Jump to content

Ons is eintelik nuut op die forum!


Feetjie

Recommended Posts

Ek is lekker blond ... sien nou eers dat ons bietjie van onsself moet vertel! :blink:

Hallo almal!

Ek en my man is na twee jaar nou oppad Brisbane toe. Vlieg die 17e Oktober met Qantas - deur IOM bepsreek danksy julle

!

Soos julle almal weet gaan dit op hierdie stadium lekker woes hoor! Container word gepak die 26e September, dan gaan ons al die laaste draaie maak by familie en vriende in die Kaap en Johannesburg.

Die ergste is dat ons ons twee vierbeen kindertjies agterlaat ...... huil elke aand!! Ons enigste kinders .....

Ek is 'n onderwyseres en gaan as ons daar aanland begin CV's uitdeel! Hou duimvas. Ek het al met heelwat onnies daar gepraat en almal se dat ek vinnig sal regkom met relief teaching in die begin. Ek hoop maar so ... enige iemand meer inligting in die verband?

My man is 'n HR manager. Geregistreerde bedryfsielkundige. Ons weet hy kan nie daar as bedryfsielkundige werk en daarom gaan hy deur in menslike hulpbron lyn. Enige raad sal hier ook goud werd wees.

Ons het permanente verblyf, bankrekening by Commonweatlh is oopgemaak. Gaan in Bulimba, Brisbane bly vir die eerste 6 weke totdat ons dan natuurlik ons voete gevind het. Gemeubileerde woonstel.

Lig ons asb in as ons dalk iets vergeet het wat belangrik is. Ek dink die meeste reelings is getref maar daar is altyd die nommer 99 goete!!!

Hoop om sommer vinnig van die kundiges te hoor!

Groete uit Umhlanga vir nou en sommer een van die dae Brisbane!!!!! :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hi feetjie

welcome.

You're at the right place and it won't be long before you get all the answers.

sterkte and vasbyt.

Link to comment
Share on other sites

Hi Feetjie

Baie sterkte met alles. Geniet elke oomblik so tussen die gejaag deur. Wie weet, dalk gaan jy nog ons kinders leer?

Groete

Marius en Euneze

Link to comment
Share on other sites

Hi

Welkom by die forum. baie sterkte met die laaste paar weke, ek dink van alles is dit seker die moeilikste. maar probeer om dit te geniet.

groete

Wilma

Link to comment
Share on other sites

My man is 'n HR manager. Geregistreerde bedryfsielkundige. Ons weet hy kan nie daar as bedryfsielkundige werk en daarom gaan hy deur in menslike hulpbron lyn. Enige raad sal hier ook goud werd wees.

Hi

Ek is ook 'n sielkundige (nie bedryfs), so nie seker hoe julle dinge werk nie, maar het julle al na die APS (Australian Psychological Association) se website gekyk? Dalk kan hy tog daar registreer. Ook die Psych Board van Queensland. Ek sien baie keer op seek.com.au poste vir Orginasational Psychologists; dalk is registrasie nie verpligtend nie.

Sterkte met als: geniet die reis.

D

Link to comment
Share on other sites

Baie welkom en jammer jul moet jul woefs agter laat.

Urs

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...