Jump to content

Lekker by die see


Biltongboer

Recommended Posts

Hiers ons nou, innie Kaap De Goede Hoop.

Saterdag ry ek en my swaer gou bietjie Malmesbury toe. Hy moet sy ID daar gaan haal. Dis baie makliker om dit daar te kry, as om in Bellville se lang vuil rye te gaan staan, sê hy vir my.

Ek het op 17 Augustus 2007 in Windhoek by die SA Ambassade al aansoek gedoen vir my vrou se Underbridge Birth Certificate. Hulle het my nou die dag gebel en laat weet ek moet die ding maar in Suid Afrika kom soek, hulle kan hom kamstig nie kry nie. Hulle sê natuurlik niks oor die R50 wat ek moes betaal om vir 'n jaar lank te wag vir niks nie, dis skoon vergete.

In elk geval, ek besluit toe maar om saam te gaan Malmesbury toe, dan doen ek aansoek vir die Underbridge Birth Certificate terwyl hy soek vir sy ID saam met die anders locals.

Ons ry lekker. My swaer is 'n baie beskaafde, bedeesde ou, hy praat nooit hard nie en vra heeltyd om verskoning vir alles wat ander mense verkeerd doen. Die kar se aircon is stukkend, nou is die vensters so half oop. Swaer praat vreeslik sag en ordentlik, maar hierdie bomskok-ore van my kan niks hoor wat hy sê nie. So vra-vra ek aanmekaar "huh?", "sê weer?" al die pad Malmesbhugghhy toe.

Daar gekom, kry ons die plek. Binnelandse Sake, in so lekker vuil straatjie daar in die vuil Swartlandse dorpie. Oral in die state is net kleurlinge, almal kom vir die Saterdag deur van die plase af. Oral staan groot speakers op die sypaadjie en die local hits word uitgebassuin in die strate in. Dies wat nie groot speakers het om op die sypaadjie te sit nie, het karre met groot boombokse in. Lekka man. Jy moet mooi koes as jy deur die strate ry, hier spring heeltyd dronk (of plein stupid) mense hier voor jou innie pad in.

Ons kom by Home Affairs aan. Die ry staan hier buite op die sypaadjie, so in die gebou in. Eish. Ek dog eks klaar met my Afrika-ervaringe, nou gaat ons alweer. Ek druk verby die ry, en soek rond tot ek sien waar die aansoekvorms lê. Ek gryp een, en begin invul. Swarrie staan solank agter in die "collection" ry. Hy moet net die ID kom haal, sien, hulle het hom klaar laat weet die dêng is reg.

Na so tyd kom jy agter hier is twee rye. Die "collection" ry, waar swarrie staan, en die "aansoeke" ry, waantoe ek moet gaan. Die voordeel van die "aansoeke" ry is dat jy nie staan nie, daar is seats, etse.

Ek sien hier sit 'n klomp perde, maar nugter weet waar is voor en waar is agter. Ek kry maar 'n seat en kyk hoe werk die dinge. Na 'n rukkie kliek ek die ding, dit werk in so S-formaat, die ou op die punt voor regs is eerste in die ry, as 'n counter oopgaan is dit sy beurt, en dan skuifel almal aan na die volgende seat toe. Swarrie se ry staan nou so half skeef hier langs ons, hulle is nou ge-redploy hier na ons derde counter toe.

Ek sit lekker.

Hier op 'n stadium verskyn 'n dame weer – sy was lank weg om so dik mannetjie se goed te gaan soek. Nou begin beweeg die "Collection" ry stadig aan vorentoe soos wat dinge gebeur. Ewe skielik kom 'n lang slap xhosa met 'n vuil wit hemp hier aangesleep. Hyt 'n vuil besmeerde kwitansie in sy hand wat hy so rondwuif, en hy beweeg ewe by almal verby en druk voor in daar by die tannie by till nommer drie. Die mense moan en bitch en skreeu, maar tattie is kamstig heel onbewus van die konsternasie. Hy het nou hie gakom, en nous sy beurt, sien.

Die kleurlingtannietjie hier langes my skel so tussen die gat in haar voortanne deur oor "die blerrie mense wat altyd so maak - hulle het mos geen maniere nie". Die ergste van alles is dat die antie agter die till wragtag die ou help, al het hy ingedruk onder erge protes hier binne in Home Affairs se geboutjie. Slapgat se ID is toe nooit klaar nie – daar gaat hy weer met sy vuil kwitansie – bogger die res.

Langs my sit 'n hele plaasgesinnetjie – ma, pa, en drie kinners – allie pad vannie plaas af. Dogtertjie wil gaan piepie. Tannie vat vir dogtertjie uit, sy kom later terug – daars nie plek vir piepie nie. Eish.

Later vat die Oom maar die kind, en sê antie moet hom maar SMS as ons voor in die ry beland. Ek begin gesels maar so half vrinnelik met haar – sy het baie kommentaar oor hoe dinge hier by Home Affairs werk. Haar seuntjie begin vat die pad hier uit die gebou uit – straat se kant toe. Sy hol daar agter hom aan, ek sê moenie worry nie, jou handsak is veilig, en kind nommer drie sit nou maar hier by my groot-oog. Sys later terug, ek kan sommer die die mannetjie se gat brand nou.

Uiteindelik is ek voor. Die prys het nou geklim, dis nou R53. Hopelik pos hulle die ding na my swaer se huis toe eendag. Ek en hy het omtrent dieselle tyd by die tille uitgekom, en daar gaat ons weer. Ons kry 'n winkeltjie daar wat koffie verkoop. Hulle vra R7 vir 'n koppie instant koffie – van daai koffiehuis crap wat so skuimlaag bo-op maak.

Ek en my gesinnetjie het darem twee lekker dae by die Strand gehad. Daars omtrent niemand op die strand hierdie tyd van die jaar nie. Maar toe my vrou vir klein Anica wil laat piepie, toes ons weer in die moeilikheid. Net toe ek al ampertjies vergeet ek is in Afrika, toe slaat hy my weer dwars tussen die ogies. Die toilette is sif, man, wat 'n gemors. Nerens kry ons 'n skoon piepie-plek nie. Nes daar in Malmesbugghhy.

Intussen het dit begin reën – katte en honne. Ons het besluit om Uilkraal toe te gaan vir 'n paar dae. So ry ons in gietende reën al die pad tot hier. Die weer het begin ooptrek, ons hoop maar vir die beste vir die volgende paar dae.

Ons het ook lekker met Tolla-hulle gekuier gister in Stellenbosch. Ons het 'n piekniek beplan, wat toe bietjie uitgereen het - toe gaan ons maar SPUR toe vir oulaas.

Dis dit vir nou – praat later weer. My internet konneksie is bietjie vaal op die oomblik, ek kan nie baie praat nie.

Link to comment
Share on other sites

Hi Biltongboer.

Ek sien jy sukkel ook met die "Unabridged Birthsertificate" storie. Ek kan nie glo hulle kan dit nie vir jou doen vanaf Windhoek nie. (en dit nadat jy meer soos n jaar gelede aansoek gedoen het)

Ek het nogal n sukses storie (uit Afrika, of jy dit wil glo of nie). Toe ek aansoek gedoen het vir PR in die USA (hele ruk gelede, het intussen citizenship ontvang) moes ek tevoorskyn kom met die geboortesertifikaat, ons praat nou van 40+ jare gelede in n klein dorp in Zambia waar ek gebore was (weet nie hoekom juis daar nie :)) In elk geval, ek het persoonlik n brief gestuur Zambia toe, (het maar gehoop op die impossible) maar jy sal dit nie glo nie, sowat 7 maande later, wat kry ek in die pos, my sertifikaat. - Ingevul met n tik masjien, ja, outyds, maar gedoen. Amper n hart aanval gekry van blydskap.

Maar sulke gevalle is seker maar skaars, nie waar? Na ek jou pos gelees het, neem ek jou nie kwalik dat jy genoeg het van die plek nie.

O ja, my dogter is die brawe een wat vir 4 weke op n wildplaas in Gobabis gaan volunteer werk doen. Sy het ook beplan om SA toe te gaan en haar niggies en nefies, en tannies te besoek, maar ek kon haar oorreed om dit nie te doen nie, te veel moord en doodslag daar, nee, ek hou nie van die idee nie. Nou is dit net Namibia en direk terug Australia toe. Dankie tog. Niggies en nefies en tannies kan maar vir haar gaan kuier in OZ.

Link to comment
Share on other sites

As jy eendag terugverlang na afrika, dan lees jy net weer jou journals. Jy sal sommer gou genees word

Link to comment
Share on other sites

BB

Gelukkig is dit nou min dae!

Ek het self n' stelletjie afgetrap in Potgietersrus met die indrukkers.

Ek het saam met my dogter gegaan vir haar eerste ID aansoek en moes ook so stoel vir stoel vorentoe sleep. Die ry het in die "home stretch" teen die muur afgeloop en daai olie streep op kop hoogte was net te veel vir my, toe staan ons maar langs ons stoele. Sal daar wragtig een van agter by my verby skiet ! Toe ek beleefd sê ons was eerste daar weet almal my te vertel dat die ry met die stoele langs loop, so as jy nie sit nie is jy uit die ry.

Onnodig om te sê van daar af word ons toe ekstra stadig en ekstra ongeskik behandel. Daar is nie eers 'n wasbak om die vingerafdruk ink af te was nie, net 'n kommetjie wat lyk asof iemand met erge sinus hom reeds gebruik het vir 'n sakdoek.

Ek het met die spoed van witlig 'n rol toiletpaier gaan koop sodat sy nie haar hande in die bakkie snollies hoef te steek nie.

Ek is net verskriklik dankbaar dat ek daardie proses nie weer gaan deurmaak nie!

Link to comment
Share on other sites

Ai BB

Ek het nou lekker gelag. Jy sal hierdie journals moet bere en eendag in 'n boek laat druk-dink net wat sal jou kinders daarvan dink!!!

My dogtertjie se naam is ook Anika-sy is nou 9.

Marlese

Link to comment
Share on other sites

Jy tel seker die minute tot jou vlug BB want ek het heeltemal 'n ander ervaring gehad: :thumbdown:

- ons was ook Saterdag by Malmesbury home affairs het seker so 10:30 daar aangekom- daar was 1 groepie mense wat besig was om vingerafdrukke te neem, 1 ou wat met 'n babastoeltjie op die stoele gesit het.

daar was 1 iemand voor ons by collections, binne 2 min by die toonbank . ongelukkig is daar nou 'n nuwe stat (met 'n t) in Italie genaamd Lenyanong ipv Lengano (home affairs in pretoria het blykbaar die fout gemaak)die beampte by die toonbank het dadelik die dame verantwoordelik vir die printing gebel omdat sy nie aan diens was nie.

Die paspoort aansoek vir my seuntjie was ingehandig op 21/06 en date issued 23/06.

Behalwe dat die dorp vol mense was, was dit vir my verbasend skoon veral teenoor Kaapstat. Ons het nie deur die dorp gery nie, maar links gedraai uit Bokomo weg.

as jy gagga wil sien gaan na dept of refugees in belville of Kaapstad.

hoop julle kry nog bietjie son voor julle waai

FWG

Link to comment
Share on other sites

BB, if you think Malmesbury is bad then pray you never have to use Cape Town or Bellville. I used Malmesbury and found it to be okay and a hell of a lot quicker than any of the other dives....

Link to comment
Share on other sites

Ons het ook maar op die buitewyke gebly en Paarl toe gegaan. Steeds maar Afrika-rig, maar baie stiller en nogal taamlik bevredigend effektief, uit Afrika-perspektief gesien !

Maar ek kan lekker kla vandag oor Bellville Polisie. Saterdag gaan ons om te probeer vorms en dinge kry vir police clearance. Niemand daar weet wat of waar of hoe nie, ons moet maar in die week probeer, binne kantoorure. Vandag gaan ons toe weer, so skuins na een. Niemand daar weet wat of waar of hoe nie, die instruksiepapiertjie wat Saterdag opgesit is oor police clearances is deur iemand verander, daar is nie vorms nie, en sedert Saterdag is daar besluit dat police clearances slegs gedoen sal word op Maandae en Woensdae en nie oor middagete-uur nie. Eish, Efrike ..... :P

Sal maar Paarl of Stellenbosch polisie moet probeer ...

Link to comment
Share on other sites

BB, if you think Malmesbury is bad then pray you never have to use Cape Town or Bellville. I used Malmesbury and found it to be okay and a hell of a lot quicker than any of the other dives....

Is sad to see that this incompetent way of life has become part of everyday life in what used to be the greatest country in the Southern hemisphere.

Link to comment
Share on other sites

Ja ou BB, not what it use to be, but hey spare a thought for those of us that still have to hang in there for MONTHS and MONTHS.... , but you go and enjoy yourself in OZ, ons sal maar f&%%g sukkel... :cry:

Link to comment
Share on other sites

Alida!

jy kan Milnerton Polisiestasie toe ook gaan. Dis in 'n gebou net agter die hoofingang - op Koebergweg aka M5 Milnerton.

ek het hulle baie behulpsaam gevind in Februarie. oop van 08:30 - 15:30 weeksdae. vat jou ID, R53 (ek dink?)

daar was 5 van ons en dit het so 30 min gevat. o ja, daar was seepmengsel en ' n wasbak met 'n handdoek (amazing)

Antoinette

Link to comment
Share on other sites

BB julle het definitief die slegste tyd gekies om Kaap toe te kom. Dit is die aakligste weer denkbaar dit het vanaand so geblits en donnerweer hier ek het nie geweet of ek onder my bed moet gaan skuil nie. En nee ek bly nie khayalistha nie :cry: ....

Wanneer vlieg julle OZ toe?

Sterkte met als en geniet die laaste tydjie in die Kaap!

Link to comment
Share on other sites

Net oor skoon/nie skoon piepieplek.

Was nou die dag in Perth middestad toe my tweede "flat white" coffee van die oggend netjies in my blaas inwarrel en ek MOET PIEPIE. Net netnou nie - NOU DADELIK ONMIDDELIK!!!

Ek dog, o wee, ek en 'n vuil toilet - publieke toilet in die middestad - wat kan ek verwag???

En ja - julle kan nou weer self dink: Utopia Australie.

Middestad publieke toilet - SILWER SILWER SILWER SKOON. Verniet - nie 'n R2 ingooi vir die voorreg as die natuur roep nie!!

Net NOG 'n rede.....

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...