Jump to content

Eden se hoofstraat x6


5vannemerwea

Recommended Posts

Soos 'n mens begin vestig en jou voete vind in jou nuwe land, so gaan mens die een proses na die ander deur. Ja kyk nou net, ek praat al van Australie as my land. :rolleyes: Daar kom 'n tyd wanneer al die dinge wat 'n mens in Afrika gelos het weer een vir een in plek gekry moet word. Sommer die gewone lewensdinge. Huise, karre, selfone, versekerings, medies, aag julle weet mos waarvan ek praat. Al daardie papierwerk wat swaar gebuk gaan onder reels en regulasies, voorwaardes, voor- en nadele en natuurlik kostes. Daar is net een woord wat al die prosesse in Australie opsom: "redtape". Jy mag nie dit nie, jy mag nie dat nie, jy moet dit en jy moet dat. Vir elke dingetjie is daar voorwaardes, reels en sommer nog hope papierwerk, slaggate en skuiwergate. Natuurlik kos selfs dit wat jy nie mag doen nie op een of ander tyd 'n oulap, soms so baie soos ses pons tien.

Ek praat nou nie van die moets en moenies wat in Exodus 20 vir ons uitgele is nie. Nee, daardie kos nie geld nie, dit maak nie geld nie. Dit kan jou jou siel kos as jy nie versigtig met die dinge omgaan nie. Soms maak die spul "redtape" 'n mens so kwaad dat dit voel of jou siel jou vir so stonde verlaat. Dan kos dit 'n lekker beker sawwelyf en 'n uitsig oor die hawe voordat jou siel weer vierkantig sy plek ingeneem het - dit is nou nadat die koffie betaal het en die skok ook verwerk het. Nee genade, nou gaan ek seker darem bietjie te erg aan.

Hoe kom ek nou op die storie af? Wel, ek het mos nou die windgat wiele gekoop teen 'n goeie prys dink ek. Toe kom die registrasie, die "rego" roep hulle hom hierso. Dan die kar op jou naam kry, dit verg 'n bloukaart en 'n groenkaart, "greenslip"en die duurste ding, die "stamp duty". Alles kos 'n arm en 'n been. Dit is amper goedkoper om die ding te koop as wat dit is om hom op jou naam te kry, wel, amper. Die onvoorsiende onkostes kan nogal 'n man se begroting uit sy wentelbaan uit ruk, heeltemal. Die uitstappie gaan my naby die $ 800 kos!! Nou koop ons minder kos die maand om die tjor op ons naam te kry. Gelukkig is dit 'n eenmalige uitgawe wat net eenmaal per jaar opduik.

Ek se gelukkig eenmalig want ek het die ding vir my so uitgewerk. Wanneer 'n mens eenmalig 'n groot bedrag moet betaal dan slaap 'n mens sleg vir 'n aand twee of dalk drie. Wanneeer jy die groot bedrag oor ses maande afbetaal dan slaap 'n mens vir die volgende ses maande lank ten minste een aand in die maand sleg. Daarom haat ek rekeninge en afbetalings - ek hou van my lekker slaap!!!

Die volgende redtape oefenig was my bestuurslisensie. Hier moes ek van voor af weer 'n leerlinglisensie skryf. Die was darem maklik en besonder eenvoudig. Toe kom die bestuurstoeds. Nou hier is 'n raaisel vir alle lede van die forum. Let wel: Geen famililede van die skrywer van die joernaal of werknemers van TRA, of die NSW regering en hulle familielede mag deelneem nie. Op Las. Hier kom hy: "Hoekom kan 'n Amerikaanse burger in Australie instap en met papiewerk, binne minute, sy volle lisensie kry. Burgers van Suid Afrika moet soos enige ander skool laaitie die hele proses van vooraf deurgaan. Die leerlinglisensie en bestuurstoets, die werke." Antwoord daardie een vir my met 'n logiese rede. Ek gaan wragtag vir die RTA (Road and Travel Agency) 'n briefie in hulle inboks gooi.

Ek het toe vandag vir my bestuurstoets gegaan. Die tannie wat kom kyk of weet waar die ratte sit trek so helder weerkaatsende baadjie aan, daardie wat die noodwerkers aantrek sodat almal hull kan sien. Ek dag by myself: "Hier kom vir jou 'n ding, 'n ding sonder brieke!" Ek moes sowaar, soos toe ek sestien was, vir vir die tante alles doen, die keer net in Engels. Ek het die dorp op en af gery. Op en af, op en af, op en af, ons kon nerens eintlik regtig verkeer kry nie. Ek het in die hoofstaat van Eden seker ses keer heen-en-weer gery, die twee sirkels in die dorp elkeen van al vier kante af benader en elke moontlike en denkbare kombinasie probeer. Links, weer links, dan regs, links, dadelik weer links, aan tot aan die punt van die straat dan regs, drie strate verder weer regs, ry reguit aan, draai regs en siedaar!!! Ons is weer in die hoofstraat en ons ry hom van heel bo tot heel onder deur. As ek reg getel het was ons driekeer verby die laerskool se voorhekkie verby. So het ons aangehou. Ek het later gewonder wat is die doel van die rondryery. Geniet sy die tyd weg van die kantoor? Moet ek ry tot die 45 minute om is, of hou ons aan tot die bakkie se petroltenk leeg is? Dalk wag ons vir tjaailatyd. Sy het my sowaar 'n driepuntdraai laat maak. Daardie omdraaie wat jy doen as jou pa of die dominee naby is en hulle gaan niks hou van die "doughnut" wat jy in die straat gooi nie!! Flikkerligte, spieels, blindekol, spieels, aag so gaan die rympie aan. Ja, dit is maar dieselfde as in SA.

Toe kom die groot uitdaging. Die wegtrek teen die bult. Aag regtig tante, is jy ernstig. Kyk, hierdie boertjie ken van teen bulte op en af ry. Ek meen, Bultfontein is nie ver van waar ek opgegrooi het nie. In Bloemfontein het ons dan 'n berg, my magtag, die ding is so groot hy selfs sy eie naam. Die ding is hoog, ek staan op ons plaasbakkie se dak dan kan ek nie eers oor hom kyk nie. Op 'n mooi dag sien ons Tafelberg daar onder in die Kaap van hom af. Selfs Johannesburg se SABC toring kan ons sien as Gauteng nie onder lugbesoedeling deurloop nie. Nee tannie, die boertjie ken van oppe en affe. Selfs op die plaas waas daar die kuilvoerhoop en die spruit waar ons met pa se plaasbakkie menigmaal deur gery het. Nie verder as 'n halwe dag se ry oos van ons plaas af nie is die Drakensberge, hulle verhoed dat ons plaashuis 'n seeuitsig het, so hoog is hulle. Ja, wys jou ons Saffers kan en ons mag!!!

So tussen my vleiende glimlag en die mooi wegtrekke teen die optes en die sierlike driepuntdraaie kon die tannie nie anders as om my met vlieende vaandels te laat slaag nie. Blykbaar maak die begrip "met lof" geen sin vir 'n Ozzie staatsamptenaar nie. Al wat oorbly is die uitreik van die lisensie wat se ek mag maar rondry soos ek lekkerkry. Net hier steek die rekenaar viervoetig vas. Net soos pa se plaasbakkie as hy sonder olie gaan staan. Nee, die outjie moet eers vir ses maande in die land wees voor die rekenaar bedrywe oortuig is dat ek 'n kar veilig op die pad kan hou :ilikeit: . Wat weet die stuk blikbrein tog nou van briek trap en ratte gooi? As hy weet waar ek vandaan kom. Hoeveel taxi's, oud en jonk, vinnig en stadig, meestal onpadwaardig ek elke dag van my lewe suksesvol vermy het, dan die donkies en die slaggate in die pad ook nog misry, op my selfoon praat, die fm opdraai en nog die padkaart dophou op eenslag sonder om my beker koffie te mors. Dan gee hy dadelik vir my volle vrymag om te ry waar ek wil, soos ek wil met wat ek wil.

Nou ja, daar staan ek. Ten volle getoets ek gekwalifiseer, betaal en alles en die skerm gooi net 'n rooi stopteken. Dadelik kook iets weer hier binne my. 'n Gevoel wat ek in Afrika laas beleef het. Ek gaan dan maar bly om op my Suid Afrikaanse lisensie te bestuur tot tyd en wyl die ouens hulle "redtape" uitgesorteer het.

Ja, dit is Australie, veilig, lekker, mooi en speel beter rugby as die bokke tans maar, meer "redtape" as Rusland Rooileer vanself. Dit is waar die $$$ heen verdwyn. My ondervinding is om goete te koop is goedkoop en maklik betaalbaar. Sodra jy by admin en daai dinge kom. dit is dan wat die pryse so bietjie hand uitruk na my mening - nog beter as geweld wat hand uitruk!!!!!! Myle beter.

Groete

Martin

Link to comment
Share on other sites

"Hoekom kan 'n Amerikaanse burger in Australie instap en met papiewerk, binne minute, sy volle lisensie kry. Burgers van Suid Afrika moet soos enige ander skool laaitie die hele proses van vooraf deurgaan. Die leerlinglisensie en bestuurstoets, die werke."

Ek dink die rede is as volg: Mense vanuit Suid-Afrika (Afrika) se bestuursvernuf word eenvoudig bevraagteken, gegewe die korrupsie wat hoogty vier en vals lisensies wat openlik te koop is. Die prentjie verdonker verder wanneer ongeluks- en relevante padstatistieke ook in ag geneem word. Dit is soos aptekersgrade wat ná 'n sekere jaartal nie erken word nie, en hier verwys ek na Amerika - minderwaardige opleiding, volgens hulle.

Ek moes op my beurt ook al die toetse aflê om 'n bestuurslisensie in Amerika te kon bekom.

Link to comment
Share on other sites

:lol:

Kry ek nou 'n gevoel van Deja Vu met hierdie post van jou. Ek moes ook op 18 met Oom Spietkop met die weglê snor hier langs my in my ma se golfie 'n bult soek om teen weg te trek. Die Wes-Transvaal se bulte is ook maar min!

Martin, wil jy vir my sê ek gaan weer parallelparkering moet doen? O goeiste! Ek het dit in '86 laas gedoen met Oom Spietkop langs my!

Link to comment
Share on other sites

Ja, dit is Australie, veilig, lekker, mooi en speel beter rugby as die bokke tans maar, meer "redtape" as Rusland Rooileer vanself. Dit is waar die $$$ heen verdwyn. My ondervinding is om goete te koop is goedkoop en maklik betaalbaar. Sodra jy by admin en daai dinge kom. dit is dan wat die pryse so bietjie hand uitruk na my mening - nog beter as geweld wat hand uitruk!!!!!! Myle beter.

Eish - the price of freedom...is daar niemand wat mens kan omkoop vir die lisensie nie? :lol:

Link to comment
Share on other sites

Eish - the price of freedom...is daar niemand wat mens kan omkoop vir die lisensie nie? :blink:

Glo my BB, daardie prys is klein genoeg. Ek betaal dit met een masale glimlag!!!! :lol::ilikeit: :ilikeit:

Ek het die hele dorpie deur gesoek, nerens is van daardie masjiene waar ek 'n paar dollars kon ingooi en vir my 'n lisensie of 'n graad koop nie. Ek vermoed hier is 'n mafia wat geld maak uit sulke dinge in Australie.

Grappies op 'n stkokkie. In elke kantoor is daar seker vier plakate op wat jou vertel hoe sleg dit met jou gaan gaan indien jy omkoopgeld of so iets aanbied. Dit is ook een van die vrae in jou toets. Hulle is nogal skrikkerig daarvoor lyk my.

Martin

Link to comment
Share on other sites

Eish ! En ek het my lisensie doooeeeer bo in Tzaneen gekry, in 'n piepklein datsun-bakkie'tjie, jaaaaarrrre terug - oops. En het julle al opgelet dat mens amper nie meer parallel-parkeerplekke kry nie ? Al die winkelsentrums se parkeerplekke is mooi soos sardiens langs mekaar gepak, jy kan net in-en-uit ! Ek sal moet gaan parallel-plekke soek om te oefen !

PS: weet iemand dalk of die 'rumour' waar is dat jou bestuurslisensie minstens 'n jaar voor verval moet wees wanneer jy oorgaan ?

Link to comment
Share on other sites

My wenresep om my bestuurslisensie te kry was om die spietkop se simpatie te wen (en dit was nie eens aspris nie). Ek het met 'n ou 1976 Volla uitpasseer. Daai spietkop het my so jammer gekry dat ek my liksens sommer gekry het daai dag. Of dalk het hy gedink ek kon nie sy instruksies hoor bokant die geraas van die enjin nie! (ek het ou kussings en 'n kombers in die gaatjie daar agter gegooi, maar my 'kneldemper' was nie baie suksesvol nie...die wat 'n volla gehad het sal weet waarvan ek praat)

Kry mens ou Vollas in Oz? :blink:

Link to comment
Share on other sites

Hier is 'n bietjie raad vir die manne: As jy 'n Tradie is gaan met jou uniform, 100% jy gaan jou lisensie kry eerste keer en sommer vinnig 15 min rond ry en jy het hom.

Dit is sommer tyd en geld mors om dit oor te doen. My SA lisensie sou verval het en ek moes my lisensie gaan doen het. Wel 4 de keer het ek hom, en dit alles in 1 week. Vrydag, Maandag, Woensdag en lucky dag Vrydag. Ek dink in elk geval nog, ek kan bestuur, dit was my spoed, hierdie bleddie 40 bordjies wat ooral teen die pale vas geslaan is, wat mens nie eers sien nie eish man.

Ek het glad nie bult weg trek gedoen nie, parallel parkering wel en die 3 punt draai, en dan reguit reverse.

Red Tape te veel maar eerder dit as geen orde nie.

Cheers vir eers

Link to comment
Share on other sites

Hey man jy vra die maklikste vrae ek hoop die leerling liksensie is ook so maklik.................die Amerikaner word ordentlik getoets wanneer hy sy liksensie skryf en prakties doen..................die Suid Afrikaner se reputasie loop ons voor uit jy weet die normale korupsie, omkopery, seker die land met die hoogste pad (ongeluks) botsings syfer al die boewe wat ons toe gesluit het is nou staads presidente, hoof van veiligheid, hoof van pad vervoer, ens, ens,...........

Die Ausies laaik ons want ons kan werk, dink, oplossings uit die lug haal, en aangaan sonder om te kla maar ons het tog n prys om te betaal.

cheers johnny.

Link to comment
Share on other sites

Wel, na so 'n paar duisend SAners wat hulle lisensie vinnig en maklik weer daar kry, moet die Ozzies seker die een of ander stadium die boodskap kry ! ?? :rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

Ek en hubby het ons s'n die eerste keer gekry !! En ons altwee het dieselfde oom gehad. Jy kry so 'n papiertjie om te lees dat die oom jou nie sal vra om 'n illegal move te maak nie.

So as die oom se U-turn dan U-turn jy. Die 6 maande ding klink nie lekker nie !!! Ons sal eers volgende week 6 maande in die land wees, en ons het ons liksense middel Julie gekry. Baie lekker - jy teken die papiertjie met jou details op (maak seker jy teken op jou mooiste), dan se hulle "please move over to the camera" neem 'n kiekie en laminate sommer die ding daar en dan. 3 minute later en jy stap uit met jou splinternuwe liksens in jou hand. Geen wag vir 6 weke en kom dan weer nie.

Oja, hulle hou ook nie van die K53, stop by 'n stopstraat, haal die kar uit rat nie !!! Jy hou jou voet op die clutch en wag vir die lig om groen te word. Die enigste tyd wat jy aan jou handbriek mag vat is wanneer jy stop, of teen die bult weg trek. Mackay het nie bulte nie..... moes net U-turn, reguit reverse en parallel parkeer.

Sterkte !!!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...