Jump to content

Plumbers


Biltongboer

Recommended Posts

So tydjie terug het ons stort se koue kraan vreeslik stram begin raak. Die ding moet jy amper met 'n hammer bl!ksem om net 'n straaltjie koue water te kry. Ek probeer toe mos die ding regmaak, net na ek my Groot Operasie gehad het, en sien toe die kraan het iets binne-in wat haak.

Om tyd te spaar, sê ek toe maar vir my vrou om die plumbers te bel sodat hulle maar eerder kan sukkel met die ding. Ek verduidelik mooi wat die problem is – die kraan self moet oopgemaak word, iewers steek 'n wasser of 'n ding vas.

Plumbers kom toe daar aan. Nogal die duur plumbers, want ek soek service. Natuurlik is die duur plumber se eienaar nie op die toneel nie – hy stuur vir Jonas en Agarob. Met 'n hele bakkie vol gereedskap en goeters.

Jonas vertel vir my vrou hy sal moet soek vir die dêng – hy kan hom nie regmaak nie, ons moet ander ene kry. Jonas loop soek orals – by CTM, waar die kraan 4 jaar terug gekoop is, by Pupkewitz, Obeco, by al wat 'n plek is. Jonas sê: "darie kran, hy – jy kry hom nie in Wêndhoek nie, hyt oral gasoek hom die karan. "

Ons moet 'n ander kraan koop, maar dan sal ons die warmwater kraan ook moet vervang. My vrou bel my, ek sê not de moer, sit daai kraan net so terug in die muur in.

Dit was nou al 'n week terug. Ek gaan kyk toe vinnig bietjie rond in die dorp. Ek kom by CTM, ek sien hulle het presies daai selle krane op hulle display - presies dieselle, man. Net nie die stortkrane nie, maar die hele res van die stel is daar uitgestal. Ek sien die kombuis mixer-krane het presies dieselfde twee krane links en regs van hom. Ek soek rond vir bietjie advice hier in die winkel. Daars nie 'n siel nie. Miskien moet ek iets steel en kyk of iemand dan op my afstorm.

Ek roep later vir Bilnk Stefaans wat daar rondhang by die teëls. Ek wys hom daai kraan, ek sê ek soek net so ene soos daai, net die binnekant van die ding. Hy skud sy kop met so sjimpanzee-uitdrukking op sy neus. Ek en hy stap agtertoe. Daar staan 'n groot boks vol ou parte van krane. Hy krap daar rond – kry niks. Ons gaan dieper in die donker grot in, daar waar die rakke met die parts in die boksies is.

Hy loer en grawe – hy kry so boks. Maak hom oop. Dis veronderstel om 'n hele volledige mixer-stel te wees, die twee kraankoppe met die neus-ding waar die water mos uitloop. Daar le net stukke koper daar in die boks. Hy sê nee, meneer hy moet maar die hele stel koop wat R1300.00 kos. Ek sê vir hom: "bring daai boks hier, man".

Ek grawe daar rond. Daar is wragtag twee van die krane se binnegoed daarin, kompleet met so blou plastiek kondoompie oor die ding sodat hy nie siektes optel nie. Ek vertel vir die perd ek soek net daai deng daar voor, skroef hom uit die T-piece uit, dans ons saak reg. Hy gryp 'n tang en 'n vice grip en hy en tattie ruk en pluk totdat die kraanbinnegoed ge-liberate is.

Hy sê vir my hy weet nou nie wat die ding se prys is nie – ek moet maar vat. Kan jy glo? 'n Kraan wat met sy blink voorkante meer as R450 kos, is nou skielik verniet?

Ek ry huistoe, draai die stopkraan toe. Maak die ou kraan los, draai die nuwe koppie in – hy pas perfek. Dis PRESIES dieselfde kraan, selfde blou washer, alles.

Die hele operasie in 'n halfuur klaargemaak. Rocket-science was nog nooit moeilik nie, ne?

Die volgende plumber wat naby my huis kom bl!ksem ek met 'n bobbejaanspanner. Ek moes eintlik sommer die nuwe eienaar gebel het, want die huis is mos nie meer myne nie, maar ek dog toe ek sal nice wees en krane regmaak. Hoekom moet ek altyd so nice wees? :unsure:

Link to comment
Share on other sites

Hehehehe, oooeee, BB, ons sit ook met lekkende krane wat moet gedoen word - jy kom nie dalk via Kaapstad as jy Oz toe vlieg nie ? Nie ekke of DH is aangelê vir pyp-en-kraanwerk nie .... :unsure:

Link to comment
Share on other sites

Hehehehe, oooeee, BB, ons sit ook met lekkende krane wat moet gedoen word - jy kom nie dalk via Kaapstad as jy Oz toe vlieg nie ? Nie ekke of DH is aangelê vir pyp-en-kraanwerk nie .... :rolleyes:

Enige tyd - onthou net ek word deesdae betaal in Australiese Dollars, ek aanvaar nie ZAR meer nie. :blink:

Link to comment
Share on other sites

Ja ou BB... ek se altyd as ek 'n ding self kan fix of maak dan doen ek dit. Dan weet ek dit is reg en sal hou !!!

Ek het al ophou tel hoeveel geld ek myself gespaar het deur self te bou en te breek en te teel en te weld.......en karre te fix en wasmasjiene reg te maak...... dit is net f$%$%ken crazy wat 'n mens deesdae moet betaal om sulke goed te laat doen en 90% van die keer is ek nie tevrede met either die kwaliteit of die vakmanskap wat daarmee gepaard gegaan het nie.

Groete.

Link to comment
Share on other sites

Ja ou BB... ek se altyd as ek 'n ding self kan fix of maak dan doen ek dit. Dan weet ek dit is reg en sal hou !!!

Ek het al ophou tel hoeveel geld ek myself gespaar het deur self te bou en te breek en te teel en te weld.......en karre te fix en wasmasjiene reg te maak...... dit is net f$%$%ken crazy wat 'n mens deesdae moet betaal om sulke goed te laat doen en 90% van die keer is ek nie tevrede met either die kwaliteit of die vakmanskap wat daarmee gepaard gegaan het nie.

Groete.

Jip, dis my ding ook. Dis wat my so kwaad maak - as ek die slag 'n uitsondering maak en iemand kry om die job te doen, dan jaag hulle steeds aan.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...