Jump to content

"Dankie meneer"


Biltongboer

Recommended Posts

Ek voel darem goed oor myself, want ek het die helfte van Afrika vandag geseën met ou stukke planke, meubels, stukkende mikrogolfoonde, toasters, en wie weet wat se gemors ek nog uit my armsalige huisie wou wegkry.

Vroemore sien ek al ek gaan my doodwerk vandag. Ons bediende en haar familie kom laai 'n spieëltafel en kassies en beddens, en ander tuinboois kom help my gemors hier wegry. Ek kry 'n blink Boere-plan, een wat net in Afrika sal werk:

Ek sê vir die man met die licence hy kan my bakkie ry vandag - hys belangrik, man. Hy moet ry, die ander moet laai. Hulle moet alles wat in my erf lê, wegry, en waantoe hulle dit ry is hulle saak. As dit na sy kaia toe gaan, fine. As dit ashoop of een of ander sypaadjie in die middel van die stad toe gaan, ook fine. Solank dit net verdwyn uit my onmiddelike omgewing uit.

Sien, so spaar ek myself 'n duisend trips na die asgate toe. Ek is nou heel losgemaak van my aardse besittings. Ek gee nie meer 'n hel om waantoe hulle gaan nie. Ek kan nie glo al die gemors wat ek het nie.

Vandag het ek 'n paar mense ryk gemaak - in hulle standaarde, in elk geval. Ek het ophou tel hoeveel keer die mense vandag vir my "dankie, meneer" gesê het. Eks 'n local hero vandag. Die arme mense, so bly oor al my ou stront. Dis darem maar hartseer ne.

Ek dink daar is nog een laaste ding wat die Boere in Afrika kan doen om Afrika 'n beter plek te maak: doen wat ek vandag gedoen het. As almal dit doen op een dag, sal dit wragtag iewers in die geskiedenisboeke moet staan. Skielik sal daar so baie rykdom versprei wees in Afrika, dat die manne vir weke lank nie by ons sal wil steel nie.

Woensdag kom laai Stuttafords my ossewa, dan klim ek op die derde September op die Vlieënde ossewaantjie en vlie Kaap toe. Dan vlieg ek Ondertoe op 17 September. Eers boontoe, na Singapore, vir 'n paar ure, en dan all the way down Under, ek en my gesinnetjie - sak en pak. Dan sit ons daar in suidwes - suidwes Australië, daar iewers regs van die Suidpool en Suid van die Noorpool, as ek my kaart reg lees.

My nuwe maatskappy in Perth boek my vir die eerste 4 weke in 'n 4-ster hotel in - so 'n hotel waar jy 'n huisie van jou eie het, met 3 kamers en 'n kombuis en al die fancy goed wat jy dalk kan nodig he. My vrou en kinners smile ewe skielik almal baie groot oor die Australië ding - hulle gaan vir 'n maand in 'n 4 ster hotel bly met sy eie Gym en tennisbane en swembad, en ons gaan daai fancy free rides op die airconditioned busse vat en Zoo toe gaan en alles doen wat lekker is.

Niemand worry meer oor die maatjies nie - dis klaar vakansie en almal in Windhoek het see toe geneuk, want Dinsdag is vakansiedag en nou vat almal langnaweek terwyl dit nog skoolvakansie ook is. Perfek man - die kiddies gaan nie eens onthou hulle het maatjies hier gehad nie - ons hou een massive vakansie van volgende week af tot in die middel van Oktober wanneer hulle daar inval by die Ingilse skool in Perth.

Ek het intussen nog 'n ou kassie afgeskuur en vernis, en my meisiekind se bed klaar ge-stain en die moet nog more vernis word op die helige dag. Dis van daai projekte wat al twee jaar terug begin is, en wragtag nou moet klaarkom voor daai Ossewa gelaai word.

Ek is vrekmoeg - my hande is bruin ge-stain, my voete pyn, my rug is seer, en ek sukkel om my oge oop te hou. Ek het nounet 'n lekka stywe KWV 5 jaar brandewyntjie gelooi - die bottel moet maar leeg voor ons weggaan, sien. Nou voel ek skoon lam onder die kiewe - my vingers tik nou moeilik hier.

Eish. Min dae.

Link to comment
Share on other sites

Ai Biltongboer, jy is 'n goeie mens, dit was 'n goeie daad wat jy vandag gedoen het. Ek kan my net indink hoe in hulle skik hulle almal moes wees met al die pasella goed wat hulle gekry het.

Ek hoop julle reis verder is 'n reguit paadjie, mag julle dit baie geniet.

Link to comment
Share on other sites

Mooi loop BB!

Kort voor ons vertrek het het ons ook 'n hele spul goed weggegee, beddegoed, ou klere ens.

Ek sal jou sê, ek dink daadie dag LÉÉf vandag nog in Pietermaritzburg se annale van "vandag was my Lucky day" <_<

Cheers,

Dax

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...