Jump to content

Army stories (Vervolg)


Biltongboer

Recommended Posts

Dit het nag geword. En dit het weer dag geword. Maar dit het eers amptelik dag geword lank na ons al wakkergemaak is. Ek het die vorige aand aan die slaap geraak nadat ons daai bungalow mooi blinkgemaak het. Vanoggend is ons eerste inspeksie, sien.

Ons was voorbereid vir die ding. Het die plek mooi uitgevee, al die modder en gemors is weg, alles is blink. Ons gaan hierdie korporaal vandag impress. Dis nie die gewone klomp rowers wat hierde jaar ingeklaar het nie.

Luitenant kom daar in, kyk so na die beddens, kry so suur uitdrukking op sy gesig. Hy stap verby badkamer toe. Hy kom uit. “Die vloer is dan nie eers ge-polish nie?†Skreeu hy, “Watse soort rowers is julle?â€

Ek het nog nie gehoor van so iets dat ‘n plein concrete vloer gepolish word nie? Dis mos nie ‘n teëlvloer nie man? Waarvan praat hy? Waar moet ek so baie polish kry? Ons almal het so standaard pakkie ingepak met bietjie vloerpolish, skoenpolitoer en so aan. Maar ek het ge-cater vir my eie behoeftes, nie vir die hele army sin nie. En jy sal nie glo hoeveel ouens het niks saamgebring nie. Dan wil hulle leen. Parasites.

Hy klim daar in die civvy-kamer in. Dis nou die plek waar jy jou civvy-tas moet bêre. Jy het jou groot staalkas langs jou bed, en ‘n trommel, maar moenie dink jy bêre enige persoonlike items daar in nie. Daar is regulasies vir alles – lappietjie hier in die hoek, tandeborsel daar, T-shirt op ‘n sekere manier gevou reg in die middel, onderbroek daar. Geen, maar geen, persoonlike items nie. Niks soos daar in die flieks waar die ouens “lockers†het met fotos van kaal meisies en dit nie. Nie in hierdie basis nie, my maat. Geen privaatheid. Dis seker die ding wat my die meeste ge-irriteer het van die Army. Jy het geen identiteit oorgehad nie, geen privaatheid nie. Jy is letterlik nommer so-en-so, en jy word net op jou van uitgeroep, jou naam beteken niks hier rond nie. Almal is Botha, van der Merwe, of so, geen Pieters of Kosies in die plek nie. Behalwe as jou van iets is soos Krottenwusternmeyer of iets, dan word jy sommer Duitser genoem.

Luitenant kyk deur die civvykamer. Die tasse staan dan nie eens op aandag as hy inkom nie? Sommer so ingegooi asof dit net ‘n bêreplek is. Niks is netjies bymekaar nie. Hy maak sommer van die tasse oop. Die klere in die tasse is dan nie netjies gevou nie, en daars allerhande goed wat onwettig is volgens hom.

Daai man is kwaad. Hierdie useless jongmense van vandag, hoe het hulle deur Matriek gekom? Het geen maniere of higiëne aangeleer nie. Hy besluit dis nou sulke tyd, tyd om ons oor te gee aan die genade van die groot man wat langs hom staan. Die korporaal.

Korporaal doen al die vuilwerk, sien. Hy is genadeloos. Wat die luitenant deur die res van die dag gedoen het, kon ek nooit uit-figure nie. Dis net korporaal voor en korporaal agter. Ek besef dadelik dis my misie en visie vir die weermag – ek moet ‘n luitenant word, hierdie korporaal-storie lyk soos ekstra werk.

Korporaal wys ons hoe om te stryk, hoe om ons boots te polish en – belangrikste van alles – hoe om jou bed op te maak soos ‘n beskaafde mens. Alles word net een keer gewys. En jy beter verstaan, want dis nag as hy weer hier kom en dis nie reg gedoen nie.

Daar is mos die storie van die troep wat wagstaan by die hek. Die korporaal kom daar aan en skreeu op hom, hy wil weet of die Brigadier nog nie hier aangekom het nie. Elke vyf minute kom vra hy weer of Brigadier nog nie hier deur die hek is nie. Brigadier kom later daar aan. Troepie salueer pragtag en sê vir hom: “Brigadier, jy moet oppas, daai korporaal soek jou al heel oggend lank, en hy is in ‘n slegte bui vandag!â€

Daai bed word opgemaak soos jy jou dit nie kan verbeel nie – jy moes daar gewees het om dit te verstaan. Jy vou die hoekies so terug, maak glad nie sin vir my nie. Ons mag nie op die grond slaap en die bed so los nie – dis teen die reëls, en blykbaar gaan die Human Rights manne ons tronk toe vat as ons op die grond slaap.

Ons leer baie nuwe woorde hier in die Army –nie almal is vloekwoorde nie. Een van die woorde is “korvee-takeâ€, nie seker of ek dit reg spel nie. Dis ‘n groepversamelings-woord wat gebruik word om enige snotterige taak mee te beskryf. Gras uittrek, grassny, asdrom uitgooi, kar was – as dit vuil werk is, dan is die kans goed dis deel van die korvee-take.

Ons is nog nie heel reg om te begin dril nie. Ons leer mos nou eers hier in Basiestyd hoe mens dril. Intussen wag ons vir die res van die inname, en ons “korveetake†dat die biesies bewe. Daardie paradegrond het baie onkruid en sigaretstompies, en hulle moet weg. Chicken-parade, elke klippie groter as 3mm moet verwyder word.

Daar word slote gegrou en gehark en tekere gegaan. Daar is ‘n groot rugbyveld daarbuite wat moet reggemaak word. Sulke lang waterpype wat aanmekaar geskuif moet word. Hier ontmoet ek ‘n nuwe karakter. Sy snor laat enige stafsersant bloos. Hy is so lang maergat mannetjie met ‘n hoë stemmetjie. Hulle noem hom Sammajoor Staaldraad. Seker die mislikste wese wat ek ooit geken het. Niemand weet wat sy regte naam is nie, hy is Samajoor Staaldraad en jy beter nie daai naam voor hom noem nie, want dan is jy vir seker op die lys van gesneuweldes.

Daar agter moet ons die Besoekerspark opgradeer. Maar daar is nie besoekers nie. Dis basiestyd, jy sien, geen civvy word naby die plek toegelaat nie.

As ‘n korporaal op jou skreeu, dan beter jy vinnig reageer. Jy sê: “Ja, korporaal!†en jy spring op aandag. Moenie salueer nie, dis net vir ouens met die range bo-op die skouers. En die korporaal haat daai ouens, want hulle kan hom rond-shunt en hy moet die troepe besig hou heeldag. Daar is toe so een Duitser, hy was nie gewoond in sy huis om “ja, pa†of†nee, ma†te sê nie, hulle is mos bietjie anders as die Boere wat dit betref. Hy verstaan nie die “Ja, korporaal!†ding so mooi nie. Korporaal roep vir duitser en duitser antwoord nie dadelik nie, hy sê net “jawohl†of iets. Daai korporaal is kwaad, hoor. Daai man staan die hele res van die dag op aandag op die paradegrond en skreeu oor en oor: “Ja, korporaal!â€, tot hy heel hees is. As jy vir hom lag, dan is dit Plesierkop vir jou.

Plesierkop.

Daar is nou ‘n naam wat memories opwek. Dit was ‘n koppietjie daar agter die Plaas, jy moes by die hoofhek uitgaan, verby die wag wat vir die Brigadier wag, en dan hol jy daar in die boendoes in. Korporaal kan jou sien, moenie dink jy kan gippo onder ‘n boom nie.

Ek het daai paadjie gereeld uitgedraf, het later besluit ek gaan tel hoeveel keer ek daar op is. Meer as honderd keer, ek belowe. Ek het merkies op my staalkas gemaak in die bungalow, soos daai ouens maak as hulle in die tronk die dae tel.

Edited by Biltongboer
Link to comment
Share on other sites

Watch out guys, BB se army-herinneringe het ingekick!!!

Gaan maak 'n pot koffie, kry 'n vet beker en enjoy!!

Lyk my daar kom nog baie waar hierdie vandaan kom! :o

Link to comment
Share on other sites

Nice storie BB

En toe?......Ek gaan haal solank 'n bier. :D

heh heh -watch this space... :):blink:

Link to comment
Share on other sites

BB

Gee vir die niggies meer detail oor sekere dinge, soos bed opmaak en regkry met stysel en skoenborsels, en moenie die wasgoed pennetjies onder die matras vergeet nie.

Ons kan jaar in en jaar uit gesels oor die diinge wat ons gehaat het.

Ek het my t-shirts, en laat my fris lyk frokkies eenkeer gevou, en net so elke nou en dan afgestof en gespuit met die stysel om die hoeke kraakvars te hou. Onthou, ek was 'n kanondonkie, en die 25pounder (nie iets wat jy by McDonalds kry nie)was nie lekker om rond te sleep nie.

Het ook my gippo-nate laat inwerk om strykwerk vinniger en makliker te maak.

Laat ek eerder op 'n blog 'n draai maak om myself te laat lag.

Cheers

Link to comment
Share on other sites

:rolleyes: NOG NOG NOG !!!!! <_<

Ons wil nie wag nie !!! Onthou julle doeks nog, dan het my dag al begin !! 8 ure maak 'n HELSE verskil !!!

L

Link to comment
Share on other sites

Artikel in vandag se Beeld. Dinge het bietjie verander sedert my army dae!

Kamoefleer-‘wapens’vir Namibiese troepe

Jun 20 2008 08:54:35:300PM - (SA)

Die Namibiese weermag het ’n nuwe wapen in sy arsenaal: gekamoefleerde kondome.

Die “Protector†is onlangs met groot fanfare bekend gestel as deel van dié weermag se program om soldate teen seksueel oordraagbare siektes en MIV/vigs te beskerm.

Luidens New Era in Windhoek betaal die Amerikaanse regering se presidensiële noodplan teen vigs vir die program.

Altesame 864 000 van die kamoefleerprodukte sal gratis by siekeboeë, kantiens en mediese ordonnanse beskikbaar wees.

Volgens die Amerikaanse ambassade in Windhoek is besluit om die kondome te kamoefleer om “net soos ’n soldaat elke dag in sy kamoefleeruniform en sy kamoefleervoertuig klim, by sy voorkoms te pasâ€.

“Die kamoeflering is om soldate daaraan te herinner dat hulle ’n bykomende wapen in hul arsenaal het om hulself mee te beskerm,†het die ambassade gesê.

Die aantal kondome kom neer op sowat 86 per soldaat in dié weermag van sowat 10 000 soldate.

Volgens mnr. Helmoed-Römer Heitman, militêre kenner, kan ’n mens hoop dat die snaaksigheid van die kondome die soldate sal oortuig om dit goed te gebruik.

Dit kom boonop in drie geure . . .

“Dit is natuurlik ’n ou raat om kondome tydens operasies oor gewere se lope te trek om te verhinder dat sand en vuilgoed daarin beland.

“Vir dié doeleinde sal die gekamoefleerde kondome uiteraard beter werk as dié wat in die donker gloei en die vyand ietwat sou kon verwar!â€

Dit is bekend dat soldate – veral wanneer hulle lank weg is van die huis en tydens vredesoperasies – baie weerloos is teen besmetting.

In die Suid-Afrikaanse weermag kry troepe wat op vredesendings ontplooi word gewoonlik ’n behóórlike preek oor sedeloosheid voor die ontplooiing – en vaal kondome word voorsien.

Link to comment
Share on other sites

Yikes- Ek dink nie dis om die troepe te beskerm nie, ek dink dis eerder om die algemene publiek te beskerm.

Daar in die DRK het ons Namtroepies mos ge-rape en tekere gegaan asof dit Afrika is.

Dankie vir die kleurvolle stukkie inligting... :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

BB..........gaan ons lank wag :ilikeit:

Ek dink ek soek eers 'n paar rand in my bankrekening - of nee, wag, Aussie dollars asb, ek aanvaar nie meer ZAR nie.

Ek is besig, die draft is reg, bietjie besig op die oomblik met kinders se rugby en goete.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...