Jump to content

Nat hout


Biltongboer

Recommended Posts

Ons is nou hier by Uilkraal, hier op die suidpunt van ‘n kontinent met die naam van Afrika. Ons het in gietende reën hiernatoe gery, maar darem die son ook sien uitloer so by tye.

My droogte-geteisterde Suidwes-kinnertjies hol vandag toe sommer ook daar in die see in. Dit moet net lyk asof daar blou lug so uitsteek tussen daai donker wolke, dan dink ons mos dit het klaar gereën vir die week – alles klaar nou op, dis mooiweer, en dis nou tyd vir die sonbrand-roompies en die hoedens.

Vandag lyk die weer so mooi, ons besluit toe sommer om te braai vir oulaas. Ons ry deur na Gansbaai se Spar toe, en daar kry ek hout, Blitz, vleis en alles wat ons nodig het. Ek kyk daai sakke hout so, en ek sien sommer ek gaan ordentlike Blitz nodig he – die regtes, nie daai ander namaaksels wat doodgaan net na die vuurhoutjies nie.

Dis ‘n skande dat mense kan geld vra vir sulke hout. Die goed is sopnat. Ek kry die Blitz aan die brand, en ek hoor later so suisgeluid hier by die houte rond. Dit klink soos ‘n ketel wat jy op die vuur gesit het. Ek kyk, loer, soek rond – ek sien dis hierdie blerrie hout wat so stoom soos die water uitloop uit die goed uit. Ongelooflik. Ek belowe, so waar as wragtag, jy sal dit seker nie glo as jy dit nie met jou eie oge gesien het nie.

Daar drup sulke groot plasse water uit daai stompies uit – dit lyk soos ‘n dam hier onder op die vloer van die vuurmaakplek. Hierdie hout het meer water as die hele Tsumkwe, ek sweer as jy die stompies soontoe vat gee ons die Boesmans genoeg water vir ‘n hele week lank.

Skandalig, om die minste te sê. Die houte word in sulke deurskynende plastieksakke verkoop. Jy sien sommer dit dou binne-in die sak terwyl hy daar op die vloer lê in die Spar. Lyk my hulle spuit die goed spesiaal elke oggend nat sodat die klein plankies kan groei en groter word.

Ek kon darem die vuur aan die gang hou, en het so paar skaaptjoppies warm gemaak op die kooltjies. Kan jy glo, ‘n halfuur na die tyd is die kole nie eens meer warm nie. Watse soort hout is die, man? Kameelhout en Mopanie sou vannag twaalfuur nog rooiwarm gegloei het. Mens sou sweer ek is al reeds in Australië. Hiers nie eers goeie braaihout in die plek nie.

Ek wonder toe oor die ding. Sê nou mens kry sulke nat lootjies daar in Australië, maar hulle het nie Blitz nie? Hoe maak mens vuur sonder Blitz? Ek het skoon sissierig geraak lyk dit my – kan dan nou nie dink hoe die Voortrekkers en Dorslandtrekkers vuur gemaak het sonder Blitz nie. Ek weet iewers in die verlede het ek dit al reggekry, maar dit was in my dorre geboorteland, waar daar altyd droë takkies rondlê. Ek weet darem petrol en paraffien kan ook die ding doen.

Nous my magie dik en die ooglede hang. Die lewe is lekker hier in iAfrika…

Link to comment
Share on other sites

Moenie worrie nie BB. In Aussie is daar little lucifer wat net so goed werk soos blitz. En Aussie het lekker hout om te braai

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...