Jump to content

Angelina: Nuut hier by julle


Angelina

Recommended Posts

Hallo Almal,

My naam is Benita, en my hubbie se naam is Kobus, hy is 'n Diesel Werktuigkundige van beroep, maar doen Fitter werk hier in Oz. Ek was 'n Krediet Bestuurder van beroep, maar is nou huis vrou, sorg vir my hubbie. Ons oudste dogter is 26 jaar oud, ongetroud en bly in Mosselbaai. Ons baba is 24 jaar oud, het 'n vrou en baba dogtertjie van 5 maande, is nog steeds in Rtb, hy werk by dieselfde company as sy Pa, is besig om te kwalifiseer dan kom hulle ook oor, so julle moet weet die verlange is baie groot, ons moes hulle los en oorkom toe Angelina 2 maande oud was, gelukkig vir Internet, telefone en die web cam, gaan reeds vandag een aanskaf, sodat ons mekaar kan sien as ons met mekaar praat. Ons is nou die 11-09-2006, 3 maande hier in Ozzie land, en ons geniet dit verskriklik baie, skoon mooi land, blou lug, ons bly amper in die woestyn, so ons mis baie die groenigheid van SA, die berge, die mooi plante en blomme, maar die belangrikste van alles is, ons is in 'n veilige land, nie meer bang om alles agter jou te sluit nie.

Ons het van die forum gehoor van Karen in Rtb, so het ons vir Dreamy ontmoet, en mense ek moet vir julle sê ons weet nie wat sou ons sonder Dreamy gedoen het nie. Sy en haar gesin het ons met liefde ontvang, gasvryheid wat jy nie in SA kry nie, en as ons op haar knoppie druk dan los sy sommer alles waarmee sy besig is en kom help ons. Die Here sal jou menigvuldig see"n, Baie Dankie hoor. B) Jy is tops. En julle klompie mense op die forum, julle is ook fantasties, ons het nie geweet mense gee so vir mekaar om nie, ek het al baie gelag en gehuil soos ek al die briewe lees. My hubbie is 15 ure weg elke dag v d huis af, so ek hou my maar besig met al die huis werk, kan nie wag om klaar te maak daarmee nie, want die gogga het my gevang, wil net tyd spandeer op die pc, met e-posse vir al die familie en vriende in SA, en dan kom sit ek voor die pc en lees al julle briewe, lekker man, ek geniet dit baie.

Ons wens net ons kan al ons familie en vriende in SA saam gebring het. Ek wil net 'n paar dinge weet asseblief. Hoekom smaak die vleis so anders hier as in SA. En ons vind die Ozzies verstaan mekaar nie eers as hulle met mekaar praat nie, Kobus sê by sy werk as hulle met hom praat dan yeah hy heeltyd maar, want dit is die algemene woord lyk dit my hier. En aangesien ons kinders groot is, ons hoor van al ons vriende hier, hulle het nog almal kinders op skool, die kinders skrywe nie eksamens nie, nou vra ek julle met trane in my big brown eyes, gaan onse ou kleine Engelkind as sy groter is en skool toe gaan ook so praat soos die Ozzies. En ons water hier kry ons van Perth af, so 650 km ver deur middel van pyp lyne, is dit veilig om dit te drink, want ek lewe op water. Of moet ons maar 'n Neverfail water bottel sisteem kry.

Nou ja, ons is ook Christene, kry maar net nie die kerk waar ons gewoond was in SA nie, Little Fall's. Die Ozzies, v d kerke glo nie in die nagmaal nie, hulle hou dit net 2 keer 'n jaar, Paasfees en Kersfees. Maar ons het aangesluit by 'n kerk en maak maar die beste daarvan. Ons was 2 weke terug by vriende van ons in Perth vir die naweek en het Riverview kerk gaan besoek, wat 'n belewenis. Wens hier was so 'n kerk in die woestyn, ons is gewoond aan selgroepe en hulle het nie so iets nie. Verder is ons bly ons is hier in hierdie pragtige rustige land.

Liefde Groete vir almal en mag julle 'n wonderlike dag hê.

Benita

Link to comment
Share on other sites

Hi Benita & Familie! Baie welkom hier by "ons" (ek sê "ons" want dit is al soos familie hier op die forum! B) ) Ek kan met jou identifiseer oor jou "kerk-probleem" - dit het ons 'n hele wyle gevat om 'n kerk & gemeente te vind waar ons geestelik tuis voel. Vir elkeen sal daai "tuiste" iets anders wees, want ongelukkig is daar nie die kerk OF die gemeente (en gebruike) in Aus wat kan vergelyk met dit waaraan ons in Suid Afrika gewoond was nie. Ons was in 'n gemeente van 3000+ lidmate en die kerk was volgepak op 'n Sondag. As jy nie ten minste 15 minute voor die tyd jou sit kry nie, KRY jy nie 'n plek om te sit nie! Die dominee moes elke Sondag vra dat die mense bietjie nader aan mekaar skuif om plek te maak. Die gemeente het ge"buzz" en daar was net altyd iets aan die gebeur. Die sang was wonderlik, die koffie-kuiers na kerk iets waarna mens die hele week lank uitsien en kervriende het huisvriende geword.

Ai, was ek darem maar teleurgesteld in "kerk" toe ons hier aankom! :lol: Hier is ongelooflik baie kerke, gelowe en gemeentes in Sydney (ek is seker as jy elke Sondag na 'n ander kerk of gemeente gaan, sal jy in 'n jaar nie deur almal wees nie), maar die kerke is leeg en die entoesiasme ontbreek. Ek het geestelik LEEG gevoel en my "kerkmense" by die huis gemis! Gelukkig het ons uiteindelik 'n kerk en gemeente ontdek waar ons nou baie gelukkig is en alhoewel die gemeente baie kleiner is, as waaraan ons gewoond was (het net so oor 500 lidmate), is daar 'n lekker atmosfeer en ons geniet dit weer om kerk toe te gaan. Ons is nou al seker so 6 maande in die gemeente en baie gelukkig. Ek hoop jy kry jou plekkie waar jy voel jy "hoort" en waar jy kos kan kry vir jou siel. Moenie ophou soek nie.....

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...