Jump to content

Pienk slippies en yskaste


Biltongboer

Recommended Posts

Wel, uitendelik, na 'n lang gesukkel, is die 457 visa in al 5 ons paspoorte ingeplak, en die paspoorte is terug in my kluis. Hierdie pienk papiertjies is vir my goud werd. Dit het my klomp geld gekos, maar dis baie meer werd vir my as die geld wat ek betaal het tot nou toe.

Intussen begin ons al hoe meer los raak van die materiële dinge wat ons so aan vasklou. Nou gaan die stoof, die yskaste, die skottelgoedwasser – almal word verkoop. Ek het vir elkeen van hierdie items jare lank gespaar totdat ons die regte, goeie, decent ene kon koop. Die Samsung 510 liter yskas was op sy dag net die ding, en tot vandag toe lewer hy goeie diens. Die stoof, net soos die yskas, was die grootste, beste een wat ons in die hande kon kry net na ons in die huis ingetrek het.

Met sulke goed is ek fanaties – ek koop nie sommer net die eerste beste ding nie, ek soek tot ek die een kry wat ek van hou, en dan begin soek ek vir die beste prys, en dan koop ek kontant, want ek maak nooit skuld op sulke goed nie. Ons stoof is elektries, by the way – useless in Oz, want hulle gebruik gasstowe, van wat ek verstaan.

Nou verkoop ons al daai goed vir 'n appel en 'n ei. Maar ek het nou mooi gedink hieroor, sien. In die eerste plek gaan dit wie-weet-hoe-lank vat om daai container van Walvisbaai af te kry tot in Freemantle. Teen daai tyd is ons hopelik al in 'n huis ingetrek, en dan is daar twee scenarios:

Die huis het reeds 'n yskas, 'n skottelgoedwasser, en 'n gasstoof in.

Of

Die huis het nie die goed nie, en ons moet in elk geval die goed koop of huur iewers om solank melk in die yskas te kan koud hou en so aan.

Dis hoekom ek toe maar besluit om die goed te verkoop en klaar te kry, want ek spaar dan bietjie ekstra ergernis met die Customs manne ook. Daai Australiese "Water Rat"-goete is blykbaar soos willehonde hier om jou container – hulle snuffel en snork soos hyenas hier om die ding, en soek al die vrot goed wat in jou yskas agtergebly het, en dan raas hulle met jou oor die gasse in die compressor wat nie vriendelik genoeg is nie, en al sulke dinge.

Eks nie lus om met daai mannetjies met die wit blokkies op hulle pette te staan en stry oor my eie goeters nie. Netnou gooi hulle my daar vir die dingos iewers in die Outback en dan moet ek my eie Survival episode uitwerk.

Ten minste kan ons dan nuwe goed koop, goed wat ons weet darem 'n tydjie sal hou, en ons hoef nie te worry oor wie gaan die ding service wat in Afrika gebou is nie.

En dit maak ekstra plek in my container vir my tools ook.

Link to comment
Share on other sites

Het nie geweet mens kan ni n gewone stoof saamvat nie? Ons het eintlik mar min goed wat ons wil saamvat,eintlik ook net die tools en diere gereedskap. Sal nog moet uitvind of ek my emergency kit veemedisyne kan saamvat. Mens raak nogal geheg aan jou eie 'tools of the trade'.

Link to comment
Share on other sites

Mense.... hier is gas en elektriese stowe !!! In sekere gedeeltes en dorpe is daar nie gaslines nie. Sonder gaslines is 'n gas stoof useless !!! So dan word daar elektriese stowe gebruik. Ek het 'n elektirese stoof.

Link to comment
Share on other sites

Het nie geweet mens kan ni n gewone stoof saamvat nie? Ons het eintlik mar min goed wat ons wil saamvat,eintlik ook net die tools en diere gereedskap. Sal nog moet uitvind of ek my emergency kit veemedisyne kan saamvat. Mens raak nogal geheg aan jou eie 'tools of the trade'.

Jy kan die stoof seker saamvat as jy wil. Ek het net agtergekom dat hulle gas daar gebruik, en jy gaan dalk sukkel om daai stoof in jou kombuis op te koppel. 'n Stoof plug jy nie net by die muurprop in nie, hys op 'n groter circuit breaker.

Veemedisyne?? :holy: Voel jy siek? :lol:

Edited by Biltongboer
Link to comment
Share on other sites

Mense.... hier is gas en elektriese stowe !!! In sekere gedeeltes en dorpe is daar nie gaslines nie. Sonder gaslines is 'n gas stoof useless !!! So dan word daar elektriese stowe gebruik. Ek het 'n elektirese stoof.

Laat ek net verduidelik. Ek is van plan om 'n huis te huur. Van wat ek verstaan, is meeste huurhuise reeds met stowe voorsien. Ek gaan nie die massiewe DEFY stoof saamsleep tot in Freemantle hawe, en dan staan die ding in die agterplaas tussen die karwrakke vir twee of drie jaar nie.

Dis nou maar hoe ek gedink het oor die ding. Ek koop liewer 'n nuwe stoof daar, as daar niks in my huis is nie, as wat ek die kans vat met die ding. Net nou word die stoof 'n speelplek vir die kinders in die agterplaas, wat nooit 'n goeie ding is nie... :holy:

Link to comment
Share on other sites

Hallo BB

Lekker om daardie pienk papiertjies in jou paspoort te he ne? Ek het ons paspoorte beter as my vrou opgepas nadat ons s'n terug gekom het met die visas in. Nou is daar net een rigting oor.

Jy's reg, 'n mens kom nogal los van aardse dinge wat ons gedink het waarde het. Ek stem saam, los die "witgoed" daar en kom kry liewers nuwes hier, of self tweedehands kry mens goeie goed baie goedkoper. Al is dit net om eers aan die gang te kom.

Hou ons op hoogte van jou vordering.

Groete

Martin

Link to comment
Share on other sites

BB

Van 'n man wat sopas die ergste agter die rug het...

Jy is op die regte pad. Los die stoof. Los goed wat jy sou nodig he in die "survival period" tot die container kom.

As ek oor sou kies sou ek die volgende gelos het en hier gekoop het. Alle witgoed, tv's, grassnyer, Barbie, sitkamerstel en kinders speelgoed - alles behalwe genuine sentimentele goed.

Ek sou baie meer klere in SA gekoop het, vir my, die kinders, en die vrou, sy kom nie heeltemal reg met die kwaliteit en die pryse hier nie.

O Ja, bring jou vrou saam. SA/SWA chicks is baie mooier.. :thumbdown:

Link to comment
Share on other sites

Dink maar mooi oor daai yskas, die goed is damn duur hierso.

Jy kan by 'n "garage sale" 'n yskas vir $50 koop wat jou kan hou totdat joune hier is.

Baie huise het reeds skottelgoedwassers in. Die wat dit nie in het nie, het gewoonlik nie plek vir dit nie.

Stoofplate is meestal gas, oonde is elektries.

Bring maar jou wasmasjien en tuimeldroeer ook saam, jy kan maar solank die laundromats gebruik.

Die Afrikaanse kerk hier in die noorde v Perth het glo ook 'n klomp goed wat hulle vir jou kan leen.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...