Jump to content

Kuier in ‘n oorlogsone


Biltongboer

Recommended Posts

Ons kuier nou die dag daar by my vrou se boesemvriendin van skooldae af. Hulle nooi ons vir aandete. Die vriendin se man sit voor die TV toe ons daar ankom. Hy sit nie die ding sagter nie, hy sit nie af nie, hy sit net. Kan jy glo?

Ek het anders grootgeword. In ons huis sit ons die TV af as mense kom kuier, behalwe as daar ‘n (belangrike!) rugby wedstryd of ‘n Maan-landing of ‘n Diana-troue aan die gang is.

Maar hierdie perd sit en kyk Egoli. Kan jy glo. Watse soort mansmens kyk in elk geval Egoli? Blerrie moffie. En toe Egoli verby is, toe is dit Uitlanders, of so iets. Ons eet later – hy kom sit en eet saam met ons, maar die TV word steeds nie afgesit nie. Nou en dan spring hy op en change die channels, dan kom sit hy weer.

Toe ons klaar geëet is, toe change hy terug Kyknet toe, en wragtag, daar kyk hy weer dieselle programme wat hy nou net sit en kyk het. Uitlanders, of so iets, noem hulle dit. Moffie.

Later change hy daar na ESPN - ‘n stap in die regte rigting, maar dis nou te laat - hulle wys manne wat Rodeo ry op die bulle. Yikes, daai manne het nou moed, hoor. Ek dink daai clowns wat die bul kalmeer na die tyd het nog meer moed as die perd wat bo-op die ding klim.

Die ou is ‘n groot visterman, sien. Hy was op ‘n stadium in groot moeilikheid toe die Scorpions hom begin ondersoek het. Daars groot geld in perlemoen, sien. Hulle het ‘n massiewe kasteel daar in Gansbaai besit, met ‘n fancy boot en alles. Moes later alles weer verkoop. Nous hy saam met Zuma bly dat die Skerpioene gaan verdwyn van die scene af.

In elk geval, ek raak sommer lekker beneuk – ek moet nou hier met die twee vroumense sit en kekkel, en hulle praat oor langjare terug toe ek nog nie op die scene was nie. En dan praat hulle oor die skoolvakke wat die kinders nou het, en sulke nonsens.

Man, ek was suur. Ek maak sommer ‘n feral vark kaalhande vrek, so gatvol was ek. Mens kom kuier van duisende kilometers af, en al wat die poepol kan doen is sit en TV kyk.

Vandag sit ek hier in my swaer se huis. Wat doen ek? Ek kyk TV. (Ironies ne? Maar hier was nie mense om mee te kuier nie, sien. Almal is werk toe en skool toe.)

Ek kry daar so nuuskanaal, hulle wys “live†wat daar in Zuma se hofsaal aangaan. Die regter praat almal aan die slaap, hyt self so paar keer amper van sy stoel af geval. Maar hier teen die einde toe kom die ding wat hy eintlik probeer sê: Showerhead Zuma is doodonskuldig. Of liewer, niemand sal ooit kan sê of hy skuldig is of nie, want die saak sal nooit hof toe gaan nie. Zuma gaan nou ‘n boek skryf – “A short walk to Freedomâ€

Ek loer daai skares daarbuite – “the peopleâ€, soos hulle hulleself noem. Hulle dans, hulle sing, hulle gooi die gebalde vuis in die lug. Van die bliksems het militere uniforms aan. Een ou hou heeltyd sy hande in die gebaar van ‘n geweer - dan maak hy asof hy skiet so tussen almal in, en dan dans hy daai wambo-passies met die gat in die lug. Die plakkate sê “we will take up arms to defend Zumaâ€.

Ek sien ‘n rooi vlag met die hamer en sekel op. Kan jy dit glo? ‘n Freakin hammer en sekel. Daai goed word nie eers in Sovjet rusland meer vertoon nie, maar hier in blerrie Afrika word hy “proudly South African†op almal se skouers gedra.

As ek daai simbool sien, dan sien ek rooi. Dan wil ek skiet en moor en vrek maak.

My swaer bly hier in so rustige vreedsame deel van iAfrika. Hier is alles net rustig en mooi – no worries mate. Ek bekyk die storie so, dan wonder ek wat mis ek. Dis amper Australië, net sonder abo’s en alles in Afrikaans. Lekka hieso.

As ons die bakkie parkeer in die garage, dan sê hy ek kan die sleutels sommer so in die kar los – no worries, hy maak net die garage toe. Dan wonder ek wat gaan met die ou aan.

Gisteraand toe vind ek uit wat aangaan. Die manne het ‘n buurtwag. Elke hond kry sy dag in die buurt. Dan is dit jou beurt om patrollie te ry saam met nog ‘n ou. Met ‘n flitslig en ‘n blinkgeel baadjie en ‘n selfoon om die polieste mee te bel. Kan jy glo. Gisteraand was sy wagbeurt tussen twaalfuur en drie-uur die oggend.

Dis ‘n duur prys wat jy betaal vir vrede in die plek.

Ek dink toe terug aan laas toe ek waggestaan het en patrollie geloop het. Dit was in die army. Dit was om net een rede: omdat daar ‘n oorlog aan die gang was…

Link to comment
Share on other sites

Ek dink toe terug aan laas toe ek waggestaan het en patrollie geloop het. Dit was in die army. Dit was om net een rede: omdat daar ‘n oorlog aan die gang was…

al verskil is nou dat ons nie gewapen is nie, ons het nie 'n army, polisie of regstelsel om ons te beskerm nie en ons mag nie terugskiet nie :ilikeit::rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

Gisteraand toe vind ek uit wat aangaan. Die manne het ‘n buurtwag. Elke hond kry sy dag in die buurt. Dan is dit jou beurt om patrollie te ry saam met nog ‘n ou. Met ‘n flitslig en ‘n blinkgeel baadjie en ‘n selfoon om die polieste mee te bel. Kan jy glo. Gisteraand was sy wagbeurt tussen twaalfuur en drie-uur die oggend.

Dis ‘n duur prys wat jy betaal vir vrede in die plek.

Ek dink toe terug aan laas toe ek waggestaan het en patrollie geloop het. Dit was in die army. Dit was om net een rede: omdat daar ‘n oorlog aan die gang was…

Dit is iets wat jy hier in Australie ook sal sien. Ja kan jy glo.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...