Jump to content

Plastieknote, Poskantore en Bloukat busse


Biltongboer

Recommended Posts

Maandag en Dinsdag was twee besige dae. Sue, ons "relocation agent", het ons na 'n paar huise laat kyk gister. Gisteraand het ons by Dewald-hulle geëet. Sulke lekker frikkadelle wat Somare koop by die winkel – smaak soos regte boere-frikkadelle.

Ek het gister in die IGA winkel in Landsdale in biltong vasgeloop. Kan jy glo. Jy koop Mrs Balls Chutney ook sommer daar – allie pad vannie Kaap af. Die biltong kos nou wel $45 per kg (maal met +-6.70), maar dis regte egte Australian beef volgens hulle. Een of ander boer maar lekka geld uit die dom Suid Afrikaners, ne.

Ek het groot pyne met my geld. Ek kan enige plek met my kredietkaart koop, maar sukkel om kontant in die hande te kry. Ek was vandag weer in die bank. Die mense by FNB het Vrydag gesê daar is 'n limiet op my daaglikse kontant wat ek by 'n ATM kan trek, maar nie as ek binne-in die bank trek nie. Dis egter nie so maklik volgens Commonwealth Bank of Australia nie. Ek het my bankrekening mos al vanaf Windhoek gekry, aansoek op die internet gedoen - hulle het my gebel uit Sydney en die rekening is Vrydag geaktiveer toe ek my paspoort vir Samuel by Immigration banking gaan wys het.

Een ding wat ek hier agterkom - en dit klink soos tipiese cliché - die mense is regtig ongelooflik vriendelik. En by die bank het ek net Japsnese raakgeloop, maar hulle is almal net so vriendelik en hulpvaardig soos enige rou Ozzie. Almal is net eenvoudig nice en happy en "no worries mate."

In elk geval, ek is vandag terug na Samuel oor my geld. Ek kan nie elke dag $300 kom trek tot my hele $10000 oorgedra is nie. Hy vat my na sy Manager toe, net so vriendelik, die mooiste japsnesie wat jy nog ooit gesien het. Haar naam is Evie Zhoa.

Sy laat my bel na Windhoek. Iemand antwoord "First netjoenul benk, goeiemore", met so baster aksent, en my moed sak sommer. Ek groete ewe " goeie middag", en kliek maar dis nou 09h30 in Windhoek. Die mense is skaars wakker da by die werk.

Hulle sit my deur na drie ander mense totdat ek afgesny word. Ek bel weer, gelukkig op die "Commonwealth Bank of Australia" se onkoste. Ek kom by die vrou met wie ek Vrydag gesels het, sy onthou my gelukkig nog. Sy sê daar is nog een ding hier op die screen wat sy kan stel en dalk is die limiet dan reg. Na 'n lang gesukkel trek ek maar weer $300, en trek nog $150 met my debietkaart by die ATM. Ek is te bang om my kredietkaart in die ATM te druk, want as hy gesluk word is ek in "groot moellagheit", soos Simeon Kamati altyd gesê het.

Ek gaan loop toe maar rond in London Court en in die street mall-affere, en later bel Evie my om te sê FNB het haar teruggebel (kan jy glo?) en laat weet hulle het die ding uitgesorteer en hy sal nou werk. Die bank is al toe, ek sal more weer probeer.

Die kinders het gaan swem by die see saam met Ma, terwyl ek en Sue my Tax File Number gaan kry het. Celesti moes vir die eerste keer alleen die freeway aandurf, en voel baie trots op haarself dat sy dit reggekry het. Sue het my ook gehelp om gou by 3 (Three Mobile) 'n Skype foon te gaan koop, en 'n prepaid pack vir my selfoon. Die Skypephone gee jou 4000 minute per maand Skype praattyd, jy druk 'n knoppie op die foon en daar gaat jy. Ons kan mekaar ook verniet bel van een Three foon na 'n ander.

Ek het gesoek vir 'n vinnige oplossing vir broadband, maar dis nie so maklik nie. Ek het nog nie bewys van lidmaatskap van enigiets nie, en as jy 'n kontrak wil kry moet jy tienduisend vorms en goete en regte adresse he voor hulle jou as kredietwaardig beskou. Toe vind ek uiteindelik iets – Optus het 'n prepaid broadband ding, kos $199 vir die Internet key ('n USB stick wat jy in jou laptop se USB poort inwurg, en dan klim jy op die internet. 1GB is al klaar "free" opgelaai, en die prys is $30 vir 2GB addisioneel, of $50 vir 5GB. Die voordeel daarvan is dat ek kan ophou om dit te betaal so gou as wat ek gesettle is in 'n huis met 'n ADSL konneksie. As ek wil.

Ek kon egter nerens een kry nie, almal is uit stock uit. Nou hiers 'n interressante verskynsel - Die Aussie poskantoor:

As jy dink aan "iPoskantoor" in Windhoek, dan is dit 'n klein kamertie waar jy pos kan wegstuur, afhaal, jou pos-spaarboekie kan gebruik, of dalk CellOne of Tango airtime koop. In Australia is 'n Poskantoor eintlik 'n stationary store, en nog meer. Jy kan alles daar doen- selfs hierdie Optus deal kan jy daar ook kry. Jy kan boeke, DVD's, enige ding in daai netjiese poskantoor kry.

Al probleem was dat almal uit stock uit is – dis 'n nuwe deal en mense koop dit soos soetkoek op. Die antie van die poskantoor gaan kyk of sy nog kan kry vir my. Sy kom terug, sê "don't worry luvvy, I'll have it for ya in the mornin". No worries. More oggend sal ek maar weer gaan loer.

Om daar te kom, ry ek sommer bus. Nie hierdie busse wat ons in Windhoek sien nie. Ek vang die "Blue Cat" hier reg voor die hotel, dan drop hy my later by die London Court of in daai omgewing, dan loop ek daar rond, en klim net weer op die CAT – 'n airconditioned bus met netjiese sitplekke, nooit oorbevolk nie, en GRATIS. Hy ry in die rondte, 22 stasies, stop by elkeen, en daar stop elke 8 minute een van die busse by 'n stop. Daai busbestuurders moet die mees boring job in die wereld he.

Dinge werk hier. Alles werk net reg. Oral is manne besig om te werk aan die paaie en goed – alles word met masjiene gedoen. Jy sien ou wit manne wat werk doen wat in Suider Afrika net deur die permanently disadvantaged mense gedoen word. Maar hulle sukkel nie, daars 'n tool vir alles.

Ons het 'n huis probeer kry, maar hy was klaar uitgelease teen die tyd wat Sue weer met die agent gepraat het. Nou probeer ons vir 'n ander plek in Madeley. Mens moet vinnig besluit, en dis nogal moeilik, want jy wil nie oor 3 maande weer trek nie. Hier moet jy 'n "application" doen om 'n huis te huur – jy vul 'n klomp vorms in (iets wat ek nou al uitgevind het is deel van die Ozzie kultuur!), en dan besluit die eienaar of hy dink jy kwalifiseer volgens al sy criteria.

Sue probeer die Watercorp se arm draai om vir my meubels te huur as ons intrek – ons gaan mos vir hulle hotelkostes spaar as ons nou al uit die hotel uit skuur. Sal maar sien wat gebeur, tot dusver was hulle baie toegeeflik. Die hotel is lekker, maar dis in die middle van die stad, en mens wil net bietjie verder uit die stad uit kom en nader aan 'n woonbuurt met 'n parkie en 'n shopping mall.

Ek het vandag die kantoor besoek en almal ontmoet. Ek is vreeslik entoesiaties ontvang, en ten minste drie ouens het iets genoem van "o, dis die ou van wie ons gehoor het, ons sien al lankal uit daarna dat jy ons kom help" – ek hoop nie ek stel hulle teleur nie…

Een girltjie daar is ook 'n japsnees. Sy het 'n groot Eagles plakkaat by haar lessenaar. Eagles is een van die local "footy" spanne – "Aussie rules" rugby.

Ek kry 'n maatskappy motor waarmee ek werk toe en terug mag ry, maar geen verdere privaatgebruik nie. Sal hom volgende week kry as ek begin werk, hoop ek. Klomp ouens vat verlof want Maandag is vakansiedag, en die jaarlikse skou begin ook Saterdag. Groot makietie hier in Koalaland.

Die geld hier is weird – plastieknote. Daars een deel van die noot waar jy reg deur hom kan loer. En die muntstukke is nog snaakser. Die koningin van Engeland se gevreet is agterop die goed. Michael het agtergekom dat die 1971 muntstuk 'n baie jonger queen op het as die 2007 ene…

Wat nog snaaks is, is die feit dat die $1 muntstuk twee keer so groot is as die $2. En die 50c is enorm – jy kan amper jou koffiebeker se bokant toemaak met die ding. Ek sal later fotos van die geld wys- dan sal julle verstaan. Whatever jy kry, sorg net dat jy nooit 50 sente as kleingeld kry nie – die goed sal jou broek laat afval as jy hulle in jou sak bêre. Groter as die SA R5. Selfs groter as daai ou silwer Randstuk wat mens in die ou dae gekry het.

Nog steeds geen kangaroos gesien of doodgery op die freeway nie...

Link to comment
Share on other sites

Ouboet, mag daar derduisende mense hierdie "post" lees, want alles wat jy hier vertel het ons ook ervaar met ons LSD-trip na Brisbane.

Daar is verseker 'n beter lewe buite hierdie lands-grense en jy gee woorde daaraan. Hou so aan, jy laat die vlam wat (in hierdie tyd) maar swak is, weer hoog brand met die wete dat al hierdie goeie dinge op ons wag daar oorkant!

Link to comment
Share on other sites

Hey BB dankie vir nog 'n goeie artikel. Ek is al 4 keer Aussie toe vir vakansie en besigheid so ek is al 'n Aussie :blink:

Ek is bly julle settle in en hou daar van om te sien jy ervaar Aussie net soos ek het. Man daai geld het my brein ingedoen. Hier in NZ is die $1 en $2 dieselfde kleur maar hier is die $1 klein en $2 groter so jy kan imagine hoe confuzzled het daai Aussie geld my gemaak.

Jy se dinge werk net, dit is te danke aan all daai forms wat mense moet invul. Aussie is baie "regulated" en dis nie so erg soos wat mense dink nie. Hoe meer reels jy moet volg hoe beter kans het jy om nie op te mors nie.

Link to comment
Share on other sites

HI BB

Vra vir Dewald om julle na die Pinnaroo Cemetary toe te vat om Kangeroo's te sien, dis langs die freeway, uit met Whitfords. Is bietjie van 'n anderster cemetary as waaraan ons gewoond is.

M

Link to comment
Share on other sites

BB ek geniet jou posts! Dit klink wonderlik.

Ons ervaring van Oz in amazing, en in 2 dae het ons soveel van die Ozzies se vriendelikheid ervaar. Sterkte met die huissoek, ons kan eers vlg week saam met ons "relocation agent" gaan soek, nogal 'n groot teleurstelling. Ek soek nou my eie plekkie!

Link to comment
Share on other sites

Baie, baie, vreeslike baie dankie! Ek dog dis die laaste wat ek Mrs Balls kry, want ek het nie kans gesien om al die pad SA winkel toe te ry en waar ek bly het die winkels dit nie. Ek bly in Ellenbrook en ek ry baie verby Landsdale so volgende keer maak ek net 'n detour.

Whiteman park het 'n kangaroo enclosure waar 'n mens tussen hulle kan rondloop en kos vir hulle gee, as jy baie graag een wil sien. My man sien hulle elke keer wat hy verby Whiteman Park ry stasie toe en terug.

Sterkte met die huis soekery, ek hoop julle kry iets waarvan julle hou!

Link to comment
Share on other sites

BB dit klink alles amazing!! Dit is so lekker om weer terug te dink aan so ampertjies 2 jaar gelede toe ons hier aangeland het!! En raai wat...... dis nog steeds net so lekker hier!!

Hoop julle kry gou 'n huis en dat julle sommer vinnig insettle.

Link to comment
Share on other sites

Hey BB good hearing from you mate ! als wat jy se is waar en moenie panick oor Mrs Balls nie vir haar kry jy by coles ook. Ons hou die forum dop vir nog van jou updates. Ek onthou al ons "WOWs" nog so goed.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...