Jump to content

Ons voorvaders


Biltongboer

Recommended Posts

Ek lees nou Michael van den berg se post oor sy visa wat goedgekeur is, en ek wil sommer in my broek piepie.

Hy het sy joboffer aanvaar op 26 Mei , en vandag sy 457Visa gekry.

Ek het my joboffer ontvang op 23 Mei, paar vrae gehad; geteken en teruggestuur op 28 Mei 2008. Verder “blou sweet bhoggerolâ€.

Die freaking agent wat my saak hanteer het toe mos ewe gewag tot ek alles ten duurste weggepos het voor hy my laat weet dat my laaitie se paspoort sê hy is nie meer wat hy was nie. Wat ‘n skande in die familie! Transvestite of wat? Nou moet ek eers sy paspoort laat verander om te sê die kind is ‘n jong man met ‘n tottie. Paspoort se blaadjie verklaar mos hy is 'n shiela.

En dit kos my natuurlik nog geld. Niks is verniet in hierdie lewe nie. Al is dit ander skape se foute, jy sal maar net betaal.

Elke keer as ek beneuk raak oor die geld wat ek uitgee, dan deel ek dit maar deur 7.54, wat die huidige koers is (ja, jy het reg gelees, dis verbysterend). Dan voel die kostes nie meer so baie as ek dit omsit in Ozzie dollars nie.

Nou wonder ek net hoekom daai ou se goed so vinnig gaan en my blerrie agent het nog nie eers ge-submit aan daai kant nie, ek het nog nie CO nie, en beslis geen Visa goedgekeur tot dusver nie. Maar ek betaal mos nou nie die ou nie, so wat moet ek maak? Moet ek nou my toekomstige werkgewer se agterend gaan warm maak, sodat hulle nou al kan agterkom watse moeilike harregat suidwester hulle aangestel het?

Seems to me that "silent diplomacy" is the way to go here...

Aan die ander kant is ek bly die agent sleep sy voete, want daar is geen manier wat ek al reg is om tasse te laai nie. Ek het nog nie begin om hond haaraf te maak met al die goed wat ek moet klaarkry nie.

Die huis word geverf. Ek is lus en brand sommer die plek af en claim brandversekering, dan is al my probleme opgelos. Dan kan ek die lekker groot erf ontwikkel met 4 huise op, en nog baie meer geld maak uit die deal.

Die verwery kos my weer ‘n plaas se geld, ek het my arme vrou so uitgetrap toe sy my die prys gee oor die telefoon. (Ek belowe ek het haar later weer gebel om jammer te sê. Na ek die prys deur 7.52 gedeel het. En diep asemgehaal het...)

Sien, ek is nie so onbeskofte Afrikaner Brandwag Nazi soos wat die Dokta sê ek is nie.

Gepraat van hulle, hier het vandag darem ‘n paar creeps uit die woodworks gekruip wat jou hare laat rys. “Daar onder die vierkleur sal ons almal saamstaan vir Volk en Vaderland, en so waar as vet die Here is aan ons kant want die res is almal heidene.†Yikes, ek voel skoon bang, ek is bly ek verlaat hierdie land. Lyk my dies wat agterbly gaan baklei tot die laaste toe. As jy daai ou glo.

Ek het bietjie gaan oplees oor hoekom my voorvaders Europa vaarwel toegewens het destyds. Net om bietjie uit te vind of daar enige parralel getrek kan word tussen my trek en hulle trek.

Mense, daai koning of pous of wie ook al, het eenvoudig gese hulle het ‘n “fortnight†om te skuur en dis dit. Of doop jou kinders in die katolieke kerk en bely jou sondes by die piester. En, o ja, brand al die protestantse kerke af terwyl jule besig is.

Hier is ‘n stukkie uit die Edik van Nantes wat herroep is in Oktober 1685:

IV. We enjoin all ministers of the said R.P.R., who do not choose to become converts and to embrace the Catholic, apostolic, and Roman religion, to leave our kingdom and the territories subject to us within a fortnight of the publication of our present edict, without leave to reside therein beyond that period, or, during the said fortnight, to engage in any preaching, exhortation, or any other function, on pain of being sent to the galleys…

…and also the edict given at Nimes in July, 1629; we declare them null and void, together with all concessions, of whatever nature they may be, made by them as well as by other edicts, declarations, and orders, in favor of the said persons of the R.P.R., the which shall remain in like manner as if they had never been granted; and in consequence we desire, and it is our pleasure, that all the temples of those of the said R.P.R. situate in our kingdom, countries, territories, and the lordships under our crown, shall be demolished without delay.

Daai ou mense was goeie Christenmense wat regtig vir hulle geloof gesterf en gevlug het. Nie ‘n klomp rassistiese rednecks wat sommer die Engelse en die res ook landuit wil jaag omdat hulle nou nog suur is oor die Angloboere oorlog nie. Alles in die Naam van die Here.

Crickey mate, ek dink Hy huil as Hy kyk wat aangaan. Sy kinders haat mekaar met ‘n passie. As hulle nou regtig sy kinders is, bygese.

Ek het Duitse bloed en Afrikaner bloed. En ek skaam my vir beide die Nazis en hierdie klomp malkoppe. Op hulle site kan jy ook sommer lees oor hoe mooi die swastika nou eintlik is. Kan jy dit oorvertel? Viva Adolf en wat nog alles. Siek man. Goeie mense het gesterf op hope om daai mal diktator van sy troon af te kry.

Dieselfde ouens sê die regering moet klaarkry met regstellende aksie, want dit fokus op die verlede, maar dan gebruik hulle eeue-oue aanhalings uit die Anglo Boere oorlog, die Groot Trek, Paul Kruger se speeches en die Slag van Bloedrivier om hulle haat mee te regverdig. :whome:

Maar mens kan ook verstaan hoekom mense so fanaties raak. Jy hoef net ‘n koerant oop te maak, dan verstaan jy so bietjie van dit wat hierdie ouens so laat word het.

Een ding wat ek nou ontdek uit die geskiedenis-lessie wat baie interresant was, was die volgende:

Priests married and then took mistresses, holy offices were bought and sold for the highest price, incompetence among the clergy became the rule, the congregation of more and more people in towns and cities perhaps exposed the amorality and immorality of the clergy. In a word, the problem was corruption.

Dit was in die 17 de eeu. Ek is nou terug by die parralel storie. In die 21 ste eeu. Sien jy wat ek sien?

Link to comment
Share on other sites

Nou moet ek eers sy paspoort laat verander om te sê die kind is ‘n jong man met ‘n tottie. Paspoort se blaadjie verklaar mos hy is 'n shiela.

Ek dink hulle moet die paspoortfoto's nou maar verander na 'n "full frontal nude pic" as 'n back-up prosedure vir die onderontwikkeldes wat tans aan die stuur van binnelandse sake is. Dan is dit nie nodig vir elke 2e ou om sy paspoort te laat regstel nie.

Sodra jy eendag jou visa kry, maak seker hulle het die regte visa in die regte paspoort. My nig-hulle wat so 3 weke terug hier geland het, sin was omgeruil gewees. Gelukkig voor die tyd agtergekom, en met een dag voor hul vlieg dit teruggekry.

Link to comment
Share on other sites

Ek dink hulle moet die paspoortfoto's nou maar verander na 'n "full frontal nude pic" as 'n back-up prosedure vir die onderontwikkeldes wat tans aan die stuur van binnelandse sake is. Dan is dit nie nodig vir elke 2e ou om sy paspoort te laat regstel nie.

Sodra jy eendag jou visa kry, maak seker hulle het die regte visa in die regte paspoort. My nig-hulle wat so 3 weke terug hier geland het, sin was omgeruil gewees. Gelukkig voor die tyd agtergekom, en met een dag voor hul vlieg dit teruggekry.

Dankie vir die tip, ja, ek sal die paspoorte beslis mooi beloer voor die tyd. Whenever that is... :ilikeit:

Dink net aan die pornografie netwerk wat daai klomp by binnelandse sake gaan he as jou voorstel deurkom! Hulle sal nie eers meer bribe geld nodig he nie, hulle sal jou bribe vir jou fotos! (Afhangende seker van hoe jy lyk, bygese)

Link to comment
Share on other sites

Ek dink hulle moet die paspoortfoto's nou maar verander na 'n "full frontal nude pic" as 'n back-up prosedure vir die onderontwikkeldes wat tans aan die stuur van binnelandse sake is. Dan is dit nie nodig vir elke 2e ou om sy paspoort te laat regstel nie.

Het jy my full frontal foto gesien op daai ander post?

Natalie was so listig, ek het maar later ingegee en haar alles gewys.

Nou is sy eers agter my lyf aan, hoor.

Hulle post my poster seker nou daar in die super-duper-hoogs geheime ladies lounge? :rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

Nee jammer, BB. Jou foto het dit nie LL toe gemaak nie. Maar daar is 'n paar ander "absolut"ely pragtige prentjies daar :ilikeit:

Edited by Rissiepit
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...