Jump to content

Nog net 4 slapies in SA

koosd

Recommended Posts

Wel ons pak al van Maandag af. Ons is nou al so moeg van kyk en fillers aandra vir die pakkers. n Mens doen nie veel, maar is so moeg. Ons vat n 40ft container en hul sal seker more dit begin laai. Nog net die beddens wat oor is. Ons gebruik British Removal en hul weet wat hul doen. Hul werk baie hard, praat glad nie met mekaar en is stiptelik. Ek sal hul regtig aanbeveel. Wel more ga ons na die familie in Vaalpark en hul bring ons dan Sondag lughawe toe. Ons en Olkabolka hulle vlieg saam tot in Sydney, so ons het darem bekende gesigte wat gaan help met die afskeid. Die kids is nou al so opgewonde en almal wens net dis al Sondag. Hoop om baie vriende in Melbourne te ontmoet.

Link to comment
Share on other sites

Baie sterkte en geniet dit!

Maak net die beste daarvan!

Neem bietjie vir ons fotos van julle gepakkery by die huis, die lughawe saam met Olkabolka hulle, ag en sommer van alles!

Dit maak my so opgewonde!

Groete

LIGGIE

Link to comment
Share on other sites

Hi Koosdup en Familie

Sjoe, maak julle ons darem nou vrek jaloers :rolleyes:

Baie geluk met die "long walk to freedom", kan net dink tussen die chaos, paniek en opwinding.... :ilikeit:

Stem saam met Liggie, neem bietjie fotos van die gepakkery vir ons, to, asseblief? ;)

Geniet die laaste paar slapies!

Stranded

Link to comment
Share on other sites

Het my nou amper dood gehuil toe my bediende vir die laaste keer hier by my huis uitgestap het. Sy was soos deel van ons gesin. Ek het gelukkig vir haar werk gekry vir die twee dae wat sy per week vir my gewerk het. My man het gou my kar garage toe gevat, want hy is darem verkoop. Die pakkers het die helfde van ons goed al hier weg en sou vandag klaargemaak het, want als tot die beddens en gordyne is gepak. Die kantoor laat weet ons nou dat hul eers more oggend sal kan kom klaar maak, want hul het een bestuurder te min vandag. Ek kon dit nie glo. Hul is bereid om ons beddens en gordyne te kom uitpak vir die nag, maar dis nie my probleem. Ons is karloos en het kla gereeld dat my skoonsus ook op die forum, (Henniedup) ons vanmiddag sou kom haal het tot Sondag dat ons vlieg. Wel, nou is ons vanaand plakkers in ons eie huis. Ek is juis so voel spierpyne van al die stres en voel soms asof dinge net te lank en uitgerek is. Het vandag die munispalitiet probeer bel om die finale lesing te kry by ons huis vir die water. Het eers vir 11 minute aangehou en toe ek weer probeer bel was daar geen antwoord. Kan nie dink dat daar geen antwoord op 6 telefoonlyne is nie. Swak diens is nie die woord. Wel hoop om gou vir jul fotos te plaas van al die gebeure.

hallo julle

geniet die laaste paar daggies daar, die afskeid is nie maklik nie, maar daar le n groot avontuur op julle!!!!

groete pollie ;)

Link to comment
Share on other sites

Hello daar,

Elana hier, ek werk saammet Koos. Elke keer as ek met hom gepraat het, het hy net gese hoe verlang hy na julle, en hoe kan hy nie wag om julle te gaan haal nie.

Ons kinders het altwee die afgelope week hulle eerste verjaarsdae sonder oupa en ouma gevier, en ons het dit darem oorleef.

Ons wag vir julle hier in Melbourne. Immigrasie is nie maklik nie, dit weet ons almal te goed. Darem is daar altyd 'n Suid-Afrikaanse skouer om op te huil - ons vrouens natuurlik, nie die mans nie, hulle verlang nie soos ons nie. Gelukkig is julle in tyd om die Melbourne braai by te woon (12 Oktober).

Van hier af kyk julle net vorentoe. Lekker vlieg! ;)

Elana

Link to comment
Share on other sites

Dankie, Elana! Het die laaste nag in ons huis toe darem oorleef. Hooplik is die pakkers hier vroeg sodat ons kan pak en hier uit wees voor 12. More is die groot groet. Ons wil nie ouers en familie nog Sondag ook groet nie. Dis net die familie wat ons ga aflaai by die lughawe. Dink ons begin nou meer reg voel vir die vlieg, sodat ons ons nuwe lewe kan begin. Sien jul almal by die braai die 12 de!

Link to comment
Share on other sites

Hi Koosdup

Sterkte en voorspoed met die tog na Melbourne. :blink:

Ons is binnekort ook op pad melbourne toe PR visa reeds goedgekeur, gaan op 19 Oktober oor vir LSD trip

en ook bietjie vakansie hou

Wat was die koste van die 40ft container . :ilikeit:

Dankie

Willie

Link to comment
Share on other sites

Ons het so driekwart van die 40ft container gebruik en die kwotasie was R69 000 sonder versekering. Die maatskappy is British Removal company. Heel tevrede met hul diens. Sterkte vir jul planne.

Link to comment
Share on other sites

Vandag was die hartseer dag van groet. Ons het die hele dag van familie tot vriende gery en almal gegroet. Koffie drink en iets eet by elke een voor jy tot groet kom. Die ergste het ons vir laaste gelos, die ouers. Ja dit was erg, veral op die kinders. Ouma's wou hul nie los. Toe ons daar in die kar klim en ry was dit asof die stres van die afgelope tyd net van ons skouers af geval het. Nou begin die opwinding van n nuwe lewe vir ons as gesin. More die laaste dag in SA en volgendens ons net die regte tyd met al die politieke dinge wat in die land aan't gebeur is. Sien jul oor 2 dae in Melbourne!

Link to comment
Share on other sites

Het Koosdup by Elana-hulle ontmoet - en ja, hy het vreeslik verlang na sy familie!

Baie sterkte met die finale rondte van die groot stap!

Sien julle hele gesinnetjie binnekort in Melbourne.

Ek het 'n knop in my keel as ek dink aan die groetery. Kan my ma se gesig nie vergeet nie. Sy het sommer 'n jaar ouer geword in 'n paar minute. Was die ergste!

Veilig reis.

Link to comment
Share on other sites

Ja Doortjie ek het baie van jou ook gehoor. Uiteindelik breek die groot dag aan. As mens begin met die hele proses dink jy dit ga nooit tot die dag kom. Ons eet nou gou vir oulaas n regte boere ontbyt, voor ons lughawe toe gaan. Die tasse is geweeg en nie een is oor die 20kg. Kids is ook baie opgewonde en het darem n goeie nagrus agter die rug. Sien almal in Melbourne!

Link to comment
Share on other sites

Hi daar.

Ag baie welkom en hoop jul gaan baie gelukig wees in jul nuwe land Oz natuurlik :rolleyes:

Ek en Olkabolka is groot pelle en sy is so n dierbare mens hoop jul gaan kontak hou met

mekaar.

Sterkte met die insettle.

Urs en Allie.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...