Jump to content

Sommer net nonsense op 2 Oktober 2008


Jan Stoof

Recommended Posts

Sommer net nonsense op 2 Oktober 2008

Ja nee, ek begin al dink ons bly in Grahamstad. 4 Seisoene in een dag innie Somer. Moet nog net sneew, dan het ons alles beleef.

Amper klaar gewerk. Daar is nog een perd wat ek moet toets, sommer hier by die huis, dan’s ek op long weekend. Skryf maar solank ‘n ietsie.

My storie gaan oor “LAPBAND†Amper so iets soos ‘n “perdusso†(spelling?) Vir julle wat nie op die plaas groot geword het nie. Dit is ‘n rekkie wat om ‘n ou se dinges, aag ek bedoel om ‘n skaap se dinges gesit word. Gelukkig word die LAPBAND nie om my dinges gesit nie, maar was wel oppie bokant van my maag gesit. Dit is ‘n klein tjoepie wat hulle met sleutelgat chirurgie om die bokant van die maag sit. Die kontrepsie het dan ‘n “port†waardeur hulle vloestof innie lapband inpomp. Die “port†sit onder die vel en is met ‘n pypie met die lapband verbind. As die chirurg vloeistof inpomp, veroorsaak dit dat die maag se ingang vernou. Jy word nou gedwing om net vloeistowwerige kossies te eet. Jy is veronderstel om vir omtrent 2 maande net sop te eet. Maar, ek is nog die baas op my plaas en het al ‘n stuk steak of twee geeet. Jy moet natuurlik die steak vitamize met jou tanne om die vleis deur die vernoude opening te kry. Ek kan net dink wat my maag moet dink van die loperige vleisies. Sy hele lewe lank het hy STUKKE vleis gekry, nou moet hy tevrede wees met soppies. Nou, die gevolg van al die ellende is dat jou liggaam begin protesteer. Hy soek kos en nou hy kry bietjies bietjies. Wat gebeur nou? Hy begin nou oortallige vetjies af te breek om energie te kry. Kul jou hier, kul jou daar en siedaar, jy word maer. Ek was oppie 19de Augustus geslag en op die 30ste September toe pomp die chirurg nog vloeistof in. Tot op daai stadium het ek al 10 kilos verloor. Was al by 12kg gewees, maar soos ek gesê het, ek is nog die baas en het al ‘n bietjie oortree. Die aand na die eerste oppomping het ek ‘n stuk steak ingewurg en gevitamize. Op ‘n stadium toe seg ek vir my vrou, jy moet sluk ek moet huis toe. Die steak wou toe met alle mag weer terug na die kombuis toe. Gelukkig bly ons naby die Hotel en ek het dit net net gemaak. Ek sê agterna vir my vrou ek moes daai lotte sommer opgevang het en weer later opgeslurp het. Sou my baie moeite en geld gespaar het. Was mos klaar gevitamize.

Ek was mos Jan gedoop. Toe Antjie my Jantjie noem toe dink ek terug aan een van my voormalige kollegas wat my altyd Jannie genoem het. Op ‘n dag toe sê ek vir hom ek is groot en oorgewig en defnitief nie kleinerig om ‘n Jannie te wees nie. Van daai dag af het almal my “JAN†met sulke basstemme, genoem. Totdat een vannie girls eendag gemoan het. Sy sê dit is nie lekker vir hulle vrouens om met sulke basstemme te praat nie. Ons gaan toe ‘n kompromie aan. Die vrouens mag my Jannie noem, maar die mans moes by JAN bly. Daar was natuurlik die grapjasse wat met opset vir Jannie in die gang af geroep het. Ek het hulle dan gestorm en wou net voel van watter geslag hulle nou eintlik is. So dames, vir julle is Jannie of Jantjie olraait. Julle ander perde pasop, ‘n perdusso is julle voorland.

Ek trek nou al by minus 12 kilos. Nog so 50kg of wat en ek is defnitief weer ‘n Jannie of Jantjie. Party dae gaan dit maar moeilik, maar ek hou uit. Nie heeltemal so erg as om op te hou rook nie. Kersfees gaan hel wees. Ek het myself ‘n Tbone belowe. Maar ons sal maar sien. Ek moet die slagter weer op 18 November gaan sien. As hy weer vloeistof gaan inpomp, het ek nie ‘n hope in hel om daai vleis in te kry nie. Voorheen was die bokant van my maag so groot soos ‘n “six inch pipe†Nou is hy so groot soos ‘n Ozzie 5 sent. Haal bietjie een uit en kyk na hom. Klein verby sê ek julle. 19.5 millimeter. Amper 800 keer kleiner as ‘n “six inch pipe†Hel. Gaat nou eers weer ‘n bietjie lê om inspirasie te kry en oor daai klein gaatjie te mediteer.

Wou net begin skryf toe daag die perd op wie se “lead†ek moet toets. Ek kry lekker. Hulle moet almal getoets wees voor Maandag of die firma vir wie hulle werk, sny hulle water en ligte af. Ek lag allie pad bank toe. Maak lekker geld uit hulle se ellende, in my voorhuis.

Het toe eers gaan fliek. Het die fliek “TAKEN†gaan sien. Jy kry lekker as daai perd al daai moere een na die ander hel toe stuur. My dogter het ook die fliek gesien en is nou die ene verskonings. Sy sien en verstaan nou eers waarom ek vir jare nie kon slaap terwyl sy in Europa rond kerjakker het. As ek daai fliek so 9 jaar gelede gesien het, het sy nie ‘n halwe kans gehad om te gaan rond kerjakker nie. Ons sou dan ook nie in Oz gewees het nie, want sy sou nie vir skoonseun leer ken het nie. Aag nou ja. Is ok maar swaar om in Paradys te lewe.

Ek dwaal af. Die onderwerp is LAPBAND. Een vannie groot voordele van die hele proses is dat ek stadig maar seker ook die los velle begin verloor. My afdakkie virrie tools word ok nou ongelukkig kleiner. Die perd gaan ok wonner waar kom die koue nou skielik vandaan na al die jare se vleeslike beskerming. Mens kan ok nie wen nie. Soos ek gesê het. Dit is maar moeilik in Paradys. Een ding wat my partykeer laat wonner of ek die regte ding gedoen het is - ek drink nou minder. As jy so veg om vannie kilos ontslae te raak, laaik jy dit nie om hulle weer op te tel nie. Die gevolg is dat my vooraad rooiwyn net nie minder word nie. Die dokter het juis gesê dat ek teminste 200ml rooiwyn per dag moet drink. Sal daadwerklik daaraan moet werk. Sommer nou. Bye. Gaat nou ‘n rooie laat les opsê. Is mos Vrydagaand. Nee sorry. Is al Saterdagoggend. Maak nie saak nie. Die tyd is ryp en die lus is daar.

Link to comment
Share on other sites

Hello JAN (Hoop dit klink manlik genoeg) hiehiehiehie

Man geluk met die - 12kg dis wonderlik :ilikeit: Was die operasie seer of ongemaklik ? ? Een van die dae gaan ons jou Jannie kan noem.

Oor die afdak, 'n Ferrari staan mos nie in die son nie.........

Dankie dat jy weer geskryf het, moenie weer so lank wegbly nie. Ons soek nog en nog en nog asb JAN

Cheers vir eers

S2O

Link to comment
Share on other sites

Hey Jan jou stories is lekker om te lees en well done op die gewig wat jy afskud. Hou ons op hoogte !

Link to comment
Share on other sites

Dankie Jantjie,

Jy het my nou so naar gemaak met daai vleis spoegery....my oe het skoon begin water.Ek spoel sommer my mond met chocolate uit.

Antjie.

(Moenie nou idees kry met die chocolate saam nie.....jy kan dit smelt en mos deur 'n strootjie drink. Maar ek weet jy sal nie.) :rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

  • 4 weeks later...

Hallo julle. Sorry man. Besig, vrek besig. Vir die eerste keer het my ou eenmans sakie 'n wins begin toon. Dit beteken dat ek my vinger uit my dinges uit getrek het en begin werk het. Die geluk was ook aan my kant en ek het baie om voor dankbaar te wees. Gaan ok weer Kerk toe en dit is seker daarom. Met dit alles saam het my gewig verlies maar stadig gegaan. Slegs 2 kilos die maand. Staan nou op 14. Die girls begin my darem al komplimenteer en my vrou hou my weer vas as die Evas in die omtrek is. Hehe. I Whish. Dit issie 'n miricale cure nie. My gout looi my nog, maar my bloedruk is 120/80. Pragtig. Jong man s'n. Van my klere begin ok al losserig sit, maar ek hou uit met nuut kopery. Hier in Oz worry die mense mos nie eintlik oor jou kleredrag nie. Ek was dan glads vandag Kerk toe in 'n kortbroek. My ma draai ok in haar graf om en my Oupa sou my defnitief as 'n duiwelskind beskryf het. Maar wat ons gaan aan. Ek stres 'n bietjie want ek het huis gekoop. En julle weet wat gaan saam met stres. Dikvreet natuurlik. Ek het al geleer om my kou revolusies op te skuuf. Die gevolg is ek gooi die fyn kossies met 'n krag innie keelgat af. Moet sê, ek eet deesdae 'n bietjie stadiger as innie verlede. Lang storie kort te maak. Dit gaat maar swaar. Die maand trek ons en Krismis lê ommie draai. As ek Square die nuwe jaar ingaan, sal ek bly wees. Bedoelende sowat 14k's af. Die slagter vernou ook weer die opening in die middel vannie maand en ek sien al die ellende kom. Groetnis. Moet 'n bietjie Rooies by my Ozzie swaer gaan beproef. Ai ai. Die lewe is maar swaar.

Link to comment
Share on other sites

  • 5 months later...

Jan

Baie dankie vir die post, ons hier in Geraldton het 'n Afrikaanse Chirurg wat hierdie operasie doen, en een van die dae is ek ook op die tafel. Daar is geen twyfel nie !

Groete

Cristel

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...