Jump to content

Muis-kenades


SimonS

Recommended Posts

Nou ja, die ding het so begin....

Ek en vroulief le rustig en slaap toe ek wakker skrik van onaardse geluide bokant my. Ek dog ek gaan ook nou 'n statisitek word in die SA misdaad joernaal. Maar toe ek nou uituindelik die k$##k uit my oe vee, toe kom ek agter daar is 'n spul muise in ons dak !!! Dit klink of die goed rofstoei daar bo en vir Mike Schutte sal laat les opse !

Geen probleem. More sal daar gif en muisvalle uitgeplaas word om die liewe gediertetjies na die muis hemel te help verhuis. Ek kry toe mos nou al die nodige vooraad vir die groot aanval by die boere kooperasie en rangskik die hele dak vol verrasinkies vir my harige vriendjies.

Twee dae later en dinge raak nie rustiger daarbo nie. Wat is fout? Wag die muise dalk ook vir Eish-Binnelandse sake vir papierwerk voorad hulle kan aansoek doen vir visas na die hiernamaals ? Ek wonder.......hmmmm.... miskien het hulle hulp nodig om te verhuis......

So kan dit nie aangaan en kry die blink, of so het ek gedink, gedagte om kleinwildjagter te word. Uit kom die windbuks pistool en nou is daar oorlog. Ek is nou al redelik gatvol vir die oulike goedtjies wat my so uit die slaap hou ! My drie-jarige dink hoeka dit is "dinosaurs" wat in die dak woon.

Vroulief gee die storie een kyk en laat my goed verstaan dat dit nie 'n goeie idiee is om met my logge lyf, 'n koplamp en 'n windbuks tussen die dakbalke te gaan akrobaat speel nie. Maar wat weet vroue nou van sulke manne dinge af ? Vroulike intuisie is in elk geval net iets wat tussen die blaaie van Sarie of Rooi Rose bestaan. Mens kry nie so iets.......of so het ek gedink.

En daar is ek toe by die mangat in die plafon in......

Daar swaai ek toe nou so van dakbalk na dakbalk met my ou koplampie en ek soek naarstiglik na daardie ongediertes wat my so uit die slaap hou. En wat hoor ek ? Girts...girts...girts... a-ha.. daar sit die klein b%$%em en knaag aan die grondboointjies wat ek op die muisvalle gelos het vir aas. Sal hy nou waaragtig die bone suutjies afvreet sodat die valletjie nie val nie!

Tot hier toe en nie verder nie. Vandag skiet ek hom tussen die oe en maak 'n trofee van hom, besluit ek net daar en dan.

Laat ek net lekker posisie inneem om 'n goeie skoot in te kry...... le aan ........en ......

.....skielik stort alles na benede en my vrou skree en muisdrolle en stof trek deur die lug!!!

Ja boet. En daar staan ek met een voet deur die bedkassie se laai en die ander op die grond. My vrou se sesde sintuig was toe nie verkeerd nie.....

En die kersie op die koek? Die klein bl#@#em loer vir my deur die gat wat ek in die plafon geval het en eet rustig verder aan die grondboointjies !

Link to comment
Share on other sites

Die klein bl#@#em loer vir my deur die gat wat ek in die plafon geval het en eet rustig verder aan die grondboointjies !

Ek het nou net lekker gelag! :ilikeit:

Edited by Pygmalion
Link to comment
Share on other sites

Ek het nou net lekker gelag! :(

Auk!

Jy moet oppas, die greenpeace manne gaan jou aankla!

Ek het nou lekka gelag hoor. Moor daai muis, gee hom 'n klap van my af. :(

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...