Jump to content

Enige iemand in Kalgoorlie-Boulder?


VivaOZ

Recommended Posts

Hi

Net vir interesantheid, is daar enige iemand dalk oppad of klaar in Kalgoorlie-Boulder? Indien so kan ons nie reel vir 'n lekker kuier saterdag nie? Ek verlang na 'n regte egte SA BRAAI!

Laar hoor van julle asb! :)

Wilma

Link to comment
Share on other sites

Hi Wilma,

Ons is nou wel in Perth maar vriende wat saam my op skool was, bly daar sedert Nov 2007. Hulle verlang ook na SA kuiertjies en is sosiale mense. Miskien kan jy hulle opsoek. Dis Frank en Leatitia Botha. Ongelukkig nie 'n telefoon nr nie, net email fbotha@bigpond.com.

Jy kan sê Eugene het jou vertel.

Groete en geniet dit as julle dalk bymekaar uitkom.

Eugene

Link to comment
Share on other sites

Hi Wilma

Ons is in Kal, en dit sal lekker wees om bietjie te kuier. Ek stuur my inligting vir jou. Ons is hier sedert Februarie 2008.

Telanie

Link to comment
Share on other sites

Hi Wilma,

Ons is nou wel in Perth maar vriende wat saam my op skool was, bly daar sedert Nov 2007. Hulle verlang ook na SA kuiertjies en is sosiale mense. Miskien kan jy hulle opsoek. Dis Frank en Leatitia Botha. Ongelukkig nie 'n telefoon nr nie, net email fbotha@bigpond.com.

Jy kan sê Eugene het jou vertel.

Groete en geniet dit as julle dalk bymekaar uitkom.

Eugene

Dankie Egene

Ek gaan 'n aantekening maak. Ek is regtig ernstig in verlange na 'n lekker ou boere kuierjie. Ek sien dat al die SA's in die groot stede gereeld bymekaar kom, en ek het nou besluit dat as hulle dit kan reel dan kan ons "country" mense ook mos maar lekker saam begin kuier.

Groete

Wilma

Link to comment
Share on other sites

Dankie Egene

Ek gaan 'n aantekening maak. Ek is regtig ernstig in verlange na 'n lekker ou boere kuierjie. Ek sien dat al die SA's in die groot stede gereeld bymekaar kom, en ek het nou besluit dat as hulle dit kan reel dan kan ons "country" mense ook mos maar lekker saam begin kuier.

Groete

Wilma

Hi Wilma,

Dis soos jy sê, ons klomp Saffers in Perth kom gereeld bymekaar en is wonderlik. Ons is nog redelik vars hier en nog nie tyd/verlof gehad om bietjie WA te verken nie. Wil verseker 'n naweek in Kalgoorlie gaan deurbring teen die einde van die jaar se kant. Sal jou PM as ek weet wanneer dan kan ons dalk weer iets reel in julle vallei.

Eugene

Link to comment
Share on other sites

Hi Wilma,

Dis soos jy sê, ons klomp Saffers in Perth kom gereeld bymekaar en is wonderlik. Ons is nog redelik vars hier en nog nie tyd/verlof gehad om bietjie WA te verken nie. Wil verseker 'n naweek in Kalgoorlie gaan deurbring teen die einde van die jaar se kant. Sal jou PM as ek weet wanneer dan kan ons dalk weer iets reel in julle vallei.

Eugene

Absoluut. Laat weet net wanneer julle die kant toe kom.

Link to comment
Share on other sites

  • 3 weeks later...

Dit klink of dit baie lekker is om in WA te bly. Gee tog bietjie raad. Hoe het julle mense dit reg gekry om `n job offer te kry. Ek en my man werk albei in `n mangaan aanleg en ons sal verkieslik iewers by `n myn wil werk. Ons het al honderde plekke aansoek gedoen. Ek het begin wonder of die myne daar regtig Suid Afrikaners sponsor. As enige iemand weet van `n myn of fabriek wat sponsors doen, kan julle my asseblief tog laat weet. Ons is mal oor klein rustige dorpies. Ons het al vele foto's van WA gesien en Mandurah lyk na `n stunning plek. Vertel tog bietjie meer oor Kalkoorlie.

Groete

Link to comment
Share on other sites

Lol........verskoon tog die spelling in my vorige boodskap........ek raak so opgewonde dat ek nie kyk wat ek tik nie.

Ek het bedoel Kalgoorlie.

Groete

Charmaine

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...