Jump to content

Kerke en so meer in Canberra

K'moerse trek

Recommended Posts

Kan iemand my dalk help met inligting oor kerke om by te woon in die Canberra omgewing?

Enige ander aktiwiteite om by in te skakel sal ook help.

Link to comment
Share on other sites

Hi da! Ons trek oor 2 weke na Canberra vanaf Suid-Australia. Daar is 'n Suid-Afrikaanse dominee in Canberra. Ds Ockert Meyer (voorheen van Durbanville NG Kerk). Hy is by die Uniting Church in Yarralumla. Daar is heelwat Saners.

Website: www.yarrauniting.org.au

Ons het hom en sy vrou al ontmoet, baie nice. Ons het ook al 'n kerkdiens daar bygewoon. Eg Suid-Afrikaans. Ek en Johan het dit baie geniet en kan nie wag om by die kerk aan te sluit nie.

Dalk as ons genoeg SAse lidmate is kan ons Ockert se arm draai om nou en dan vir ons 'n Afrikaanse preek te gee.

Elkgeval, groete, Aneldari

Link to comment
Share on other sites

  • 2 years later...

Hi Aneldari

Julle het nie miskien al 'n afrikaanse kerk in Canberra gekry nie, ons gaan daardie gemeente toe môre, maar die Ds daar is nou Nienaber van Pretoria iewers, ons het 4 dae terug hier aangekom in Canberra ek en my seun Marius. Ons bly in Flynn en hy gaan na Melba High, ek soek werk en die res van die familie kom in Junie kuier. Wil graag ander Suid-Afrikaners ontmoet, hoe doen mens dit?

Hoop om van jou te hoor

Elanza

Link to comment
Share on other sites

Hi Elanza

Baie welkom in Canberra!! Jammer jul kom nou hier aan wanneer hierdie winter van ons begin...

Nee, daar is nie 'n Afrikaanse kerk sover ek weet nie. Ek en my man is steeds lidmate van Yarralumla Uniting Church. Herman Nienaber is ons nuwe Ds - vars uit RSA. Hy en sy gesin het 1 April in Australie aangeland. Vreeslike oulike mense. Daar is heelwat ex Saffers in die kerk en hul en die Aussies sal jul opslurp. Maak reg om lekker te gesels, hul wil als weet... dierbare mense. Ockert en sy gesin sal heel waarskynlik ook daar wees more.

Hier is baie ex Saffers in Canberra en ook heelwat op die forum. Jy kan hul opspoor as jy na al die threads en topics kyk oor Canberra. Dit klink of daar nog heelwat hierdie jaar kom. Die forum help baie mense bymekaar uitkom. Dit is tog te lekker om Afr. te kan praat as mens nuut is hier in die vreemde.

Ek en my man is albei onderwysers. Johan werk by Canberra Grammar School (boys) en ek by Erindale College.

Lekker aand vir jul. Ek gaan nou inkruip.

Groete

Aneldari

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Dit was vreeslik lekker om Sondag met jou te praat, jy is nie dalk lus vir koffie hierdie week nie? :) Dan kan ons verder gesels en dit is vreeslik koud om uit te gaan so hier by ons is lekker warm koffie en ek is nou nie 'n koekie bakker nie maar hier is gekoopte koekies, my nommer is 0415679281. Anders sien ons jul weer sondag.

Lekker werk hierdie week.

Elanza

Link to comment
Share on other sites

Wil graag ander Suid-Afrikaners ontmoet, hoe doen mens dit?

Die beste manier is defnitief deur jou kerk.Daar is n groep Saffers in die CRC kerk,in Rivett.Ons het ook al ons eie bybelstudie groep in Afrikaans natuurlik! http://www.reformed.org.au/Default.htm

Link to comment
Share on other sites

Hi, waar in Australia is julle. Ons het 'n week en 'n half terug hier in Canberra aangekom. My seun is nou deel van die Western District Rugby Union klub en ons het wonderlike mense daar ontmoet. Afrikaanse en Engelse, Suid-Afrikaaners. By die kerk waar ons is, is daar 'n dominee van pretoria ook splinter nuut en baie afrikaanse gemeentelede. Ons gaan ook hierdie week by die squash club in dickson aansluit. As jy mense wil ontmoet, moet jy deel word van die gemeenskap. Indien jy in Canberra bly kan ons gaan koffie drink en gesels.

Dis lekker en koud in Canberra.

Elanza B)

Link to comment
Share on other sites

  • 1 month later...

Hi

Ek was lanklaas op die forum (4 jaar terug), maar ons trek oor n maand van Sydney af Canberra toe. Julle thread oor die kerke is interessant.

Die kerk waar ons nou is in Sydney doen wat hulle noem expository preaching, so dit is n Bybel boek van begin tot einde en elke Sondag n paar verse. Vir my persoonlik sal ek graag n kerk wil join met dieselfde struktuur.

Hoe vind julle die kerke waar julle is?

Groete

Johan

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...