so South African in their descriptions. love them. There is a book in these...

Link to comment
Share on other sites

Ek stel voor jy kry 'n beursie met baie plek vir krediet kaarte. Nie vir krediet kaarte nie, maar vir al die tickets wat mens hier moet kry.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...