Jump to content

Die eerste vlug


Biltongboer

Recommended Posts

Vanoggend is ons vroeg op, daars nog tasse om te pak en dinge om te doen. My broer-hulle kom haal ons by my ma se huis, en van daar af trek ons hele klomp lughawe toe.

Windhoek se internasionale lughawe lê mos daar doer in die bos, as jy die eerste keer daar land dan dink jy dis dalk verkeerde plek. Jare terug het die UNTAGS blykbaar sommer uitgespring met hulle groot gewere en die hele aanloopbaan vol ge-ontplooi. Hulle dog dis die operasionele gebied die. Jy sien nie eers 'n stukkie van Windhoek of enige beskawing uit daai vliegtuig uit nie.

Daar gekom, is dit eers wrap-tyd. Daai plastieksakke wat hulle so plak om jou tasse, sodat een of ander inboorling nie jou zippies oopmaak en jou sjampoo-botteltjie steel sodat hy dit Wamboland toe kan pos vir sy meme nie. Die mense sal selfs jou ou vuil stink plakkies ook steel. (Dit het eendag met my gebeur in Mosambiek, by the way. Maar dis 'n ander storie daai.)

Ons betaal heavily vir die platiekbedrywe, en van daar boek ons in. Die gewig werk net mooi reg uit. Ek het maar gehou by die 20kg per persoon, daai immigration-storie wil Air Namibia mos nie voor val nie, en ek sien nie kans om 200kg se bagasie op my eie rond te stoot in 3 waentjies terwyl my gesin die lughawe vol rondhol nie. Ek hou maar by die 100kg vir die 5 van ons tesame.

Ons gaan sit en drink koffie in die restaurant en praat oor koeitjies en kalfies – die groetery is maar moeilik.

Ons sien later dis nou tyd om in te gaan, en ons sleep oor na die inboekplek toe. My ma is hartseer, syt daar buite by die kar ook al eenkeer in trane uitgebars. Nou moet ons almal groet, almal kry 'n stywe druk. Ek en my skoonsussie druk mekaar lank en die trane wil net loop. Oral is nattigheid op almal se wange te sien.

Klein Anica weet nie regtig wat aangaan nie, eers dink sy sy gaan saam met Oom Nico ry, en nou dink sy ons ry iewers anders heen. Sy groet met 'n groot smile en waai haar hand amper van haar lyf af. Ons stap deur, en ons kan nog net-net so deur die gerookte ruite die ander buite sien. Ons waai vir oulaas vir almal. Ek dra my kamera-sak, my laptop-sak en nog 'n sak – ek sukkel met al die laste.

By die strip-search plek word my vrou amper gevra om heeltemal te strip. Ek wil net begin fotos neem – dit raak nou wild hier. Sy trek later haar skoene uit, haar belt, haar hangertjie - maar die masjien hou net aan skrou as sy deurloop. Hulle sien later hierdie girl kan nie 'n vlieg skade aandoen nie, en laat haar maar deur, al skreeu die masjien nog steeds en die liggies brand vir die vales.

Sy vroetel later in haar jean se gatsak, en vra vir my of ek dink die ding sou die masjien laat skrou het: Dis een van daai magneetprentjies wat jy op die yskas plak – so groot soos 'n kredietkaart omtrent. Ek wil my pap lag – natuurlik sal daai magneet die masjien laat sing. Plaas dat sy eers in haar sakke krap voor sy begin strip!

Ons sit en wag vir die vliegtuig, en uiteindelik word ons mooi gevra om op te klim. Dis 'n storie om drie kinders by mekaar te hou as jy almal se truie, ekstra sakke, kombersies, dolfyntjies en teddie-bere moet saamsleep.

Ons sit darem almal langs mekaar. Michael sit langs my, en die drie vroumense sit bymekaar. Daar word koeldrank aangedra, en later bring hulle kos. So affere met eiervrug by – ek en Michael vreet maar so rondom die eiervrug en eet die appel-tertjie en die chocolate vinnig op.

Ons vra die koffiemoffie of die kinders maar na die kaptein se kantoor daar voor toe kan gaan. Ek gaan saam met hulle. Dis net liggies en knoppies waar jy kyk, en hulle wys ons daar doer in die verte is sneeu op die Kaap se berge. Die pilot vra wie van my kinders wil 'n pilot word, maar hulle altwee wys duidelik dis benede hulle. Die pilot is nie impressed nie.

Ons land later, en moet op die bussie klim. Anica is kwaad toe sy moet afklim van die bussie af, want sy wil op 'n sitplekkie gaan sit. Ons is heel aan die einde van die paspoort ry, maar toe ons by die tasse kom, toes al ons tasse klaar daar. Die ouens wat voor in die ry ingedruk het, se tasse is nog nie daar nie. Hoe lekker kry ek nou.

Wel, dis dit, my swaer het ons hier deur Kaapstad se verkeer gevat tot by hulle huis. Ek sien ek is nog nie uit Afrika uit nie. Hier staan oral mense rond, hang teen die pale, lê op die sypaadjies. By elke robot is daar een of ander skepsel wat crap aan my wil verkoop by die kar se ruit. Sulke speelgoedjies met wielietjies, lisensiehouers vir jou kar, en wie weet wat nog. Op een muur sien ek klomp name gespray-paint. Een van die name is Pielie. Kan jy glo.

Wel, ek het nou vir oulaas vandag na Namibia se dorre grond gekyk uit die lug uit, en gewonder of ek ooit weer dit gaan sien.

Link to comment
Share on other sites

Lekker man. As jy oor ons vlieg, vra die pilot om 'n victory roll te maak. Waai maar vir ons arme drommels wat agter bly. Vlieg veilig, land sag

Link to comment
Share on other sites

Ai Biltongboer, ek is sommer saam met al die familie wat agterbly hartseer. Dis nogal 'n emosionele storie. Ons vlieg die 21e, en ek huil nou al, sommer net as ek by die winkel verbyry en dink dis dalk die laaste keer. Ek is maar so emosioneel, so ek dink nie almal doen dit nie :ilikeit: Ek is net bang ek huil van hier tot op die vliegtuig, en dis nogal 'n paar uur se huil. Ons wil so graag in Oz wees, maar mens besef eers hoe diep jou wortels hier le, wanneer jy besef jy gaan nie meer hier wees nie.

Sterkte vir julle, geniet die Kaap, en ons is op jul hakke! En emigrasie is NIE vir sissies nie!!!

Link to comment
Share on other sites

Dit bly 'n emosie belaaide gebeurtenis. Al sê ons almal moet ophou vasdruk en huil. Maar eintlik laat dit ons goed voel, want ons weet hierdie mense het ons lief.

Toe ons so 4jaar terug Canada toe is via London, toe sê ek ook vir my kinders. Kyk en kyk goed, want julle sal hierdie plekke waarskynlik nooit weer sien nie. My seuntjie het gespot dat hy nie sy oë sal knip nie!

'n Mens voel seker so die laaste paar dae - veral jy toe jy uit Namibia uit vlieg- dat jy alles wil inneem met al jou sintuie, want jy weet nie of jy dit ooit weer sal sien nie.

Maak die beste van julle laaste paar dae in die Kaap en RSA!

Link to comment
Share on other sites

Biltonboer,

Ek is eintlik 'n soutie, so my Afrikaans is baie swak. Maar ek hou daarvan om sulke stories te lees, want ek moet mooi stadig lees net ingeval ek iets mis. Jy skryf baie mooi, hoor! Terwyl ek jou storie nou lees dan dink ek by myself hoe dit gaan vir my wees as ek eendag moet waai. Veral my vrou, wat seker die laaste wil wees om Suid Afrika se ligte af te skakel. Sy's nog nie heeltemal convinced nie, maar hopelik sal ons LSD trippie die antwoord wees.

Voorspoed aan jou en jou gesin! :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hallo BB

Geniet al die opwinding. Ek herleef elke oomblik van ons vlieg soos ek jou verhaal lees.

Geniet dit!!!!!!!!!!!!

Martin

Link to comment
Share on other sites

Haai BieBie, Ek skryf min deesdae, maar lees altyd jou en Martin se sedinge. En ek geniet altyd jou en Martin se sedinge.

Ek beleef weer ons tyd, amper sewe jaar terug, so deur jou oge. En ek wonder myselwers of ek ook so gaan voel oor NZ, kom Januarie.

Ek kan nie wag vir jou eerste indrukke van The Wonderful Land of Oz nie. Maar ek glo daai Piiith-wereld waarheen jy gaan, gaan net so in jou suidwesbloed kom le soos daai stofland waar jy vidaan kom.

Sterkte vir die laaste stresse. Jy is oor die ergste. Dit kan net lekkerder raak.

Miaau

Link to comment
Share on other sites

Hi, BB !!

Welkom in die koue, reënerige Kaap-van-Storms ! Wat 'n verwelkoming ... geniet die vakansie, dit lyk darem asof daar bietjie sonskyn is later die week.

Mag net die mooiste vir julle voorlê !!

Link to comment
Share on other sites

BB,

Tipies n storie so uit jou hart aan ons almal. Wat het ons verwag, hoop jy bere al die goete en sit dit eendag in n boek, IMMIGRATION NOT FOR SISSIES !

Lekker julle, julle moet die paar dae geniet en hou ons asseblief op hoogte van verdere verwikkelinge.

Groetnis

Rene

Link to comment
Share on other sites

That had me with mixed emotions, happy for you that you are on your way, but sad at the same time as I realise how difficult that last little bit will be.... (I Sound like a "girl" - LOL)

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...