Jump to content

Dringende gebeds versoek


Nilo

Recommended Posts

Hallo julle,

Hierdie is 'n versoek dat julle almal asseblief vir Ilze, MartinP se vrou se Pappa moet bid. Hy is vanoggend met 'n hammer aangeval en geskiet in 'n hijacking in Durbanville in die Kaap.

Hulle is nou besig met 'n nood operasie.

Daar is krag in gebed!!

Edited by Nilo
Link to comment
Share on other sites

Ai tog... Hulle is in my gebede. Laat ons asb weet hoe die operasie afloop. Mens weet nie altyd of mens woedend of hartseer moet wees oor die sinnelose geweld nie. Sterkte.

Link to comment
Share on other sites

Ag Nee!!! Ek kan nie meer al hierdie slegte nuus vat nie! 'n Baie goeie vriend van my se neef is so 2 weke terug doogeskiet toe hy sy ouers te hulp gesnel het toe hulle in die nag in hulle beddens oorval was. (Dit was in die koerante daar in RSA) En manlief se neef is hierdie week gehijack!!

Aan Ilze, MartinP en almal wat deur al hierdie aaklige goed gaan : mens kan net bid, want wat anders kan mens doen? Sterkte vir julle!!!

(Dankie dat jy ons laat weet het Nilo).

Link to comment
Share on other sites

Hallo almal,

Dankie vir die gebede!

Al nuus wat ek nog gehoor het, is dat die bullet deur sy ribbes, lewer, galblaas, pankreas en dunderm ook is!!! Die bullet sit in sy maag vas, wat naby is aan groot bloedvatte!

Hulle wag gou vir bloed vir hom, hulle eht 4 liter, maar de dokter is bang dit gaan te min wees, voor hulle opereer, maar hull het al aan sy arm begin sny!

Dankie vir die gebede!!

Ilze en MartinP

Link to comment
Share on other sites

Hallo almal,

Dankie vir die gebede!

Al nuus wat ek nog gehoor het, is dat die bullet deur sy ribbes, lewer, galblaas, pankreas en dunderm ook is!!! Die bullet sit in sy maag vas, wat naby is aan groot bloedvatte!

Hulle wag gou vir bloed vir hom, hulle eht 4 liter, maar de dokter is bang dit gaan te min wees, voor hulle opereer, maar hull het al aan sy arm begin sny!

Dankie vir die gebede!!

Ilze en MartinP

MartinP en Ilze,

Ons hou julle en julle familie in ons gebede. Mens worry maar altyd wat gaan word van die wat ons moet agterlaat in SA. Ons woon in Brackenfell wat reg langs Durbanville is en dis so erg om te weet al hierdie goed gebeur letterlik in ons agterplase.

God se genade is groot en mens moet Hom maar net altyd 1ste plaas in jou lewe.... Alle sterkte vir julle en hou ons maar verder op hoogte.

Groete

Tania

Link to comment
Share on other sites

Almal dankie vir julle gebede! Na 2 ure is my dad uit teater uit, hy gaan nou ICU toe en daar slapies vanaand.

My ma hulle wag vir die dokter, maar die operasie is darem verby!

Hy het dreinerings pype in, vir inwendige bloeding, en die dokters het al die organe gepatch wat hulle kon.

Die bullets is darem uit.

Die polisie het laat weet hulle weet glo wie die 2 mans is wat my pa aangeval het!!! Hulle moet net die bullets vergelyk teen hulle geweer.

Link to comment
Share on other sites

Julle dis skokkend! Hoop dit gaan gou beter, laat weet ons. Ons dink aan julle!

Link to comment
Share on other sites

Ilze en Martin

Baie sterkte, ek bid vir hom, en ook vir julle en julle familie.

Ek lees gereeld julle blog, en ek beleef elke nuwe oomblik saam met julle, want ons is oor 3 weke in Brisbane. Hou moed, ek is bly hy is uit die teater, en dat alles sover goed gaan.

Link to comment
Share on other sites

Hi Martin en Ilze

Ons sal julle in ons gebede hou. Sterkte.

groete

Div en Karen

Link to comment
Share on other sites

Hi Martin en Ilze

Ek was vandag paar keer deur Durbanville. Dit is erg om te lees op 'n forum die aand as jy by die huis kom wat gebeur het in die area. Dit maak mens siek.

Ons dink aan julle.

Johan & Karen

Link to comment
Share on other sites

Martin en Ilse

Ons bid vir die volkome herstel van julle pa.

Baie sterkte!

GODDELIKE OORWINNING

Gegrond in die Goddelike standvastigheid,

beskerm deur Goddelike sorg,

kan ons die lewe se beproewings hanteer,

verseker van oorwinning.

B.J.HOFF

2 Korintiers 4:8-9

In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie;

ons is oor raad verlee, maar nie radeloos nie;

ons word vervolg, maar nie deur God verlaat nie,

op die grond neergegooi, maar nie vernietig nie.

Link to comment
Share on other sites

MartinP en Ilze, ek voeg my gebed by almal hier bo. Ek huil oor die lyding wat ons volkie hier in SA moet deurmaak a.g.v. die wettelose, goddelose massas daarbuite. Mag jul pa volkome herstel en die goedheid en genade van God in sy lewe beleef. Mag jul ma toegerus word met krag en vrede, om hom te kan bystaan en die skok, vrees, woede en trauma te kan verwerk. Dis alles deel van my gebed.

Mag die HERE julle seën !

Link to comment
Share on other sites

All my prayers to you and your family. May your father's recovery be speedy and without complication. Will keep you and yours in my thoughts.

Link to comment
Share on other sites

Martin you and your family are in our prayers.

Link to comment
Share on other sites

Hoe gaan dit vandag met julle pa? Ek kon nie ophou aan julle dink nie. Dit is darem 'n verligting dat hulle moontlik die vreksels het wat dit gedoen het, maar dit is geen troos vir al die hartseer wat julle nou moet deurmaak nie. Sterk wees, en hou ons asseblief op hoogte!

Link to comment
Share on other sites

Was vannag wakker en gewonder hoe dit gaan. Kon nie wag om by werk te kom vanoggend dat ek kan sien of daar nuus is nie.

Ons almal bid.

Link to comment
Share on other sites

Ok ek het nou net met my pa gepraat en ek is nou in trane, dit was verskriklik!!!!! Hy kon nie eers 5 sinnetjies praat nie, toe ek weer hoor toe vat my ma die foon en se my pa is 'moeg' hy kan nie meer nie!!

Hulle sukkel vreeslik met sy longe, en hy haal nie lekker self asem nie, hulle koppel hom op masjiene!

Die bullet in sy lyf sit nog vas, hulle kan dit nie uithaal nie, dit is te gevaarlik!! So hulle los dit daar, is dit ok??? Kan jy met n bullet in jou lewe?

Op die einde toe se ek net ek is lief vir jou pa word mooi gesonde, toe se hy Visa Versa... :-)

Ek voel ek word effens in die donker gehou, ek weet nie of die dokter nie reg komunikeer nie, en of my ma en broer nie reg komunikeer nie, my pa het hoeveel ure terug die opperasie gehad, en nou hoor ek hulle kan nie die bullet uithaal nie dit is te gevaarlik!

;):cry: :cry: :cry: :cry: :cry: :cry: :cry: :cry: :cry: :cry: :cry: :cry: :cry: :cry: :cry: :cry: :cry:

Edited by Martinp
Link to comment
Share on other sites

Ai Martin & Ilze, dis verskriklik!!

Ek en Jacques dink aan julle, en kan net dink hoe magteloos julle moet voel...

Hou moed!

Baie, baie sterkte.

Link to comment
Share on other sites

Daar behoort nie probleme te wees met die koeël wat nog in is nie. As dit op 'n stadium begin beweeg, kan hulle altyd dan ingaan en dit verwyder, want dit sal op 'n veiliger plek wees. Hy sal dan ook baie sterker wees (dit sal nie in jare, indien ooit gebeur nie). Sy liggaam sal heel waarskynlik net weefsel (scar tissue) rondom dit opbou en hy sal dalk die 'metal detectors' afsit by die lughawe. (onthou die dockter's brief as hy kom besoek vir julle in Aus :ilikeit:)

Omtrent die asemhaling, dit is normaal. As hulle so opereer het op die maag, is dit moeilik om daarna asem te haal weens die sny (onthou jy gebruik jou diafragma). Die masjiene gee heel moontlik net vir hom lug met baie suurstof om hom te help omdat hy nog vlak asemhaal. Die feit dat hy al kan praat en vri kort rukkies op sy eie kan asemhaal is 'n goeie teken. hy het vinnig bygekom. Dit klink hy sal goed herstel.

Dis moeilik as familie so ver is en jy kan nie self informasie kry nie. Ek is gelukkig dat my skoonpa ('n internis) met die dokter kommunikeer wat na my pa omsien. Nou kry ek die 'kliniese' antwoord, wat baie help, want jy weet nie hoeveel emosie is betrokke by informasie van familie nie. As jy familie het met 'n mediese agtergrond, mag dit help as jy die vra om met die dokter te praat. Dokters is ongelukkig van nature skugter vir die familie omdat hulle nie die familie te veel hoop wil gee nie. Sommige families (soos myne) neig ook om in te meng, so hulle is 'rather safe than sorry'. Glo daarin dat die informasie wat die dokter jou gee die ergste is wat hy verwag, so dinge kan net beter.

Ek weet dit is onstellend vir jou. My gebede en gedagtes is met jou. Huil soveel as wat jy kan en wil. Dit help rerig waar om die emosies uit te kry. *groot drukkie* van hier af.

Link to comment
Share on other sites

Ok ek het nou net met my pa gepraat en ek is nou in trane, dit was verskriklik!!!!! Hy kon nie eers 5 sinnetjies praat nie, toe ek weer hoor toe vat my ma die foon en se my pa is 'moeg' hy kan nie meer nie!!

Martin & Ilze

Julle gesin is in ons gebede. Laat weet as julle iets nodig het. PM my ook gerus as julle wil kontak maak met ds. Danie Venter.

Groete en sterkte!

Herman

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...