Jump to content

Afikaanse Christen Kerk Australia - Gold Coast


The Allisons

Recommended Posts

Afrikaanse Christen Kerk van Australië - Gold Coast

Ons nooi iedere en elke Christen in of naby die Gold Coast, Queensland, om saam met ons God se naam te verheerlik. Dit is 'n unieke geleentheid om deel te wees van 'n gemeente wat Jesus Christus dien in 'n omgewing waar ons gemaklik kan wees tussen gemeentelede wat ons taal en kultuur deel. Dit is so belangrik om jou geloof rotsvas te hou terwyl die res van jou lewe soms dramaties verander van dag tot dag.

Die erediens word aangebied deur Ds. Danie Venter te Coolibah Downs om 10h15 elke Sondag:

41 Mt Nathan Rd,

Mount Nathan,

QLD 4211

Ons verkeer elke Sondag gesellig na die diens en sal julle graag wil ontmoet oor 'n koppie koffie.

Ons sien al julle Afrikaanssprekende gelowiges van die Goue Kus daar!

Vir meer inligting, besoek gerus ons webwerf by http://www.ackagc.org

Kontak my ook gerus by 04 3003 0346 vir enige verdere inligting.

Ons maak graag kontak met gelowiges en Christelike instellings van ander stede in Australië.

chapel.jpg

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Dankie sal def bywoon!!

Link to comment
Share on other sites

Allisons

Baie dankie vir die inligting. Ons is nog nie daar nie, maar dit help om te weet dat daar 'n Afrikaanse Kerk is. Sterkte met die werk. Sal kontak maak sodra ons daar kom.

Link to comment
Share on other sites

Hi daar Allisons

Ons is in die Gold Coast 31/7 tot 12/8 en sal verseker een van die dienste bywoon. Ek neem aan Danie Venter is die predikant? Van waar is hy in RSA? Die kerk is prentjiemooi!

My skoonpa, Anton Herholdt, is geëmeriteerde NG predikant van die Vrystaat (Bloemvallei, Parys ens). Sal graag wil weet wie nog uit daardie geweste in die Gold Coast gevestig is?

Sien julle oor so 2 weke.

Lizel

Link to comment
Share on other sites

  • 1 month later...

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...