Jump to content

En daar gaan my braai


Biltongboer

Recommended Posts

Hierdie is 'n baie emosionele oomblik vir my. Die trane loop. :whome:

Alles op ons erf word mos nou verkoop. Ek het vinnig die trick geleer, moenie bondels goed vir R100 verkoop nie, verkoop die los items teen R20 elk en jy maak baie meer.

So bel my vrou, dan se sy Elifas soek die trommel wat in die agterplaas le, hoeveel wil ek he, en so aan. Ysters, draad, bakstene, noem dit.

Tot ek die gevreesde oproep ontvang: hoeveel wil ek vir my "portable" braai he? Ek sluk eers so paar winde en kom op met 'n prys, voor ek mooi gedink het oor wat my getref het. Ek het daai braai al in 1998 gekoop, lekker man, sy rooster kan op en af stel, en hy draai maklik. Kan hom voor die huis park, agter die huis, net waar ek lus is. Wou nog altyd 'n permanente braai inbou, maar hierdie een was tot nou toe genoeg.

Ek kom middagete by die huis aan (een van die voordele van Windhoek), net betyds om te sien hoe Elifas met sy bakkie volgelaai met stoele, pype en ysters daar uit-"reverse". My braai staan mooi regop agter op daai bak.

As dit nie 'n teken van finaliteit is nie, dan weet ek nie wat is nie. As my bure sien my braai is oppad uit, dan weet hulle hierdie man vat die pad. Vir seker.

Ek weet net nie wat maak ek terwyl ons nog vir die gesogte Visa wag nie. My plan was eintlik om elke dag te braai tot die dag wat ons waai, net om op te maak vir die verlies in die toekoms. Maar partykeer is dit maar net beter om solank baai te se en jou los te skeur van jou goeters.

My hart is seer vandag, jong. :lol:

Link to comment
Share on other sites

Ai, BB ... ek dink daar lê nog heelwat "snot en trane" sessies vir jou voor. Jy groet nie net die braai nie, jy groet 'n lewensstyl, 'n kultuur wat jou uniek maak. Moet net nie die Kleenex ook verkoop nie :whome:

Vasbyt!

Link to comment
Share on other sites

Hallo Biltongboer

Jong, ek wou al 'n laaaaang stuk skryf oor al die emosies en wat ek ervaar het soos dit met die losmaak proses aan die kant gaan.

Boeke wat ek as waardevol beskou het moes ek 'n boekwinkel smeek om vir 'n rand of twee te koop. Ai, so kan ek aangaan. Ek het altyd gese my vrou moet van haar ma afskeit neem en ek van my gewere!

Ek het so knop in my keel vir drie weke gehad voor ek my gewere verkoop het, trane kon ek nie keer toe ek by die handelaar uitstap nie. Lekker in die kar gesit en sanik oor die lewe en die liefdes van die lewe wat ek vaarwel moet roep om vir my kinders iets beter te bied as Afrika en sy klomp :blink: .

Ek weet wat jy deurgaan. Ek het op die plaas in die veld teen sonsak gesit en bid dat 'n engel aan my verskyn om vir my weet nie wat te se nie - dit werk ongelukkig nie so nie. Al antwoord was: "Jy het mos gesonde verstand wat EK jou gegee het en die H.G. wat jou alles leer wat jy wil weet, en TROOS."

Ek het die saak vir my so uitgemaak. 'n Mens dink jy is los van aardse en materiele dinge tot jy van ALLES moet ontslae raak. (Ons trek met ons tasse oor).

Hoe belangriker aardse snert en onbelangrike dinge vir ons is, hoe moeiliker is sulke groot besluite vir ons. Die Engelse praat van "Cut to the bone" - Sny tot op die been!! Dan, oorweeg wat is van ewigheidswaarde, oorweeg die opsies en voila!!! Die keuse is maklik - emosies bly moeilik maar die keuse is maklik.

Groete en sterkte vir almal wat besig is met al die koebaais.

Martin

Link to comment
Share on other sites

Nee BB tog nie die braai nie!!!!

Ek het ook nou trane in my oe. :cry::thumbdown::(

Barries

Ek het nie meer moed vir die lewe nie...snik...

Link to comment
Share on other sites

Ag shame, sorry man. Mag jy nog baie braaie he hier in Oz en mag hulle almal so lekker wees soos daai een. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Aan die wat wonder wat om te doen; moet ek my meubels en braaier oorbring of moet ek alles verkoop en net met 'n tas oorkom, wil ek net sê: As jy kan, bring jou goed oor. Eerstens is goed soos yskaste en wasmasjiene blerrie duur hier, en 'n ordentlike queen size bed kan jou tussen $2k en $6k uit die sak jaag. Verder is dit baie lekker om bekende meubels om jou te hê in 'n land waar alles anders vir jou vreemd is. Tv's is goedkoop hier, en HD TV is nou die inding. Van alles wat ek ontslae geraak het, mis ek vir seker my Ventertjie en Dakar m/fiets die meeste. My braai het saamgekom.

Maak egter seker alles is silwerskoon, niks grond of stof op dit nie. Hier gaan dit jou 'n k@khuisie vol geld kos om goed te laat skoonmaak as doeane 'n titseltjie grond op iets kry, en as jy dan besluit jy wil dit nie laat skoonmaak nie, kos dit jou net soveel om dit te laat vernietig.

Biltongboer, laat weet maar wanneer jy land, ek sal die biltong en barbie reghou!

Link to comment
Share on other sites

Ek verstaan jou trane alte goed. Jy herhinder my aan my vriend Adriaan. Hy leef vir sy braai en kuier met vriende. Hy is ook oppad land uit en ek is bly ek is nie daar om te sien as sy braai moet gaan nie. Dit gaan nou vir jou 'n begrafnis afgee. Dis sy trots. Ek kry jou sowaar jammer jong. Sterkte. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hi BB,

Troos jouself hieraan. Sodra jy in Oz is kan jy vir jouself 'n splinter nuwe weber kry. Ek weet hier in Sydney kan jy dit by verskillende plekke koop maar een van die gewildste plekke is Joe's barbeque and heating.

Gaan gerus op google en tik in webers dan gaan jy al die winkels oor al die state daar kry waar jy 'n oorspronklike weber kan kry. En raai wat dis nie die gas goed wat hulle hier ken nie die die kole wat ons ken en ons gewoont is aan wat jy vir jou kan kry.

So nou kan jy maar die trane af vee en weet daar is lig aan die einde van die tonnel. Koop hom vir jouself vir Kersfees. 'n Aan my van my geskenkie. Jy verdien dit.

Cheers

EB

:ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hi Biltong

Ek skryf nie baie op die forum nie, lees graag ander se stories. Ek voel egter vandag moet ek jou antwoord oor iets wat my na aan die hart le.

Ek het my eerste braai 25 jaar gelede in Hermanus laat maak, alles roes mos daar toe laat ek hom van stailess steel maak sodat hy n leeftyd kan hou. Toe ek 15 jaar gelede plaas toe trek bou ek vir my n spit van stailess steel. Nie sommer enige spit nie, een wat na vele veranderings en verbeterings n skaap en n vark saam kan braai. Hy kan ook met kole of gas werk en daar is natuurlik plek vir die aartappels en uie wat in die sous wat aftap gaarword.

Ongelukkig moes ek, soos jy, van die leweswyse ontslae raak. Ek het dit ongelukkig te vroeg verkoop en was die laaste paar maande so lus vir braaivleis dat ek verlede naweek al die braaivleis by die plaaslike kerkbasaar gekoop het, maar dit is net nie dieselfde nie.

Geen 10 Aussie braais kan opmaak vir my verlies in genot en goeie herinneringe nie.

Ek huil vandag snot en trane saam met jou en gaan maar dat my vrou vir my n skaapnek in die oond bak.

Braaigroete uit n koue Noordkaap

Sakkie

Link to comment
Share on other sites

Biltongboer,

My innige simpatie..

Ons moes vir 2 maande sonder braaivleis klaarkom - het amper skeerbuik opgedoen!! Ons het in 'n hotel gebly. Die potte was sulke dun kleefvryes gekombineer met 'n NZ glasbladstoof wat aan-en-af gaan as jy dit full-volume is, dan kook die vleid in hul eie sous en jy weet hoe proe dit!!

Toe probeer ons die parke hier rond - daar is BBQ wat met krag werk - verniet, maar dit bly maar ook 'n soort van 'n pan.

Toe kom die container - daarin ons geliefde Cobb, ons Weber en splinternuwe spitbraaitjie wat so 2 groot skaapboude kan vat! Man, dit was nou lekker. Gaan koop toe sommer 'n week voor die goete hier kom brikette, maar daar kry ek nie die goed aan die brand nie. Rond geshop en nou het ek die regtes gekry, wat brand en brand en brand - nou braai ons dat die biesies bewe!!

Ons kon nog nie by die hout vure uitkom nie, maar gee kans - Rome is nie in een dag gebou nie!!

Sterkte!!!!

Link to comment
Share on other sites

Dagse JJ, lanklaas gehoor van julle PM maar

BB hier is baie mooi BBQ's om van te kies. Don't worry

Link to comment
Share on other sites

Hi BB!

Jy gaan nog baie sulke oomblikke he!! Die goeie nuus is - ons braai in Oz ook. Het nou al 'n paar keer boerewors en steak op kole gebraai. Maar ons harte gaan uit vir julle. Dit gaan 'n rollercoaster ride wees van nou af! Geniet dit, want voor julle die ogies uitvee, is julle hier - en dan braai ons weer!

Link to comment
Share on other sites

Ai ou BB, soos dit my lyk (het nou al 'n paar van jou posts gelees), moet jy nie vir te lank stilstaan op jou werf nie. Klink vir my dat Vroulief verkoop jou dalk per ongeluk !!! <_<

Alle sterkte !!

Link to comment
Share on other sites

Ai ou BB, soos dit my lyk (het nou al 'n paar van jou posts gelees), moet jy nie vir te lank stilstaan op jou werf nie. Klink vir my dat Vroulief verkoop jou dalk per ongeluk !!! :ilikeit:

Alle sterkte !!

Ek wens net sy kry die huis ook verkoop.

Of dalk nie, sy sal die ding vir R100 weggee, en dan gaan ek probleme met haar en met die bank he...

Link to comment
Share on other sites

(Ons trek met ons tasse oor).

Dankie tog ek hoef nie dit te doen nie. Ek is baie dankbaar ek het 'n job gekry wat my sponsor, en betaal vir 'n 20ft container. Ek haal my hoed vir julle ouens af wat met 'n paar tasse oortrek. Dit vat moed hoor.

Sterkte!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...