Jump to content

Suidwes skoolstories


Biltongboer

Recommended Posts

Ek wou nou eers weer gal afgaan oor die feit dat Namibië se grondwet al weer verander gaan word, en dat Suid Afrika se “postal services†nou deur Amazon ge-“blacklist†is. (Of soos ek eerder sê: “They are a “previously existing Serviceâ€. Amper soos die Namibiese Polisie se honde- eenheid. Of die Namibiese vloot. Of die Namibiese lugmag, met sy twee Fockers.)

Maar toe besluit ek: niemand wil die geneulery hoor nie. Dis tydmors, en dit maak almal net beneuk. Kom ek vertel bietjie daar uit my kinnerdae ‘n staaltjie of twee. Ek was nou nie ‘n Bosvarkjagter of ‘n local Crocodile Dundee nie. Ek het nie messe geslyp en goeters se kele afgesny nie. Ek wou, maar my ma was streng oor enigiets wat ‘n wapen kan wees of dalkies moontlik gevaarlik kan wees.

Toe ek daar in sub A aankom, toe sê almal: “Aai shame, weet jou ma jy’s hier?†Ek was maar nog altyd ‘n kortgat, en dit het my agtervolg my hele blerrie lewe lank. Hoërskool dieselfde storie: “Aai shame, weet jou ma jy’s hier?†En so gaan dit aan; Army, Universiteit - toe ek begin werk het hulle darem nie meer met my gesukkel nie. Maar dit het so lank gevat na skool totdat ek in ‘n beroep ingestap het, dat ek darem so tussen 4 en 8 jaar op die ander ouens gewen het.

Sien ek kom toe daar in die hoërskool aan. Kortste outjie in die hele WHS. Ek sê jou, flippen kort. So kry al die mooi ouer girls my jammer. Ek het ‘n feestyd onder hulle gehad, hoor. Al die mooi volwasse meisies het hulle ontferm oor hierdie klein outjie, tot by die hoofmeisie. Tussen die manne het dit nie so goed gegaan nie, maar ek het lankal geleer om my man te staan.

Jy sien, daar in standerd 4, toe’s daar so mannetjie, was al van Sub A af saam met ons, eienaardige karakter. Hy was soort van gestremd of iets, het die weirdste goed gedoen. Pouses het almal hom gevra om te dans, dan dans hy sulke lekka Afrika-passies en wikkel sy gat so half suggestief. Almal dink dis vrek snaaks as hy dit doen. Maar ek like dit niks, en dis later ook nie meer snaaks nie.

Sy naam was Flippie Rivas. Jy spreek sy van uit “Raaiwisâ€, of dis in elk geval hoe almal op skool dit uitgespreek het. Eendag bel die skool se sekretaresse sy huis, sy wil praat oor die skoolgeld, of Flippie se dansery of iets in daai lyn.

Die foon lui. Die oom antwoord: †Raaiwies hierâ€.

Die sekretaresse sê: “Ek wil nie raai wies dit nie, ek soek vir meneer Raaiwis asseblief.†. Die man antwoord weer: “Raaiwies hier?, en die vrou raak lekker beneuk. “Luister boet, ek soek meneer Rivas, en ek het nie tyd vir speletjies nie, wats jou storie?†Oom sê: “ma dis Meneer Raaiwies wat praatâ€. Sekretaresse sluk amper haar adamsappel in, en voel vrek sleg oor die storie.

Nou die Flippie het girls gesmaak hoor. Maar hy het sulke lelike tande gehad en as hy glimlag lyk dit meer soos Frankenstein wat jou wil opvreet. Ons het beurte gehad om klas skoon te maak pouses, dan moet jy die bordborsels uitstof en al sulke nonsens.

Nou’s dit my beurt, saam met Flippie, en ‘n mooi girltjie. Flippie maak die girl ongemaklik, hy wil net dans en soen en so aan. Hy het sulke lekker boesmanboudjies gehad. Ek sê hom om haar uit te los, maar hy wil nie. Ek sê weer, hy hou aan. Ek het toe intussen al bietjie karate geleer, en ons het geleer karate is net vir selfverdediging. Maar so nou en dan vergeet ek daai reël en dan laat waai ek en verdedig iemand anders.

Ek slaat vir hom so lekker hou teen die kakebeen. Gwhap! Hy staan en kyk my net so en volgende oomblik hou hy sy hand so bak hier voor sy mond, en hy spoeg daai vrot tand van hom daar in sy hand in. Ek het sopas ‘n man se tand uitgedonner, ek weet hier kom groot poeferasies.

Gelukkig was die girl ‘n goeie witness oor hoe die mannetjie haar gemolesteer het, en ek kom toe weg met die misdaad. Maar dis daar wat ek toe lekker selfvertroue gekry het in hierdie klappe-uitdeel storie, die man was groter as ek, en ek het sy tand laat waai. Ek het gesorg dat die hele skool dit uitvind, en toe laerskool klaar is, is ek skoon spyt want nou gaan ek grootskool toe en niemand weet ek is ‘n hero nie.

(Ek hoop nie Flippie lees die storie nie, as hy doen – jammer oor jou tand ou pel.)

Nou kom ek aan daar by Windhoek Hoër skool. Standerd 5, nog nat agter die ore. Daai tasse staan vroemore voor skool in sulke lang reguit rye. (Ek wonder of hulle nog so maak vandag?) Ons gaan saal-opening toe, die skoolhoof groet almal, en die sotte val almal weg met daai laaang laerskool groet :â€mo-o-o-o-re meenee-e-e-er , mooo-oore maaa-aaatjiesâ€. Die res lag almal. Elke jaar gebeur dit, en as jy eendag groter is dan verlustig jy jou in die klomp dom sotte wat so lank vat om te groet.

Ons word vinnig ingelig oor hoe dinge hier werk. Woensdag sal jy aantree met full kit en geweer, dis kadetdag. Ek het dit gehaat. Elke blerrie Woensdag gaan jy skool toe met daai browns-kortbroek , kakie hemp en ‘n beret wat te groot is. Kleinste size pas nie vir hierdie klein mannetjie nie, ek lyk soos Randal Wikomb met die blerrie ding op my kop. Ons dril dat die biesies bewe: “links regs, makeer die pas, oë regs†en al daai goed.

Die hele land is beset deur die blerrie army. Oral op die pad ry Samels en Bedfords. Troepe die hele dorp vol. As jy op die langpad klim, kry jy konvooie wat almal stadig maak. Alles vir volk en vaderland.

Ons het ook die Stem gesing. En die Oranje, Wit en Blou was ons vlag. Net soos in Suid Afrika. Ons was die 5de provinsie. So het ons gedink.

Ons het gebid vir die manne op die grens en die mense agter die ystergordyn. Ons gebede is darem verhoor toe daai muur inmekaarsak daar in Duitsland. Selfde tyd toe die vingerklip omneuk en Sam die teer kom soen het, sodat ons almal in vryheid kan saamlewe, danksy die leiers van die “struggleâ€. Toe’s ons nie meer ‘n provinsie nie, maar sommer ‘n land.

Ek onthou ek het in 1990 op TV gekyk en gesien hoe skreeu die mense: “down, down, downâ€, soos wat die Oranje Wit en Blou vir die laaste keer sak en die nuwe sonnetjie-vlag boontoe vaar. Ek het saam met FW ‘n traantjie gepik oor daai vlag. Ek het dan grootgeword met daai ding, nou’s hy sommer sleg.

Link to comment
Share on other sites

Hi, BB -

Ons was daar in die mooie Noorde van Suidwes in daardie tyd ... mense het hul plase - net soos hier in SA deesdae net eenvoudig MOES verkoop, pragtige plase wat geslagte in families was, huise met eie sweet en hande gebou, sodat casino's opgerig kan word. Ons het als verkoop en SA toe gekom, toe die plaas-eise te naby kom.

Ons het lekker ge'dril' in Outjo ook. Van die voorhek van die skool af, padlangs tot voor die meisieskoshuis, daar 'op rus' gaan staan en die koshuis'girls' kon hul sakgeld gou gaan haal, dan paradeer die hele meisiespeleton straat af tot voor die kafee, waar ons uittree, toffies en goed gaan koop en na so tien minute weer aantree om die hoofstraat op terug te dril skool toe ! En met dit alles saam was ons 'n goeie peletonnetjie, 'n 'prestige'-peletonnetjie, amper-amper daardie jaar die beste in die land.

Nou is ons skoolgeboue ge-BEE en die enkele wittes daar oor, is in 'n roldoringdraad-omheinde terrein wat voorheen 'n ouetehuis was in die 'onderdorp'.

Lyk my die geskiedenis herhaal hom hier deesdae.

Link to comment
Share on other sites

Ek het saam met FW ‘n traantjie gepik oor daai vlag. Ek het dan grootgeword met daai ding, nou’s hy sommer sleg.

alhoewel ek nooit FW se traantjie sal glo nie, was jy nie alleen nie

Ons het maar almal gewonder waarvoor vriende & familie hulself nou laat staan en vrekskiet het & ook maar 'n traantjie gegooi

Eerste wat ek toe ook begin dink dat daar dalk 'n einde is, wat vir ons ook voorle

O Ja .... en weet jou ma jy bly sooo laat op en speel op jou rekenaar?? :ilikeit:

Edited by JanCPT
Link to comment
Share on other sites

Praat van die dril peleton! Ons het eintlik uitgesien na dit, want dan hoef ons nie skool te gaan nie.

Ons het weer van die skool af so 'n ent die dorp op in gemarseer tot by die sport gronde, en dan daar almal kruis en dwars oor die rugbyveld gedril. Veral wintersoggende was dit mooi na die tyd op die veld. Oral was sulke 3 rye spore in die ryp op die gras.

Daar was tot kompetisies. Ons het elke jaar af Bethlehem toe gegaan en daar gekompeteer. As jy gewen het, het julle Bloemfontein toe gegaan vir nog kompetisie. Vrek koud gewees, maar lekker tye.

Ek onthou daar was so 'n windgat laaitie 'n standard hoër as ek. Al die girls het gedrool oor hom. Toe word hy as kadetleier aangewys en ewe 'n rang gegee. Net onder-korporaal maar almal, en hy het gedink, nou's hy 'beyond cool'. Maar o hel, toe nie. Maandag moes die rang op die mou vasgewerk wees vir inspeksie. Dit was onderstebo vasgewerk, soos die kappie op die e (^), en so slordig ook gedoen. Sulke groot steke, soos wanneer mens 'n goiing-sak toewerk. Die onnie wat 'n kaptein was het hom so vererg, dit by hom gevat en gesê hy sal laat sy vrou dit eerder doen. Die ou het die rang behou, maar bietjie van sy coolgeit verloor.

Die einste kaptein-onnie was erg patrioties. Hy't 'n vlag in sy klaskamer opgehang. Niemand mag aan dit gevat het nie. As ons stout was of iets onbehoorliks aanvang dan het hy altyd gesê - nie meer lank nie, die army sal jou regkry.

En ek glo die army het ook baie van die belhammels reg geruk. Kyk hoe oulik het julle almal dan uitgedraai!!!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...