Jump to content

Van selfone en diens


Kapoen

Recommended Posts

Hier is die ding, ek beskou myself as ‘n baie geduldige mens, of ek het altyd. Vrydag maak ek toe die monumentale fout om my dogter se stukkende selfoon by “Vedontcare†te gaan ingee. Hier bo by ons in die Noorde bly ons in die middel van die destydse “trust†gebied, en wanneer hierdie stat (ja dit is die spelling wat ek wou gebruik) vol raak met maand einde kopers raak hy goed vol.

Maar ek moes, ek kon nie anders nie, sy gaan Kaap toe vir ‘n rukkie en die selfoon moet saam, pappie se hart sal nie hou as hy nie elke 4 uur ‘n “look for me†sms kan stuur om te sien of doggie nog daar is waar sy moet wees nie.

Ongelukkig vir my is die enigste “Vedontcare†in die Limpopo Mall, as jy soontoe gaan moet jy eers inskryf vir 2 weke se verpligte selfverdedigings klasse en jou “How to spot a tail†sertifikaart moet op datum wees.

So gesê so gedaan, dit alles agter die blad ry jy versigtig die parkeer area binne, niks sigbaars in die kajuit van die bakkie nie, vensters toe, deure gesluit en jou oë op al 3 spieëls gelyk.

Op die stadium voel ek reeds klaar omgekrap want die vreeslike rondkyk tussen die spieels maak my half karsiek..

Die laaste 4 dae gaan Pietersburg gedruk onder ‘n hittegolf, een oggend het ons wakker geword en Lente verbygespring reguit in die Somer hitte in.

Niemand het vir die personeel by V/care laat weet nie en die A/C hardloop nog op 38ºC soos wat hy vir die wintermaande gestel is. Die winkel is die groote van my ouma se voorportaal, gelukkig net twee klante voor die toonbank. Daar staan 4 agter die toonbank en my hoop vlam hoog!

Maar vergeefs 2 van hulle is net daar om die “corporate imge†te bemark. “Ve don’t careâ€. Na so halfuur in die versengende hitte, maak ek die deur oop omdat my asem nood hoog raak, al die suurstof is 2 ure terug al uit daai vertrekkie getrek en almal asem nog net koolstofdioksied in. Seker die dat die diens so traag is en die oë so dof en veraf.

Teen die tyd wat dit my beurt is voel ek soos ‘n pasgebore kalf, wankelrig in die kniee en sopnat. Ek groet beleefd in Afrikaans, en verduidelik my dilemma, die "vriendelike " assistant veduidelik vir my sy verstaan nie. Klink so iets; “No!Say English.†Terwyl sy my aankyk asof ek die een is wat laas maand se pap alleen opgeet het.

Ek verduidelik toe maar in Engels dat die foon homself afsit en nie weer wil aansit nie.

“You mas press thees batten, did you try it?†???

Hê? Nee Queen Latifah ek het gedink ek kan dit telapaties doen, en toe dit nie werk nie het ek die agterkant gevryf in die hoop dat die foon so opgewonde raak dat hy sommer vanself die knoppie druk.!!!

“O†sê sy “jy es omgeskek†en roep vir Wilson nader om vir hierdie vertraagde tannie te verduidelk hoe om die knoppie te druk. Teen die tyd staan die stoom op my kop, letterlik, het ek genoem buite was dit 34ºC en binne 38º?

Wil iemand ‘n stukkende selfoon hê?

Link to comment
Share on other sites

Eish. mevllou.

Ek raak sommer weer bly - ek weet ek het die regte besluit geneem om my vrou en kinders uit hierdie hell-hole uit te haal.

Amper daar. Ek sukkel nou juis met vodacom se internet spoed - ek kry op die beste 'n hele 52kb/sec uit my selfoon uit. In Windhoek het ek op 3G actually 256kb/sec gestrike. Kan jy glo?

Link to comment
Share on other sites

I took my wife to the yacht club in PE this afternoon for lunch. The semi-literate at security asks my wife through the window "you got boot?!". Apparently the security lady would like to view the contents of our boot compartment - its a bloody Touran with an open trunk section (like a kombi) with windows on all sides. No smiles - no thank yous - just dirty stares!

Roll on next month when I am in Melbourne! This African has had enough of Africa and her manners.

Link to comment
Share on other sites

En toe raak dit seker sommer 42 grade met die stoom wat so staan! Hoe lekker het ek nou gelag! So, so bly ek is nie meer daar nie!

Ek sou al lankal geswets het vir vinniger diens, sommer so op die toonbank geklap het met my hand en geskree het "SERVICE PLEASE!"

Ek sal maak of ek die persoon se naam neerskryf en wil rapporteer, dan moet jy sien hoe spring hulle. Hulle is mos vreeslik bang as hulle sien jy skryf goed neer. En praat kliphard sodat almal kan hoor, dit help nie jy is diskreet en goed gemanierd nie...hardegat is die way to go.

Wat ek nie kan vat nie is chappies kou...as ek sien daai kakebene beweeg soos 'n bees wat herkou begin my Touret sindroom inskop. En die anger management klasse is dan ook vergete.

Is die foon nou reg?

Ha ha ha nog steeds vir jou beskrywing!

Link to comment
Share on other sites

Blossom

Die hartseer feit is ek gaan alle waardigheid verloor as ek weer moet gaan, my man is gelukkig handig met die tipe goed en het hom sommer gisteraand self reg gemaak, ek het besluit bogger die waarborg maar daardie winkel sien my nie weer nie!

Ek het so rukkie terug myself verloor in die Jet winkel, ek was al halfpad oor die toonbank toe my tiener seun, wat tot op daardie stadium probeer maak het of hy nie saam met my is nie, my so aan die enkels van die toonbank afgetrek het. Ek dink my "restraining order" verval darem een van die dae...

Link to comment
Share on other sites

Ja! Ek dink daar sou baie meer restraining orders gewees het as die justice system nie ok van afrika was nie...

Ek het jare gelede een dag in Makro beleef hoe 'n Duitse persoon sy hele vrag inkopies met die arm van die toonbank afgeVEE het met 'n woedende "THERE IS NO SERVICE IN THIS PLACE". Dit sou snaakser gewees het as dit nie so tragies waar was nie. En dit was nog in die "goeie ou dae"...

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...