Jump to content

Die lewe in Perth - 27 Sep 2008


Biltongboer

Recommended Posts

Wel, ons is nou al ‘n week in Perth. Dit voel asof ons al baie lank hier is, seker omdat ‘n mens so baie nuwe dinge moet inneem en verwerk. So baie nuwe dinge wat jou besig hou, dit voel asof jy al maande hier is.

Ons het so baie dinge gedoen, ek weet nie waar om te begin met my storie nie.

Ons trek volgende Vrydag in ons huis in. Almal van ons het nou al die bus gery, en skielik is Celesti en die kinders nie meer so versigtig vir die goeters nie.

As mens eenkeer opgeklim het, dan voel jy sommer baie gemaklik as jy dit weer doen.

Ons het gister gou ‘n dokter gaan soek, omdat Anica ‘n seerplekkie het wat moet medisyne kry. Volgens Celesti is dit baie erg en moet sy dokter toe gaan. Ons is toe in die omgewing, en gaan loer gou weer na “ons huis.†Ons besluit toe ook om die parkie in die buurt bietjie te toets. Wat ‘n ervaring! Daai parkie is vrek groot – daar is ‘n stel rugby pale, footypale, en sokker net. Daar is twee barbeques (braaiplekke) wat reg is om te werk – jy druk net ‘n knop dan start hy op. Met ‘n mooi afdakkie gebou langs die barbie. Daar is ‘n lekker klimraam ook, en baie bankies regdeur die park om op te gaan sit. Alles is skoon en netjies.

Die buurt is ‘n gewone middelklas buurt in Perth. Dit lyk soos iets wat jy nie in Ludwigsdorf in Windhoek sal kry nie. Dit voel asof ek skielik in ‘n rykmansbuurt ingetrek het. Geen leegleërs wat op die grasperk rondlê nie. Geen taxis soos wat ons hulle geken het nie. Geen bedelaars of mense wat skuldig lyk wat hier rondsluip nie. ‘n Stil, rustige omgewing, behalwe vir die voëls wat lawaai.

Die voëls hier lyk almal of hulle op steroids is. Ek dink die katte is te bang om hulle te vang, want hulle sal drie dae moet vreet aan die goed – as hulle dit oorleef het. In die Perth Zoo het ons ook sulke massiewe kokketiele gesien – ek het nog nooit so iets gesien nie. Die ding is so groot soos ‘n valk of ‘n arend. As daai kokketiel op jou skouer sit gaan jy jou rug seermaak. Ek sal kyk of ek fotos kan oplaai een of ander tyd. Ek moet eintlik net eers ‘n ordentlike kamera kry.

Hiers ‘n voël wat hulle ‘n magpie noem. Ook sulke groot monsters, en sekere tye van die jaar raak hulle heel beneuk en “swoop†af op al wat leef en beef. Blykbaar hou hulle daarvan om die kinders se fiets-helmets te pik terwyl hulle fietsry. Die kinners teken dan groot ogies agterop die helmets – die ding kom nie vir jou as jy na hom kyk nie. Ons het darem nog nie deurgeloop nie, maar ek loer maar die lugweë as ons onder die bome is. Die goed beskerm hulle neste, dis amper soos ‘n renoster as jy tussen hom en die kalfie kom.

Al negatiewe ding wat mens sien hier is die graffiti. Die jeug is maar stout en skryf lelike goeters. Meeste van die graffiti is heel onskuldig, maar hier en daar duik ‘n vieslike ding ook op. Maar dis nie reg in die oog nie - gewoonlik hier onder iewers binne in die klimraam of sulke plekke.

Ek het nog nie te veel weirdoes hier raakgeloop nie. Jy sien so nou en dan iemand met ‘n neusring of tattoos op die arms, maar dis oor die algemeen nie baie erg nie. Die jongmense hou van pers en pienk kleure in hulle hare, en jy sien dit baie, ook jong manne met highlights in die hare en sulke goete.

Nou die dag vat ek die twee oudste kinders op hulle eerste busrit. Ek kies toe egter my tyd bietjie sleg. Die busse op die CAT sisteem stop teen 18:15. Ons klim op so 17h45, ek dog ons gaan genoeg tyd he. Toe ons by stasie nommer 7 kom, toe sê die perd ons moet afklim. Toe stap ons so entjie tot die kinners baie ongelukkig lyk, toe bel ek vir Celesti om ons te kom haal. Daarna het hulle darem weer ‘n normale busrit beleef, en nou is hulle heel gemaklik daarmee.

Ons het Vrydag oggend ‘n paar Suid Afrikaners by die Trigg Beach cafe ontmoet. Die eienaar is ook ‘n Suid Afrikaner, en die waiter groet sommer in Afrikaans. Dit was heel lekker, en ons het sommer gou-gou nog ‘n klomp nommers om te bel, en mense wat sê ons moet net sê as ons hulp nodig het.

Ons sal hopelik volgende week ons kar kry, en ek begin werk Dinsdag. Maandag is ‘n vakansiedag in Wes Australië. Ek weet nog nie watse vakansiedag dit is nie.

Ons koop ‘n Holden Commodore Omega. Dis so Australiese kar wat baie gewild is hierso. Groot luukse sedan. Ek koop maar eers tweedehands, wil nie nou skuld maak op ‘n nuwe kar nie. Hier is egter baie goeie offers, en jy kan ‘n baie goeie kar vir relatief min geld nuut koop. Ek kry ‘n kar by die werk, dus koop ek nou net vir Celesti ‘n groot kar waarmee sy die kinners kan rondry. As ek nie die ene vat nie, sal ek kyk vir ‘n Toyota Aurion - amper soos die nuwe Camry, net bietjie groter engin.

Die karre hier het massiewe engins. Die Holden is ‘n 3.4 liter V6. Dis baie algemeen om V6 en V8 engins hier te kry.

Ek het Vrydag gou by MBF aangesluit. Dis ‘n “private health insurance†maatskappy. Mediese fondse werk so bietjie anders hier, maar basies beteken dit dat ek ‘n mediese fonds het. Jy gaan betaal net jou dokter en claim terug - hulle betaal direk in jou bankrekening in. Omdat ek op ‘n 457 visa hier is, is ek nie op Medicare nie, en moet ek by ‘n mediese fonds aansluit soos MBF of HBF.

Ek het vandag by “The Good Guys†gaan shopping doen. Hulle verkoop al die elektriese goete - yskaste, TV’s, wasmasjiene, al daai “white goods†soos wat hulle dit hier noem. My maatskappy is bereid om vir my meubels te huur tot my container kom. Dis nou omdat ons geld op die hotel spaar omdat ons vroeër uitboek. My container is veronderstel om 2 Oktober te land in Freemantle hawe, maar daar is ‘n kwarantyn tydperk wat tot 21 dae lank kan wees voor jy jou goed kry.

Nou koop ek maar die goed wat nie in die container saamkom nie - ‘n yskas, freezer, strykyster, ketel, koffiemasjien - daai tipe goeters. Ek lees maar die prys in dollars sonder om verder te worry, want as jy die “conversion†doen, gaan jy niks koop nie.

Ons het nou die dag saam met Dewald-hulle by Hungry Jacks gaan eet. Dis soos Burger King in Singapore, ‘n hamburger fast-food plek. Jy kan binne eet, daars ‘n speelplekkie soos MacDonald’s ook altyd het. Wat baie lekker is, is dat jy jou koeldranke kan refill so veel as wat jy wil. Die kinders het soos regte Afrika kinners heel mal gegaan toe hulle dit uitvind. Hulle meng sommer Sprite en Fanta en Michael het Raspberry Fanta aanbeveel.

Ek en Dewald was ook Bunning’s toe. Dis ‘n massiewe hardware winkel. Alles wat ‘n man se hart begeer kry jy daar. Daar is ook ‘n speelplek vir die kiddies. Ongelooflike lekker tools wat die Ozzies het.

Hierdie naweek was dit die groot AFL Grand Final tussen die Hawks en Geelong. Aussie rules rugby is baie groot in Australia, en die wedstryd het meer as 100000 toeskouers gehad. Dit was egter nie hier in Perth nie. Die Perth Royal Show het vandag begin. Ons wou nog soontoe gaan, maar sal dit maar later moet doen. Dis ‘n baie groot jaarlikse storie - amper soos Windhoek se skou met net baie meer mense (en diere)...

Wel, ek is tuis hier. Die kinners lyk gelukkig, die vrou ook. Ek moet eerlikwaar sê ek het nog glad nie verlang na my geboorteland nie. Mens mis die mense - as ek klein Albertjie se gesiggie sien op die digital photo frame, dan verlang ek na die mannetjie. Maar andersinds dink ek nie veel terug aan Windhoek of die Kaap nie. Kom kyk vir jouself - kom bly hier vir ‘n week, en jy sal hier wil bly vir altyd. Ek wil.

Link to comment
Share on other sites

...............and the english version will follow????

Yep, I only have two hands, and only two fingers that do the typing... :lol:

Link to comment
Share on other sites

Aaaai, BB - dankie - dit raak soms moeilik om hier vergenoegd te bly vir solank ons nog hier moet wees as mens sulke stories lees !!

Link to comment
Share on other sites

Ek en Dewald was ook Bunning’s toe. Dis ‘n massiewe hardware winkel. Alles wat ‘n man se hart begeer kry jy daar. Daar is ook ‘n speelplek vir die kiddies. Ongelooflike lekker tools wat die Ozzies het.

BB jy sal my nie glo nie maar my man sê nou die dag hy dink ek meot vir my 'n till slaan werkie gaan kry by Bunnigns sodat hy Staff Discount kan kry.... kan jy jou voorstel..... !!!!!!

:magic::hug:

Link to comment
Share on other sites

BB jy sal my nie glo nie maar my man sê nou die dag hy dink ek meot vir my 'n till slaan werkie gaan kry by Bunnigns sodat hy Staff Discount kan kry.... kan jy jou voorstel..... !!!!!!

:holy::ilikeit:

Great idea mate, ek gaan sommer nou met my vrou daaroor gesels!

Link to comment
Share on other sites

Wow Biltongboet, dit klink af of julle baie gelukkigdaar is.....

We are also thinking of immigrating and love the sound of "safe" neighbourhoods....

Oh do u also make biltong by the way I think that is what we would miss the most LOL!

Oh by the way - is the cities very busy?

Cheers

Andrea

Link to comment
Share on other sites

Hi

Ag hou ons tog op hoogte van hoe dit daar is, veral uit 'n "nuweling" se oë.

Mens is maar bang vir die vreemde, en sulke dinge help altyd.

Ons kom hopelik in Feb 2009.

Wantbetter

Link to comment
Share on other sites

Thanks for the e-mail, it is great to hear how you are getting on. It makes he wait this side more difficult though, we just want to be on our way. Hope that you continue to enjoy your new homeland and that we get to see you when we arrive ...

Susan

Link to comment
Share on other sites

Wow Biltongboet, dit klink af of julle baie gelukkigdaar is.....

We are also thinking of immigrating and love the sound of "safe" neighbourhoods....

Oh do u also make biltong by the way I think that is what we would miss the most LOL!

Oh by the way - is the cities very busy?

Cheers

Andrea

It's busy, but I think coming from East London you'll find it quite similar. There's a lot of traffic, but you move along easily. The taxis are civilised! Coming from Windhoek I adopted quite easily.

It a great place

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...