Jump to content

Jan Japan


Biltongboer

Recommended Posts

Hier was 'n paar snaakse karakters in Windhoek Hoërskool – en ek praat nie net van die onderwysers nie.

Daar was een outjie, ek kan om die dood toe nie sy regte naam onthou nie – ons het hom Jan Japan genoem. Die rede hiervoor was juis dit wat hom weird gemaak het.

Hy was so 'n paar weke in ons skool, toe verdwyn hy net eendag. Juffrou vra waar's die man, dan weet niemand nie. Hy pitch later eendag daar op. Ons begin vra vir hom waar was hy. Die storie is die reine waarheid, julle kan enige iemand vra wat in 7D was in 1984. Ek belowe, dis so waar as wragtag die waarheid, so goed soos wat ek dit kan onthou:

Die man sê vir ons hyt gatvol geraak vir die plek, en het besluit om Japan toe te gaan. En nie hoe nie, hy stap sommer soontoe. Kan jy dit glo? Hyt blykbaar nie baie ver gekom nie. Van daai dag af was hy bekend as Jan Japan. Klink my dinge was nie so lekker by die huis nie. Ek wonder wat van die siel geword het.

'n Ander perd was ou Wikus. Hy was nie 'n dom ou nie, het maklik hier rondom 'n C vir sy vakke gekry sonder om hard te werk. Hy was net nie baie lus vir die goete nie. Ons klas het 'n klomp stoute karakters gehad – hemel weet, daai eighties was rof. Ons het eendag die engelse juffertjie so emosioneel afgetakel dat sy die skoolhoof se hulp ingeroep het. Bertus Gouws was die skoolhoof. (Daai dae al.) Hy het begin deur die vlaglied te sing, die Bybel oop te slaan, en hyt elke trick in die Afrikaner-handboek uitgehaal om hierdie belhamels mee aan te spreek. Hyt ons opgeroep om vir Volk en Vaderland saam te staan, en die Skoollied te sing. Na 'n lang geprekery, toe sê die man hy vra nou hier vir almal een vraag vandag, en jy moet mooi dink voor jy antwoord:

Hy vra: "wie van julle het nie 'n belang in hierdie skool nie?" Dis tjoepstil in daai klas, jy kan 'n naald hoor val. Almal is verskrik, hierdie man is kwaad vandag, en ons almal sit soos standbeelde en kyk hom baie vroom aan. Ons weet hiers moeilikheid vandag.

Na so paar sekondes se stilte, toe steek Wikus sy hand so slap-stadig op. Hy sit-lê so half, en steek sy hand so pap in die lug op. Die res van ons weet nie waar om die snorke en proese weg te steek nie. Ou Gouws vra weer:"Wie van julle, behalwe

Wikus, het nie 'n belang in hierdie skool nie?"

Einde van daai jaar toe hoor ons Wikus is klaar met skool. Hyt besluit om 'n treindrywer te word. Hulle betaal goed, en die job is glad nie rocket-science nie. Jy hou net daai trein op sy spoor.

Ek loop nou die dag vir Wikus op Vuisboek raak. Hy het vir 5 jaar treine gedryf, en het nou sy eie Microsoft Training Centre daar in Walvisbaai. Ten spyte daarvan dat hy nie 'n belang in die skool gehad het nie…

Daar was so wille meisiekind, Suzie. Syt altyd haar rok so hoog as moontlik opgehad, en haar pantie vir almal gewys. Dis nou as sy een aangehad het. Sy praat net heeldag oor seks - ek was so bang vir daai ding. Wonder wat van haar geword het? Daai jaar was 1984; daar het 'n vliek uitgekom – "Class of '84". Ons klas was erger as daai Amerikaners, of so het almal gedink, in elk geval. Rowwe klomp barbare.

Die eerste telefone met drukknoppies het daai tyd uitgekom, en ons het gedink dis die eindtye. Ek en 'n paar pelle het later rekenaars gekoop. Die ZX81 en ZX Spectrum was net die menere daai tyd. En die ryk ouens het 'n Commodore64 gehad. Mean machine daai, hyt 'n hele 64k memory gehad. Deesdae het jou horlosie meer kapasiteit as daai ding. Jou programme het jy op tapes gehad, dan klink dit soos 'n stadige fax masjien as jy die program installeer. 'n Hele flight simulator kon jy op 'n tape kry. Nou kry ek nie eers meer al my familie-fotos op een DVD gelaai nie…

Link to comment
Share on other sites

ai BB

nou dink ek sommer terug aan my jeug. Ek moet se ek mis glad nie skool nie, maar party keer wonder mens tog wat van mense geword het. Tot hulle jou op Facebook add as friends en dan weet jy skielik hoekom jy nie meer in touch is met hulle nie. :blink:

Ons het net sulke vreemde byname gehad....

daar was 'n vet ou in ons klas - hy het een pouse voor LO te veel geeet en siek geraak in die klas.

so dit was Pizzahut en sy naam van toe af natuurlik Pizza.

ons het 'n Gesk onnie, 'n ou jongnooi gehad wie se hare deurmekaar was, asof dit in die krag prop gedruk is, so 12V - sy was nogal 'n karakter wat sommer sulke lepels Cremora geeet het tussen die Franse Revolusie deur.

daar was 'n ander onnie wat weer soos Lotter in Maplotters gelyk het ....ons het in Matriek vir 'n arme str 6sie gestuur om vir mnr "lotter" iets te gaan vra. genade was dit nou 'n petalje!

Ons het Atari gespeel - Pac Man, Space invaders....

Ek weet nie hoe gaan ons ooit ons kinders probeer verduidelik hoe ons gelewe het in die ou dae nie.

PS het gisteraand op jou "blog" gelees- haha ek is ook bietjie op vir Afrika - en jy kon net sowel Kaapstad beskryf het

FWG

Link to comment
Share on other sites

Vir 'n oomblik was ek bang jy is Suzie! Sjoe.... hoop nie sy lees die ding nie.

Ek hou van daai Cremora ene - wierd ne. Party ouens het gom gesnuif ook. En die meisiekinders het hare uitgepluk op 'n stadium :unsure:

Link to comment
Share on other sites

jong, ek was definitief nie een van daai wat die skoolrokke so omgerol het en met die gordel vasgepen het nie. rok was mooi 6 vingers bo die knie, ek dink... :cry:

het jy al gesien vandag se skoolkinders - die meisies trek hulle wit sokkies so hoog op , bo oor die kuite. amper soos die tennisspelers. ons het ons wit sokkies so afgerol dat jy net enkels kon sien. ...en jou moue so dun omgerol - net vir ? afronding.

anyways those were the 80's.

hare het 'n bubble gehad - weet nie of jy weet wat dit is nie? :unsure: my een vriendin het soveel haarsprei gebruik, as die wind waai op die hokkieveld het haar hare so opgelig en net weer in die vorige posisie gaan le.

Ons atletiekdrag was van so 'n wollerige materiaal met die meisies broeke amper gevorm soos 'n waterproof. Waarom kon ons nie sulke nice lycra outfits he nie.

hoe gaan dit met jou visa aansoek?

Antoinette

Link to comment
Share on other sites

Sjoe ek mis die 80's......

Daar was nou vir jou 'n paar snaakse modes en karakters! Boy George en Cyndi Lauper. Wham en Queen en Bon Jovi (my gunsteling).

In Std3 het ons so 'n juffrou gehad - Juffrou Bradford. Die vrou het skool toe gekom met een helder neon pers sokkie en die ander een neon geel. I kid you not. In die klas net langsaan (so 'n opslaan klas soos ons dit genoem het) was Mnr Adriaanse. Hy was ook die skool se houtwerk onnie. Die man het op sy dag voorry gespeel vir die Kollege waar hy geswot het. Hy was letterlik 'n reus van 'n man. Net een hou met die plathand en jy's morsdood. Eendag toe's dit 'n siwwie dag en almal kom met hulle gewone klere skool toe - dit was seker maar die einde van die kwartaal of so iets. Op die dag toe sit ek in my klas (Juf Bradford was uit gewees) en ek begin my bank se deksel te klap. So hard as wat ek kan en aanmekaar. Dis net GWAR GWAR GWAR die hele tyd. Ek weet tot vandag toe nog nie wat in my gevaar het nie - het seker maar nie my pilletjies die oggend gedrink nie. Nou ja, dit was nie eers 30 sekondes later nie toe stap ou Adriaanse daar in met sy groot lyf by die deur se ingang. In sy diepe stem vra hy net "Wie was dit?..." Daar was 'n doodse stilte in daai klas. Almal was tjoepdtil en spreek nie 'n woord nie. Na 'n ewigheid toe steek ek maar so stadig my hand op. Al wat die man toe se is "Kom hier, siel". Hy't mense altyd aangespreek as "Siel" Nou ja, om 'n lang storie kort te maak - ek het twee houe gekry (in die skool arbeiders se aantrekkamer) met sy bekende perspex liniaal. Die ding was seker so 5mm dik, 400 - 500mm lank en was so 'n lekker breedte dat hy in 'n groot man se hand kan pas.

Dieselfde Mnr Adriaanse het ook 'n crush gehad of Juffrou Brits. Sy was weer op haar dag een van die skoonheidsprinsesse by haar Kollege. Sy was regtig mooi - genuine! Ek was in Std4 toe is sy my register onderwyseres. Nou jy moet weet, inStd4 is 'n man darem al 12 en jou hormone begin om te kickstart. Vele dae het ek maar net op my arms gele en na haar gekyk - droomverlief. Ek oet byse ek dink nie ek was die enigste een nie. Maar daar was eendag wat ek seker nooit sal vergeet nie. Sy't skool toe gekom met so 'n semi-deurskynende rok aan. Die materiaal was amper soos 'n man se "vest" - dit het sulke klein gaatjies ingehad. Ek sal vir jou se ons laaities was omtrent wakker daai dag! En ons het GEKYK!

Op Hoerskool (Brackenfell) het ons 'n LO onderwyser gehad. 'n Baie aangename man maar sy van was Vroegop. Meneer Walter Vroegop. Flip ek hoop nie die onnies lees die goed en sue my nie. In elk geval, sy bakkie se nommerplate het begin met D V D. Hy het self spottenderwys daarna verwys as "Dou Voor Dag - Vroegop".

In daai selfde jaar - 1989 (of dalk was dit die jaar daarna - kan nie mooi onthou nie) toe was daar 'n artikel oor Hoerskool Bracjkenfell in die Huisgenoot. Die artikel se naam was Auswitz. Dit het gehandel oor hoe verkriklik streng en erg die dissipline by daai skool was. Ons het letterlik reels vir alles gehad. Jou tas word in jou regterhand gedra (Tot vandag toe slaan die eelte uit op my regterhand as ek die heeltyd iets in my regterhand moet dra). Jou baadjie se middelste knoop MOET te alle tye toe wees as jy van klas verwissel. As jy klas verwissel dan mag jy nie jou trui aanhe nie - dis te slordig. Jy moet dit doen in jou hemp of baadjie. Aan die einde van pouses was daar twee klokke. Bewaar jou siel as jy nie in 'n perfekte, reguit en netjiese ry staan as die tweede klok gelui het nie. Kyk die skool was BAIE streng. Ek noem nie eers alles nie. Nadat die afkondigings dan gemaak is word ons verdaag deur mnr Markram (daar was ook 'n ander naam maar ek sal dit liewers nie hier noem nie). Dan bulder hy oor daai mikrofoon "Kom ons stap flink, kom ons stap flink, kom ons stap flink, flink, flink, flink, flink......." totdat die rye kinders aan die "go" kom. Nou moet jy weet, dit was nie 'n seunskool nie - daar was meisies ook gewees. Hulle word gedril soos soldate!

Ek wil nog net een ding se. Die een jaar toe kry ons 'n proefonderwyser. Na skool toe help hy met die rygby afrigting. Die skool het drie velde gehad waarvan een so half versonke was - bietjie laer gelee as die ander twee. Nou ja ons het die dag daar geoefen. Op die dag toe oefen hy die agterspelers en hulle pass die bal so heen en weer vir mekaar. Op daai stadium was my ryg na hulle gedraai en ek was besig om die walletjie uit te klim langs die veld toe hoor ek net 'n helse "TWANG" - iets het baie hard ge-connect met metaal. Yip, net daar langs die een rugbypaal le meneer plat op sy rug met sy bril langs sy kop. Toe ek afhardloop om te gaan kyk toe kon ek sweer ek sien 'n traan in sy een oog. Daai dag het ek geskree soos 'n vrou soos ek lag - high pitch tone en al! Later het ek baie skuldig gevoel want ek het dan nou gelag vir iemand wat regtig seer gekry het. Maar nou ja, die man het darem later vanself opgestaan en aangegaan (hy't nie weer in die agterlyn gehardloop nie) met die oefeninge.

Ai dit was lekker jare. mense het altyd vir my gese jy moet jou jong dae geniet. Ek het dit nooit ter harte geneem nie. Nou verstaan ek wat hulle bedoel het.

Link to comment
Share on other sites

Hy't mense altyd aangespreek as "Siel" Nou ja, om 'n lang storie kort te maak - ek het twee houe gekry (in die skool arbeiders se aantrekkamer) met sy bekende perspex liniaal. Die ding was seker so 5mm dik, 400 - 500mm lank en was so 'n lekker breedte dat hy in 'n groot man se hand kan pas.

Haha ek het presies so liniaal waarmee ek nou teken vir my swottings! Ek het hom nogal ewe by my pa geërf!

Link to comment
Share on other sites

Haha ek het presies so liniaal waarmee ek nou teken vir my swottings! Ek het hom nogal ewe by my pa geërf!

Ons het so ou gehad -Haas. Van sittert was sy van. Ek het so rumour gehoor dat hy nou nog daar is. In elk geval, hyt ons met 'n plank geslaan. so dik plank wat lekker breed is. As hy klaar is is jou gat nie seer nie, hys sommer heel lam - jy voel niks nie. Hyt ons altyd "pienkvoete" genoem.

Ek weet van ouens wat stories oor hom kan vertel wat ek liewer nie self sal vertel nie...

Ek onthou ook in standerd 6, toes ons hormone ook lekker aan die gang, en ons het 'n aardrykskunde juffrou gehad wat aanmekaar so gebreide (of gehekelde?) rok aangetrek het - hyt ook sulke loergate gehad, jyt die wit bra so ligweg gesien onder die ding. Ons manne het heel periode lank sit en kwyl as die vrou klas gee. :holy:

Link to comment
Share on other sites

Sjoe ek mis die 80's......

Daar was nou vir jou 'n paar snaakse modes en karakters! Boy George en Cyndi Lauper. Wham en Queen en Bon Jovi (my gunsteling).

In Std3 het ons so 'n juffrou gehad - Juffrou Bradford. Die vrou het skool toe gekom met een helder neon pers sokkie en die ander een neon geel. I kid you not.

Hi Jimmy - wel jy kon ook maar netsowel in HS Lichtenburg gewees het....

ons het 'n Wisk juf in std 7 gehad- ons het haar Lipstick, Powder & Paint genoem - sy het als ge color code - bv groen en pers klere (ja dit was die eighties) en dan sit sy pers en groen eyeshadow aan, met die skoene en sykouse in dieselfe skakerings. party keer was dit peach ook.

ons het 'n vreeslike vet onnie gehad - Varkie. Varkie het sommer 3 vetkoeke nog voor pouse weggeslaan. die kinders in die agterste ry het deur die tydelike klas se venster geklim, aan die deur geklop en gese "Jammer ek is laat Meneer".

Weird hoe ander mense se belewings vergete herinneringe kan trigger. :holy:

oeg, ek was in 'n "seunsklas' 2 dogters en 28 seuns van std 8 - 10. in die sang periode het die seuns baie kreatief geraak met die liedjies "Mannetjies Roux" van Laurika Rauch het baie twisted uitgekom. die arme onderwyseres was so geintimideerd ons het in st 9 nie een keer "sang" gehad nie.

Pouses het ons geyste guava en lemoensap by die snoepie gekoop. Eend (die huishoudkunde onderwysers) wat natuurlik gewaggel het, het die snoepie bedryf. Aan die einde van pouse is jou sap nog nie eers halfpad ontdooi nie. Dan steek jy dit weg onder die oplig banke en as die onnie sy rug draai vat jy gou 'n hap...

Dan was daar 'n juffrou Dracula - weet nie presies waar die bynaam vandaan gekom het nie, ek kan net onthou sy was regtig skrikwekkend.

Miskien kan Somarie nog 'n paar stories vertel - die meeste van die onnies was vir donkiejare by die skool. Sy sal dalk ook weet waar party van die byname vandaan gekom het, ons het dit maar net geeerf.

Ek wil nog steeds nie my skooljare oor he nie dankie. Ons moes ook ons tasse in die R hand dra. Ons mag nie op die gras geloop het nie. Elke jaar groep het hulle eie deel gehad waar hulle pouses gesit het en bewaar jou as jy oor die tou trap :ilikeit: . Ons mag nie trappe geslip het of aan die relings vasgehou het nie.

Die seuns se hare moes omtrent 1.2 mm lank gewees het en jou naels mag nie oor gesteek het as jy van jou handpalm gekyk het nie....

As een iemand in die klas "stout" was, het die hele klas pakgekry.

Ek het nou nog 'n absolute renons in enige vorm van onregverdigheid. En ek kan verstaan hoekom 1 e jr studente so woes uitgehaak het....van absolute control tot vryheid.

Wat ek wel altyd sal onthou is watse goeie pelle mens gehad het - dat jy ure na skool kan praat en praat en praat. Face to face 0 dit was te duur om te bel ..

Edited by Firstworld_girl
Link to comment
Share on other sites

Ek was ook in 1984 in Std 7 gewees ... 'n "all girls" klas nogal - die tikklas. Dit het net mooi niks goed afgegee nie! Ons was seker die stoutste klas in die hele skool gewees. Met lang hare rondgeloop en geweier om dit vas te maak, naels te lank, rokke te kort en bekke heeltemal te groot! Tas wat so van die een skouer af op jou agterent hang ... ek dink ons sit almal vandag met "scoliosis".

Ons het 'n sexy onnie vir Engels gehad, Mnr Pretorius. Hy't sulke oulike boudjies gehad wat so gewikkel het wanneer hy op die bord geskryf het - ons was letterlik almal in 'n beswyming gewees wanneer hy op die bord doenig was :)

Wanneer 'n onnie die klas vir 'n oomblik verlaat het, het hy/sy terug gekeer na 'n bord wat goed ge-"graffiti" was, en ons sit daar soos engeltjies ... botter kon nie in ons bekke smelt nie. "Big in Japan" was "big" tussen ons daardie tyd!

Dit was mos groot mode om jou hare te "gel" dat dit sommer so regop staan (ek sien die laaities doen dit nogsteeds). Ons mag nie op skool "gel" in ons hare gehad het nie, dan was hulle dit sommer vir jou uit met matte shampoo! Niks wat suikerwater nie kon regmaak nie :whome: En dan was daar nog die "peroxide" gier ook gewees - ek het sommer so 'n lekker oranje streep gehad wat hier langs my kop af "gedangle" het. Op 'n kol het ek ook die Cindy Lauper haarstyl ding gedoen ... sommer self al die hare aan die een kant van my kop kort geknip. Dit het behoorlik gelyk of 'n rot my aangeval het en ek mag nie saam kerk toe gegaan het tot dit uitgegroei het nie ... hahahaha

Wie onthou nog "Winkle Pickers"? Daai snaakse "slang-in-die-hol-skop" kabouterskoene? En wie van die girls het ook die twee pare sykouse ding gedoen - die onderste paar moes 'n neon kleur gewees het, en die boonste paar was swart. Dan skeur jy sommer sulke lekker groot gate in die swart paar sodat die neon kleur so hier en daar uitsteek. Lekker simpel!

Skelm gerook, weggeslip "Bella's" toe in Hillbrow saam met ons "ouer" kêrels op hul motorfietse. Kyk, as my kinders dit ooit moet doen!!! :whome:

Ons ou skoolhoof het vir my ma gesê dat ek eendag gelukkig sal wees om "till te slaan in Checkers" ... dis nou nadat ek uitgevang was vir skool bank. Snaaks, so 'n jaar gelede het ek namens die ou oom 'n dagvaarding uitgereik teen iemand wat in sy tjor in vasgery het :P

Ai, die goeie ou dae ...

Link to comment
Share on other sites

Wanneer 'n onnie die klas vir 'n oomblik verlaat het, het hy/sy terug gekeer na 'n bord wat goed ge-"graffiti" was, en ons sit daar soos engeltjies ... botter kon nie in ons bekke smelt nie. "Big in Japan" was "big" tussen ons daardie tyd!

Nou praat jy -Alphaville is steeds een van my gunstelinge. Ek het nou die dag die Forever Young album op CD gekry - luister dit nou in die kar.

Nou gaan die geheue weer ver terug ne... :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Sjoe, "84. Toe trek ons van Windhoek Outjo toe. Ek was regtig nog maar 'n ou bloeitjie. Je nee, mens kan boekdele skryf oor al die onnies, kinders en dinge op skool. Ek moet nou eers gaan werk, sal later meer 'n langer bydrae skryf.

Martin

Link to comment
Share on other sites

Ou HAAS was ons koshuisvader vir baie jare.

En hy het altyd gese, gee 'n pienkvoet net lank genoeg tou dan hang hy homself op. Ons het dit toe goed gedink om 'n sweater te maak vir almal innie koshuis en het toe groot agterop 'n animation karakter gehad van 'n haas (iets soos bugs bunny) en onderaan groot gedruk "Pienkvoet"

Hy het nogal gedink dit is snaaks. En sy vrou het altyd vir ons beskuit gegee as sy gebak het, omdat ons die koshuis se snoepie bedryf het.

Link to comment
Share on other sites

Ek sien Kokas is ook onder management. Tussen haar en die engelse juffrou was dit erg!

Die ingilse juffie wat ons gehad het was ....well... effens baie wel bedeeld so bolangs. En sy het oko gelike van haar mini-skirts. die twee saam was 'n dodelike kombinasie vir enige std 8 seun.

So sit ons eendag innie klas en die juffie bedryf haar bates hier bolangs so met die boarms en wikkel dit so van kant tot kant. Tot sy dit naderhand nie meer kan hou nie en vertel toe 'n drukspyker het nounet daar ingeval toe sy iets op die notabord wou vassit en sy kry die ding nie uit nie. Sy is toe gou by die deur uit om die ding uit te diep, maar ek kon sweer as daai klas vensters gehad het aan daai kant het almal vandag volstruisnekke gehad.

En so sit ou Kassie (bynaam) langs my eendag en die einste juffie vervies haar bloediglik vir hom. Sy gooi daar 'n preek in engels dat die see hom nie kan afwas nie en gebruik toe die woorde 'rather immature'. Arme Kassie weet nie wat dit beteken nie en probeer toe onderlangs by my uitvind wat sy gese het. Sy timing was bietjie uit, want die juffie gewaar dit en bars terstond in trane uit. Jy kon speld hoor val in daai klas toe sy uitstorm en arme Kassie is toe eers verskrik. Vandag weet ek dis eintlik nie oor hom nie, dit was maar net die Rooi Volksie wat voor die deur gestaan het soos elke ander maand.

En die Voorligtingjuffrou. Sy was oortuig ek moes dominees word. Sy het 'n probleem gehad om haar humeur te beteuel. Sulke selfhelpboeke het op haar lessenaar gele oor hoe om jou humeur in toom te hou en nie beheer te verloor nie. Want dit kon sy goed doen. As jy net dink aan fluister in haar klas, dan verloor sy dit.. Eendag so kwaad geword in 'n ander klas dat sy die telefoon op die vloer gesmyt het en dan raak daai nekare so bloedrooi as sy begin skree.

Ek dink ek is geskend op skool met al die goed as ek dit nou so lees..... ek gaan nou bietjie le op 'n sielkunde couch *grin*

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...