Jump to content

Melanien en doofheid


Kapoen

Recommended Posts

As daar nog wetenskaplikes oor was in SA sou hulle met my moes saamstem, hoe goed jy kan hoor, hou direk verband met die hoeveelheid melanien in jou vel .

Ek het hierdie verskynsel ander dag vir die eerste keer in die apteek se ry waargeneem. So 2 mense voor my staan Tannie Soes* (nie haar regte naam)

Die apteekstertjie is vars gegradueer by die Universiteit van die Noorde en flink en vinnig op haar pos, sy vra vir Ant Soes iets wat so klink: “Esite festaaim ukameâ€

Tannie S glimlag beleefd en vra “Escuse me?â€

“Esite festaaim ukameâ€

Tannie Soes se glimlag trek so effe skeef, maar sy het goeie maniere so die proses herhaal homself so 4 of 5 keer.

Die tannie dink later sy kort 'n gehoor aparaat want sy krap krap aan die oor en sit later amper bo-op die toonbank om nader aan die apteker se mond te kom. Die res van ons hang al amper aan die tannie se kouer soos ons ook vorentoe beur om beter te hoor.

Voor daar moleste uitbreek sê iemand hier van agter uit die ry: “sy vra Is-it-the-first-time-you-come-hereâ€. En daar gaan die lig vir my, ses ander mense en tannie Soes aan! Oooooo sien jy op ons almal se gesigte. Ek kyk rond en sien die persoon wat nog kan hoor is bietjie blas van vel en die klomp dowe klotte voor links en agter my is almal bleeksiele, vandaar die teorie.

Ek staaf dit natuurlik uit persoonlike ondervinding, ek moes onlangs iemand terug skakel , ongelukkig het die persoon wat die boodskap neem die laaste nommer nie mooi gehoor nie en moes ek 2 opsies probeer. Die telefoniste antwoord te flink : maar voor sy ‘n woord uitkry oorval die naarheid haar en braak sy in ‘n papiersakkie so in my oor, of so klink dit in elk geval. Ek probeer toe maar die ander nommer. In die supermark lyk ek soos een van daardie iriterende mimiek kunstenaars, klerk vra my iets en ek wys met die vinger na items tot hulle vir my die kop skud en se yes yes. Ai dit is erg hoor en ek is nog so jonk!

Ek het later op ‘n plan van aksie besluit om te verhoed dat mense nie agterkom hoe doof ek geword het op my ouderdom nie, en vra nou vir die spelling van alles.

Dit het nogal vir my gewerk behalwe dat mense my bietjie snaaks kyk, tot ek my dogter se CV moes koerier na ‘n privaat lugredery aan die rand.

Ek vra die dametjie vir die adres wat toe so klink: “ Cona Wam Nicol and behsehshe Driveâ€, ? He? Na so drie probeerslae sê ek toe maar "Corner William Nicol and.... , can you spell that for me please.

Waarop sy baie hulpvaardig in “idiotspeak†vir my sê: D…R…I…V…E!

Toe stuur ek maar net die pakkie aan na Lanseria!

Edited by Kapoen
Link to comment
Share on other sites

Ai, jou lieflike mens! Ek rol nou van die lag dat die trane loop. My arme siek man (soos net 'n man kan siek wees) het tot 'n smile gekry toe ek hom die maak lees (lag is die beste medisyne ;))

Link to comment
Share on other sites

Ai, jou lieflike mens! Ek rol nou van die lag dat die trane loop. My arme siek man (soos net 'n man kan siek wees) het tot 'n smile gekry toe ek hom die maak lees (lag is die beste medisyne ;))

Dankie Polly

I aim to please, solank ons nog kan lag is ons nog OK!

Link to comment
Share on other sites

Giegiegie !!!! Jip, klink my hoe ligter hoe dower ! Was ook al self in so 'n situasie en die ergste is dat die horendes nie kan verstaan dat jy nie kan hoor nie ! Eish ...

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...