Jump to content

Ons eerste 2 dae in Oz


Olkabolka

Recommended Posts

Hi almal

Ons het gister 'n kar gaan koop, en wat 'n ondervinding. Toe ons by Toyota kom, het Tommy ons by die deur gegroet, en wou dadelik weet van waar ons kom. Hy is van Ierland, en woon al baie jare in Oz. En was hy beindruk met ons wat al op die 1e dag 'n kar kom koop. Hy het so baie gesels, dat ek ons arme "chauffeur", Chris, by wie ons bly, so jammer gekry het. Tommy het vir hom koffie en 'n koerant aangedra, en eers nog met hom gesels, voor hy verder ons transaksie gedoen het. Hy het gesels, dan skryf hy so 1 woordjie, dan gesels hy verder. Hoe meer ons vertel, hoe meer wil hy weet. En ek het gedink die Ozzies stel nie belang nie! Naderhand weet almal ons is van RSA, en almal wil gesels. Die dame wat vir ons wil verduidelik hoe ons ekstra goete kan koop as behandeling vir die binne- en buitekant van die kar, sodat alles nie roes hier by die see nie, kon ook nie ophou gesels en uitvra nie. En ons is maar bang om te veel te praat, maar hulle het behoorlik aan ons lippe gehang. Tommy het gese ons kry die kar by 'n ander plek, maar ons moet nie self soontoe gaan nie, nee, ons moet Toyota toe kom en hom saamvat!!! Hy wil by wees as ons ons eerste kar in Oz kry. Dit gaam vir hom net so 'n groot oomblik wees soos vir ons.

Ons vra toe vir een van die dames wat ook alles van RSA wil weet, of hulle ons nie as "indringer" beskou nie, en sy se nee, hulle is mal oor die mense wat hiernatoe kom, want dis net die slim mense wat deesdae kan inkom in Australie. En ons help bou aan die land se ekonomie. Toe smile ek en manlief breed, en ons weet, hierdie is die plek waar ons wil wees!!

Daarna het ons saam met Chris rondgery, en hy het ons na Kings Beach gevat, naby Caloundra. Verskriklik mooi, ek kon nie glo hierdie mooi plek is ook nou ons land nie. Dis 'n "amazing" feeling. Voel nog te goed om waar te wees. En alles is skoon, oop en veilig. Ons het die hele aand by die huis gekuier, terwyl die deure oopstaan, die kinders buite rondhardloop, en dit 10 uur in die aand. Ongelooflik. Ek het nooit gedink dat ons soveel vryheid sal ervaar nie. En al die Ozzies is buite, besig om blare te hark, in die tuin te skoffel, of om die inry skoon te vee. En almal lyk so gelukkig. Glad nie gestres en gejaagd nie.

Vandag het ons bank toe gegaan om manlief se rekening by Commonwealth te aktiveer. Hulle het sy kaarte Brisbane toe gestuur, maar daar is geen teken daarvan nie. Hulle moet toe al die kaarte aktiveer, kanseleer en weer uitreik. Ons sal dit binne die volgende paar dae kry. Ons het ook sommer vir my en die twee kinders rekeninge oopgemaak, so ons is nou "in business" ! Dit was nogal "scary" om te dink mens moet oor begin met alles, maar binne 2 dae het ons 'n kar gekoop, rekeninge oopgemaak, en ons het geld in ons rekening, so dis 'n wonderlike gevoel. Al soveel eerstes beleef in ons nuwe land.

Ons het ook by Woolworths gaan kos koop, en die kos lyk soos in ons Woolworths in RSA, en is ook net so koud!! En die grootste piesangs en aarbei, alles van die beste! Ek het verwonderd tussen die rakke geloop en elke boksie probeer bekyk om te sien wat is daarin, maar die manne was haastig, so een van die dae kan ek op my eie gaan explore, sonder om aangejaag te word. TimTams het nou so 'n pragtige pienk boksie, blykbaar ten bate van die borskanker vereniging of iets. Wou net een gryp, maar die manne .....!!!

Vanmiddag is die manne strand toe. Dis koud, en ek het by die huis gebly om my e-mails in te haal en die forum al ons nuus te vertel.

Al wat ek kan se is dat ons beslis nie 'n fout gemaak het nie. Die skoon paaie, rustige bestuurders, geen straatverkopers nie, oop huise en oop deure, is klaar wonderlik. Daar gaan nog wilde dae kom, dit glo ek, maar ek is rustig en tevrede met ons keuse, dit het nie net vir ons 'n nuwe deur oopgemaak nie, maar ek glo dit is die plek om my kinders veilig groot te maak.

Ek vertel weer later meer!

Link to comment
Share on other sites

Hi vriendin,

Baie bly dit ga so goed met jul. Ons is ook al aan die gang en ek begin nou meer rigting hou van waar is wat. Ons sit nou Binnelanders en kyk. So voel amper soos in SA net veiliger. Hier ook bietjie koelerig, maar dit sal ook beter word.

Link to comment
Share on other sites

Welkom en geniet die eerste paar dae

Link to comment
Share on other sites

Ek het verwonderd tussen die rakke geloop en elke boksie probeer bekyk om te sien wat is daarin, maar die manne was haastig, so een van die dae kan ek op my eie gaan explore, sonder om aangejaag te word. TimTams het nou so 'n pragtige pienk boksie, blykbaar ten bate van die borskanker vereniging of iets. Wou net een gryp, maar die manne .....!!!

Ek MOES lag!! Ek het presies dieselfde gedoen. Wou deur Woolies en Coles slenter om te sien wat is wat en wat is anders en wat is dieselfde, maar vir 'n man is groceries shop nie eens naastenby so interessant en lekker as vir my nie!! Ek het maar 'n middag alleen gery en na hartelus ge explore. Maar ja - wat sal ek sê? Ek dink nie ek vind Bunnings hoegenaamd so lekker soos hy nie, so "each to his own", of hoe?

Ek is so bly julle is hier, en veilig, en happy!! Geniet elke oomblik en as die hartseer, bedonsde dae kom (en dit sal, ongelukkig) onthou die glimlagte as jou kinders buite kan speel in die aand, en jy kan "barbie" sonder om te bekommer wie is anderkant die muur....

Lekker kuier!! En oppas vir daai TimTams. Hulle is GIFTIG vir heupe....

Link to comment
Share on other sites

Jy klink so gelukkig! So bly vir jou. Geniet hierdie eerste dae. Oor 11 weke is ek ook daar. Kan nie wag om my eerste post te maak in my nuwe land nie!

Link to comment
Share on other sites

dankie vir jou update! is lekker om te lees! pos weer as jy kans kry :P

Link to comment
Share on other sites

Ai, dis lekker hier, maar die hele tyd in my agterkop dink ek aan ons familie se hartseer omdat ons weg is. Skoonma was eers vandag nie die hele dag in trane nie, en my ma kan nog nie my mails lees nie, dis vir haar te hartseer.

Ja, die nuwe ervaringe is wonderlik, maar die seer oor hulle wat moes agterbly, sal altyd daar wees. En dit is die slegte deel van emigrasie, om al jou geliefdes agter te laat. Maar, ons het hierdie keuse gemaak, aan die familie gedink en gewroeg, maar geweet vir ons kinders se toekoms, sal ons enige opoffering maak. Maar dit is hartseer!!

Sal ek dit weer doen as ek geweet het hoe verskriklik moeilik dit is? Ja, ja, ja, sonder twyfel.

Die kinders het vanaand saam met die mense by wie ons bly, se 22 jarige seun, en 14 jarige, gaan "lasergames" speel. In Suid-Afrika sou ek dit nooit toelaat nie. My jongste het benoud gevra of ek saamgaan, en toe ek se nee, toe wys die twyfel in die ogies, maar hul entoesiasme toe hul terug kom was wonderlik.

Ons "aangenome" familie, se 22 jarige seun, studeer deeltyds, en werk by McDonalds. Met sy tydelike werk betaal hy sy studies, en hy het nou net vir hom 'n splinternuwe Honda Accent gekoop. En hy is so volwasse en verantwoorderlik. Ek dink ons kinders gaan hier baie meer geleenthede he, en dit is wat ons vir ons kinders wou gehad het.

Amazing!!! Wonderlik, en ek is sooooo bly ons is hier!!

Link to comment
Share on other sites

Hi,

Dit voel soos nou die dag wat ons nog saam IELTS geskryf het :) en nou is julle al daar en gelukkig. Ek's baie bly om te hoor dit gaan goed. Voorspoed met die in settle.

Link to comment
Share on other sites

Hi,

Dit voel soos nou die dag wat ons nog saam IELTS geskryf het :blink: en nou is julle al daar en gelukkig. Ek's baie bly om te hoor dit gaan goed. Voorspoed met die in settle.

Dankie Esthee, ja die tyd vlieg, kan nie glo ons is regtig hier nie. Voel of ek myself die hele tyd wil knyp om seker te maak dis waar. Ons begin vandag huis soek, so hou duim vas ons kry iets wat ons van hou.

Link to comment
Share on other sites

Hi Julle.

Welkom in Brisbane. Bly alles het sover goed afgeloop.

Waar beplan julle om te bly ? Ek het gesien jy het op 'n staduim na North Lakes skool gekyk.

Groete

Sheila2oz

Link to comment
Share on other sites

Hi Julle.

Welkom in Brisbane. Bly alles het sover goed afgeloop.

Waar beplan julle om te bly ? Ek het gesien jy het op 'n staduim na North Lakes skool gekyk.

Groete

Sheila2oz

Hi sheila2Oz

Ja, ons wil steeds North Lakes of Mango Hills toe gaan. Ons het vanmiddag saam met ons relocation agent daar gaan rondry, en het darem 'n afspraak vir 3 huise se "viewing" more. Hou duim vas dat ons darem met 1 suksesvol is. Daar was verlede week baie huise, en skielik is daar nou skaars huise, so ons is nogal geworried!! Ons wil nou dringend 'n huis kry. My man begin vlg Woensdag werk, so ek hoop regtig ons kry iets.

Link to comment
Share on other sites

Hallo hallo of nee Howdie,

Sjoe dis heerlik om te hoor julle ervaringe loop net goed af, kan net dink hoe lekker dit gaan wees as jy nou eers die kar het.

Geniet elke oomblik daarvaan ons kan nie meer wag nie, sover vlieg ons die 26 November nie meer te lank nie.

Rene

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...