Jump to content

Hartseer nuus kort voor ons gaan


FAB

Recommended Posts

Ons vlieg oor 3 weke Adelaide toe en ons het gister die hartseer nuus gekry dat my pa skielik oorlede is na 'n kort siekbed. Hy het skaars 5 weke terug nog vir ons goed gebring om saam met die container te stuur, maar het kort daarna longvliesontsteking gekry en is hospitaal toe. Gelukkig kon ons en die kinders hom vir 'n naweek sien na hy ontslaan is.

Ongelukkig was hy 'n strawwe roker en hy het agv 'n kankergewas wat sy rugmurg senuwees dooddruk skielik binne dae heeltemal verlam geraak en is vir toetse Bloemfontein hospitaal toe, waar hy die afgelope 3 weke gele het. Daar het hy longontsteking gekry asook 'n bloedklont in sy been van die stil le, waarvan stukkies afgebreek het in in sy longe in is. Ons het 'n week terug die oproep vanaf die dokter gekry dat ons dadelik moes kom as ons hom nog wou sien, aangesien hy baie swak en sterwend was. Ek en my vrou het toe onmidddelik deurgery van Pretoria Bloemfontein toe, en kon nog tyd met hom spandeer en sorg dat hy gemaklik was en alles kry wat hy nodig het.

Gelukkig het hy goed gereageer op die antibiotika wat hulle hom gegee het, en het met tye beter geraak. My suster en ma was die afgelope 2 weke heeltyd by hom en my broer en sy vrou het van Londen af gekom om hom nog te sien. My pa was baie bly om al sy kinders by hom te he en ons kon weereens 'n goeie tyd saam met hom beleef.

Ongelukkig het hy 'n tweede keer longontsteking opgedoen terwyl hy daar was en is gistermiddag oorlede. Ons gaan hom baie mis, maar is dankbaar vir die tyd wat ons saam met hom gehad het en al die goeie herinneringe en dat ons nog hier is om sy begrafnis te kan bywoon.

Ek sal julle gebede in hierdie tyd waardeer, veral vir my ma wat nou alleen agterbly en met ons weggaan moet "cope". Hy het nou net so goed begin regkom met die rekenaar en tegnologie, maar ek sal nou my ma 'n crash course moet gee in Skype sodat sy ons darem gereeld kan "sien".

Ons is ook veral dankbaar dat hy die vreugde gehad het om sy 3 kleinkinders te kon ken. Vir hulle sal hy altyd Oupa Plaas bly.

Antoin, Carla en gesin.

Link to comment
Share on other sites

Hi Fab en gesin

Julle en veral jou ma is in my gebede. Ek is bly dat julle tyd saam met hom kon spandeer en dat hy al sy kinders weer kon sien voor sy afsterwe. Ek is ook dankbaar dat dit gebeur het terwyl julle nog daar was en nie alreeds in Australia nie, ek dink dit is soveel erger as mens so ver weg is.

Sterkte vir alles wat voorle, ek dink aan julle

Groete Petro

Link to comment
Share on other sites

Ai ek is vreeslik jammer om van hierdie nuus te hoor.

Julle is almal in ons gebede en sterkte vir die tyd wat nou voor le.

Groete

Nats

Link to comment
Share on other sites

Baie jammer om van jul hartseer te verneem. Ek is bly julle kon darem vir hom 'n laaste keer sien en groet. Dit beteken baie. Met jou ma se verandering van omstandighede, kan julle dalk vir haar as afhanklike bysit? Dan trek sy sommer saam :ilikeit:

Baie liefde en simpatie oor die tyd vir julle almal.

Link to comment
Share on other sites

Ek is vreeslik jammer om te hoor van julle verlies. Julle is in ons gebede. Sterkte vorentoe.

Link to comment
Share on other sites

Beste Antoin,ek is seker dat jou pa bly sou wees om hierdie mooi woorde oor hom vanaf jou te hoor.Dink aan julle.GROETE

Link to comment
Share on other sites

I am very sorry to hear about the loss of your father. You and your family are in my thoughts during this difficult time.

Link to comment
Share on other sites

My en my gegin se harte gaan uit na julle - mag daar krag kom van Bo en voorsped op julle pad.

Jaco

Link to comment
Share on other sites

Ai julle ek's so jammer oor julle groot verlies. Dit gee 'n baie groot knop in die keel. Sterkte vir julle en veral vir julle ma ...

Ek sal julle in my gebede opdra.

Naomi

Link to comment
Share on other sites

FAB en familie.

Baie sterkte vir die tyd wat voorle. Julle is in ons gebede. Mag die Here julle lei deur hierdie hartseer en moeilike tyd wat voorle.

Groete

Tania

Link to comment
Share on other sites

Anton, ons innige simpatie. Ons hou julle in ons gebede, en ons stuur sommer baie liefdevolle gedagtes na jou ma se kant toe.

Groete

Melissa & Familie

Link to comment
Share on other sites

Ja die lewe is baie onvoorspelbaar ek en Rene was nog vol grappe en wat ons moet doen en klaar kry vir ons trek OZ toe, en ek sien sy het klaar geriageer op die thread. Toe kry sy n oproep van ons swaer, haar suster le in die hospitaal sy het vanoggend wakker geword en vir haar man gese haar linker kant van haar lyf is lam, hulle is dokter toe en sy le nou in ICU sy het erg kanker in altwee kante van haar brein en een van die gewasse is besig om te bloei die spesialis is op pad van Kaapstad, hulle bly in Hermanus.

Net die vorige week het Rene vir haar gaan kuier vir n week en hulle het die snaakste goed saam gedoen en baie lekker gekuier wys jou net elke dag moet net niks minder as foluit wees.

Link to comment
Share on other sites

Ja die lewe is baie onvoorspelbaar ek en Rene was nog vol grappe en wat ons moet doen en klaar kry vir ons trek OZ toe, en ek sien sy het klaar geriageer op die thread. Toe kry sy n oproep van ons swaer, haar suster le in die hospitaal sy het vanoggend wakker geword en vir haar man gese haar linker kant van haar lyf is lam, hulle is dokter toe en sy le nou in ICU sy het erg kanker in altwee kante van haar brein en een van die gewasse is besig om te bloei die spesialis is op pad van Kaapstad, hulle bly in Hermanus.

Net die vorige week het Rene vir haar gaan kuier vir n week en hulle het die snaakste goed saam gedoen en baie lekker gekuier wys jou net elke dag moet net niks minder as foluit wees.

Baie dankie vir die oorweldigende bemoediging van almal - ons waardeer julle gebede en woorde baie. Al ken ons mekaar nog nie almal nie, bly ons broers en susters in Christus.

Rene, baie sterkte vir julle ook - ons bede is dat dit 'n volkome omkeerbare tipe kanker is wat jou suster het en mag sy volkome herstel. Sterkte vir die pad vorentoe. Sulke dinge gee nuwe betekenis aan die uitdrukking mens moet elke dag leef asof dit jou laaste is...

FAB

Link to comment
Share on other sites

WIl net my teenwoordigheid hier byvoeg, my simpatie/empatie aanbied en jul laat weet ons bid vir julle, asook vir Rene hulle. Sal ook vir jou ma bid FAB. Ek dink aan elkeen van julle, en onthou - julle is nie alleen nie.

Groetnis,

L

Link to comment
Share on other sites

Ons is so jammer om te hoor van julle verlies, mag die Here julle versterk in hierdie moeilike tyd.

Link to comment
Share on other sites

Hi Anton en gesin,

Mag God julle omhul van sy liefde en vrede in hierdie tyd. Mag Hy julle dra wanneer julle voel julle nie meer kan loop nie en mag die wonderlike herinneringe van jou Pa en Oupa vir altyd by julle bly.

Baie sterkte vir julle en ook vir jou Ma, stuur asseblief vir haar ook ons wense.

In Jesus Naam.

Amen

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Ek sien nou eers hierdie. Ag nee, dis regtig jammer om te hoor van julle hartseer.

Ek is saam met julle dankbaar vir die tydjie wat julle gehad het om totsiens te se. My pa is 2 weke na ons Engeland toe geemigreer het baie onverwags en skielik oorlede. Ons kon nie bekostig om terug te vlieg nie. Dis baie beter as mens daar kan wees en kan fisies afskeid neem en die ding agter 'n mens sit - jy verwerk dit beter.

Edited by Annette
Link to comment
Share on other sites

Liewe Fab, Johnny en Rene

Ek sit en lees oor die hartseer wat julle deurmaak.

Ek is vreeslik jammer en net Onse Vader het die regte raad en antwoorde vir julle.

Sterkte daar is baie wat aan julle dink.

Ek het ook hartseer op die oomblik.

My skoonma is in Januarie al gediagnoseer met kanker.

Sy het dit nog die heeltyd vir almal weggesteek.

Laas Sondag sak sy inmekaar en moes ons toe hoor dat sy drie tot ses maande oor het.

So tussen die gestoei om huis, karre en meubels te verkoop, die bespreking van ons trek te doen skoonmaak etc etc.

Julle almal weet waaroor dit gaan, kry ons toe skielik die nuus ook.

My man is alreeds in Australia en ek moes hom bel en die nuus gee.

Dit was nie maklik nie, maar met genade sal ons deur alles kom.

Sterkte vir julle

Nita

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...