Jump to content

Skote klap. Naby. Sjoe, aartappels is nou duur!


Bloubul

Recommended Posts

Skote klap. Naby. Sjoe, aartappels is nou duur!

Sep 17 2008 08:48:42:900PM - (SA)

Gewapen met ’n inkopielys stap ek en my seun by die Equestria-winkelsentrum in.

Ek het skaars ’n winkeltrollie aan die rol gekry toe polisiesirenes in Simon Vermootenweg baie hard begin loei.

Remme skreeu en skote begin klap. Nog sirenes loei.

Soos nuuskierige klante en werkers uithardloop, jaag ek my seun na die agterkant van die winkel om tussen koeldrankkratte te gaan platval.

Nog skote klap. Naby. Jitte, maar aartappels het duur geword. Mense hardloop steeds na buite.

’n Motor slaan swaar remme aan en tref iets baie hard. Glas spat. Nog skote.

Moet ek vanaand eerder suikermielies maak, of broccoli stoom?

My seun loer tussen die koeldrank uit. Ek wys hy moet bly lê en haal ’n paar blikkies katkos van die rak af.

Toiletpapier, ontbytpap. Moet ek vla koop vir saam met die malvapoeding, of eerder die vla self maak?

Ek koop maar ’n houertjie. Wanneer het vla se prys so opgegaan?

’n Helikopter kom draai oor die winkel se dak; my seun wil opsluit gaan kyk. “Seun, los die chopper en gaan haal vir my 2 liter melk.â€

Mense begin weer in die winkel inkom; ’n tannie met ’n wit kop laai ’n mooi bos rose in haar mandjie. Ek kry ’n skindertydskrif en rol na die betaalpunt.

Toe bystandsvoertuie begin aankom, klim ek en my seun in my motor. Ons ry by die hekke uit, in ’n teenoorgestelde rigting.

Is ek onsensitief? Dalk. Maar ook afgestomp.

Én ek het vergeet om vuilgoedsakke te koop.

• Mariska Rabie, Pretoria

Link to comment
Share on other sites

My vraag is – is jy “tannie Rambo†wat rond loop met ‘n kanon skiet ding aan die sy en is jou laaitie ‘n bosvegter van ouds??

Wat die “nuuskierige klante†doen is om hulle in die pad te sit van klein stukkies lood wat baie seer maak. Om “weg te kruip†is slim en “self preservationâ€.

Maar ek moet se – jy is braaf om die shopping klaar te maak – ek sou ander kant uit geloop het en iemand gebel het om my te kom haal.

‘n Mens raak so gewoond daaraan dat dit nie meer snaaks is op pla nie – EN DAN is dit die tyd wat mens ernstig moet begin worry.

Link to comment
Share on other sites

Sjoe ek het lanklaas iets gelees wat my so geruk het. Uitstekende stukkie skryfwerk.

Link to comment
Share on other sites

en jy het kalm gebly! Well done... dalk gebewe toe jy by die huis gekom het maar dis ok en verstaanbaar

Link to comment
Share on other sites

Jy leef met die tye en jy laat nie dat hulle jou onder kry nie !

Is dit nie juis die fout wat die meeste van ons maak deur dinge soos dit net te aanvaar en daarmee saam te leef nie?

Dit is asof dit maar ok is om in hierdie omstandighede te leef....?

Of is ek verkeerd om so te dink?

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...