Jump to content

My eerste dag in die Army


Biltongboer

Recommended Posts

Ek het laas mos vertel van hoe ons opgewerk is in Matriek om Army toe te gaan. Ons skryf daai Matriek eksamen, en toe is dit mos jaareinde, die Matrieks neuk almal see toe en raak balhorig.

Jy sal nie glo hoe daai manne uithaak nie. En nie net manne nie, die girls het net so uitgehaak. Ons jaag daar met Willie Dreyer se Landie op die strand, jaag die manne se vislyne af, trek doughnuts, breek die plek af. Hentiesbaai kry swaar onder die las van die jeug. Manne kots hulle longe uit, mos nie gewoond aan die gesuipery nie.

Ons ouens wat Army toe gaan, doen alles maar so met die ding in die agterkop. Jy weet nie of jy die plek weer gaan sien nie. Dalk voel jy ‘n AK47 se lood deur jou lyf. Die ander pelle gaan Varsity toe, hulle worry oor niks, en suip asof hulle lang lewens het wat voorlê. Die res van ons wonder hoeveel tyd ons nog oor het.

Daai datum kom al hoe nader. 11 Januarie 1988.

Ons hou Krismis met die familie by die huis, en Nuwejaar. Oupa, my nefie-hulle - omtrent die laaste keer wat ek kan onthou wat die hele familie so saam was. Sien, my ma en my tannie het so bietjie stry opgetel eendag, en van daar af het die familie net so nou en dan verjaarsdae saamgekom, maar nooit vir Krismis of Nuwejaar nie. My oupa is oorlede toe ek op Stellenbosch was. Hy was in baie opsigte eintlik ‘n pa vir my, en ek het emmers vol gehuil die dag toe hy weg is. Maar dis ‘n ander storie daai.

Daai aand van 10 Januarie 1988 gaan slaap ek vir oulaas daar in my bed by my ma se huis. Ek sukkel om te slaap, wonder wat het ek vergeet, wat moes ek ingepak het, het ek genoeg strykwerk ge-oefen voor die tyd? Een ding weet ek – more begin ‘n nuwe deel van my lewe, en ek sal nooit weer dieselfde wees nie. Ek het nie besef dat die hele wereld ook binnekort gaan verander nie.

Ons daag daar op by Suiderhof basis, soek gou my pelle uit, ons bondel so saam met ons siwwie tasse. Dis glad nie so erg nie – niemand skreeu op ons nie, daai Groot kokkedoor, een of ander Generaal of Admiraal of iets- hy lees uit die Bybel en hy sê ons is die room van die land, en ons het ‘n blink toekoms wat voorlê. En ons ouers moenie worry nie, die Army is nie meer soos in die ou dae nie, die seuntjies gaan nie seerkry nie. Ons voel almal baie happy en patrioties en hulle druk ons daar in busse in. Waai vir ma en pa en daar gaat ons.

Daai bus trek daar weg – geen troep of sammajoor of ding in sig nie. Net 'n army drywer wat daai bus looi. Dis heel oraait in die Army lyk dit my. Ouens jool daar op die bus, vreet chips en mors lekker. Daar agter in die bus sit ‘n paar baster outjies- hulle gooi so paar coke blikkies en goed daar op die bus se vloer neer.

Die bus trek in daar by Luiperdsvallei. Ons begin rustig ons siwwietasse soek en die bus ontruim. Dis moeilik om die volgende scene akkuraat te beskryf. Dis soos daai scenes in die oorlog-flieks, as die ouens daar by Normandy beach land. Alles is eers so stil, en skielik gaan daai klap oop en dis skielik een wille ding wat rondom jou aangaan. Of daai Vietnam scenes – spring uit die chopper, land, alles stil – en dan skielik begin die vierde wereldoorlog hier rondom jou. Dit was amper soos daai. Net erger.

Ek begin agterkom buite die bus is daar iets anders aan die gang as hier binne. Soos jy nader aan daai deur kom, hoor jy so gedruis in die agtergrond. Ek kom by daai trappie, om af te klim. Daar staan ‘n staf-sersant, hy vreet jou uit nog voor jy grondvat. “Daar gaat jy! Soontoeâ€, en hy wys daar in een of ander rigting. Ek gryp daai tassie en hol. Ons moet almal aantree. Ons weet van aantree, het mos van standerd 5 af aangetree en gedril. Ek was in die Prestige peleton op my dae.

Daai staf kom daar aan met so groot snor. Daar is blykbaar ‘n reël in die Army – ‘n staf moet ‘n snor hê wat lyk soos ‘n koeksister. Nie soos Hitler sin nie, so lange wat jy kan twist dat hy sulke punte maak. Na so lekker skaapribbetjie dan streel jy hom so bietjie met die vet dat hy stywer kan staan.

Daai man gil obscenities wat ek in my lewe nog nie gehoor het nie. Ek dog eers iemand preek of bid, want die Here feature groot in die gesprek. Jislaaik, so het my ma my nie grootgemaak nie. Hy praat baie van god en van Jesus, maar nie op dieslfde manier as wat die dominee en die skoolhoof praat nie. Moeder Maria word ook sommer iewers met 'n hoerhuis in die storie ingeweef. Ek dog ons fight teen die antichris, nou staan die bliksem hier reg voor ons en gil hier op my met ‘n staf se rang op sy arm. Hoe is dit moontlik, wonder ek? Dis wragtag die Duiwel homself wat manifesteer hier voor my. Waar’s my geweer, dan skiet ek hom sommer nou vrek?

Daai man is upset, hoor. Ek luister so tussen die obscenities deur en vind uit waaroor hy so moerig is. Dis daai bus, man. Eers het die ander ervare troepe (dis nou hierdie gatkruiper onderkorporaals en oumanne wat dink hulle is rangdraende diere) ons vertel ons is sussies want ons kom met busse hier aan. Asof dit nou my skuld is, ek wou in die eerste plek nie hier wees nie.

Maar hierdie snorsersant is beneuk oor daai bus, man. Iemand het blykbaar vreeslik gemors in daai bus. Daar lê blikkies en stront daai hele bus vol, wie de hel dink ons is ons? Iemand brom hier onderlangs iets oor ‘n blerrie baster of ‘n ding. Daai oom hou nie daarvan dat iemand anders as hy praat nie. Wie was dit? Man is dood. Hy jaag vir ons met siwwietasse en al dat die stof so staan.

Ons kom agter die storie gaan nie lekker wees nie. Gelukkig kom een of ander Grootkokkedoor daar aan en jaag daai staf om die hoek. Hy mag nie so met ons werk nie, ons is nog nie deur die mediese toetse nie, en sê nou hier val ‘n moffie om oor sy hart swak is of iets?

Daai staf is beneuk hoor. Hy wag daar by daai saal se deur soos ons ingaan, dan sê hy: “Boeta, as jy G1K1 is dan :rolleyes: jy vandag. Ek wag vir jou. Net hier wag ek vir jouâ€. Ons is groot-ogig daar by daai saal in. Dit gaan net van bad to worse.

Jy moet uittrek tot jy net in jou onderbroek daar staan. Een van my beste pelle het so mooi suster gehad wat ouer as hy was. Sy het altyd so lekker met my gesels as ek daar by hulle huis kuier. Sy het intussen bietjie George toe gegaan en rang gekry, en sy is nou ‘n Army doedie. En raai waar sal sy wees die dag wat ek inklaar? In daai blerrie saal op Luiperdsvallei waar ek in my blerrie onderbroek staan soos ‘n krygsgevangene. Ek is so embarrassed ek weet nie watter kant toe nie.

Ons neuk daar deur, hulle voel die size van jou knaters, kyk in jou keel af, toets jou oë, meet jou lengte, weeg jou, alles. Die tandarts druk sy tools daar in my bek in verklaar dat ek een van die beter stelle tanne het wat hy nog vandag gesien het. Dankie tog. Dit was my laaste besoek aan ‘n tandarts – glo dit of nie. Ek is bang vir daai manne. Van die ander ouens is daar sommer vinnig deurgewerk as hulle gate of goed in die tanne gehad het.

Hulle toets alles, vra jou uit oor jou donker verlede, hoekom haat jy jou ma, ken jy die Volkslied uit jou kop uit. Daar iewers in die proses staan ek in die ry, en daar kry ek weer daai familiar “Haai shame, maatjie, weet jou ma jy is hier?†Ek draai om en ek sê vir daai ou “man, efofâ€. Toe ek mooi kyk, sien ek, o hel die ou het iets op sy skouers, diamant of ‘n ding. Hy begin praat met my asof ons saam in die laerskool was, lekker pelle, en ek sê net: “ja, luitenant, nee luitenant, die hele tyd. Later sê een ou vir my: “daai ou is eintlik ‘n kaptein, jy weetâ€.

Ek begin wonder of ek die regte ding gedoen het met hierdie inklaar storie. Die dag begin nie goed nie, en daar is twee jaar minus een dag oor. Maar toemaar, ek probeer so swak en pateties lyk tydens hierdie mediese ondersoek, miskien klasifiseer hulle my as G5K5 en dan is ek vir ewig op light duty.

Daai ander deur waar jy uitgaan kom al hoe nader. Daai staf met die vuil snor wag daar buite, dan vra hy: “G1K1?†As jy sê “jaâ€, dan jaag en vloek hy vir jou dat die rook trek. Daai deur kom al nader, maar ek het nog die hoop in my hart dat ek sommer vandag uitgeklaar word, want ek is te swak en pieperig vir hierdie Army.

Ek kom by daai dokter, hy sê “G1K1â€, en daar staan ek met my siwwietas en my papiere. Nous dit my beurt.

Daai staf jaag my daar na ‘n ander saal toe. Dis waar ons kit is. Jy kom daar aan, dan kry jy boots wat te groot is, beret wat te groot is, boshoed wat te groot is, army overalls wat te groot is, en ‘n army onderbroek wat te klein is. Jy moet sommer nou al daai overall aantrek. En die boots en all. Dan kry jy so lekker fris trommel met ‘n klomp stront in. Een van die goed noem hulle ‘n varkpan – so plat stuk staal wat lyk asof hy so paar duike in het. Ek wonder of dit ‘n nuwe wapen is wat die terrs nog nie van weet nie.

Hulle gooi ons weer daar op ‘n bus, hierdie keer gaan hy Noord. Ek wonder of ons nou sommer reguit grens toe gaan of wat. Ons ry en ry en ry tot amper in Okahandja, en daar draai ons regs by Auschwitz in. Ek sien so groot geel bord: “1 SWA Militêre Skoolâ€. Ek wonder waar is nommer twee en drie. Kom baie vinnig agter dit maak nie saak nie.

Ons land daar – dit reën soos wat jy nie kan dink dit sal reën in hierdie dorre land nie. Dit reën katte en honde, snotblocks en flat whites net waar jy kyk. Dis ‘n malhuis. Daar is orals kopperaals en luitenante wat op almal skree. Kyk, ek het ook flieks gekyk, en ek weet daar moet iemand op jou skree in die Army. Maar ek het nie geweet hulle almal skreeu gelyk op jou nie. Een sê links, die ander sê regs, nog een sê as jy roer dan is jy dood.

Ek word op een of ander manier in ‘n peleton ingedeel. Peleton 1 Alpha Kompanie. Ons kry ‘n bungalow om in te bly. Daars ‘n klomp ander ouens wat in die tentdorp moet gaan bly, daar is nie genoeg kamers by al die bungalows nie. Die hotel is vol.

Dit reën so hard jy kan nie hoor wat skreeu daai korporaal op jou nie.

Klomp ouens daar by die tentdorp, hulle is nat, vuil, vol modder, moeg, koud - die tente is ‘n goor plek man. Dis al donker en hulle weet nie wat aangaan om hulle nie. Daar kom ‘n man aan met ‘n onderbroek en ‘n army frokkie aan, en sy web-belt so om die lyf. Hy begin gil op daai manne, hulle vind sommer gou uit wat ‘n bosbus is.

Hy laat hulle met daai trommels buite in die reën hardloop, hulle “leopard crawl†deur die modderpoele, hulle makeer die pas en hol dat die biesies bewe. Twee, drie ure lank jag daai man hulle rond. Hy los hulle later, sê hulle beter gaan slaap en daai tent moet blink more oggend. Almal onthou sy gesig, daai bliksem vergeet jy nie vinnig nie.

Volgende oggend tree almal aan. Hulle sien maar hier is ‘n bekende gesig wat hier saam met hulle aantree. Dis mos die wetter wat hulle so rondgeneuk het gisteraand? Hy was toe al die tyd wragtag ook ‘n rower wat op 11 Januarie 1988 ingeklaar het. Hy is later goed opgeneuk oor die storie. Ons het mos so gesegde gehad: "sort jou maatjies uit".

So eindig my eerste dag in die army. Ek is lekker moeg.

More oggend is inspeksie tyd.

Link to comment
Share on other sites

Het nou so lekker gelag !!! :blink:

Nou wag ek in spanning vir "VASBYT" !!! Dit weet ek sommer gaan 'n interessante storie wees !!!

Leza

Link to comment
Share on other sites

BB,

Jy maak absoluut hierdie koel vrydag sommer nog lekkerder as wat hy reeds is.

Ek het as PF groot geword, net in die goeie ou Lugmag, mamma en pappa was sommer altwee PF's.

My man het Jan '89 sy opleiding begin en ek Junie '89 by die GYM, die mees gehate plek vir enige PF of selfs dienspligtige.

Jou vertelling het nou soveel memories terug gebring ek kry so giggel laggie en traantjie op dieselfde tyd.

Ek is sommer in Walvisbaai gebore en het daar begin skool gaan, het op n stadium bietjie tyd op Rundu ook deurgebring, net betyds ook want toe kom die UN en daar gaat ons terug SA toe. Dit was n belewenis wat niemand sal verstaan wat nie self al daar was nie.

Groete en laat weet hoe het die res afgegaan ek kan my hierdie prentjie net voorstel.

Rene

Link to comment
Share on other sites

DIE GOEIE OU DAE, HE??!! :blush:

Ja swaer, dit was swaar goeie tye daai. :blink: Ek het in Potch begin en toe PF Vloot aangesluit. :ilikeit: Ek dink dis tyd dat diensplig weer ingestel word. Dit sal die rammetjies wat so ronddwaal sonder werk en wat sonder dissipline grootword in die bek ruk en rigting gee. Dit sal sommer ook Crew verskaf vir daai wit olifante wat in die Vloot se hawens le sonder bemanning (Corvette en Duikbote) wat miljuisende rande gekos het! Dit sal sommer ook die werkprobleem onder die jeug oplos. Hoop net hulle kan dieselfde dissipline handhaaf waaraan ons blootgestel was! :unsure: Ek sien uit na die volgende episode Biltongboer!

Hans

Link to comment
Share on other sites

Ja swaer, dit was swaar goeie tye daai. :unsure: Ek het in Potch begin en toe PF Vloot aangesluit. :ilikeit: Ek dink dis tyd dat diensplig weer ingestel word. Dit sal die rammetjies wat so ronddwaal sonder werk en wat sonder dissipline grootword in die bek ruk en rigting gee. Dit sal sommer ook Crew verskaf vir daai wit olifante wat in die Vloot se hawens le sonder bemanning (Corvette en Duikbote) wat miljuisende rande gekos het! Dit sal sommer ook die werkprobleem onder die jeug oplos. Hoop net hulle kan dieselfde dissipline handhaaf waaraan ons blootgestel was! :blush: Ek sien uit na die volgende episode Biltongboer!

Hans

Ek weet darem nie of ek my kind wil laat oplei saam met die commrades onder 'n Plan vegter generaal nie...

Link to comment
Share on other sites

Ja, die lekker ou army. 7 SAI, Julie 83.

Die army koffie, so lekker blou.

Daai blou goed in die koffie begin nou eers werk, 25 jaar later...

Link to comment
Share on other sites

Ek weet darem nie of ek my kind wil laat oplei saam met die commrades onder 'n Plan vegter generaal nie...

Nee kyk ek dink al klaar soos 'n expat! :blink: Die whiteys het mos klaar hulle deel vir die land gedoen! Hulle moet obviously die kwota systeem handhaaf as dit by die konskripsie kom so hopelik sal ons kinders dit vryspring. Wel myne gaan nie hier wees nie.. B) My somme toon dat daar so ongeveer 10 witmense opgeroep behoort te word per jaar :blink:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...