Jump to content

Ons het 'n huis

Biltongboer

Recommended Posts

Wel, na ons amper gesettle het vir 'n ander plek, het ons vandag die perfekte huis gekry. Bietjie ver van die skool af, maar puik, puik huis, met buitestoep wat onderdak is, en 'n barbeque en al wat 'n ding is.

Ons het gister die Perth Zoo besoek, ons eerste koalas en kangaroos gesien. Ons het eergisteraand in die donker in die middel van die stad gaan stap met die drie kinders - ongelooflik.

Ek kon uiteindelik geld in my Ozzie bankrekening inkry. Nou wil ek die res ook oorskuif, sal kyk hoe dit werk. Ek het ook agtergekom dat ek met my en Celesti se debietkaarte kontant by die ATM kan trek - $300 op elk. Ek kon toe gelukkig vandag die deposito vir die application van die huur insit. Huur is $450 per week. Ek wou nog die fotos van die rental agency se website aflaai, toe ek weer kyk is die huis afgehaal - die ouens is vinnig.

Ons trek volgende Vrydag in.

Gisteraand het ek met die twee oudste kinders die bus gevat - hulle eerste keer. Ons was egter bietjie laat, en toe ons by bushalte nommer 7 kom, met nog 14 wat oor is, toe se die busdrywer eenvoudig: "this is the last stop - you have to get off at the trainstation. Hier staan ek met twee grootoog kinders. Ons het so entjie gestap tot ek sien hulle is nie lekker nie, toe bel ek vir Celesti om ons te kom haal.

Gelukkig het ek mos nou vir haar ook 'n selfoon gekoop. Dis 'n "3" Skypephone, wat op prepaid werk. ("3" is een van die groot selfoon netwerke hier in Aus). Jy kan tot 4000 minute per maand Skype met hom - daars mense wat dink dis te min vir Celesti! Sy het gisteraand sommer 'n halfuur met haar ma gesels op Skype. Die tegnologie is amazing ne.

Oral waar jy kyk is daar net parkies - ongelooflik. Anica skreeu: "MY parkie!" as sy een sien, asof almal een van hulle eie het.

Ons het nou die dag by Cafe 7 gaan fast food eet. Dit kos my $52 vir ons 5 - elkeen het koffie/hot chocolate gehad, en kos - hamburgers en so aan. Anica se bakkie chips was groot genoeg om drie mense te voed - as ek geweet het, het ek dit vir ons almal bestel. Amper R350 vir 'n vinnige etetjie...

Ek het Optus se wireless prepaid broadband pakket uiteindelik opgespoor. Nou kan ek op die web klim sonder om die hele hotel af te betaal. So far so good - hy hang so nou en dan, maar ek kom goed oor die weg. As jy binnekort oorkom, stel ek voor jy kry dit - die maklikste manier om internet te kry as jy nog nie gesettle is en oermanente foon installasies kan reel nie. Dit kos $199, en het 2GB reeds opgelaai. Jy kan prepaid koop - $30 vir 2G, of $50 vir 5G - maar dit hou net 30 dae, so ek sal nie gaan vir die $50 nie.

Gister is ons daar by 'n shopping centre en ons gaan by Woolies in. Toe ek voor kom, sien ek hier is sulke "self service" tills. Jy scan self jou produkte, pak hulle in 'n plastieksak, trek jou kaart deur. My kredietkaart het 'n handtekening nodig. Jy teken nie op papier nie - jy het 'n pen wat jy op so ding mee teken, lyk amper soos 'n LCD screen of iets. As jy weer kyk, is jou geskribbel op die till se rekenaarscreen, en die antie kom kyk net of jou handtekening saamstem met die een op jou kaart. Ongelooflik.

Dink julle so iets sal werk in Suid Afrika? Jy weet, daai wat jy mense vertrou om self hulle goed deur die till se scanner te vat en in sakke te sit?

Link to comment
Share on other sites

Dink julle so iets sal werk in Suid Afrika? Jy weet, daai wat jy mense vertrou om self hulle goed deur die till se scanner te vat en in sakke te sit?

Link to comment
Share on other sites

Ouboet, ek het gewonder of ek moet antwoord op hierdie "post', want ek is eintlik vrek jaloers op julle, maar toe besluit ek, "Nee, kom nou oor jouself en skryf iets moois". :holy:

"Dit wat ek vir myself/ons sou toewens as ons al daar was..........wel, ek wens dit vir julle dubbel soveel toe"!

Baie geluk met julle nuwe huis, mag julle regtig net wonderlike herinneringe daar beleef! :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Ek's bly julle het orraait daar aangekom. My suster hulle bly ook in Hocking. Ons gaan daar kuier Januarie op pad na Melbourne.

Dit het hulle glo net 2 dae gevat om 'n landlyn en adsl daar te laat instaleer, en die mense was vreeslik jammer dit het so lank gevat.

Link to comment
Share on other sites

Jong, ek is ook baie bly vir julle. Na al jou gesukkel verdien julle dat dinge vlot verloop.

Ek koop baiemaal die KFC Family feast: Dit kos $24.95 en daar is genoeg kos vir 'n familie van 5.

Link to comment
Share on other sites

Gelukkig het ek mos nou vir haar ook 'n selfoon gekoop. Dis 'n "3" Skypephone, wat op prepaid werk. ("3" is een van die groot selfoon netwerke hier in Aus). Jy kan tot 4000 minute per maand Skype met hom - daars mense wat dink dis te min vir Celesti! Sy het gisteraand sommer 'n halfuur met haar ma gesels op Skype. Die tegnologie is amazing ne.

Hi Biltongboer - klink asof julle mooi regkom!! :ilikeit:

Oor die skypephone - hoeveel kos hy en hoe werk dit? Ek is effens dom met die goed, en wonder wat is mens se onkostes op hom? Of as jy net skype gebruik is dit niks??

Dankie!

Link to comment
Share on other sites

Hi Biltongboer - klink asof julle mooi regkom!! :ilikeit:

Oor die skypephone - hoeveel kos hy en hoe werk dit? Ek is effens dom met die goed, en wonder wat is mens se onkostes op hom? Of as jy net skype gebruik is dit niks??

Dankie!

As jy gaan vir prepaid, dan kos die foon $149. Hy het dan ook $20 krediet wat reeds beskikbaar is as jy die foon oor die internet aktiveer. Solank jy elke 60 dae recharge op die prepaid, kry jy 4000 minute per maand op skype - jy bel net vir die vales via Skype, en daai oproepe kos jou niks nie. Jy het natuurlik nie video fasiliteite soos Skype het op jou rekenaar nie, maar die stemme kom baie goed deur, nes 'n normale oproep sin.

Dankie Biltongboer! Nog 'n dom vragie - ek neem aan die 4000minute is skype-tot-skype oproepe? Kan mens ook landlyne oor skype bel (ek kan op die oomblik as ek skype-pro het oor die internet)?

Dis skype tot Skype ja - as jy landlyn via skype bel, sal die gewone Skype foon kostes by jou skype krediet afgetrek word.

Link to comment
Share on other sites

Nog iets was vir ons interessant was, was die prosesse wat so goed werk: toe ons die huurooreenkoms geteken het, het die agentskap die elektrisiteit-ouens laat weet en hulle het ons die volgende dag gebel en reelings getref vir die aanskakeling en aan die einde van die oproep gevra of hulle ons kon deurskakel na Telstra vir 'n telefoon-verbinding, wat ons toe ok sommer daar en dan uitgesort het. G'n staan in rye nie...

Link to comment
Share on other sites

Hi BB,

Welcome to the Shire of Wanneroo .. all the best with new job.

Ausraven

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...