Jump to content

mikro beskuit


johanne
 Share

Recommended Posts

Yep .. I would also like a quick "beskuitresep, the drying time is a killer. :rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...
kan iemand asb help met n mikrogolf beskuitresep

want alles gaan vinnig in aus

dankie suzette :blush:

Hier is 'n Mikrogolfbeskuit-resep wat ek in 'n "Rooi Rose" Tydskrif gekry het. Het dit nog nie self probeer nie so weet nie hoe 'n sukses dit sal wees nie.

750g (3k) Botter

500g (2½k) Bruinsuiker

3 Eiers

750ml (3k) Karringmelk

1,5kg (10½k) Bruismeel

30ml (2 groot el) Bakpoeier

10ml (2tl) Sout

15ml (1 groot el) Anys

150g (1k) Rosyne

150g (3k) Semels

150g (1k) Sonneblomsaad

1k All-Bran

1. Smelt botter en bruinsuiker teen 100persent krag in mikrogolf vir 6minute. Roer goed.

2. Klits eiers en voeg karringmelk by. Meng.

3. Voeg by bottermengsel in groot mengbak.

4. Sif bruismeel, bakpoeier, sout en anys saam en meng. Voeg semels, All-bran en sonneblomsaad by. Meng goed.

5. Verdeel deeg eweredig tussen 4 gesmeerde 2liter-roomysbakke wat met handdoekpapier uitgevoer is.

6. Strooi bietjie ekstra sonneblomsade bo-oor en druk effens vas.

7. Mikrogolf elke roomysbak op 'n eierdosie teen 100persent krag vir 10min. Laat staan 4min. voor uitkeer en trek dadelik papier af.

8. Laat afkoel op 'n draadrakkie tot louwarm.

9. Sny elke "broodjie" met 'n mes in stukke.

10. Droog oornag in 'n oond teen 100º C.

Link to comment
Share on other sites

Baie dankie Annalize!! Ek dink die resep sal 100% werk. Ons seun werk op die dorpie Roma in die amper outback van Queensland en hulle is sowat 5 Suid Afrikanertjies sonder mammas daar en ek dink hulle het nodig om die beskuit te eet vir die spysvertering omdat hulle maar self moet kook. Hulle werk op n groot Feedlot met baie baie vleisbeeste. Baie dankie vir die resep ek gaan dit probeer. As jy enigiets anders

soek laat weet my. Ekt ook al my resepte van SA saamgebring. Suzette - in Cranbourne, Vic.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

 Share

×
×
  • Create New...