Jump to content

Vadersdag


Biltongboer

Recommended Posts

Vandag is vadersdag. Ek weet nie of hulle vadersdag vier in Australië nie, maar hier is dit deesdae groot. Ek kan nie onthou dat daar regtig so iets was toe ek ‘n kind was nie, dit het so met die tyd al groter geraak.

Ek ken mense wat sê hulle glo nie in die goete nie. Jy weet, vadersdag, moedersdag, Valentynsdag, selfs Kersfees is uit die bose uit. En ek verstaan waar hulle vandaan kom. Ek het myself al bietjie opgevoed in die geskiedenis van die Kerk, en baie teologie opgelees. En Kersfees se ontstaan is alles behalwe Christelik. Vader Krismis is nou nie juis iemand na wie Jesus verwys het nie, en Moses sou ook nie te happy met Sinterklaas en die Paashasie gewees het nie.

Ek het al baie oor die goed gedink, en ek voel my kinders gaan nie die pad byster raak oor die tandemuis en die paashasie nie. Hulle leer by hulle ouers waardes en bou ‘n beeld op van wie Jesus is. Die paashasie gaan nie daai boodskap van die appelkar af gooi nie.

Wat die vrinne van ons sê, is dat elke dag mos vadersdag moet wees. Selde mos vir moedersdag en Kersfees. Pragtag man, maar weet jy - dis twak. Elke dag is nie dieselfde nie. Dis lekker om ‘n spesiale dag te hê.

Toe ek ‘n jonger man was, het ek baie gerebelleer teen tradisies. Veral in die kerk. Tradisies is die oorsaak van baie pyn, lyding en vervolging, as dit verkeerd aangewend word. Maar ek glo ook ons as ‘n gesin moet tradisies hê. Nie om alles in reëls te omskep nie, maar om ‘n identieit op te bou. Mens kry goeie tradisies ook. Dit het ek eers later in my lewe besef.

In elk geval, vandag is toe vadersdag. My laaitie is al van Vrydag af opgewonde, want Sondag is Pappa se spesiale dag. Dis ongelooflik hoe erg die mannetjie oor my is. Ek voel skoon skaam partykeer, dat ek hierdie oulike seuntjie se rolmodel moet wees.

Voor hy skooltoe gegaan het, het ons hom na ‘n tannie toe gevat wat hom toets vir skoolgereedheid. Die tannie roep ons in vir ‘n gesprek. Sy vertel vir my al wat hierdie outjie oor praat, is sy pa. As hy iets moet teken waarvan hy hou, dan teken hy ‘n mannetjie. Sy vra wie is die mannetjie, dan sê hy dis Pappa. Ek het so groot geskrik daai dag toe ek besef hoe groot invloed ek eintlik op die mannetjie se lewe het. Ek het snot en trane daar weg gery daai dag.

Daar gaan dae verby wat ek besef ek het omtrent geen tyd met my kinders spandeer nie. Dan voel ek soos ‘n rot. Ek sal nooit my kinders in ‘n koshuis kan sit nie, ek sal meer huil as hulle.

Sien, ek is baie sensitief oor die saak. (Hier kom die storie agter die storie.) Ons almal het mos ‘n storie. Nie groot hero-stories van hoe ons leeus met die kaal hande vrekgemaak het nie. Daai doodgewone storie oor wie jy is, waar jy vandaan kom, en wat wie aan jou gedoen het om jou te vorm wie jy is vandag.

Laat my dink aan die storie van die tweeling: Al ding wat ‘n identiese tweeling van mekaar skei, is die keuses wat hulle onder presies dieslfde situasies gemaak het. Niemand anders om te blameer nie – een lid van die tweeling kies dit, ander een kies die ander, en so beland die een eendag in die tronk omdat hy ‘n pedofiel is, en die ander een is ‘n dominee wat sendingwerk doen in Pakistan. Kom uit dieselfde huis uit, alles dieselfde.

Ek gaan nou bietjie van track af, probeer net die agtergrond regkry.

Dis hierdie gewone stories van mense wat my laat tick. Die storie van hoe jou pa jou hanteer het, en hoekom jy en jou broer nie vandag meer met mekaar praat op 88-jarige ouderdom nie. Daai stories is vir my baie interressant. En daar is baie sulke stories, sit lank genoeg om ‘n vuur met ‘n wildvreemde ou, en na al die vuil grappe en stupid opmerkings kom jy by ‘n man se hart uit. Partykeer.

Hier’s my storie.

My ma is Afrikaans, kom daar uit die mooie Kaap uit. Sy’t getrou met ‘n Duitser hier van Windhoek af. Toe ek vyf jaar oud is, het hy haar al lekker verneuk, en sommer probeer handgemeen raak en klappe uitdeel. Daar eindig die huwelik. Ons was weg vir die naweek, een of ander vakansieplek, dink dit was Etosha. Kom saam met ma en boetie by die huis, en die plek lyk anders. Hi-Fi is weg, en so paar ander goed ook. Vra vir ma: wat gaan aan?

“Hy is weg, kom nie weer terug nie. Ons is geskei.†Daar leer ek op 5-jarige ouderdom wat die woord skei beteken. In Engels is dit “divorceâ€.

Nie dat dinge veel verander het nie – die man het altyd “gewerkâ€, en ons het hom nooit gesien nie. En hy was missing die res van my lewe. My broer het gesê daar is ‘n omie by die voordeur eendag toe hy daar aankom en die klokkie lui. Ken nie die Oom nie. Hy was 3 jaar oud toe die man pad gevat het.

Van daar af het ek die man nie eens 10 keer gesien nie. Hulle het nou en dan baklei oor die onderhoud geld. Toe ek gaan swot, moes hy help betaal. Na prokureurs en dreigemente in die ding ingesleep is.

Hy was nie by my troue of my gradeplegtigheid nie. Hy was nie daar toe ek matriek gemaak het of rang gekry het nie. Hy het nog nie een van sy kleinkinders gesien nie. Toe my eerste kind gebore is het hy my gebel om my geluk te wens. Net omdat my ma hom gebel het en laat weet het daarvan. Dit was ons laaste kontak.

My broer en hy beweeg in dieselfde kringe party dae. Boetie daag eendag by ‘n vergadering op waar die man ook is. Toe die ander persoon hulle aanmekaar voorstel, besef hy hulle het dieselfde van – vra of hulle familie is, maar “pa†sê net aangename kennis en steek sy hand uit.

My ma het weer getrou toe ek 10 jaar oud was. My stiefpa is my pa, ek het hom lief soos my eie pa. Hy was goed vir ons, maar ons het nooit daai band opgebou wat ek sien pa’s met hulle regte kinders het nie. Ons aard nie na mekaar nie, en dis moeilik om te gesels.

Dis moeilik om te verduidelik hoe jy voel as jy 6 jaar oud is in sub A, en jy het nie ‘n pa nie. Ek het nie sport gedoen nie, want my ma het ons probeer beskerm en was bang ons gaan seerkry. Geen pa wat my aanmoedig langs die rugbyveld nie. Niemand om vir my te sê ek is eintlik OK nie. Al my maatjies het pa’s gehad, dan vra hulle wat doen my pa, dan weet ek nie wat om te sê nie. Daai tyd was egskeiding nog nie ‘n popular sport soos vandag nie – ons was outcasts. Dit was weird. My hele lewe lank sukkel ek, want my self-vertroue lê in die grond. Dit het jare gevat om oor dit te kom. Goeie mansmense wat in my lewe betrokke geraak het, en ‘n verskil gemaak het. Sal miskien eendag daaroor skryf. En moenie dink ek is gay nie – beslis nie. Was nog nooit nie, en dis glad nie my ding daai nie.

Om terug te kom na my storie: Ek het myself belowe dat my kinders nooit daardie vaderlose ervaring gaan hê nie. Dis hoekom sulke goed vir my so baie spesiaal is. Vadersdag. Vaoggend bring hulle vir my die mooiste briefies en geskenke. My seun het vir my ‘n lekker groot koffiebeker gekoop. Dogtertjie het biltong gekoop. En die kleintjie kom spring op my bed en sê ek moet haar “tackleâ€.

My seun se briefie sê “ek het jou baie liefâ€. Wat meer kan ek vra in die lewe?

Ek sê dit elke dag vir hulle: “Ek is lief vir jouâ€. Hulle hoor daai woorde tot vervelens toe. Maar ek het ‘n punt gemaak daarvan om dit vir my gesin te sê, want ek het dit nie baie gehoor nie.

Daar is een mislike ou wat vandag geen oproep of vadersdag-geskenkie gekry het nie. En as dit van my afhang, sal hy ook nooit kry nie. Soos hulle sê, dis maklik om ‘n pa te word, maar dis nie maklik om een te wees nie.

Ons het vanaand by my ma-hulle ‘n draai gemaak. Om my pa happy vadersdag toe te wens. Hulle raak oud, vertel van allerhande goed wat ek nie wil hoor nie – siektes en peste. Maar dis die mense wat my grootgemaak het. En wat nou hartseer is oor ons weggaan.

Uit al die slegte dinge in die lewe is daar net een ding wat ons onderskei van die volgende ou met sy probleme: die keuses wat ons gemaak het. Jy kan kies om ‘n liefdelose, arrogante, selfsugtige pa te wees, of jy kan kies om vir jou kinders te bied wat jy nie gehad het nie. En hulle sal weer moet kies wat hulle daarmee maak. Ek bid net dat my invloed in hulle lewens dit makliker sal maak vir hulle om die regte keuses te maak.

Nie dat ek dink ek is die beste pa op aarde nie. Ek probeer maar net.

Ek like vadersdag.

Link to comment
Share on other sites

Dankie se ek ook BB. My man het maar ook so "pa-ondervinding" gehad. Geen verhouding met hom na egskeiding van ouers toe hy 6 was. Pluk vandag maar nog die vrugte want die 'rolmodel' was nie daar nie. Wees jy net die beste vir joune...ek glo jy is as ek so jou post lees.

Ek dink nie 'n mens besef watter wonderlike voorreg 'n goeie pa is nie. My pa is nou so net meer as 2 jaar huistoe...mis hom vandag baie...goeie pa...ook vir my manlief!

Adele x

Link to comment
Share on other sites

Dankie se ek ook BB. My man het maar ook so "pa-ondervinding" gehad. Geen verhouding met hom na egskeiding van ouers toe hy 6 was. Pluk vandag maar nog die vrugte want die 'rolmodel' was nie daar nie. Wees jy net die beste vir joune...ek glo jy is as ek so jou post lees.

Ek dink nie 'n mens besef watter wonderlike voorreg 'n goeie pa is nie. My pa is nou so net meer as 2 jaar huistoe...mis hom vandag baie...goeie pa...ook vir my manlief!

Adele x

Dankie,

Wat ek vergeet het om te noem (my post was klaar baie lank) was dat my skoonpa regtig 'n wonderlike pa vir my was. Ek het meer gehuil as my vrou toe hy oorlede is. Miskien omdat ek meer verstaan het van wat sy gehad het, en ek nie gehad het nie. Maar daai is nog 'n storie op sy eie.

Link to comment
Share on other sites

Hi BB,

Thanks for your post. I really enjoyed reading it even though my reading of Afrikaans isn't very good. There is nothing greater than a love for your child, the child you bought into this world, I can never understand people who walk away from their kids, my children are a part of me and I could not imagine them not being in my life.

Jill

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz

Ek het 'n stiefpa gehad - glad nie oor die weg gekom nie - net gefoeter die eerste jare van my lewe. Ek het Vadersdag gehaat met 'n passie. Die bitter smaak sit tot vandag toe in my mond. Gelukkig het ek 3 oulike kinders - elke Vadersdag verdwyn die bitter so bietjies, bietjies.

Link to comment
Share on other sites

Ek laaik sulke posts wat dieper as net oor die weer en die nuus gaan - dis dinge wat die lewe en andere se lewens waarde gee en werklike impak lewer wat by kinders se lewens bly tot hulle oudag.

Thx BB jy's Vadersdag werd, dis mense soos jy wat Vadersdag maak wat dit behoort te wees.

PS. Eks ook Pa en ek stem saam dat mens nogals skuldig voel om te sien hoe die kinders na jou kyk en dat hulle enige oomblik verwag jy gaan jou hemp uit trek en met jou Superman pakkie by die deur uitvlieg en die wereld gaan red... :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Pa's is so onmisbaar in die lewe soos sonskyn. James Dobson sê in sy boek: Bringing Up Boys - Mothers bring up boys, fathers bring up men. My kinders kan net eenvoudig nie sonder hulle pa nie en dit maak my grensloos trots op hom !! As ons dogtertjie nie haar pa voor werk gesien het nie, wil sy hom bel en met hom praat. As ek van ons seuntjie sou omdraai en loop (7,5 mnde) sal hy eenvoudig aangaan met speel. As sy pa omdraai, sit hy keel op !

In ons huis is die hele dag maar net nog 'n dag, tot Pappa by die voordeur inkom. Dan is ons gesin. Interessant dat die Bybel kinders wat sonder 'n pa is, wese noem, al sou die Mamma nog leef. Dit maak vir my sin as ek sien hoe onvolledig dinge sonder Pappa in ons huis kan voel en wees !

Mooiste Vadersdag vir Pappa, ons is lief vir jou !!

Link to comment
Share on other sites

I can never understand people who walk away from their kids, my children are a part of me and I could not imagine them not being in my life.

Jill

My whole life long I could not understand this. You think it's your own fault, later blame your mom, the government or the wheather, anything to try and understand this. It's one thing being cruel to people you don't know, and who are different from you. But your own flesh and blood?

But when my son was born, it was even more difficult for me to understand. I cannot be like that.

Still confuses me. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

My whole life long I could not understand this. You think it's your own fault, later blame your mom, the government or the wheather, anything to try and understand this. It's one thing being cruel to people you don't know, and who are different from you. But your own flesh and blood?

But when my son was born, it was even more difficult for me to understand. I cannot be like that.

Still confuses me. :ilikeit:

Thank you for your postings

As you have well said -- nobody understands this attitude

It is not an attitude -- Much depends on the spouse reaction and control I Love my Wife very much -- she has driven a wedge between my great children and myself by putting me down infront of them by not involving me in activities other than as a taxi service --- and I follow

I cannot argue but accept because that is what my children will remember (what will they remember I will only know later)

There is always two sides to a story

Men and Women are alike --- by that I mean constantly I am hearing the husband is always wrong and judged as the beast , that is not the truth --- more than likely the wife is controlling the situation and creating the home life situation because it suits her for what ever her agenda is

Look deeper do not judge without reviewing all possibilities from both sides (it is to easy to judge on the surface) :huh:

Edited by Coyote Ugly
Link to comment
Share on other sites

Coyoty, your post is staying with me!!!

I so wish your wife could read it and see just HOW MUCH you do LOVE her!!!

I normally wouldn't hugg male forumies but you know what here's a hug for your {{{{{{ Coyoty }}}}}}

Hope you have a FANTASTIC week!!

Link to comment
Share on other sites

Dankie vir die post BB. Jy laat my skoon skuldig voel dat ons nou so ver weg is van ons ouers af. Ons het nie eers geweet dis Vadersdag gister gewees nie en ek my ouers sommer Saterdag oggend gebel for the weekly catch-up en ek moet se as ek geweet het dat dit gister Vadersdag was sou ek eerder gister met my ouers gepraat het. Hoe mis ek my pa nou.

Ek moet se vandat ons SA verlaat het is ek en my ma closer as wat ek en my pa is, maar ek moet daar by las dat ek baie erg oor my pa is. Hy het my ma oortuig dat ons oraait sal wees om SA te verlaat en hy het haar vir my sag gemaak. Toe ek getrou het kon ek gesien het wat dit vir hom beteken dat ek met 'n man trou wat mooi na my sal kyk (en sover na my gekyk het). Ek het altyd eerste na my pa toe gegaan met probleme en foute want ek het geweet hy sal nooit vir my kwaad raak of kwaad bly nie (ek is die jongste en die enigste dogter so dis dalk hoekom hy ook so erg oor my is).

My man se pa is in 2002 oorlede (die rede hoekom ek se my man se pa is omdat ek hom nog nooit ontmoet het nie), en ek sien hy en my pa is so stelselmatig besig om mekaar te vind en ek is baie bly daaroor. Ek kan nie vir 'n beter pa vra nie en die beste van alles ek kan ook nie vir 'n beste man en skoonfamilie vra nie. Even sy stiefpa is 'n goeie mens.

Hoe mis ek my twee families nou. Wens sommer ek kan hulle hier kry.

Weereens dankie vir die post BB. Dit het my sommer in trane en ek mis mou familie (veral my wonderlike pa) vanoggend baie.

Link to comment
Share on other sites

Thank you NILO :ilikeit:

I really do Love my Wife and I am honoured to have two of the most precious daughters ever and I Love them so much -------- so very much - i could never distress them :whome:

To all Fathers and Fathers to be :ilikeit:

Fathers have an awesome task

To show what love is made of

So when their children look at them

They’ll see the heart of God

And grow to want to know God more

To walk in all His ways

To learn from their Father’s wisdom

And be taught how to pray.

© By M.S.Lowndes

Psalm 103:13

As a father has compassion on his children, so the LORD has compassion on those who fear him; (NIV)

Proverbs 23:22

Listen to your father, who gave you life,

and do not despise your mother when she is old. (NIV)

Edited by Coyote Ugly
Link to comment
Share on other sites

This is truly a wonderful post BB. It brought back so many memories of the past for me too.

I also grew up without my real father during my teenage life (He took his own life...that's another story). My stepfather married my mother 3 years later. He was truly wonderful and I see him as my father today. A wonderful man!

I am now in a relationship for 10 years. My wife (as I believe a marriage does not make her a wife) has 2 children and their father walked out on them in the same way yours did when they were only 12 and 6 years of age. They would cry a lot about this. He often promised he would come and then just never pitched up. That was the worst. We made every effort for him to see them, even offered him our house for weekends so that he could spend time with the kids, but he never did. In the 10 years I have been around he has seen them 4 times?? I can guarnatee we never ever said bad things about him and will never. We believe the kids need to see him for what he is all by themselves.

Anyway what I was getting to was how these kids see me as their father and likewise I see them as mine. I think what you said about it is easy to make some kids but a whole differnet matter to be a father is the point!

Yesterday I also got that biltong, the card and the hug. I am the father and I am proud of it!

A friend I have not seen or spoken to for 12 years phoned our home the other day. He did not even know of my cuurent relationship and the kids. The eldest kid answered the phone, we were out, and my friend asked the eldest who he was. He answered that he is my son. My old friend immediately phoned me on my mobile very confused at all of this. He could not beleive what he heard! n Ou voel goed man!

Thanks for the great post!

A

Link to comment
Share on other sites

Dankie BB, ek sit nou en huil dat die trane loop !!! :rolleyes: My pa was een van die wonderlikste mense wat ek nog geken het !! Ongelukkig is hy skielik in 2006 oorlede, regte drama queen... op my verjaardag !!! Nou weet ek hoekom ek die hele naweek so snotterig was.. iewers in die onder bewuste moes ek seker geweet het dat dit was Vadersdag !! Hy was ook maar 'n moeilike man.. het alles in wit en swart gesien - geen grys areas nie !!!

Weereens, baie dankie vir jou post !! Ek besef.. weet en is baie dankbaar dat ek so bevooreg was om 'n pa te gehad het soos hy !!! :blink:

Link to comment
Share on other sites

Dankie BB, ek sit nou en huil dat die trane loop !!! :lol: My pa was een van die wonderlikste mense wat ek nog geken het !! Ongelukkig is hy skielik in 2006 oorlede, regte drama queen... op my verjaardag !!! Nou weet ek hoekom ek die hele naweek so snotterig was.. iewers in die onder bewuste moes ek seker geweet het dat dit was Vadersdag !! Hy was ook maar 'n moeilike man.. het alles in wit en swart gesien - geen grys areas nie !!!

Weereens, baie dankie vir jou post !! Ek besef.. weet en is baie dankbaar dat ek so bevooreg was om 'n pa te gehad het soos hy !!! ;)

My skoonpa is oorlede toe ons jongste nog nie 'n maand oud was nie - hy het haar nooit gesien nie. Toe ons uitvind hoe ernstig siek hy is, het ons 'n vlug Kaap toe gereel vir my vrou en die kinders. Hulle het uiteindelik op die vliegtuig gekom en terwyl hulle nog in die lug was, kry ek die SMS van my skoonsussie af. Dit was vir my baie erg, my vrou wou so graag he hy moet net die kleintjie nog sien. Hy het kolon-kanker gehad. Was perdfris en gesond, gesonde leefstyl gehad, dokter het twee maande vroeer nog gese hy is gesonder as meeste 25-jariges. Mens sukkel om die goed te verstaan. Veral as dit met goeie mense gebeur. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
My whole life long I could not understand this. You think it's your own fault, later blame your mom, the government or the wheather, anything to try and understand this. It's one thing being cruel to people you don't know, and who are different from you. But your own flesh and blood?

But when my son was born, it was even more difficult for me to understand. I cannot be like that.

Still confuses me. :blush:

I'm not sure about 'flesh & blood', but I know about negative feelings towards a 'father' figure. As a child I really 'hated' my stepfather. Once I forgot to tie up our boat - the current swept it away and it ended up on the Angolan side. He made me swim that river and retrieve the boat. Have you ever seen the Kavango river???? Have you ever seen the crocs there - we saw heaps that day, while we were tiger fishing - much longer than the boat. I was 8 years old. My oldest girl is 10 - I look at them and think about the things I had done at their age.

For a very long time I was bitter about this - people don't understand how it feels to be 'put down' like that on a daily basis. With time I forgave my stepfather, because I am what I am today, because of him. Whatever happened to us in the past made us what we are today. Just look at the great characters in the world (definitely not me :whome: ) - they all had very interesting and tough lives.

For example. I give my kids all the love I can, just like you BB - why???? Because I know how important it is. I see other people with blinkers on - spoiled brats - they look past the 'gift of life' - they look past our kids - the future. I thank my stepfather for the gift he gave me. I carry his name (he adopted me) - my kids will carry his name - I'm going to keep it that way. Forgiveness is a very important factor in our lives - even if it's the hardest thing we'll ever do.

Today, I hate people being 'put down' - I'll fight for everyone's right to be something or to be 'listened to'. We all have the right to improve - to build. Some of us have 'shady' pasts, but as long as we're willing to change ....... who can stand in our way???

In Buddhist philosophy where is not something like right or wrong. You're either 'skillful' or 'unskillful' - if you're unskillful, nobody is going to blame you - you have the opportunity to become skillful. In my simplistic way - to build. I like the idea.

Edited by Mauritz
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...