Jump to content

Laaste dag in Nambabwe


Biltongboer

Recommended Posts

Ek moes gister die kar se roadworthy toets gedoen het. Ek kom tienuur daar aan, hulle se nee, hulle maak eers eenuur oop vir applications. Daar sit klaar 'n ry van 12 ouens. Great. Ek het twee-uur 'n afspraak met die nuwe huis-eienaar wat die huis kom oorvat en die sleutels wil oorneem.

Ek probeer toe maar gou my hare sny en die telefoon rekening kanselleer. Ek kom by die haarkapper aan – ek vat nou 'n kans, ek het nie 'n afspraak nie. Hulle sê dis fine, daars 'n gap vir my.

Daar word nie gesjampoo of geniks nie, sy vat so spuitkannetjie en begin knip dat die hare waai. Ek dog hier gaan ek ten minste vandag 'n cheap haircut kry. Sy knip-knip, en toe sy klaar is stof sy my af en ruk daai doeke van my skouers af. Ek dog great, hier kry ek goedkoop haircut, man, hulle blow-dry nie eers my hare of niks nie. Kom by die counter aan: R70.00, meneer.

Ek dog ek sluk my adamsappel twee keer dwars in. Liefen loofen, die tannie by wie ek altyd sny vra R60 - sy was my hare dat dit voel asof ek in 'n massage parlour is, en dan sit sy gel-goete in en blow-dry tot alles mooi droog is. Nou ja, nous dit te laat. Hulle kan nie die hare weer terug druk nie, ne?

Ek kom daar by Telecom Namibia se shoppy in die mall. Dis so massiewe winkel met blou ligte en alles wat blink. Dit lyk amper soos 'n Hillbrow nightclub of iets. Daar is niemand agter een van die vier counters nie. Ek sien hier's 'n tafeltjie aan die kant met klomp aansoekvorms wat ek kan invul. Ek soek, ek kry later die vorm wat my help om die rekening toe te maak. Al probleem, hys vier bladsye lank, en daars nie een pen in daai hele Teleshoppie om hom mee in te vul nie. Ek vat maar die vorm saam huis toe, miskien (as ek lus voel) vul ek hom in.

So baie moeite, net om te sê jy sny jouself af en jy willie meer betaal nie? Ek sal myself die moeite spaar en wag tot hulle my afsny. Ek kry mos elke maand 'n vriendelike oproep wat my vertel my rekening is nie betaal nie en ek gaan in die sop beland as hy nie gister al betaal is nie. Dan het ek hom al 'n week vroeër oor die internet betaal. Dit sal interressant wees om te sien wat maak hulle nou met my onbetaalde rekening.

Intussen vind ons uit die huis-agent het nie die munisipale rekening op die antie se naam gesit nie, dit nadat hulle die laaste maand se uitstaande bedrag by my finale tjek afgetrek het - ewe mooi met 'n tjek by en alles. Eish. Wat wed ek jou die fout lê by die Mislikepaliteit?

_________________

Dit was nou alles gister.

Vandag wag ek dit na die Mislikepaliteit toe, en gelukkig loop ek die nuwe huis-eienaar daar raak. Syt klaar gat geskop links en regs, en sy moet net saam met my na mev Silver toe gaan en dan's ons uitgesort. Na 'n lang waggery in die gang is ons uiteindelik by Mev Silver en die storie word uitgesort. Ek gaan betaal my laaste dues aan die patetiese City of Windhoek, en dis die laaste keer dat ek help om al die fat cats se salarisse te betaal. Vir ewig. Hierdie manne trek VET salarisse by hierdie munisipaliteit, met 'n budget wat van een jaar na die volgende sommer van 1 miljard geklim het na 1.5 miljard. 50% increase in een jaar – lekka ne?

Ek gaan soek toe vir Telecom. Ek wil my rekening gaan afsny. Nee, sê hulle, ek het 'n 24 maande kontrak vir ADSL en daars nog net 'n jaar verby – ek moet die res betaal, mate. Gelukkig kry ek daar 'n perd se naam wat ek moet bel. Hy vra waantoe gaan ek en hoekom – is dit vir werksdoeleindes? Ek seg ja, ek gaan daarso werk en nou trek ek. Hy sê ek moet net bewyse van die goete bring dan skryf hulle die skuld af. Dankie tog, een keer wat iets hopelik reg uitwerk. Al probleem: ek vlieg more, en ek moet maar hoop dit gebeur soos wat die perd verduidelik het.

My pel Schalk moet nou pa staan vir al my sondes – hy moet die telefoon-rekening hanteer, die drie karre se verkope, my insurance, en so aan en so aan. Die arme man gaan my seker nog lekker skel omdat hy sy hulp aangebied het.

Die storie by NATIS met die kar se roadworthy het my amper finaal geknak. Amper is ek in die Groendakkies die dag voor ek vlieg. Ek het net nie meer krag vir die Afrika-dêng nie. Ek sien die wagkamertjie is eenuur klaar toegestop met voorheen-benadeelde mense. Ek sien 'n perd daar, hyt 'n besigheid met die naam "Mr Roadworthy". Hy charge jou dat jy huil, maar hy doen alles vir jou – bribe die girltjie by die toonbank, the works. Die ou moet baie geld maak met die storie – no receipts, no VAT invoice, lekka man.

Hyt my kar se roadworthy deurgedruk, die man doen die dêng mooi man. Hy vertel my hy het 13 jaar lank vir Ritters Toyota gewerk, toe sien hy die mark is groot, toe begin hy drie jaar terug die besigheid.

Geld wat stom is, maak reg wat krom is.

Hier het vandag strome mense by my ma se huis opgedaag om te kom groet. Ek voel nou skoon moeg. Maar vannag sukkel ek seker weer om te slaap. My pa vertel my ma blykbaar dat ek hom nie like nie, en sulke goete – yikes, nou moet ek die goed ook uitsort nog. Wat hy nie weet nie, is dat ek reeds vir hom 'n baie nice brief geskryf het met foto en als by – om te sê hoe ek oor hom voel. Hy sal nooit weer kan sê ek gee nie om nie.

Ek het agtergekom ek praat dalk beter met die tikmasjien as met die tong saam. Nie dat dit veel beter is nie, maar dis die beste wat ek kan doen om te komminukeer.

My ma is weer vies want ons het nog net rondgehol vandat ons by haar hotel ingeboek het. Daars nie tyd vir tee drink en stront praat nie. Daar was meer as 12 jaar om dit te doen - ek kan nie alles in 'n paar dae indruk nie. Daars geen manier wat ons die laaste paar dae rustig kon sit en kyk hoe die son sak oor Afrika nie, ongelukkig is dit nou chaos. Ons probeer maar vanaand kuier, maar dit gaan maar vaal wees, want my ooglede hang al klaar weer.

Emigrasie is nie vir sissies nie…

Link to comment
Share on other sites

BB

Jy moet die storie geniet. Dink maar aan ons wat nog hierdie episode in IAfrica moet klaar maak. Ek gaan juis vandag my Bakkie se goed in Luderitz loop doen want hulle doen net die "crearance" op woensdae en die "loadwoarthy" op Donderdae. So geniet die tyd in die Kaap en hopelik is die res van ons nie ver agter nie!! ;)

JVN

Link to comment
Share on other sites

_________________

Dit was nou alles gister.

Biltongboer & family,

That was yesterday... your future in Aus is so bright that you'll have to wear shades mate! B)

What you are experiencing now, the nostalgia the pain of farewell, these are steps along this journey that many of us still need to make. I don't believe that it is ever easy...

Today you mourn and tomorrow you celebrate your new lives.

Be happy, be blessed... and let us know how it all turns out in the wonderful land of Oz. Thank you for sharing your experiences with us, your writing is honest and entertaining.

Best wishes & safe landings!

Andi & Gunther

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...