Jump to content

Presbyterian Church


A de Zud

Recommended Posts

Die "Presbyterian Church" is die naaste wat jy kan kry aan ons 3 susters kerke in Suid Afrika. Die leerstellinge, manier van doen ens is identies. Dit is basies die engelse weergawe van ons 3 susters kerke.

Ons het onmiddelik tuis gevoel en ek kan die Presbyterian Church in Australia ten sterkste aanbeveel!!!

Groetnis

Link to comment
Share on other sites

Hi A de Zud

Dankie vir jou post. Stem saam met die leerstellinge-ooreenkomste. Ek wil net vra: daar is soveel verskil in die manier van doen net tussen verskillende gemeentes van 1 vd susterskerke hier in SA, so brei asb bietjie uit op jou opmerking dat die manier van doen baie dieselfde is? Was jy deel van 'n meer tradisionele gemeente in SA of vernuwend... :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Jy sal sekerlik ook n klein variasie in die Presbyterian kerke kry. Die in stede is dalk bietjie meer vernuwend en die op platteland meer tradisioneel. Daar is altyd uitsonderings.

Die spesifieke predikant het ook maar n invloed hoe mense die spesifieke kerk ervaar. Dis seker menslik, party is beter met die jeug, party beter sprekers , party beter administrateurs ens

Wat vir my belangrik is, is dat ek saamstem met die basiese leerstellinge. Ons is in n plattelandse gemeente in sentraal Queensland (Gladstone). Ons is so 14 SA gesinne. Drie Suid Afrikaners is op die management committee. Die kinders het uitstekende Sondagskool klasse. Daar is n jeuggroep vir ouer kinders. Verskeie bybelstudie groepe om almal te pas. Hoe betrokkenheid deur al die gemeentelede. Gereelde gemeente etes en funksies. Goeie kinderpreke voor elke erediens ens ens

Oor die algemeen sal ek se die mense is meer betrokke en toegewyd as wat jy in die gemiddelde 3 susters kerke gekry het. Die gemeentes is egter baie kleiner.

Die Cathlic, Methodist, Anglican, Pentacostal ens is net eenvoudig te ver van die tipiese protestandse, calvinistiese tiepe kerke met goeie kerk strukture wat toesien dat dinge reg loop in al die kerke - so ek sal nooit daar kan inskakel nie. Die volgende opsie is seker die Baptist church...basies dieselfde grondslag, behalwe wat die doop betref.

Elke persoon gaan maar waar hy gemaklik voel. Ek is egter seker daar is niks nader aan die 3 susters kerke as die Presbyterian Church nie. Lees gerus die Westminister Confession of Faith en praat met jou predikant daaroor voor jy n besluit neem.

Groete

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...